SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Oor “ras”, identiteit en muilbande

Herman Wasserman

In George Weideman se deurdringende resensie van Kirby van der Merwe se Klapperhaar slaap nie stil nie raak hy sake aan waaroor daar nog baie gepraat kan word. Die kwessie van “ras”, identiteit en wie oor wat mag skryf, is ’n komplekse een. Die kompleksiteit word vererger deurdat argumente daar rondom maklik kan ontaard in ’n emosionele of polities-retoriese betoog. In die unieke postkoloniale situasie waarin Afrikaans hom bevind ó waar die taal gepraat is deur sowel die koloniseerder as die gekoloniseerde — is dit nie aldag maklik om te besluit hoe die grensdrade loop en ůf daar nog grensdrade is wat loop nie. Wanneer daar egter, soos die uitsprake waarna Weideman verwys, gesÍ word dat “wit” skrywers nie oor “bruin” karakters mag skryf nie, lyk dit asof die verdeeldhede van die verlede nog nie plek gemaak het vir die utopia van ’n inklusiewe identiteit nie. Hierdie bevestiging van ’n afsonderlike identiteit deur voorheen gemarginaliseerdes is nie noodwendig ’n onverstaanbare aandrang nie, solank die implikasies daarvan net besef word.

Weideman verwys na die plekke waarop Van der Merwe se “ras” ter sprake gekom het by die vertolking van sy roman. En hoewel ’n mens dadelik daarop moet wys — net ingeval iemand dit dalk vergeet het in die jare van indoktrinasie en epistemologiese geweld wat in hierdie land gepleeg is — dat “ras” ’n konstruksie is, ’n fiksie, iets uitgedink deur mense om mag oor mekaar uit te oefen, gebaseer op velkleur wat as ’n merker so arbitrÍr is soos blou oŽ of bakore, om ’n maklike etiket te kry waaronder komplekse kulturele en historiese verskille tussen mense gerangskik kan word, is dit so dat dit steeds ’n kragtige betekenisbagasie met hom saamdra, wat met moeite ondermyn kan word.

Dit kan nie ontken word nie dat daar in die droewige apartheidsverlede vanuit een bevoorregte groep in Afrikaans stellinge gemaak is oor ’n ander groep mense, stellinge wat as waarheid gegeld het omdat dit deur ’n hele netwerk van mag ondersteun is. Daarom is dit so belangrik dat daar in die postapartheid Suid-Afrika ’n literÍre diskoers bestaan en ontwikkel wat hierdie ou stellinge ongedaan sal maak (’n proses waarmee trouens lank voor ’94 reeds in die Afrikaanse literatuur begin is). Maar die vraag is ó and there’s the rub ó hoe gaan ons daardie ou rassistiese kennisuitsprake ongedaan maak? Gaan ons probeer om die verskille tussen die lede van die Afrikaanse taalgemeenskap te probeer uitwis, of gaan ons juis hierdie verskille beklemtoon sodat daar regstelling of vergelding kan plaasvind? Kies ons vir eersgenoemde, kan ons probeer wys dat diegene wat in die verlede hulself as kultureel meerderwaardig beskou het en diegene wat as minderwaardig gestereotipeer of tot stilswye gedwing is, eintlik nie so afsonderlik is as wat voorgegee is nie. Dan wys ons daarop dat verskillende kulturele groeperings verskeie oorvleuelings vertoon, dat kultuur nie iets is wat rigied afsonderlik gehou kan word nie, maar altyd in ’n dinamiese proses van verandering gewikkel is. Dan sÍ ons in die verhale wat ons vir mekaar vertel dat “ras” iets is wat deur maghebbers uitgedink is, dat verskil nie inherent en Godgegewe is nie, maar dat dit ontstaan in komplekse wisselwerkinge. Kortom: ons sÍ dat pogings om ons apart te hou ongeslaagd was, omdat ons nie aparte kulture is nie.

Die alternatief is dat diegene wat voorheen tot stilswye gedwing is, nou opstaan en sÍ “ons wil ’n slag vir onsself praat: bly julle nou stil”. Dan vertel hulle verhale wat ’n trots probeer kweek in dŪt wat voorheen vertrap is, hulle vertel in besonderhede van diť lewensomstandighede wat voorheen verswyg is, hulle beklemtoon dat hulle anders is as diegene wat hulle gekoloniseer het en dat hulle trots is daarop. ’n Deel van hierdie soort argument is diť aandrang daarop dat iemand wat nie tot diť groep behoort nie, geen uitsprake oor hierdie groep mag maak nie. Slegs “outentieke” stemme word toegelaat.

Dit is te verstane dat die voormalig onderdrukte deel van die Afrikaanse taalgemeenskap verhale wil vertel wat die stilswye rondom diť leefwÍreld verbreek. Dit is ook welkom, en baie nodig. ’n Letterkunde wat nie ’n begrip kweek vir elke moontlike vorm van bestaan en bewussyn nie, is ’n skeefgetrekte, bloedarm letterkunde. Maar beteken dit dat ons nou allerhande besonderhede moet oprakel oor die “mens agter die boek”? Moet ons nou die biologiese kenmerke van die reŽle outeur gaan naspeur en dan die oordeel uitspreek ó diť een is donker genoeg om te praat oor ’n plakkerskamp of die windverwaaide tuine op die Kaapse Vlakte (al was hy dalk self nog nie daar nie, solank sy pigment maar reg is). Maar daardie een is te lig om daaroor te skryf (al word hy dalk diep getref deur die armoede, al is hy dalk steeds woedend oor die onreg van apartheid, al probeer hy deur sy skryfwerk ander leefwÍrelde as sy eie verstaan) en moet hom maar bepaal by die dinge in die voormalige “wit” woonbuurte.

Verstaan goed: dit is nie te sÍ dat mense ’n vrypas het om oor kulture en mense waarvan hulle niks weet nie te praat op ’n manier wat gesag veronderstel nie. Maar solank ’n skrywer blyke gee van die posisie waarvandaan hy praat, solank hy nie aanspraak maak daarop dat hy ander kulture deurgrond het nie, is daar nie rede om hom te kritiseer net omdat sy velkleur nie aan sekere vereistes voldoen nie. Kritiseer wat hy sÍ, ja, kritiseer sy stereotiperinge, kritiseer die hiate in sy uitbeeldings, maar moenie weer in die ou kategorieŽ van apartheid verval deur sy velkleur en “ras” by te sleep nie. Onthou ook dat van die belangrikste kritiek teen die apartheidsbestel juis gekom het van mense soos Brink, Krog en Miles ó hulle wat ook tot die bevoorregte groep behoort het. En onthou dat Adam Small al gekritiseer is daarvoor dat hy die “bruin” mense paternaliseer en stereotipeer, al het hy tot die onderdrukte groep behoort. Aanvaar die bona fides van “wit” skrywers wat ook probeer om iets weer te gee van hul gegriefdheid oor apartheid en sy nagevolge, wat probeer om die kulturele grense tussen groepe te versit, maar wees krities teenoor diegene wat gekoloniseerde kulture wil approprieer en tot museumkuriositeit maak. En laasgenoemde groep hoef nie slegs “wit” skrywers te wees nie ó ook skrywers wat tot ’n gemarginaliseerde groep behoort, kan voortgaan om hulself as slagoffers uit te beeld, voortgaan om hul kultuur as afgeslote en tradisioneel uit te beeld, voortgaan, dus, om hulself te eksotiseer ter wille van ’n politiek-korrekte mark.

Pasop vir die bedmaat van “outentisiteit” ó sy is gevaarlik. Jy tel dalk die siekte op van ’n oppervlakkige multikulturalisme, ’n afstammeling van eksotisme en afsonderlikheid, of jy word ’n alibi vir maghebbers wat wil voorgee dat hulle aandag gee aan voorheen benadeeldes terwyl hulle eintlik maar die ou magsverhoudinge in stand hou.

Ons moet ons ou denkrigtings, die verstarde betekenisse en die rassistiese raamwerke omvergooi. Maar ons moet onsself afvra of ons polariseer en of ons regstel. Of ons dialoog bevorder uit alle oorde en of ons weer muilband.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.