SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Infanta is 'n meesterlike speurtog na die siel

Andries Gouws

Deon Meyer se InfantaInfanta
Deon Meyer
Lapa-uitgewers
R139,95 (hardeband)

Op 'n keer het iemand op Beeld se rekenaarstelsel 'n foto van 'n misdaadtoneel ingeskandeer met drie pyltjies wat wys na Cop. Victim. Journalist. Die onderskrif: "Another day at the office.com".

Dis min of meer die gegewens waarmee Deon Meyer gewoonlik werk. Asook: 'n bietjie hoop, baie wanhoop, 'n laaste kans, 'n raaisel. En nog 'n bietjie wanhoop.

Ons het nog nooit 'n pa gehad nie. Net 'n dronk ou wat daar bly. Pa ken ons nie. Pa weet niks. Pa weet nie ons steek die drank weg nie. Pa weet nie ons vat geld uit jou beursie sodat jy nie brandewyn kan koop nie. Pa weet nie ons kan nie vriende huis toe bring nie want ons is skaam vir ons pa. Ons kan nie by ons vriende gaan slaap nie, want ons is bang Pa slaan vir Ma as ons nie daar is nie. Pa dink ons hou nog van Spur toe gaan. Pa dink Charlize Theron is 'n krimineel. Pa weet niks en Pa suip.

Ontmoet speurder-inspekteur Bennie Griessel. Op die spoor van iemand wat mense vermoor wat kinders afknou.

Griessel, 'n randfiguur in Meyer se Feniks (1996), is goed in wat hy doen. Liewer: wás goed. Voordat hy homself iewers verloor het.

Voordat hy dié ultimatum gekry het: Bly ses maande sonder drank en jy kry jou vrou en twee kinders terug. Miskien.

Deel van die web wat Meyer in Infanta weef, is die boeiende Tobela Mpayipheli van Proteus - dié keer sans motorfiets. En Christine van Rooyen, sekswerker. (Soms deur minder simpatieke karakters beskryf as 'n hoer.)

Hier gaan dit om die liefde tussen ouers en hul kinders. En wat mense vir daardie liefde sal doen.

Die spanningslyn word, soos in Meyer se vorige boeke, nie net bepaal deur die whodunnit nie, maar veral deur die will-he-do-it: Gaan Griessel daardie bottel Klipdrift oopskroef na nege dae van nugter wees?

En wat presies is Christine se storie(s)?

Meyer se boeke oorbrug daardie pretensieuse skeidslyn tussen sogenaamde ligte(!) leesstof(!) en letterkunde. 'n Skeidslyn wat probeer impliseer dat goeie skryfwerk net in laasgenoemde geval tel.

En tog: soms wil 'n mens hokaai roep oor die journalists: "Sensasie" werk darem nie altyd so nie.

Maar dit is weer eens 'n meesterlike speurtog na die siel. Wanneer kom die volgende een? Asseblief?

As Griessel en sy seun midde-in die verwyte die raakpunt van musiek tref en die karakters met geloof, hoop - en veral liefde - hul keuses maak, spoed die storie voort soos 'n BMW R 1150 GS op die N1:

With all due respect, hoe lank was Pa dronk? Daar's Diff-olie en Kobus en Akkedis en Battery 9 en Beeskraal en Valiant Swart en hulle skop almal gat. Maar Pa moet luister na Anton se live konsert as Pa bass en genuine rock wil hoor.




LitNet: 22 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.