SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

In gesprek met Antjie Krog

Daniel Hugo

Dinsdag 28 November 2000, 15:00 — 16:00

Antjie Krog is die gas in Leeskring — my weeklikse gespreksprogram met ’n skrywer op Radiosondergrense (SAUK, 100 — 104 FM, Landswyd). Die gesprek sou gaan oor haar jongste digbundel Kleur kom nooit alleen nie (Kwela, 2000, Naspers). Dit is die eerste keer dat ek ’n literÍre onderhoud met haar gaan voer.

VroeŽr — toe sy nog ’n radiojoernalis was onder die naam Antjie Samuel — het ek ’n paar telefoniese gesprekke met haar gehad oor die verrigtinge van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Ek was een van die aanbieders van die intussen verdwene aktualiteitsprogram Weskaap Fokus. Sy het ’n keer op die lug in trane uitgebars oor wat sy diť dag beleef het tydens die Winnie Mandela-verhoor. Antjie Samuel is hoogs gespanne, want Antjie Krog sleep baie bagasie saam, het ek toe besef.

Dit het ek ook besef by Naspers se Stellenbosse taalberaad op 30 November 1996. Daar het Antjie gesÍ: “Afrikaans het hom nog altyd buite die werklike debat in Suid-Afrika gehou.”

Ek sien nog hoe Adam Small, ’n paneellid, onthuts reageer: “Wat dan van N. P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, S.V. Petersen ...?”

En hy sou kon byvoeg: Adam Small (as hy nie so beskeie was nie), Breyten Breytenbach (ook ’n paneellid), Frederik van Zyl Slabbert (paneellid), Jakes Gerwel (paneellid), Richard van der Ross, Beyers Naudť, Andrť Hugo, Johannes Degenaar, W.A. de Klerk, Jan Rabie, Elsa Joubert, Andrť P. Brink, ensovoorts.

Omstreeks daardie tyd lees ek ’n uittreksel uit haar gereelde rubriek in die Vlaamse Nieuw Wereldtijdschrift waarin sy skryf dat die Afrikaner nooit by die Nuwe Suid-Afrika sal kan aanpas nie. Hy is vir ewig bederf, want in die Ou Bedeling kon hy doodgewoon die telefoon optel en die verantwoordelike minister bel as die dieselprys styg, die mielieprys daal of die werkers halsstarrig raak. Toe het ek begryp watter bagasie Antjie Krog saamdra: ’n hiperbevoorregte Broederbond-verlede. En sy dink alle Afrikaners van haar geslag het so groot geword.

Antjie sit teenoor my in die Seepuntse ateljee. Nicky van den Berg skakel vanuit Johannesburg na ons oor. Ek stel Antjie aan die luisteraars bekend as digter en as Antjie Samuel, voorheen van die SAUK se nuuskantoor. Dan noem ek dat mense nogal beswaar gehad het teen haar kwistige gebruik van Engelse woorde op die lug. Vind sy dat Afrikaans onder sekere omstandighede ontoereikend is? vra ek. Sy verduidelik dat sy daagliks in ’n Engelse omgewing gewerk het en as sy dan regstreeks moes verslag doen in Afrikaans, het sy soms moeite gehad om die juiste woord te vind.

Ons begin praat oor haar nuwe digbundel. Deurgaans gebruik sy die woord poetry. Ek vra haar hoekom.

Sy sÍ: “PoŽsie is hoogdrawend. Ek skryf poetry.”

(Daarvoor het sy die Hertzogprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gekry ťn aanvaar. In 1990. Heelwat skrywers — tydgenote van Antjie — beskou die Akademie vandag nog as ’n organisasie wat geklad is deur die Ou Bedeling.)

Myns insiens verloop die vyftigminuutlange gesprek vriendelik, selfs toegeneŽ. Antjie vertel onder meer van haar besoek aan die Richtersveld langs die Oranjerivier. Die eerste afdeling van haar bundel is ’n verslag van diť reis — insluitende transkripsies van bandopnames wat sy daar gemaak het. (Die reporter in diens van die poet.) Een van haar segspersone stel sy op bladsy 22 soos volg aan die woord: “Oom Jakobus de Wet praat poetry.” (Ja waarlik: poetry in daardie oorspronklike Nama, nou Afrikaanse, Richtersveld!)

Twee minute voor vier skakel ek terug na die ateljee in Johannesburg. Toe die rooi lig doof, spring Antjie op en sÍ: “Daniel Hugo, jy is ’n poephol!”

Ek dag sy maak ’n grap. Ek sÍ: “Antjie sal jy jou boek vir my teken?” Sy sÍ: “Waarom sal ek?”

Ek sÍ: “Antjie, wat het jou so ontstel?”

Sy sÍ: “Weet jy hoe hoogdrawend klink jy met jou Standaardafrikaans? Die taal wat aan jou opgedring is in die vorige bestel.”

Ek is stomgeslaan. Ek dag dat ek Afrikaans by my Bolandse pa en ma geleer het. En Broederbond-Nasionaliste was hulle beslis nie.

Antjie is op pad na die voordeur. Ek draf om by te hou. Sy sÍ iets in die trant van: “Ek gebruik Engelse woorde om daardie Afrikaans van jou te ondermyn.”

Ek vra: “Hoeveel Engelse woorde het jy uit die mond van die bruin mense in die Richtersveld gehoor?”

“Niks nie,” sÍ sy: “Maar hulle ondermyn die taal op ’n ander manier. Hulle praat nie Standaardafrikaans nie.”

“Ondermyn die taal? Hulle het nooit anders gepraat nie!”

(Ek is finaal stomgeslaan. Antjie glo seker dat “suiwer” gelyk is aan “standaard”, besef ek later. Die Richtersveldse mense praat spontaner en suiwerder as wat ek en sy ooit kan hoop om te praat — ek met my “Standaard” en sy met haar “Strugglekaans”.)

Antjie glip by die voordeur uit sonder om te groet.

Op bladsy 59 van Kleur kom nooit alleen nie staan die woord voluptousness met ’n u te min. Ek wou haar nog vra of sy daarmee ook Standaardengels wil ondermyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.