SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die digter as sprokkelaar, as versamelaar, as opteller, as dief

Joan Hambidge

Voorlesing vir Fine Music Radio: 16 Maart 2006

Dryfhout
Deur: Hennie Aucamp
Prys: R89,95
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 0624043622
Formaat: Sagteband
Klik op die boekomslag of hier om dit by kalahari.net te koop

Hennie Aucamp is veral as beoefenaar van die kortkuns bekend in Afrikaans. In hierdie genre het hy ‘n paar uitmuntende en selfs klassieke verhale geskryf, en sy bundel Volmink is waarskynlik sy mees bevredigende. As teoretikus oor die kortverhaal het hy eweneens belangwekkende tekste gelewer.

Die konvensie dat skrywers tot net een genre mag behoort, word gelukkig deur Aucamp as digter afgebreek. Op die hakke van sy vorige bundel, Hittegolf, verskyn die jongste bundel, Dryfhout – met ‘n omslag wat die verliteratuurdheid van die bundel wil beklemtoon.

Daar word aangekondig dat dit veertig “verse”, dws nie gedigte nie, bevat, waarmee Aucamp dan die leser wil lei na die diskoers wat hy gaan aanbied. Die motto, ‘n “volksuitdrukking”: “As jy ‘n dreunvuur wil hê in jou ouderdom, moet jy vroeg al begin sprokkel en brandhout vergader.” Die digter dus as sprokkelaar, as versamelaar, as opteller, as dief, is die deurlopende tema in hierdie bundel. Die digter “steel” uit die kuns en maak daarvan lewe, soos die openingsgedig alreeds aandui:

“Die roemer, die wyn, die karaf”
(by ‘n sewentiende eeuse stillewe)

Uit watter stofbedekte bottel
is dié karaf gevul?
Karaf staan buikig langs ‘n skottel:
sy oesjaar ewiglik verhul.

Van Wyk Louw se “Miskien sal ek die wingerd prys” word dan intertekstueel aangeraak. Die digter wat skep uit die “reeds gevormde literatuur” en daarvan iets nuuts kan maak. By Aucamp is daar die insig dat ‘n mens se lewe kortstondig is. Dat dit as ’t ware al is wat jy het.

Hierom is daar ‘n verwondering aan die alledaagse (via ‘n stillewe van Chardin), en die implisiete outeur waarsku ons na die vergeefse soeke van ‘n moraal of subteks. In vele van hierdie gedigte hoor ‘n mens die kabarettis se stem, byvoorbeeld in “T.V.-advertensie” se slot:

Elektronies word ontbloot:
die ware nature morte is dood.
Slotte is sleutels, het ‘n groot digter ons gewaarsku, en die teoretikus Barbara Herrnstein-Smith maak groot gewag van wat die einde van ‘n gedig alles kan inhou vir die leser.

Die eerste afdeling, “Dieper as stilte”, word opgevolg met “In kleigeel gedroom” waar die (mitologiese) plaaswêreld van Aucamp se jeug in ‘n gedig opgevang of gestulp word:

In kwynende kleure stap ‘n skemerstoet
hul mitologie en trans tegemoet.
Die skrywer se bewondering vir die San-kultuur word bely in “Holspruit”.

Die wete “die son trek water,/ dis tyd om te ry” word ‘n metafisiese insig in die gedig “Die óú possie”. Die mitologiese Matjiesfontein en Olive Schreiner se belewenis van hierdie landskap kom mooi bymekaar uit in ‘n duiwevlug wat op sy beurt Etienne van Heerden se In stede van die liefde oproep. Langenhoven en Meiringspoort (met die insig dat die natuur die baanbreker is!) het sy pendant in die semisatiriese “Kolmanskop: ‘n shoot-out” waarin ‘n videoster se gaasrok sleep:

Die son brand ál feller, word ‘n beletsel:
sweet breek ‘n baan deur haar dik blanketsel.
Die “Richertsveld: ‘n bergskap” word raak beskryf as ‘n sandglas wat leeg loop, maar weer gevul word.

Die titelgedig “Dryfhout” som ‘n primordiale gegewe op, ‘n bekende aanslag in Aucamp se oeuvre, dat die grootste kuns juis uit die tragiese en die visionêre ontspring. As ’t ware die dwarsdradigheid van die lewe soos “Vir vier stemme” dan illustreer.

“Die terracotta krygers” word opgedra aan Hermien Dommisse, daardie voorste teatervrou, en die derde afdeling, “Ses eed’le here van weleer” begin met ‘n gedig oor ID du Plessis wat die Bo-Kaap en verdringde homoseksuele liefde in sy gedigte besing het. Die verswyging van die “vreemde liefde” is juis dit wat Du Plessis se gedigte so ontroerend maak en die vraag hier is:

het iemand ooit dié doek brutaal gelig,
en jou winduit gesoen, baldadig en boers?
Twee ander figure wat saam met Du Plessis geplaas word, is Johannes Meintjes en Ernst van Heerden. By Meintjes gaan dit om die enorme verbeelding, terwyl by Van Heerden die “astrak van jou vrees” vooropgestel word.

Arnold Blumer, Duitse vertaler en teaterman, Johan van Rooyen, kunskenner en voormalige redakteur van De Kat, en Jan Schutte, radioman, se lof word besing. Persoonlike herinnering en ervaring word gekoppel aan die bydrae van die persoon wat onverwags deur die dood oorval is.

In die afdeling “Waar is die Styx, en waar die obool?” word verskillende mitologiese figure beskryf, soos onder andere Orpheus, wat in “Ganumedes (2)” tot die klinkende slot lei:

O waar is die Styx, en waar die obool
wat ‘n seunskind verlos van die Mitiese Skool?

“Die pilaarheilige” – wat al in Tristia beskryf is – word hier debunk, want wanneer hy op die grond staan, is hy nugter en sien hy net dolmades en stront. En hierom waarskynlik dan die speelse vers “Die Oop gesprek” wat lekker gekskeer met Louw se siening.

Dan werk die verse oor Mishima met die beeld-toepassing-binding kenmerkend van die sonnet.

In “Die knepe en grepe van jag-poëtiek” word die diskoers van seksualiteit ontleed. Die mens as jagter, uitgelewer aan sy eie (wel)lus en die patrone waarvan hy helaas nooit kan ontglip nie. Die verse is, ironies genoeg, juis nie nostalgies nie, maar eerlik, selfs wreed in die beskrywing van die menslike begeertes wat alleen met ironie getemper kan word.

In die slotafdeling, “Ten besluite”, is daar ‘n “Shakespeare-sonnet” wat die dreuning van die voorafgaande verse verbreek.

Vir die stipleser is daar vele plesiere te vind in die vorm van die verse. Soms paarrym, soms omarmende rym; soms word die beeld en toepassing fyn uitgewerk, wat teruggaan op die teorie van ‘n Renaissance-kenner wat meen Petrarca se sonnette het juis in die oktaaf/sekstet uitgeval ten einde die spanning tussen droom en werklikheid uit te bou. Hierom dalk die spel met verhulling en onthulling in die vers “Kleopatra en Ptolemeus die Veertiende”?


LitNet: 20 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.