SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ons kan saam met konings eet, maar ook met bedelaars aansit, oftewel: Van Voorbrand tot Rembrandt

Joan Hambidge

Klik en koop hierdie boek nou!
Titel: Anton Rupert, n Lewensverhaal
Outeur: Ebbe Dommisse in samewerking met Willie Esterhuyse
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 0624041514
Datum van publikasie: 2005
Prys: R250

Beskeie heet die subtitel lewensverhaal, asof Ebbe Dommisse met die samewerking van Willie Esterhuyse wil s dat hierdie net een perspektief is op die sake-ikon, Anton Rupert.

Die biografie neem vele vorms aan. Daar is al n biografie oor n stad (Londen) geskryf; Jean-Paul Sartre het as filosoof sy skatpligtigheid aan Jean Genet bewys; Edmund Wilson het Genet van alle kante beskou; en daar is tans in Parys n ligte skudding oor vermeende plagiaat-aantygings in Jean-Paul Sartre se skryfwerk. Wat is Paul Johnson se Intellectuals dan anders as minibiografie van groot intellektuele se teenstrydige optredes? Daar waar die lewe dikwels die filosofie ondermyn of tepraat.

Die afgelope paar jaar het JC Kannemeyer lang studies oor bekende skrywers gepubliseer, oa Uys Krige, Leipoldt, Langenhoven, nou onlangs Jan S Rabie. Die groot verlange oor Marais deur Leon Rousseau bly steeds n baken in ons letterkunde, ten spyte van Johann Lodewyk Marais, self n digter, se kritiek op Rousseau se werkswyse. Die twee bande oor Van Wyk Louw deur JC Steyn is eweneens n grootse werk.

Advokate verwys na n groot saak as my man: vir soveel jare moet jy elke poging aanwend om die persoon te verdedig teen aanklagte en probeer jy sy motiewe verstaan. Nou onlangs het Leon Rousseau ook bely in By (Die Burger) hoe Marais steeds by hom spook en dat dit vir hom onmoontlik sou wees om ooit weer n studie van hierdie omvang aan te pak. Daar word vertel dat n stewige ondersoek na iemand anders se lewe n obsessiewe preokkupasie kan word.

Ek is n ywerige biografieleser, en die Rupert-boek, uitgegee deur Tafelberg, is n imposante studie met n nuttige indeks, bronne, erkennings aan onderhoude wat toegestaan is, tydskrifte, artikels en ander tekste. In my bespreking gee ek dan kanttekeninge oor dit wat my geboei het in hierdie ryke studie; n politieke ontleder, historikus, filosoof of sosioloog sal weer die fokus anders laat val. Hierdie is my Kersgeskenk aan my vader, n kenner van die politieke landskap van die Afrikaner, en ek kan nie wag om sy kommentaar aan te hoor nie.

Van die stamboom, die beginjare in Graaff-Reinet, die agtergrond van hoe die voorvader hier aangekom het, word die leser voorgestel aan die ruimte waarbinne hierdie besonderse mens sou ontwikkel. Waarskynlik het die gene van die hardwerkende oupa deurgeslaan op Rupert. Op n fassinerende wyse word die jeugjare beskryf, die deursettingsvermo, die verhouding met Dirk Hertzog, die lewe eers in die ou Transvaal en dan op Stellenbosch, waar bekendes hulle lewe kruis. Iemand soos professor Yeats en, natuurlik, Opperman. Die lojaliteit jeens Rupert van sy werkliede word met groot oortuiging beskryf en die werk van sy eggenoot, wat haar beywer vir pensioene vir vroue, is feministies relevant. Ten einde die figuur Rupert te begryp, word die backdrop van die indertydse politieke en sosiale omstandighede belig.

n Fassinerende stuk vir my altans is die beskrywings van n reis deur Afrika en Rupert se opstand teen kolonisering. Vermaaklik ook sy ervaring van n vlugvertraging en hoe rooi rose n tydige plek kan verseker in Egipte!

Natuurlik is Alf Ries en Ebbe Dommisse se Broedertwis (1982) in die bronverwysing, en ook Opperman se Groot verseboek! Opperman was veel aan hierdie magnaat verskuldig: hy is immers op n uitgebreide Europese toer geborg deur Rupert (pp 470472). Dolosse is deur hierdie reis genspireer en Opperman het later sy drama Vergelegen aan Rupert opgedra.

Rupert se bydrae ten opsigte van die vertaling van gedigte in Engels en Duits word onder die loep geneem. Dit is duidelik dat sy belangstelling in en liefde vir die kunste (sy ondersteuning onder andere van Mimi Coertze en sy gedagte om n monument vir die gebroeders Louw) egter nooit met sy sakesin ingemeng het nie. In n stadium as die grootste aandeelhouer van Human & Rousseau gee hy wyse raad oor die bemarking van boeke! As weldoener het hy verder vir Jean Welz en Irma Stern vereer met glansboeke, die navorsingsentrum aan die voormalige Universiteit van Bophuthatswana ondersteun, en die Boekehuis op Calvinia geopen. Sy intelligente lesing oor Afrikaans toe hy van die FAK n erepenning ontvang het in 1987, is steeds lewenskragtig.

Daar is vele anekdotes vanselfsprekend wat lig werp op hierdie fenomenale man: hoe hy onder andere in Mosambiek op Chissano wag, maar dan eerder die tyd verwyl in n restaurant toe die afspraak vir 10-uur eers drie-uur die middag plaasvind. Die rede vir die wag? Hy is in sy hart oortuig dat die idee van n vredespark vir sowel Mosambiek as Suid-Afrika van waarde sal wees.

Uit hoofde van sy geweldige rykdom word hy en sy vrou gedurig oorval deur versoeke vir geldelike hulp of skenkings. Hierop is Rupert se wyse kommentaar altyd dat die persoon of instansie die eerste helfte moet vind; hy sal dan die res bydra! Ten spyte van sy geweldige rykdom bly hy spaarsamig leef.

Enige mens se lewe moet teenslae verduur; hiervan is die ontydige dood van sy seun, Anthonij, n voorbeeld, en die trooswoorde van Mandela onthoubaar, asook sy dogter se oogprobleme en delikate operasies wat haar sig verbeter het.

Dommisse, as skerpsinnige politieke ontleder, vra watter effek dit op ons politiek sou gehad het indien Rupert tot die politiek sou toegetree het. Rupert het homself egter buite die partypolitiek gehou, op n gesonde afstand. Waarskynlik het die biograaf gelyk wanneer hy meen dat die land sou baat gevind het by Rupert se toetrede en dat daar waarskynlik n veel sagter en mensliker verloop sou gewees het (p 500).

Politieke ontleding van waarskynlikheid of hipotese bly altyd n fassinerende spel; dit is egter ongelukkig ni toetsbaar nie.

Die verwysings na Jung, Plinius en ander intellektuele maak van die boek n leesplesier. Giliomee beskou Rupert as een van die vyf grotes in die panteon van die Afrikanerdom.

Soos Opperman verwys het na Rupert in Komas uit n bamboesstok:

Hy, Prins van die Handel,
het my op Pegasus laat klim;
Die paaie oor die berge
is jou kim!
Ek het die grote Rupert nog nooit persoonlik ontmoet nie; hom wel in n Stellenbosse restaurant, Decameron, sien sit met bekendes by sy ronde tafel in die hoek van die restaurant. Op n keer saam met sy biograaf wat met hierdie studie mr as n lewensverhaal vir die leser bied: dit word n analise van n sosiale tydperk, van taalpolitiek, sieninge oor finansies, oor Afrikaanse adel. Kortom, n studie oor n Renaissance-man, wat Thabo Mbeki tereg n wyse ou man noem.

Van depressiekind tot een van die rykste mense op aarde, bevriend en bekend met vele beroemdes.

Is n biograaf n pleitbesorger vir sy onderwerp? Kan n biograaf ooit werklik objektief wees, omdat hy/sy meegesleur word deur die motiewe en oortuigings van sy onderwerp?

Hermione Lee het in haar epogmakende studie oor Virginia Woolf waarskynlik die onderwerp t veel verobjektiveer, terwyl Janet Malcolm oor Sylvia Plath skryf met die wete dat daar nie een Sylvia is nie, maar verskeie, gegee die hoek waaruit jy haar bekyk. Die voorwoord van die Rupert-biografie erken rondborstig dat die navorsing lank was en dat hulle nie n goedgekeurde biografie wou lewer nie, maar eerder n studie wat die toets van die tyd sou deurstaan. Hieroor, weet ons, kan net die tyd helaas oordeel.

Vir my is Ebbe Dommisse, voormalige redakteur, se lewensverhaal van Anton Rupert, met die bystand van Willie Esterhuyse, filosoof en politieke ontleder, n puik werk met n balans tussen objektiwiteit en die gawe om die persoon onder bespreking helder en duidelik te teken. Veral omdat dit n mens n goeie insig gee in hoe die politieke tye verander het. Hier is die verhouding met Beyers Naud belangwekkend.

Joan Hambidge is direkteur van die Skool vir Tale en Letterkundes aan die UK. Sy is gereelde resensent en polemikus, en behartig weekliks 'n reisrubriek, "Wegkomkans", in Die Burger.


LitNet: 2 November 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.