SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Geld wat stom is kan veroorsaak dat alles krom is 

Dirk Hermann

Hoof, Strategie en Inligting, Solidariteit

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, September 2002

Geagte meneer die voorsitter, feesgangers. Ek wil vandag met u my ervaring deel oor ’n toer deur die belerde Vaaldriehoek om die vakbond te vergewis van armoede in die streek en spesifiek ons ledegemeenskap.

Ons het vroeg die oggend vertrek uit Centurion en in Vanderbijl aangekom toe die son deur die rook breek met ’n oggendsilhoet van die magtige Iscor in die agtergrond. Ons eerste stop was by ’n plakkerskamp net buite Vanderbijl. Dit is die tweede keer dat ek hierdie plakkerskamp — God’s Acre — besoek. Daleen, die matriarg van die kamp, kom uitgestap — ek herken haar byna nie, so maer het sy geword. Haar dogter Mariaan, en twee kleinkinders, Johann en Marlene, is vroer vanjaar doodgebrand in een van die sinkhuisies wat aan die brand geraak het.

“Ons moet waai hier — die stadsraad het vir ons ’n brief gestuur om ons huisies af te breek — voldoen glo nie aan die bouregulasies nie. Ek en Johan — Johan het kanker — besit die grond en ons sal hulle beveg. Mense kom en gaan, maar die toeloop word nou te groot — ek begin nou maar mense keur wat hier wil kom bly — maar ek laat nie drinkers en daggarokers hier toe nie.”

Ek koop ’n kussing en verjaardagkaartjie wat deur hulle gemaak word om fondse in te samel. Daar is nie baie mense nie, want hulle is besig met fondsinsameling, maar een ding tref jou — ’n plakkerskamp wit en in Afrikaans.

Daleen-hulle is deel van polities inkorrekte statistiek, maar die vinnigs groeiende statistiek in Suid-Afrika. Volgens die Mesebetsi-verslag is ongeveer veertien persent wittes (die persentasie onder Afrikaners is waarskynlik veel hor) tans werkloos in Suid-Afrika. In 1994 was dit volgens Eskom-statistiek drie persent.

Ons volgende besoek was ’n deurgangskamp van die SA Vrouefederasies. Die plek is netjies en dit word duidelik goed bestuur. Daar is ’n werkswinkel waar mans items kan maak en selfs voertuie kan regmaak, ’n slaapsaal vir mans en vroue, en in een van die geboue ’n crche.

“Hallo Oom, hallo Oom,” groet twee van die dogtertjies en hulle glimlag so vriendelik dat ’n mens sou dink hulle is gelukkig, maar hulle o vertel ’n ander verhaal. In die mans se saal sit ’n outjie van so twaalf jaar. Hy en sy ma het gister ingeboek.

Ek gesels met ’n paar van die mans wat by die werkswinkel staan en werk. ’n Voormalige werknemer van Iscor Vanderbiljpark, Gerrit, was deel van Iscor se afleggingsproses. Hy s hy voel verbitter omdat hy op grond van sy velkleur verhoed word om ’n tweede kans te kry.

“Ek is gebore in Suid-Afrika en my voorouers is al 350 jaar gelede hier gevestig. Ek is dus van Afrika. Ten spyte hiervan word daar in regeringskringe neerhalend na my verwys as ’n “wham” White Afrikaner Male. Ek is dus deel van die hoofteiken wat benadeel word deur regstellende aksie. Die gevolg is dat ek verhoed word om tot die arbeidsmark toe te tree. Geen maatskappy stel eers belang om ’n onderhoud met my te voer nie. Ek is dus in werklikheid uit die ekonomie verban.”

Pieter het vir ’n verspreidingsmaatskappy gewerk. “Ek het my afleggingsbrief per afleweringsvoertuig ontvang sonder enige verduideliking. Hulle het nie eers die ordentlikheid gehad om ons persoonlik te nader nie. ’n Paar weke nadat ek afgel was, het ek verneem dat nuwe swart drywers aangestel is. Sedertdien sukkel ek om werk te kry. By al die plekke waar ek aansoek doen, verneem ek dat daar geen poste vir wit mans beskikbaar is as gevolg van regstellende aksie nie.

Ons toergids vertel: Die spiraal van armoede begin gewoonlik wanneer mense hul werk verloor. Dan kan hulle nie meer die paaiemente op hul huise, motors en meubels byhou nie. Stuk-stuk word hul goed weggevat. Wat oorbly, word by pandjieswinkels verkoop totdat daar niks meer oor is om te verkoop nie en hulle uit hulle huise geskop word. In die deurgangskampe kry hulle darem kos. ’n Deurgangskamp is ’n plek waar hawelose mense in Vanderbijl veronderstel is om gehuisves te word totdat hulle weer op hul voete is. Die werklikheid is anders: sommige mense woon al jare lank hier en dit is net die gelukkiges wat wel in ’n deurgangsoord beland.

Ek is te jonk om dit in herinnering te roep, maar soortgelyke tonele moes hulle seker afgespeel het in die depressietyd se armblanke-vraagstuk

Daarna het ons vir Peet besoek. Hy is ’n gewese verteenwoordiger van die vakbond wat afgedank is. Hy het met sy pakketgeld ’n onderneming begin. ’n Bekende media-instelling het ’n storie oor Peet gedoen as ’n voorbeeld van ’n suksesverhaal n afleggings. Deesdae woon Peet in ’n buitekamer met net ’n bed, sonder sy gesin.

Die volgende stilhouplek was by een van die laerskole waar die vakbond ’n voedingsprojek vir kinders borg. Daar is net nie genoeg geld om in die voedingsbehoeftes van die kinders in Vanderbijlpark te voorsien nie. Die skoolhoof van Laerskool Totius vertel ons van die projek. “Die vereistes vir kinders wat kan deelneem aan die voedingskema is dat beide ouers nie werk het nie. Indien ons nie die vereistes so streng maak nie, sal ons oorstroom word deur kinders. Die aantal kinders verdubbel bykans elke jaar. Van ons gesinne woon in motorhuise. Vir die meeste van die kinders is die koppie sop of toebroodjies wat hulle ontvang, die enigste bord kos vir die dag. U het elkeen ’n koppie sop ontvang, die dagrantsoen wat ’n kind by ’n voedingsprojek ontvang, maar u gaan dit tien teen een net hier los en buite ’n hamburger koop en R45 vir die volgende show betaal — s ver is ons verwyderd van die armoede van ons eie mense.”

Op pad huis toe van Vanderbijl dink ek: maatskappye kan tog nie welvarend wees wanneer dit s om hulle lyk nie.

Kort n die besoek het Iscor aangekondig dat hy van nog 1 800 werkers ontslae wil raak. Dit ondanks die feit dat sy wins in sy jongste boekjaar met meer as 327 persent gestyg het. Die rede vir die afleggings? Iscor wil sy wins nog meer verhoog.

Die oordrewe verslaafdheid van besture en direksies aan aandeelwaarde moet ’n slag onder die soeklig kom. Maatskappye draai effektief hul gesigte weg van die werknemers na die aandeelhouers. Aandeelwaarde, die afgod van ons tyd, dryf uitvoerende hoofde en direksies met genadelose ywer tot kostebesparing, rasionalisasie en omsetgroei. Die ewewig tussen aandeelhouding en mensempatie verdwyn en die gevolg is verhoogde wins en verhoogde armoede.

Die Vanderbijl-gemeenskap was die slagoffer van twee revolusies rondom die tydperk 1994. Die eerste is ’n ekonomiese revolusie in lyn met die wreldwye verskynsel van globalisering. Die tweede is ’n politieke revolusie.

Die eerste revolusie het globale gevolge, met die wreldwye werkloosheidsyfer die hoogste nog. Vanderbijlpark is waarskynlik die beste illustrasie van skewe globalisering en die genadelose beheptheid van werkgewers om waarde vir aandeelhouers te verseker. Die nuwe ekonomie bring ons voor nuwe, dinamiese uitdagings. Natuurlik moet ons mededingend wees, natuurlik moet ons ons posisioneer in ’n globale ekonomie. Ek verstaan heeltemal dat sake-inisiatiewe van sowel individue as maatskappye absoluut noodsaaklik is vir die land. Maar as die skaal ongebalanseerd wegswaai van mensempatie na slegs verhoogde wins, wat hoofsaaklik bewerkstellig word deur die opoffering van werkers, moet ons ernstig selfondersoek doen. Dit is laat in die dag wanneer verhoogde wins net al hoe groter wordende armoede beteken.

Die tweede revolusie, ’n politieke revolusie, vind neerslag in Pieter en Gerrit se verhale — hulle onvermo om weer tot die arbeidsmark toe te tree as gevolg van regstellende aksie. Pieter en Gerrit se verhale is klassieke vorme van vervreemding. Vervreemdingsvlakke is, volgens ’n studie wat ek pas by die Potchefstroomse Universiteit afgehandel het, onaanvaarbaar hoog. Die einddoelwit van die Wet op Gelyke Indiensneming is, volgens dr Louis Bothma van die Vrystaatse Universiteit, gebaseer op die beginsel van demografiese verteenwoordiging, wat beteken dat tussen 750 000 en 1 000 000 wittes tans surplus is in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Volgens hom kan dit, indien van slegs natuurlike personeelomset gebruik gemaak word, tot 30 jaar duur om hierdie teiken te bereik, op voorwaarde dat nie een witte in di tyd aangestel word nie. Hierdie scenario moet vermy word, en dit kan slegs gebeur indien sorg gedra word dat die mense wat negatief geraak word deur regstellende aksie, weer toegang tot die ekonomie kan kry.

Uit die Vanderbijl-besoek het ek ’n paar lesse geleer:

  • Die neoliberale kapitalisme mag maar gekritiseer word.

  • Globalisering het ’n skadukant.

  • Daar moet nuut gedink word oor die verskansing van globale uitbuiting van individue.

  • Daar bestaan iets soos wit plakkerskampe en armoede.

  • Afrikanerarmoede neem met rasse skrede toe.

  • Daar sal ’n oplossing gekry moet word vir die negatiewe gevolge van regstellende aksie.

  • Afrikaners sal meer betrokke moet raak by hulleself.

  • Afrikaners moet leer om te s: Ons mag maar aan ons eie kant wees.

    Geld wat stom is, kan veroorsaak dat alles krom is 

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.