SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

Jason Lloyd
is ’n joernalis by Die Burger Oos-Kaap en rubriekskrywer vir LitNet.

  Jason Lloyd

“Ou ryperd, jy is my Vespa: Is dit die lied van jong Suid-Afrika?”

Jason Lloyd

Eerstens wil ek graag vir Johann Rossouw en die res van sy komiteelede bedank vir die geleentheid om vandag hier bors te kan skoonmaak. En bors gaan ek beslis skoonmaak, want daar is dinge — soos Adam Small destyds in ’n ander konteks geskryf het — “wat ten hemele roep om ges te word”.

Dit was net so na skemer op my tuisdorp, Uitenhage, in die Oos-Kaap. En dit was in die tweede helfte van verlede jaar. My selfoon blr en op die skerm wys die skakelkode “021”. Uit Stellenbosch antwoord ’n stem wat ek al telkemale gehoor het. Erns Grundling, van LitNet, vra my: “Hoe lyk dinge?” Ek antwoord: “Sharp my broe” op ’n egte bruin styl.

Hy laat val dat hy besig is met ’n storie oor die Afrikaanse jeugkultuur wat hy vir die Engelse tydskrif Blunt skryf en dat hy graag die uwe oor die issue wil interview. Hy noem ook dat hy alreeds met Toast Coetzer, Dagga-Dirk Uys en andere oor die onderwerp gepraat het. En hy s hy wil graag my mening hoor. Dit was asof hy vir my indirek gevra het dat ek vanuit ’n bruin perspektief moes praat.

En dit is presies wat ek vandag ook hier gaan doen. Eerstens, omdat ek dink dit is baie nodig vir my om vanuit ’n bruin perspektief te praat. Ek dink sommige mense (let wel: bruin mense) wat wel die geleentheid gegun word of ’n platform het, verkies in die meeste gevalle om dit te vermy. Tweedens, omdat die oorlede (swart) Amerikaanse skrywer James Baldwin so mooi en baie waar in sy bundel essays Notes of a Native Son geskryf het: “One writes out of one thing only — one’s own experience.”

Omdat ek veronderstel is om vandag te praat oor wie nou eintlik die lied van jong Suid-Afrika sing, bring dit my by die volgende vraag: Wie is die Suid-Afrikaanse jeug? Of meer spesifiek: die Afrikaanse jeug?

En miskien sal dit heel veilig wees om te antwoord deur te s: die een groep is beslis wit. Op horskool verruil die meeste hul fietse vir mooi motors. Neem dan na matriek ’n jaar of meer “af” en toer deur Europa of Amerika. Andere s deur regstellende aksie word hulle stief behandel en verlaat dan die land. En soos die karakter Christiaan Retief in die roman Trips van Manie de Waal, vlug die meerderheid die land uit. Hulle land dan met surfborde en al op Heathrow Lughawe in Londen, op soek na ’n werk; maar Retief is eerder daar vir ’n vakansie. Maar in Londen word ook gekla dat werk skaars is. Baie van die Afrikaner-jeug wat so baie na Suid-Afrika verlang, voer as ’t ware ’n sukkel bestaan in Londen. Maar nou kom die vraag: Hoekom hardloop hulle weg van die huis af? Is Suid-Afrika dan nie ’n land van heuning en (vars) melk nie? Pappie ry dan ’n 4X4, besit drie plase, dien op verskeie maatskappye se direksies en het miljoene in Switserse bankrekeninge.

So, hoekom dan jou rug draai op die heuning en melk van ’n land wat ook joune is? En in die proses kry jy swaar in die vreemde?

Dan is daar die groep wat verkies om in Suid-Afrika agter te bly en hulle blind staar vir die veranderinge. Hulle het nog steeds die voorreg — as hulle plaas toe gaan, of sommer in die daaglikse omgang met mense — om ook, soos Pappa en Mamma, na tien jaar van demokrasie nog steeds “kleinbaas” of “kleinmies” genoem te word. En die ergste: dit word maar net as ’n gegewe deur hulle aanvaar.

Daar is ook diegene wat Max du Preez se rubrieke met graagte lees en vir Dan Roodt lag. Hulle is aanhangers van Koos Kombuis en David Kramer se musiek, ondersteuners van Breyten Breytenbach en Antjie Krog se letterkunde.

Dan is daar ook Afrikaner-jeugdiges wat hard daaraan werk om die sogenaamde polities-konserwatiewe beeld van die Afrikaner af te breek. En sodoende ’n opbouende bydrae tot die nuwe bedeling lewer.

Maar wie is die ander groep in die Afrikaanse jeug? En heel belangrik, die Afrikaner-jeug se taalgenote?

Dit is die bruin jeug — en hulle is beslis nie soos die karakter Christiaan Retief in Trips nie. Vir baie van hulle is ’n vlug na Londen maar net ’n begeerte en boonop te duur. In ’n mate is hulle soos die karakter Charlie Koekemoer in Jackie Nagtegal se Daar’s vis in die punch, wat “laatnag tot ligdag in hip-hop klubs kuier”.

Hulle lag vir die musiek van die bruin kunstenaar Pieter van der Westhuizen en s dit is glad nie cool nie. En die moeite van David Kramer om die mense van Namakwaland die kans te gee om hulle liedjies deur middel van Karoo Kitaar Blues te laat hoor, word nie ernstig opgeneem nie. Val hulle by Musica in, dan kraai Amerikaanse hip-hop-liedjies koning in hul aankope.

Die meerderheid het nog nooit die merkwaardige roman Verdwaalde Land van Abraham Phillips gelees nie. Weet ook glad nie wie Elias P Nel of Adam Small is nie.

Maar gee vir hulle swak TV-sepies en selfone en hulle weet wat om daarmee te doen. En hieroor sou Nol-David Adams seer sekerlik soos volg opgemerk het: “maar ’n onsekerheid hang soos ’n swaar reis-etiket om my nek, waarop duidelik geskrywe staan: ’Kleurling’(-jeug) (se) bestemming onbekend.”

Ek hoop van harte dat die bruin jeug ook eendag tot ’n besef sal kom soos (James) Baldwin toe hy geskryf het in Notes of a Native Son: “I know, in any case, that the most crucial time in my own development came when I was forced to recognise that I was a bastard of the West; when I followed the line of my past I did not find myself in Europe but in Africa.”

Gegewe dit wat ek alreeds ges het, dink ek dit sal veilig wees om te s die Afrikaanse jeug sing aan die einde van die dag eintlik twee afsonderlike liedjies: die een wit en ryk; en die ander een bruin en arm. Dit is twee groepe wat dieselfde taal praat, maar mekaar nie ken nie.

Dit bring my by die skrywe van ’n Afrikaner-intellektueel verlede jaar waarin hy gesinspeel het dat wit en bruin Afrikaanses vorentoe kan versmelt. Met die gedagte is daar niks verkeerd nie, mits dit opreg was. Wel, daaroor gaan ek my nie nou uitlaat nie.

Hy verwys na Anastasia de Vries, nou ’n joernalis by Rapport, se vraelyste wat sy in 2000 op die Kaapse Vlakte onder bruin Afrikaanse skoolkinders versprei het. Daar is toe bevind dat hulle verkies om hulself te beskryf as ’n “Afrikaner” of “Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner”. Met “Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner” het ek nie ’n probleem nie, maar wel met “Afrikaner”. En ek hoef nie te noem wie nou eintlik ’n Afrikaner is, of wie nie is nie.

Maar dit wil vir my voorkom asof die intellektueel die sogenaamde aanvaarding as “Afrikaner” by die jeug op die Kaapse Vlakte gebruik as ’n vertrekpunt om sy sogenaamde wens na ’n “versmelting” geloofwaardigheid toe te dien. Dit is ’n fout om dit te doen, want weet die skoolkinders werklik wat ’n Afrikaner is? Ek wil nie die spesifieke skoolkinders se intellek bevraagteken nie, maar ek dink die woord Afrika in Afrikaner het veroorsaak dat hulle dit steun. Baie van die skoolkinders het ook ges ’n Afrikaner is “iemand wat in Afrika gebore is”. Die rasding wat aan die woord “Afrikaner” gekoppel word, weet hulle miskien minder van.

Dit wys net weer vir ’n mens hoe ver die twee Afrikaanse jeuggroepe (wit en bruin) van mekaar verwyder is. Elkeen in sy eie rigting.

Dit bring ’n mens by “bestemming onbekend” van die bruin jeug, soos (Nol-David) Adams geskryf het. Toe ek destyds die wens uitgespreek het om ’n joernalis te word, het die raad altyd gekom: “Kry vir jou ’n rolmodel, waarna jy altyd kan opkyk.” En vir my het dit in ’n mate gewerk.

Maar na wie kan die bruin jeug vandag opkyk? Die meerderheid van vandag se bruin intellektuele hou hulle meer van ’n tipe van ’n Afrikaner as die Afrikaners self. Hulle vermy bruin issues en bemoei hulle selfs met die strewe na ’n nuwe Afrikaner-denkwreld. Die digter en skrywer Clinton V du Plessis se ope brief aan Allan Boesak verlede jaar om hom te vra om bruin issues op die nasionale agenda te plaas, het ook ’n koue ontvangs van hierdie intellektuele gekry. Hulle verkies eerder om oor AP Grov te skryf en haal vir NP van Wyk Louw links en regs aan. Maar ’n mens hoor of lees selde hulle haal vir Vincent Oliphant of vir PJ Philander aan.

Hulle staan as ’t ware koud teenoor issues wat bruin mense ten nouste raak. Maar as joernaliste hulle bel om hulle kommentaar te vra oor bruin issues, dan act hulle as selfaangestelde woordvoerders vir bruin mense. En blaker dan hulle eie mening uit, wat hulle as ’t ware aan joernaliste afsmeer as die standpunte van bruin mense.

Maar in dieselfde asem wil ek ook ’n beroep doen op veral bruin joernaliste om op te hou om elke keer hierdie intellektuele vir kommentaar te nader. Bel ook ander mense, verkieslik nuwe en vars stemme, want ons het nuwe perspektiewe nodig.

Kyk jy televisie, dan sien jy eerder bruin Afrikaanse aanbieders en akteurs wat hulle lywe en aksente wit probeer hou. Die “bruinheid” word ter wille van ’n kamtige aanvaarding langs die pad weggegooi. Bruin politici soos Abe Williams, Allan Boesak en Peter Marais — wat homself ’n “bruin” Afrikaner noem — is niks meer as ’n bespotting vir die bruin jeug nie.

En dit lyk vir my asof as jy bruin is en daarin slaag om sukses in die lewe te bereik, dan dien dit as ’n sogenaamde paspoort om met ’n wit persoon te kan trou. Chester Williams, Amy Kleinhans en Boesak weet van wie praat ek.

En op die kassie moet bruin mense tevrede wees met — soos Zebulon Dread dit in Rapport gestel het — TV-programme soos Fishy Fshuns “asof daar geen diepte aan ons Kleurlingskap is nie”. En as jy gelukkig is en ’n storie oor bruin mense in ’n koerant lees, is dit altyd negatief.

Dan is daar die Afrikaanse kommersile leefwreld, wat vir my nog taamlik onvriendelik staan teenoor die bruines en veral die bruin jeug. Sowat 54 persent Afrikaanssprekendes in die land is bruin, maar groot dele word gekenmerk deur uiterste armoede en ongeletterheid. In wese sou dit dan heel veilig wees om te argumenteer dat die bruin jeug ’n beperkte ekonomiese en kulturele belang in Afrikaans het. Ek sou s dit moet uitgebrei word.

Dit is sulke houdings wat ook bydra dat die bruin jeug taamlik negatief staan teenoor Afrikaans as taal en liewer Engels as toekomstaal omhels. Die tyd het aangebreek dat die bruin jeug as volwaardige burgers in die Afrikaanse kommersile leefwreld betrek word, andersins sal die taal tweede kom.

Die houding van diegene wat dink dat hulle ’n monopolie op Afrikaans het en dat bruines agterryers is, moet ook verander.

Ten slotte kan ’n mens s dat die Afrikaanse jeug (wit en bruin) nog nie uit volle bors saam die lied van jong Suid-Afrika kan sing nie. Hulle leefwreld is nog te verskillend, en so sing hulle nog hul eie afsonderlike liedjies. Die oplossing l dus nie in die “versmelting” — waarvan die Afrikaner-intellektueel geskryf het — van bruin en wit nie. Dit is immers ’n baie onrealistiese droom, want dan beteken dit die einde van die Afrikaner. Ons wil nie h die Afrikaner moet verdwyn nie. Of wil ons?

Die wit en bruin Afrikaanse jeug moet liewer na gemeenskaplike waardes soek — neem dit en bou as leiers van mre aan die toekoms. En om hemelsnaam: reik dan ook uit na die groter Suid-Afrikaanse jeug.

Dankie dat u na my geluister het 



LitNet: 29 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.