SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Nooi hom juis uit en vat hom aan!

Jaco Botha

is 'n vennoot in 'n advertensie-agentskap en 'n bekende skrywer.

Om te bly by die Pieter-Dirk Uys-metaforiek: daar is twee dinge in Suid-Afrika wat my grief - eerstens rassistiese wit mense (wat hul rassisme agter intellektuele fasades verskans), en tweedens swart magspolitiek (wat swaar leun op die ongelykhede van die verlede).

Hierdie twee irritasies wat ek beleef, kan waarskynlik saamgevat word in 'n algemene persoonlike afkeer van diskriminasie en tipering van mense op grond van ras (of enige ander nie-meriete-gedrewe eienskappe) en 'n weersin in die huigelende skep van 'n kunsmatige morele hoë grond.

Daar is in my gemoed geen twyfel meer dat Dan Roodt 'n oortuigde rassis is nie - daarvan spreek sy stuk "Adapt and die" duidelik. (Gee vir my die regte stelle data, en ek sal bewys dat Adolf Hitler 'n vriend van die Jode was.) Die vraag is of hy 'n gevaar is vir ons samelewing, en die antwoord is miskien "ja" - "ja" indien sy retoriek nie duidelik teengestaan en met sterker argumente aangevat word nie. En hier sal ek graag wil sien dat replieke op Dan (of Dr Strangelove, soos ons hom na aanleiding van die Peter Sellers-rolprent in ons huis noem) juis vanuit Afrikaanse geledere moet kom.

MOENIE VIR DAN VAN DIE FEESTE AF WEG HOU NIE! Nooi hom juis uit en vat hom aan.

As Afrikaanse gemeenskap het ons vir te veel jare mense stil gemaak. Ja, ek weet, Dan irriteer ook die blou kak uit my uit, maar indien ons hom nie op 'n openbare forum gaan teenstaan nie, gaan sy opinie gelees word as die opinie van die Afrikaanse gemeenskap - dis sy manier van werk. Dit kan ons nie toelaat nie - daarvoor het ons alreeds 'n te lang pad gekom.

Dit is swaar om Dan se uitlatings te verteer, maar ek kon darem ook 'n happie humor daaruit put. In 'n stelling soos "The media are celebrating youth, dance, colour, being black and exuberant - as opposed to the quiet studiousness of middle-aged and elderly whites, the bearers of knowledge and understanding" hang sy "midlife crisis"-onderrok ver uit en wapper die absurditeit van wat hy te sê het in die wind.

Laat ons hartseer wees oor wit, swart en bruin mense wat met rassehaat en rasgedrewe politieke motiewe deur die lewe gaan. Hul lewens is heelwat meer ondraaglik as ons s'n.

Groete, vrede, peace, brother, duidelik!



LitNet: 19 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.