SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die “bruin debat”

Valda Jansen

Die “bruin debat” is tans besig om ’n gonswoord in die media te word.

Eintlik word dit ’n gonswoord gemŠŠk, want dis nie iets wat spontaan gebeur nie, maar iets wat tog in ’n groot mate beheer word. Mens kry soms die indruk dat die “bruin debat” opgeblaas word en dat die menings van mense gevra word wat dinge sÍ wat die wittes eintlik wil sÍ maar nie kan nie, uit vrees dat hulle as rassiste uitgekryt sal word.

Daar word veral groot gewag gemaak van die kwessie van diversiteit aan die Universiteit van Stellenbosch en die feit dat daar, volgens sommiges, veral teen wit mans “gediskrimineer” word. “Proe bietjie van jul eie medisyne,” wil mens daarop sÍ. “Join the club. Voel hoe voel dit.”

’n Maand gelede het die Afrikaanse Skrywersvereniging by die Woordfees reeds hierdie tema aangeraak. Die tema van die bespreking: “Onlangse aanstellings van bruin mense in sleutelposte by tradisioneel Afrikaner-instellings: window-dressing of normalisering van die Afrikaanse gemeenskap?” Hermann Gilliomee, Christa van Louw, Malixole Gwatyu en Steward van Wyk het elk hul mening en interpretasie gegee.

Hermann Gilliomee het gesÍ sulke aanstellings is about time. “Dis ’n tragedie dat dit so lank gevat het en dis iets wat meer omvangryk behoort te gebeur. Mens is bly oor die aanstellings, maar daar is ’n dieper probleem: bruin mense se deelnamekoers aan hoŽr/tersiÍre instellings is die laagste van die drie groepe, laer nog as die van swartes.”

Hy het gesÍ hoewel dit belangrik is om te kyk na die lewering van bruin studente aan universiteite, moet ook swart Afrikaanse studente na Stellenbosch gelok word, om die basis van die taal breŽr te maak.

En verder: “Bruin mense is nou in dieselfde posisie as die Afrikaner in die dertigerjare. Toe was daar ’n gaping tussen die werkersklas en die intellektuele en geen middelklas nie. ’n Alliansie is verkry dmv Apartheid - wat ’n vorm van regstellende aksie was. Ons moet maniere kry hoe Afrikaans ’n nierassige taal kan word, maar ook die Afrikaanse gemeenskap moet nierassig word.”

Malixole Gwatyu, joernalis by Die Burger, het die skrywer Eskia Mphahlele aangehaal: “The irony in all these jobs is that you are rewarded for being black, too. Your job is being black, because it’s good for public relations.”

’n Groot deel van die gehoor het hier heftig saamgestem.

“Aanstellings is nodig, dis goed. Probleem is, die kultuur binne die maatskappy is nie bruin/swart-vriendelik nie,” het Gwatyu gesÍ. Hy het ’n heerlike storie vertel van hoe sy ma staan en vetkoek bak. Dan is sy later moeg en hy besluit om haar te help, alhoewel hy nie juis weet wat om te doen nie. “Maar ek staan voor die primusstofie, ek lyk besig, dit lyk of ek weet wat ek doen, maar later, wanneer mense gaan aansit om te eet, is die vetkoek eintlik nog rou binne, dis nog wit.

“Ek weet nie in hoe ’n mate dit ’n challenge is vir die in posisies nie,” het Gwatyu bygevoeg. “Sulke aanstellings beteken niks vir die binne die maatskappy wat bruin/swart is nie, as dit nie is om hulle burden ligter te maak nie. Die beleid en alles van die maatskappy is Eurosentries. Die Afrika-benadering word nie toegelaat nie. Elkeen van ons sal nog lank hiermee sit en vrae vra. Solank daar vraagtekens is, gaan ons soek vir antwoorde.”

Christa van Louw het saam met Gilliomee gestem dat dit hoog tyd is dat dinge op sy naam genoem word. “Ek is gevra om te praat as bruin mens wat in ’n posisie by ’n wit instelling aangestel is,” het Van Louw gesÍ. “Die vraag is of instansies diversifiseer met die doel om te koŲpteer of te transformeer. Die kernvraag is: is die fundamentele motivering agv interne druk of is dit ’n middel tot ’n doel?”

“Ek het krities gereflekteer op my aanstelling. Diversiteit is prioriteit. Die uitdaging is om daaraan inhoud te gee. Ek is koŲrdineerder ipv bestuurder. My opdrag: ’n vyfjaar-diversiteitsplan om te implementeer, 2004-2008. Dit is nou sewe maande later: my ervaring is anders as die van voriges. Nie almal het dieselfde entoesiasme hieroor nie, dus kan mens ondermynende aksies verwag.

“Maar ek het onverskrokke toegetree met die sekerheid oor wie ek is, met my verstaan van die wÍreld, met my andersheid. Daar is tog ruimte vir innoverende denke. Diversiteit beteken dat daar herbeplan word aan beleid, strukture, stelsels en sisteme en uit die aard van die saak: die Institusionele Kultuur.

“My verstaan van die posisie en die bedoeling van die universiteit stem ooreen, nl om die US te omskep in ’n fisiese ruimte wat verteenwoordigend is van alle sprekers van Afrikaans, maar ook om dit te verander in ’n psigiese ruimte waarbinne almal tot hul volle potensiaal kan gedy. As dit nie die bedoeling van die US was nie, is iemand verneuk, beslis nie ek nie.”

Steward van Wyk het in sy bydrae veral verwys na Adam Small. Hy het begin deur te sÍ dat die anomalie van bruin en swart in wit instellings tekenend is van die skeefgetrekte ontwikkeling van Afrikaans.

“Dit gaan daaroor of die Afrikaanse taal verteenwoordigend gemaak kan word van die spraakgemeenskap.

“Die Woordfees is ’n huldigingsfees van die Sestigers. Tussen die Brinks, Barnards, ens val Adam Small se afwesigheid op. Veral in die lig van Small se groot bydrae om die Afrikaanse spraakgemeenskap verteenwoordigend te maak deur gewone werkersklasmense se lot te verwoord en veral Kaapse spreektaal te gebruik. “Presies 30 jaar gelede het die Somerskool plaasgevind. Dit word veral onthou vir Breytenbach. Maar ek onthou die Somerskool veral vir Adam Small se ‘Krisis van ’n Swart Sestiger’, wat ’n blik gebied het van binne en buite op die Beweging en sy ambivalente posisie beklemtoon het. Dit is vandag nog tekenend van die plek van bruin en swart in Afrikaans.

“Die uitbou van ’n nierassige gemeenskap hang af van die belang wat mense het om Afrikaans te wil wees. Watter belang het ’n bruin werkersklas-Afrikaanssprekende op die Kaapse Vlakte om Afrikaans te wil wees as hy in sy werksopsie Engels is. In die dertigerjare kon die Afrikaner staatmaak op die staat.

“Adam Small het vroeŽr reeds ‘my mense, die Afrikaners’ gewaarsku teen die verwydering wat Apartheid tussen bruin en wit Afrikaanssprekendes tot gevolg sou hÍ. Die Afrikaanse gemeenskap is die een taalgemeenskap waarin ras- en taalskeidslyne so duidelik ineenval, hulle het kultureel uitmekaar gegroei. Die uitdaging nou is om die ekonomiese gaping te verklein.”

Volgens Van Wyk kan Afrikaans ’n rol speel vir diversiteit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap: “Ons kyk soms te eng na onsself, ons omstandighede, en vergeet ons landgenote se stryd om oorlewing. Die Afrikaanssprekende se funksie is om materiŽle ongelykhede reg te stel om sodoende plek in die huidige bestel op te eis.”

Die sterkste stem uit die gehoor was die van dr Loretta Feris, wat vyftien jaar gelede een van die eerste bruin studente en later die eerste bruin dosent in die Regsfakulteit aan die US was. Sy het gepraat oor hoe moeilik dit destyds was en dat haar wit kollegas haar altyd anders as die res behandel het. Drie jaar gelede het sy eenvoudig bedank. “Dit was die beste besluit om hier uit te stap, om weg te gaan van Stellenbosch af,” het sy gesÍ. Die afgelope paar jaar is sy dosent aan ’n Amerikaanse universiteit, en beplan om later vanjaar terug te kom na Suid-Afrika. “Maar nie na Stellenbosch nie,” het sy bygevoeg.

Lees Jason Lloyd se reaksie hierop.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.