SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoekom haal die kinders van apartheid hulle skouers op?

Deur Izak de Vries
Gelewer te KKNK
31 Maart 2000
Die Burger se lesingreeks

Geagte meneer Andrew Marais, ander lede van Die Burger en Naspers se redaksie.

地 Woord van dank dat u my hier laat optree vandag. Dankie in die eerste plek vir die groot aantal reëlings wat u en die KKNK getref het om ons hier te laat wees, maar dankie ook vir die feit dat ek gekies is om hier te praat saam met my twee vriende.

Die twee mense wat die verhoog met my deel vandag is Sonja Loots en Kirby van der Merwe. Ek sal hulle binnekort aan die woord stel, maar vergun my eers 地 paar woorde jeens die onderwerp wat vandag ter tafel is.

Hoekom haal die kinders van apartheid hulle skouers op?

Voordat ons begin praat oor daardie onderwerp, enkele opmerkings:

  • Wie is hierdie “kinders” na wie verwys word?
  • Wie is apartheid?
  • Haal hulle – wie hulle ook al is – inderdaad hulle skouers op?

Ek nooi u natuurlik uit om saam met ons oor hierdie onderwerpe te gesels, maar ek sou graag die gespek wou inlei met 地 paar rigtingwysers, wat gevolg of geïgnoreer kan word.

My lesing val in twee dele uiteen: kindskap – (die erfstukke waarmee ons nou sit) en 地 “tog-wel-skap” (地 kykie na die nuwe maniere van doen in 地 nuwe bestel).

I : Kindskap

Vaderskap
André Brink het in Inteendeel ons daarop gewys dat die aarde 地 vroulike karakter het en dat die pen – fallies en styf – die aarde bevlek met saad. As ons dus tentatief sou aanneem dat die land waarin ons onsself bevind die moeder is, soek ons natuurlik die vader. Dit sou beteken dat ek en Kirby en Sonja ontvang is uit dieselfde baarmoeder, maar stam ons werklik van dieselfde vader af? Kirby se tan is byvoorbeeld heelwat donkerder as myne. Was die apartheid wat sy moerland se skoot bestyg dieselfde as die een wat myne bestyg het?

Ek dink nie so nie. Die gesig wat Kirby gesien het as hy in die oggend sy neus by die deur uitsteek, was 地 bleker een as die een wat ek en Sonja gesien het. (Ek gebruik die woord bleek opsetlik.) Ons gaan inderdaad ook netnou hoor hoe Kirby ons daarvan gaan vertel.

Ek wil nie op die verlede teer nie, want jou ouers kan jy nie kies nie. Ons is nou hier, boeties en sussies van dieselfde ma – en, glo my, die naelstring is steeds kloppend. George Weideman het dit mooi gestel toe hy sê ons is maar pampoene – ons rank, vasgekoppel aan hierdie land vir ons karige brood en water.

Ons is dus nou kinders wat moet saamspeel – en baklei – in dieselfde klein sandputjie, vegtend om dieselfde klein hoeveelheid kos en water.

Toe ek laas verneem het na die welstand van die vaders wat ons geskep het, sou ek verneem dat hulle ons nou finaal verlaat het. Party beweer hulle is dood, ander weer dat die twee nog so nou en dan tussen die bergies opgelet word – kannetjie wyn in die hand, besig om 地 ou vennoot op te soek, bedelend om 地 paar stukkies nyd. Daar is natuurlik 地 derde scenario: 地 Hele klompie mense het al beweer dat hy, of dan hulle, 地 blink pak aangetrek het en vandag op die nuwe regering se gravy train ry.

Hoe dit ook sy, ons, die kinders van apartheid is vaderloos. En die moederland, nou ook al suf van die vryers wat haar bloots gery het, is ook besig om die kinders 地 bietjie te laat sweet vir die vog wat hulle toekom.

Al drie van ons wat vandag hier sit, hierdie kinders van apartheid, werk vryskut. Dit beteken ons werk, dankie tog, maar ons verdien ons brood op die harde manier. Dit beteken ook dat nie een van ons vandag hier sou gewees het, was dit nie vir die besonder ruim borgskappe van Die Burger nie. Ons sou dit eenvoudig nie kon bekostig nie.

Die feit is egter dat “ons” – die drie hier voor u – en die ander onse in die kollektiewe pond (of dan pont?), 地 bestaan probeer maak uit die post-apartheid ekonomie. Dis 地 ekonomie wat oorheers word die strewes van voorheen benadeeldes en die totale skokreaksie van die voorheen bevoorregdes. Die liggaam is 地 vreemde organisme en dit neem dikwels lank om van die dood van 地 eggenoot te herstel. Sielkundiges sê ook dat – ironies genoeg – hoe slegter die eggenoot, hoe langer vat die agtergeblewenes om oor daardie persoon se dood te kom.

Skrywers
Wat hierdie drie van ons wat hier voor staan en sit ook nog gemeen het, is die feit dat ons die wêreld waarin ons leef – en die herinneringe aan die vaders – probeer verwoord met ons woordverwerkers. Die falliese pen is inderdaad vervang deur die geduldige, maar vol draadwerk, PC. En glo my, as ons nie PC is met ons PC痴 nie, dan kom Mister Menseregte kuier.

Wat ek aan u probeer voorhou, is die prentjie van mense wat werklik soek na 地 nuwe bestel, iets nuuts om oor te skryf, iets nuuts om te doen om te oorleef. Tien jaar gelede sou elke een van ons 地 pos by 地 universiteit gehad het. Vandag oorleef ons. Twintig jaar gelede sou ons boeke voorgeskryf word vir die skole, vandag ding ons mee met die vervlietende aangesig van die daaglikse koerant, die internet en natuurlik The Bold and the Beautiful. Tien jaar gelede is die parlement nog in Afrikaans geopen. Vandag is ons taal 地 bron van hewige debat, maar een ding is seker, dit word nie meer beskerm nie. Hierdie nuwe status van die taal dwing ons om nuut te dink oor die maniere waarop ons skryf, oor die onderwerpe wat ons uitstal.

Haal 地 bietjie die boeke van die tagtigers van die rak af. Dit was heel dikwels moeilike, wroegende en soms esoteriese werke, iets wat ook van die sestigers gesê kan word. Loer dan na die skrywers van Afrikaans in die negentigs – ook die ouer, gevestigde skrywers: stories is weer in. Die kloof tussen Chris Barnard se Mahala en sy Boendoe is haas onverstaanbaar – behalwe as jy in ag neem dat ons weer begin soek het na onsself en ons stories. Mahala is geskryf in 地 tyd toe die Afrikaanssprekende die roer in die hand gehad het – toe Afrika 地 vreemde en neerdrukkende plek was. In Boendoe is Afrika ook hard en ongenadig, maar dis 地 gans ander Afrika. Dis 地 Afrika waar mense met mekaar moet saamwerk en die onmoontlike moet maak werk.

Geen beweging nie
As ons kyk na die debute wat in die negentigs gebeur het, is daar geen deurlopende tema nie. Daar was inderdaad nie 地 negentiger beweging nie. Daar was bloot 地 klompie los stemme van soekende kinders – kinders wat bewus is van die verraad wat gepleeg is teen hulle, maar wat elkeen op 地 eie wyse probeer om antwoorde te vind op vrae wat hulle nog nie het nie. 地 Mens kan jou skaars 地 groter sprong indink as dié tussen Marieta van der Vyver en Tom Dreyer se debute, Sonja Loots na Kirby van der Merwe, Izak de Vries, Herman Wasserman, Jaco Botha, SP Benjamin na AHM Scholtz.

En tog, en tog … Tog glo ek dat elke een van hierdie stemme 地 faset van 地 soektog verteenwoordig. Die hegemonie van ons en hulle, bywoners en base, kunstenaars en storievertellers het verdwyn.

Die jong mense trek waarskynlik hulle skouers op vir die groter kwessies, dit is dalk waar. Die ou lojaliteite van kerk, skool en taal is besig om vinnig plek te maak vir 地 individualisme.

Die individu ís selfsugtig. Die individu vra al meer hoe kan “ek” oorleef, nie hoe kan “die Afrikaner” oorleef nie.

Lees 地 mens NP van Wyk Louw in Lojale verset, is dit duidelik dat hy nie gehou het van die term “individualis” wat aan hom en sy medeskrywers gehang is nie. Bloot omdat julle die jong klomp nie verstaan nie, beteken nie dat ons nie aktueel skryf nie, was sy boodskap aan die ou manne van die kunste.

Anders as die dertigers, klink dit by die kinders van apartheid vanuit eie geledere op dat ons individue is. Tog wil ek ook waarsku: moenie die aktualiteit van ons boeke misken nie.

II . Tog-wel-skap

Positiewe gevolge
Ek wil graag die gehoor uitdaag om die positiewe in te sien in die stelling wat ek hier bo gemaak het. Laat ons die debat verder voer – laat ons praat oor die rol van die individu. Slaan maar die boeke oop van die jonger skrywers. Daar is aktuele vrae in 地 ieder van daardie tekste. Die perspektief het verskuif, dis waar. Die jong klomp kyk na die volksvergaderings en die politici en trek hulle skouers op, maar hulle loop huis toe en wonder oor hulle eie veiligheid, hulle eie vermoë om werk te vind, hulle luister weer na die klein mensie se stem – daardie stem wat oor die eeue heen deur politici geminag is, en steeds geminag word.

Ek dink daar is geweldig baie om voor dankbaar te wees in hierdie houding, hierdie heel nuwe bestel wat ons besig. Die taal was nog nooit vryer nie. Neem Die Burger op en kyk na die manier waarop hulle deesdae spel. Dit is nuut, in pas met die tendense en die behoeftes van die industrie.

Neem die gemiddelde jong intellektueel. Hulle doen werke wat tien jaar gelede nog onbekend was. Daar is baie wat teen die kinders van apartheid tel. Ek is die eerste wat erken dat Australië party oggende baie aantreklik lyk. En tog is ons hier. Ons praat Afrikaans, ons hou fees in 地 taal wat my aan die land verbind. Die skrywers soek hulle eie stemme, hulle eie identiteite. Die kinders van apartheid is die individue, hulle is die entrepreneurs.

Die paadjie is alleen
Ons is alleenmense. Ons het die hawens van kultuurorganisasies, sondagskoolpieknieke en voortrekkerlaers verlaat. Soggens vieruur sal jy ons dikwels voor die rekenaar aantref – aan die woel om Afrikaans aan die mense te bring – hetsy dit in boekvorm, elektronies of in dagblaaie is.

Ons behoort nie meer aan die geykte debatsverenigings van ouds nie, maar geleenthede soos hierdie word aangryp, die internet gons behoorlik van die debatte wat op LitNet woed en sodoende oorspoel na dagblaaie en tydskrifte soos INSIG.

Dis koud om alleen te wees. Die knusheid is weg. Ons sandputjie is baie klein en ons moet oorleef. En tog. En tog. Tog is hier drie skrywers voor u, drie mense wat steeds, elkeen op sy of haar eie manier, 地 lewe maak uit Afrikaans.

Die ander stemme
Juis omdat ons so 地 klomp individue is, raak dit onmoontlik vir een persoon om namens almal te praat.

Ek het dus 地 collage gemaak waarin ek die stemme van sommige van my medeskrywers in hulle eie woorde probeer vasvang. Die meeste van hierdie aanhalings kom van LitNet af:

– SP Benjamin
Ek dink daar is nog goeie stories wat daar buite lê wat vertel moet word … ons word maar almal op 地 different way geraak deur al die goed wat om ons gebeur het. Ons almal is nie so gelukkig om net skotvry daarvan af te kom en net aan te kan stap nie.

– Jaco Botha
Die belangrikste is die skrywer as waarnemer. Die oomblik as jy jouself nie kan uithaal waar jy is en op 地 ander plek kan insit nie, verloor jy jou plek as skrywer.

– Jaco Fouché
Veral die godsdienstige is vir my nog geweldig belangrik in die Afrikaanse kultuur, nie net die modieuse “Calvinisme” nie, maar secretly die hele Christendom-ding: Drie-eenheid, engele, profete … In baie se private wêrelde figureer hierdie dinge nog sterk. So glo ek, in elk geval. Of hoop ek.

– Herman Wasserman
Ek dink 地 skrywer behoort die samelewing krities te bekyk, en dit sluit die politiek in. Nie noodwendig partypolitiek nie – dit vind ek persoonlik meestal maar vervelig – eerder hoe politiek op mense se lewens inspeel, hoe dit mense soms vervlak tot slagspreuke, hoe retoriek soms 地 vorm van geweld is as dit politici in staat stel om skotvry van hul verantwoordelikheid te ontsnap, terwyl ander mense die gelag betaal, daai soort ding.

— Anoescka von Meck
Ek voel gedesensitise. Verstaan jy? Niks is meer vir my regtig so erg nie. (…) Ek gee om, maar ek gee nie om nie. (…) Jy is so skisofrenies dubbelhartig oor alles. Dis so asof ons al alles gesien het en alles gehoor het, jy weet.

Ek dank u

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is 地 onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.