SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Naas Sheila Cussons is IL de Villiers sekerlik ons beste mistieke digter

Daniel Hugo

Klik op boekomslag en koop dit nou by Kalahari.net
Klik en koop!

Jerusalem tot Johannesburg
deur IL de Villiers
Uitgegee deur Tafelberg
ISBN: 062404341X
Prys: R89.95
84 bladsye

Die Paarlse dominee-digter IL de Villiers het al in 1972 Afrikaanse lesers op hul holgesitte kerk- en klaskamerbanke f ongemaklik f opgewonde laat rondskuif met sy debuutbundel Leitourgos (= dienaar van God). In 'n tyd toe NG predikante nog togas gedra het, geordende gesagsfigure was en in hulle dogma moeilik kon onderskei tussen John Vorster en Jesus Christus, was De Villiers se verse 'n vars bries. Die nugter styl, pretensieloosheid oor die leraarsamp en afwesigheid van swaarwigtige vroomheid het ons letterkunde n die plaaslike Calvinisme aan integriteit laat wen. Hier was 'n gelowige stem wat geloofwaardig geklink het in 'n bedompige omgewing waar digters, dominees en politici hulle almal skuldig gemaak het aan 'n woordgeswymel. Terselfdertyd het hy 'n onprotestantse aanvoeling gehad vir die mistieke en die Rooms-Katolieke liturgie.

N Leitourgos het daar nog twee bundels gevolg, naamlik Gelykenisse en ander verse (1975) en Leviet en vreemdeling (1978). De Villiers het die kansel - en die digkuns - verlaat om eers redakteur van Sarie te word en daarna van Rapport. Nou, na sy uittrede uit die joernalistiek, en byna dertig jaar na Leviet en vreemdeling, het daar weer 'n digbundel die lig gesien: Jerusalem tot Johannesburg.

IL de Villiers het uit die Boland na Johannesburg verhuis toe hy die redakteurskap van Rapport aanvaar het. Hierdie bundel is in 'n groot mate die neerslag van daardie verblyf. Die onveilige goudstad Johannesburg word soms gejukstaponeer met die huidige belerde Jerusalem n met die geluksalige Goue Stad van die Christelike hiernamaals. Christus het die hemel ook voorgestel as die Vaderhuis met baie wonings. De Villiers rig sy aandag egter in die eerste plek op sy (en ander se) aardse wonings, soos in "My straat", "Verhuisings", "Jou huis" en "Hierdie huis".

Die digter voel nooit honderd persent op sy gemak in sy Suid-Afrikaanse Jerusalem, die Johannesburgse "Jode-buurt" (p 10), waar hy woon, nie. In "Hierdie huis" vertel hy hoedat hy deur vier rowers oorval is. Om die waarheid te s voel hy hom by wyse van spreke 'n "vreemdeling in Jerusalem". In "Pa se stad" noem hy homself "'n vreemdeling hier aan die Rand" (p 9). Dit laat hom dan uitsien na die Ewige Stad en die teenwoordigheid van God (vergelyk "Visioen").

Die mistieke teenwoordigheid van God kan egter reeds op aarde ervaar word, soos blyk uit "Wolk van getuies", "Heilige reuk", "Die roos", "Wintergeloof", "Die mis, Klooster Heiligenkreuz", "Een", "Jesus-afdruk" en "Vyeboom". Die meeste van hierdie gedigte is werklik indrukwekkend. Naas Sheila Cussons is IL de Villiers sekerlik ons beste mistieke digter.

Dit is daarom veelseggend dat De Villiers twee verse oor Cussons geskryf het. "Gedenkdiens Sheila Cussons" getuig van 'n intieme kennis van haar posie en is een van die treffendste gedigte in die bundel. Die vakman is hier op sy vaardigste aan die werk. Binne die streng sonnetvorm skryf hy 'n gemaklike spreektaal, sonder om in te boet aan intellektuele en geestelike diepgang.

De Villiers het op 29 November 2004 deelgeneem aan die gedenkdiens vir die Rooms-Katolieke Sheila Cussons. Dit is gehou in die kapel van Nazareth House in Kaapstad:

'n Vet vlieg loop net voor die hoogaltaar
op die blink mosaek van groen en blou;
natuurlik het jyself hom ook gewaar:
hy lp onder die lof aan God oor jou.

Ek het gewag: hy sou rens gaan sit
en handjies joods vryf (so het jy gedig),
maar toe ons die Magnificat saam bid,
het hy kom bodder rondom my gesig.

Was dit verbeelding dat jy iewers lag:
"Hoe anders? Gun die vlieg sy kerkbesoek!"
Maar dis die viering van jou nuwe dag
- en toe ek preek: daar sit hy op my boek.

Sheila, tussen gebede bly ons bieg:
oor al ons heiligheid loop daar 'n vlieg.
Benewens die mistieke element is die tema van die "vreemdeling in Jerusalem" (die balling of emigrant) een van die belangrikste in die bundel. In die openingsvers, "Goue poort, Jerusalem" word beweer dat God self uit sy aardse stad verban is. In die ontstellende "Klein ballade van Oom Dawid Liefie-hulle" word - in sonnetvorm - vertel hoedat Klein Dawid Liefie na Engeland gemigreer het nadat sy ouers tydens 'n plaasaanval vermoor is. Die slot is besonder wrang: "Hy het 'n groot kontrak by Dorchester on Thames./ Sy seun trek op Oom Dawid, maar hul noem hom James." Elders is daar sprake van die "Boer-in-verstrooiing" (p 54).

Die Afrikaner se "vreemdelingskap" is 'n direkte gevolg van die politieke omwenteling wat die land in 1994 ondergaan het. Een van die skrynendste gedigte hieroor is "Ou Afrikaner", waarin ges word: "Die Boere se Jerusalem het suutjies weggeraak." Die ondergang van die ou bestel en die gevolglike bedreiging vir die Afrikaner se kultuur en vir Afrikaans is die onderwerp van heelwat gedigte, onder meer "Portret van Tita", "Lang besoek", "Jou huis", "Vreemdelinge verby Highveld, Londen" en "Mukene-mites". Daar is ook 'n reeksie kwatryne, "Eerste Taalbeweging" oor Afrikaans. De Villiers se pessimisme blyk duidelik uit die kwatryn "Laaste prater":

Wie sal heel laaste Afrikaans nog praat?
Of sal die taal land in 'n antikwariaat?
Daar is die moontlikheid dat tevergeefs
'n ou man daarin bedel op straat.
De Villiers is glad nie onkrities oor die Afrikaner se verlede nie:
"'n Ieder nasie het sy taal, sy God."
Dit was vir ons die derde groot gebod.
Toe staan ons skielik sonder taal en weet
'n ieder nasie het sy dwaal, sy sot.
Sy denke in hierdie verband verskil nie veel van di wat JC Steyn al in 1975 in sy digbundel Die grammatika van "liefh" verwoord het nie. (Jerusalem tot Johannesburg is onder andere opgedra aan Jaap Steyn - sekerlik nie om dowe neute nie.) Die slotgedig van Steyn se bundel heet "Germaanse runes", en De Villiers is eweneens oortuig dat die Afrikaner se toekoms geruneer is. In die sonnet "Jou huis" kom die woord "runes" inderdaad voor:
Ek het by wat jou huis was langs gestap.
Dis alles uitgebreek, net mure oor,
Die eik by die garage is afgekap:
Runes steen en sand met hekke voor.
Of 'n mens met De Villiers se visie op die Suid-Afrikaanse aktualiteit en die Afrikaner se toekoms saamstem, is eintlik nie ter sake nie. Al wat van belang is, is die kwaliteit van die posie. En dit is van hoogstaande gehalte. Die enigste bedenking wat ek het, is oor die vreemde ordening van die gedigte. Ek kon selde bepaal volgens watter beginsel die verse in verskillende afdelings saamgegroepeer is.

Jerusalem tot Johannesburg is die hoogtepunt van IL de Villiers se digwerk.



LitNet: 06 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.