SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Jackie Nagtegaal
is ’n 19-jarige skrywer van Melkbosstrand. Sy het vroeër vanjaar die MER-prys gewen vir haar debuutroman Daar’s vis innie punch.

Dis dydelik, die new generation praat orals ’n vreeslose Afrikaans

Jackie Nagtegaal

(Hierdie toespraak maak deel uit van die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks wat plaasgevind het tydens die pas afgelope Die Burger-Suidoosterfees by die Skiereiland Technikon (Pentech) te Bellville.

’n Gesprek oor die bestaan van rassisme of nie is geneig om ’n warm debat uit te lok. Ek wil dus sou gou as moontlik by die positiewe kant probeer uitkom, sodat ons eerder ons emosies kan uitstort op die oplossings as op die probleem self.

Gerwel se eerste vraag tot hierdie gesprek lui: Hoe staan dit nou met non-racialism in Afrikaans?

Nou moet ek dadelik erken dat dit vir my ’n probleem sou gewees het as vandag se gesprekke Afrikaner-rassisme moes uitsonder, omdat dit nie sou bydra tot ’n positiewe solution nie. Maar as ons as vertrekpunt erken dat rassisme ’n behavioristiese ding is, dat dit aangeleer en afgeleer kan word soos die geval was met Pavlov se honde, en dat dit niks met ’n spesifieke taal te doen het nie, DAN sien ek kans vir so ’n debat. En dan sê ek: kom ons kyk hoe erg is dit onder ons taalgroep en wat ons kan doen om dit te beveg.

Nou, HOE staan dit vir ons jonges met non-racialism in Afrikaans?

Let’s face it, ons almal hier weet Apartheid is alive and well and living among us. En wanneer ek praat van “ons”, verwys ek na ons as bruin en wit Afrikaners. En moet my nie verkeerd verstaan nie, of jou perd opsaal nie. Ek wil dit BAIE, BAIE clear stel: ek praat nie namens ’n julle of ’n hulle of mede jong Afrikaners of enige organisasie of cause nie, ek praat as individu wat oë het om te sien en ore het om te hoor.

Voordat enige een bereid sal wees om te werk aan ’n oplossing, is dit nodig dat ’n mens eerstens gekonfronteer word met die omvang van die probleem waaraan jy wil werk.

Nou kan ek net hier invoeg dat ek gedurende my skoolloopbaan die voorreg gehad het om skool te gaan in ’n ten volle geïntegreerde skool, wat veroorsaak het dat ek gedink het, of onder die indruk was, dat rassisme net ’n begrip was wat vir oordrewe sensasie gebruik word. Wanneer ek in koerante oor rassisme gelees het, het ek geglo dis opgeblaas as propaganda-tjol deur die pers.

Maar ek het wel geleer dat integrasie volkome moontlik kan wees, en dit is juis wat ek wil illustreer. Voor ons daarby kom …

Toe tref ek Maties ... of liewer, toe tref Maties my, en ek besef oornag wat die fyner nuanses van rassisme is. Ek wil weer eens duidelik beklemtoon dat ek hierdie waarnemings as enkeling maak op een Afrikaanse kampus, maar dit is wel unsettling genoeg om aandag te verg. Die mense wat hierteen stry, het oogklappe aan of wil net nie weet dat daar wel probleme is nie. Die probleem van die gebrek aan non-racialism in die post-Apartheid Suid-Afrikaanse jeug, die kinders van demokrasie.

Ek wil graag net ’n paar examples noem van racialism:

Bruin en wit Afrikaners op Maties leef in totale segregasie; baie meen dis net natuurlik. In die klaskamers sit verskillende rasse bymekaar. Bruin Afrikaners hang uit by byvoorbeeld Brollocks, terwyl wit Afrikaners by Bohemia of Tollies uithang.

Alhoewel bogenoemde miskien net kan wys op segregasie, wat niks te doen het met haat nie, is daar wel nog diegene wat haatvol is teenoor ’n ander ras.

Baie wit en bruin Afrikaners praat nog vrylik van “meide” en “kaffers” as hulle na swartes verwys. Rassistiese aanmerkings en grappe oor verskille word oral vertel. En dis nie skadelose grappe oor blondes of Van der Merwe nie, maar venynige en vyandige grappe deur mense wat vol ongegronde vrese gepomp is deur hul ouers en leerkragte. Daar’s van my wit vriendinne wat gril as hulle dink aan seks met ’n swartman. Of my bruin vriendinne wat gril as hulle dink aan babas met “Abo” hair.

Dis maklik om sulke voorbeelde af te rammel. Maar baie moeiliker om met oplossings vorendag te kom. En mens moet ook versigtig wees om nie die issue uit proporsie uit te blaas nie, soos ons soveel kere doen. Daar is baie wat, soos ek gesê het, bogenoemde sal afskryf as natuurlike segregasie. En argumenteer dat hulle meng net met hulle eie soort, net soos wat hulle nie meng met Engelse nie. Dat dit niks te make het met rassisme nie. Maar al die voorbeelde en probleme is ’n beklemtoning op die differences tussen ons. Fair enough, lewensverskille maak die samelewing interessant. Dit gee aan ons land ons spesiale reënboogvoordeel bo die res van die wêreld.

Ek dink wel die balans hang nog effe te swaar op verskille alleen. Ek glo dat ons oplossing tot ’n ware non-racial Afrikaanse leefwereld lê in groter beklemtoning van OOREENKOMSTE tussen ons. Ooreenkomste van alles wat ons as mense aan mekaar bind: taal en letterkunde, musiek, kuns, godsdiens, politiek en al die ou klein dingetjies wat die lewe die moeite werd maak.

Ons is juis hier vandag om ooreenkomste te celebrate. Ons vier die feit dat ons Afrikaans gemeen het. Afrikaans wat voorheen gebruik is om verskille uit te wys, kan presies op dieselfde manier ’n great begin wees in die oorlog teen rassisme.

Taal is ’n sterk band. En oral hoor ek ’n nuwe generasie Afrikaners die taal praat soos dit op die hoeke van die Wes-Kaap se strate gepraat word. ’n Taal wat soos Afrikaans van destyds uit die Kaapse strate opgeneem is via die kombuis en na die volksmond versprei is. Dis dydelik, die new generation praat orals ’n vreeslose Afrikaans met Engelse leenwoorde en straat-lingo wat ons stywer aan mekaar bind.

Om ooreenkomste te kan uitwys, beteken dat ons meer en meer moet skouers skuur om mekaar te kan ken. Saam kan uithang by dieselfde clubs, na mekaar se musiek te kan luister. As wit en bruin Afrikaners dit kan regkry om deur taal gebind te word dat mense saam kan hande klap sonder om te dink hierdie hand is wit en hierdie hand is bruin, dan is daar hoop vir Suid-Afrika. Maar baby, dan moet ons vrese in die tas bêre en mekaar omhels, omdat ons mekaar nodig het, en ophou tiptoe rondom mekaar se verskille. Waar Afrikaans gehoor word, moet jy immediately dink: wit én bruin.

As ons met die groot voordeel van taal as binding dit nie 100 persent gaan maak nie, dan is daar groot probleme vir ons nageslag, want soos in die dae van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, is daar nie huidiglik in Suid-Afrika ’n groter hoop vir ’n ware non-racial society nie, as die een wat kan uitkring uit die taal van ons bruin Afrikaners nie, weg van die stywe boordjie van Apartheid-Afrikaans.


Lesers kan via e-pos na Deborah Steinmair by webvoet@yahoo.com op die artikel reageer.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.