SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

Henre Pretorius
is mede-aanbieder van Jip-TV en akteur in Backstage.

  Jason Lloyd

“Ou ryperd, jy is my Vespa: Is dit die lied van jong Suid-Afrika?”

Henre Pretorius

Ek het met die aanslag van die lesingopdrag lank en aandagtig na die onderwerptitel gekyk: “Ou ryperd, jy is my Vespa: is dit die lied van jong Suid-Afrika?” Ek moes ’n paar vrae aan myself stel. Is ek nog deel van die “jong Suid-Afrika” waarna daar verwys word? Hoe oud moet jy wees voordat jou opinie deur sewentienjariges afgelag word? Let’s face it: “jong Suid-Afrika” word al hoe vinniger volwasse, en hier staan ek, ’n 27-jarige, en probeer praat oor iets wat ek, in alle erns, nie meer veel van weet nie. Kom ons wees eerlik: nie een van ons hier is “die stem van jong Suid-Afrika” nie.

Wat ek wel oor kan praat, is my ondervindinge as “jong volwassene en die ondervindinge wat ek opgedoen het tydens my lewe”. Ek weet dat om vergelykings te maak is nie altyd die veiligste nie, want dinge het al ’n bietjie verander sedert my matrikulasie in 1994, maar hopelik sal dit help.

Vanjaar vier Suid-Afrika haar tienjaar-herdenking as n demokrasie. Iets om op trots te wees as Afrikaner, as Afrikaan, of Afrikaanse terme wat tien jaar terug ’n massiewe bohaai opgeskop het. Glo my as ek sê, jongmense het totaal en al belangstelling verloor in die onderwerp. Die klassifikasie van jouself as ’n Afrikaner, Afrikaan of Afrikaanse sodat jy as deel van ’n spesifieke inheemse kultuur ge-“brand” kan word, is nie meer belangrik vir jongmense nie. Hulle kultuurverskille is slegs deel van hulle hérkoms, nie hulle tóékoms nie.

Ja sure, Leon Schuster vermom homself elke nou en dan as ’n Indiër-spietkop of Afrikaanse rugbyspeler. Daardie stereotipes sal altyd bestaan. As jy my vra, is dit tyd om aan te beweeg. En as ek dit nie mis het nie, dink ek die jeug voel ook so. My mede-aanbieder op JIP, Elana Afrika, is swart maar praat vlot Afrikaans. Haar huistaal is Afrikaans. Sy is Afrikaans. So ook haar ma en pa. As sy ’n nuwe kennis ontmoet, sal daardie persoon agt uit tien kere vir haar vra: “Haai, waar het jy so mooi leer Afrikaans praat?” Dit is ’n stereotipe. Gelukkig kom baie min van daardie stereotipes voor onder die jonger geslag. Hoekom? Want hulle matrikuleer en deel klasse met uiteenlopende kulture en individue. Mense wat hulle spektrum verbreed. En hierdie spektrum sluit alles in: taal, musiek, mode, films, selfs kos.

Aan die ander kant van die spektrum: toe ek skool verlaat het, was daar geen kleurling of swart matrikulante in my graad nie. My hoërskool het daardie jaar slegs vyftien “anderkleuriges” by die skool ingeskryf.

My blootstelling aan ander kulture het eers twee jaar terug gekom toe ek die groep akteurs by Backstage (sepie op e-tv) ontmoet en bevriend het. Vir die eerste keer in my lewe was ek blootgestel aan ander kulture waarmee ek nog nooit in aanraking gekom het nie. En vir die eerste keer in my lewe kon ek my eie opinie oor die kultuur vorm. Ek sê “kultuur”, want dit, kom ek toe agter, is regtig al verskil tussen ons. Die menseverhoudings wat ek gevorm het, het waarlik my verwysingsraamwerk verbreed en is al manier hoe jy as individu kan groei en so jou stem vind.

So wie is die stem van jong Suid-Afrika? Is dit in ’n Fokkofpolisiekar song, ’n Jackie Nagtegaal-boek, of in die ritme van ’n Bongo-Maffin beat? Om die waarheid te sê, dis orals. ’n Mens hoor dit nie altyd nie, maar elke nou en dan word ’n amplifier gekoppel, en een van die gesigte word aan die stem gelas. Maar wil daardie gesigte die verantwoordelikheid aanvaar vir ’n generasie? Nee. Hoekom nie? Is hulle bang vir die verantwoordelikheid? Dalk weet hulle dat daar niks is wat die generasie meer haat as om voor gepreek te word nie. Op alle vlakke. Daarom het die gesigte geen behoefte om ’n “kampvegter” te raak nie. En met “kampvegter” bedoel ek nie een of ander politieke aktivis nie, ek bedoel iemand wat ’n voorbeeld kan wees vir die generasie en nog steeds deel is daarvan.

Almal het “kampvegters” nodig, want die jeug het ’n paar belangrike probleme, al wil hulle nie daarvan hoor nie. Probleme belangriker as groepsdruk, sakgeld en oorsee werk soek. Iets waarop ek graag wil fokus, omdat ek dink is iets wat geïgnoreer word. Aids. Dit is hulle grootste probleem, maar terselfdertyd hulle grootste uitdaging. Hulle gaan oor tien jaar ons maatstaaf wees om te sien of die miljoene wat ons staat jaarliks uitgee aan Aids-opvoeding, gewerk het. Sien, hier het ons regtig kampvegters nodig: sangers, akteurs, skrywers, mense wat sal opstaan en “die stem van jong Suid-Afrika” sal help dik maak.

Dit mag dalk ’n veralgemening wees, maar ek voel net soms dat daardie “kampvegters” meer prominent is in ander kulture omdat Aids skynbaar ’n groter probleem is daar as vir ons Afrikaners. Dit is waar ons ’n groot fout maak. Ons kan nie meer kulture uitsonder nie, want oor die volgende tien jaar gaan ’n hele generasie uitgewis wees as gevolg van die dodelike siekte. En wie gaan oorbly om die land heel te maak? Die jeug van Suid-Afrika wat ons vandag oor praat. Elke kulturele agtergrond in die land sal geraak word.

Ek probeer nie ’n doemprofeet wees nie, maar sedert my kulturele “renaissance” van die afgelope twee jaar het ek al vier vriende leer ken wat lewe met Aids. Min mense kan deesdae sê dat hulle nie iemand ken wat Aids het nie, en binnekort gaan ons jongmense dieselfde sê. Is dit die lied van jong Suid-Afrika? Man, ek wens dit was maklik om dit te antwoord; ek wens ek het geweet hoe hulle voel oor die issue.

Aan die einde van die dag het ons almal ’n verantwoordelikheid. En dit gaan nou seker heel corny klink, maar die jeug is die toekoms van ons land en hoe vroeër hulle daardie verantwoordelikheid aanvaar en iets aan die probleem doen, hoe beter. Ek weet dit is nie ’n maklike taak vir enige persoon nie. Om die waarheid te sê, ek dink as ons jeug mooi daaroor dink, sal hulle besef watter vreesaanjaende uitdaging dit regtig is. Maar, jong Suid-Afrika hoef nie terug te staan vir die uitdaging nie. Met die werk wat ek doen, sien ek daagliks die energie en passie wat dié groep mense toon in alles wat hulle aanpak. En daardie energie kan op enige vlak toegepas word, selfs die Aids-kwessie.

Ek het so drie weke terug ’n onderhoud met ’n punk band van Lichtenburg gehad: Pateet, die wenners van verlede jaar se Rockspaaider-kompetisie. Die ouens is niks ouer as so sewentien nie en bly in die middel van nêrens. Een van my vrae aan hulle was: “Hoekom maak julle slegs Afrikaanse punkmusiek?” Hulle antwoord? “Want dis wie ons is, dis wat ons maak wat ons is.”

Dit som die lied van jong Suid-Afrika op. Ja sure, hulle verskil van ander kulture, maar is bereid om daardie diversiteit te embrace.



LitNet: 29 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.