SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Grahamstad: wie soek, sal steeds vind

Herman Wasserman

Daar is ’n effense huiwering aan die manier waarop feesgangers vanjaar reageer as jy, ’n laatkommer wat eers kwartpad deur die fees op die dorp opdaag, hulle vra oor hul indrukke van die Grahamstadse kunstefees vanjaar.

Enersyds is daar so ’n bietjie somberheid te bemerk — veteraan-feesgangers wat half treurig opmerk dat dit langer geneem het vir die geroesemoes in die strate en kroeŽ om op dreef te kom as vorige jare, dat die program effe maerder is as in die verlede, dat daar minder van ’n gezoem is oor opwindende aanbiedinge. Andersyds is daar ook juis ’n huiwering om negatief te klink oor ’n fees met so ’n groot geskiedenis, een wat nog altyd daarin kon slaag om sterk hoogtepunte uit diverse kunstradisies bymekaar te bring. Daar is so iets soos selfvervullende opinies: as genoeg mense opmerk dat die fees vir hulle stiller voel, sal dit waarskynlik ook al hoe stiller word, omdat mense sal begin besluit dat dit nie die moeite werd is om die uittog aan te pak na die dorpie tussen die heuwels nie. En dŪt sal selfs liefhebbers van hierdie unieke fees ten alle koste wil vermy, watter nostalgiese gevoelens hulle ook al mag koester oor feeste wat na hul mening groter en besiger was.

Die huiwerige gevoel het grootliks te make met die verlies van die hoofborg, Standard Bank, wat verlede jaar aangekondig het dat hoewel hy nog vir die volgende twee jaar as borg betrokke sal wees, hierdie betrokkenheid afgeskaal sal word. Dit het nie net vrae laat ontstaan oor die lewensvatbaarheid van die fees in die toekoms nie, maar het ook ’n sielkundige knou toegedien wat mense vertroue laat verloor het in die vanselfsprekendheid van so ’n groot nasionale aangeleentheid. Die voorsitter van die feeskomitee, Mannie Manim, het egter na berig word, vroeŽr vandeesweek die versekering gegee dat die twee grootste borge, Standard Bank en die Oos-Kaapse regering, nog vir die volgende twee jaar verbind sal bly aan die fees. Hy het bygevoeg dat vanjaar se feesbywoning verlede jaar s’n volgens vooruitskattings sal ewenaar.

Laat ons dit dan, broeders en susters in die Grahamstadse geloof, vir mekaar duidelik sÍ: daar is nog oorgenoeg rede om fees toe te kom.
Selfs al is die aanbod vanjaar dalk effens dunner, en is die feesatmosfeer meer ingetoŽ as in die Klein Karoo (of dalk juis daarom), is hier steeds heelwat interessante en uitdagende werk te sien. Om net twee ooglopende onderafdelings uit te lig wat hierdie fees van ander onderskei: die New Music Indaba, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word en ’n toonvenster bied vir opwindende, eietydse musiek; en ’n uitgebreide filmprogram op die hooffees waar van klassieke werke soos diť deur Sergei Eisenstein tot onlangse Suid-Afrikaanse films vertoon word.

Wat hooffees-toneel betref, is daar werk van gerekende kunstenaars soos Zakes Mda (’n nuwe drama genaamd The Bells of Amersfoort), John Kani (Nothing but the Truth), Pieter-Dirk Uys (Foreign Aids) en Lara Foot Newton (’n aanpassing van Tennessee Williams se A Streetcar Named Desire). Andrea Dondolo se Beading my Soul het ook al grootliks goeie kommentaar ontlok.

Daar word ook reeds gepraat oor die randfeesproduksie Chasing Chairs, met Marcel van Heerden en Sue Pam-Grant en geregisseer deur Clare Stopford, waarin die hedendaagse huwelik komies ondersoek word.

Wat beeldende kunste betref, lyk Brett Murray (vanjaar se Standard Bank Jong Kunstenaar vir visuele kunste) en Terry Kurgan se tentoonstellings interessant, maar dis Male Order — ’n tentoonstelling deur verskeie kunstenaars wat Suid-Afrikaanse manlike identiteit ondersoek — wat veral opspraak verwek.

Miskien kos dit bietjie meer snuffel om die uitsonderlikhede raak te sien in ’n program wat ook maar, onder kommersiŽle druk, dikwels neig na onder-die-belt grappighede en musikale huldeblyke. Maar wie soek, sal steeds vind, selfs in ’n stiller Grahamstad.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.