SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

 

Nuwe lug in ou balle? Transformasie in rugby

Graham Abrahams

is woordvoerder van die minister van sport.

Sameroeper, medesprekers, dames en here

Laat my eers toe om my persoonlike dank en dié van my departement, Sport en Ontspanning Suid-Afrika, uit te spreek teenoor die KKNK-lesingkomitee vir die uitnodiging om u vanmôre toe te spreek. Dis ’n geleentheid wat ek nie sou wou misloop nie, veral weens die misverstande wat heers oor hierdie brandende onderwerp. Terselfdertyd moet u my verskoon oor my taalgebruik. Afrikaans is beslis nie my moedertaal nie, en die tong sal so ’n bietjie vashaak, maar in die gees van transformasie in hierdie land moet elkeen van ons na mekaar uitreik om tot die groei en ontwikkeling van wat ek ’n “nuwe en unieke Suid-Afrikanisme” noem, by te dra.

Die onderwerp van transformasie binne sport, en veral met betrekking tot rugby, bring alle soorte emosies na vore. Daar is diegene wat my onmiddellik van ’n nuwe soort rassisme sal beskuldig. Vrae sal gestel word oor meriete; oor die keuring van die beste spelers in spanne; oor kwotas in sport; oor sokker en transformasie in daardie sport; en ook oor ’n reeks ander dinge vanaf prestasie tot die verlaging van standaarde in rugby.

Andere sal weer kla oor die stadige pas van transformasie binne die sport en die persepsie dat die sport rassisties is en nie wil verander nie. Sulke debatte is beslis nodig. Die skeidingslyn tussen voorstanders van transformasie en dié wat dit teenstaan, is nog groot en ons moet ’n manier vind hoe ons nader aan mekaar kan beweeg. Daar is te veel misverstande; te veel vooroordele; en definitief te veel vrese oor die pad van transformasie binne sport.

Natuurlik is daar diegene wat voel dat die regering geen rol in sport moet speel nie en dat dit aan sportlui oorgelaat moet word. Dis verstaanbaar, maar binne die konteks van wêreldsport is dit onrealisties en selfs idealisties. Nêrens gebeur dit nie en in Suid-Afrika moet ons pragmaties genoeg wees om te aanvaar dat die regering ’n definitiewe rol in die bedryf van sport het.

Ons rol as regering is om rigting te gee met betrekking tot beleid. Die Witskrif oor sport en ontspanning handel spesifiek oor beleidsrigtings en die strewe om die nasie aan die speel te kry. In Engels praat ons van “Getting the Nation to Play”. Ons sal nie ten opsigte van hierdie verantwoordelikheid ’n kompromis maak nie. Ek dink nie dat daar enige Suid-Afrikaner is wat dit sal teenstaan nie.

Laat ek dit ook duidelik stel dat, ten spyte van persepsies, het die huidige minister van sport en ontspanning, Ngconde Balfour, binne vyf jaar in hierdie amp, nooit gebruik gemaak van die woorde kwotastelsel of kwota nie. Hy word dikwels daarvan beskuldig dat hy kwotas op sport afdwing. Dit is totaal onwaar.

Waaroor die Minister duidelik is, is die kwessie van transformasie en verteenwoordiging. Dit is iets totaal anders as kwotas en dies meer en hy stel dit ook baie duidelik dat transformasie ononderhandelbaar is.

Wat is die verskil? vra baie. Ek sal probeer om dit uit te spel.

Transformasie is ’n doelbewuste en beplande proses om fundamentele veranderinge aan ’n situasie aan te bring wat sy oorsprong in ons verlede het, waardeur die meerderheid Suid-Afrikaners doelbewus uitgesluit is van daadwerklike geleenthede om deel te neem aan sport. Transformasie gaan ook oor die voorbereiding van ons sportlui en sportliggame vir die uitdagings van sport in die 21ste eeu.

Met ander woorde, transformasie handel oor veranderinge op verskillende vlakke. Dit gaan oor die skep van geleenthede, die ontwikkeling van vaardighede en die betrokkenheid van meer mense , veral ons jeug, in sport. Dit gaan oor die ontwerp en uitvoering van programme wat aspekte soos toeganklikheid, geleenthede en hulpbronne aanspreek met die doel om die gapings wat tussen ons gemeenskappe wat betrokke is by sport bestaan, te verklein en uiteindelik uit te wis.

In rugby, soos met ander sportsoorte, gaan dit oor die skep van geleenthede van klubvlak tot internasionale deelname, die strewe na ’n nierassistiese patriotisme, die gelyke en eweredige toekenning en verspreiding van hulpbronne en verteenwoordigende spanne wat Suid-Afrikanisme reflekteer.

Dit is nie korrek om transformasie te reduseer tot die insluiting van een of twee swart gesigte in spanne nie. Daar is te veel van ons wat dink dat die insluiting van ’n swart speler in ’n span transformasie bevorder. Dis gelyke geleenthede wat transformasie bevorder. Terselfdertyd is dit onaanvaarbaar om swart spelers as “ontwikkelingspelers” te beskryf. Moet alle spelers nie ontwikkel word nie? Word sommige spelers Springbokke of Arende gebore, terwyl ander ontwikkel moet word? Waar is die logika?

Daar is natuurlik ook die brandende vraag of transformasie tot die verlaging van standaarde lei. Die beste manier om dit te beantwoord is om te vra of Ashwin Willemse, Hanyani Shimange, Bolla Conradie, Breyton Paulse, Lawrence Sephaka, Eddie Andrews, Quinton Davids, Adrian Jacobs, ’n fikse Gcobani Bobo en talle ander spelers standaarde verlaag. Hulle het wel geleenthede gekry soos alle ander spelers, en dit is al wat transformasie verlang.

Ek word ook dikwels gekonfronteer met die beskuldiging dat transformasie teen wit spelers diskrimineer. Kom, laat ons tog ernstig wees. Dis totaal onwaar. Transformasie is nie ’n simplistiese proses waardeur wit spelers met swart spelers vervang word nie. Daar is ’n plek en ’n tuiste vir alle sportmanne en sportvroue in al ons spanne, ongeag ras of kleur. Dit gaan oor gelykheid en toeganklikheid vir alle spelers en die aanspreek van ongelykhede van die verlede. Die kind van Mamelodi in Pretoria moet dieselfde geleentheid gegee word as die kind van Menlopark.

Rugby is beslis op die pad van verandering. Daar bestaan by rugby ’n bereidwilligheid om alle Suid-Afrikaners wat die sport wil speel, te betrek. Craven-weke weerspieël hierdie bereidwilligheid. Daar is groot verandering sedert die dae toe ek nog betrokke was by Craven-week. Ek onthou nog die span van die Noorde, wat naamloos sal bly, wat met ’n stewige voorryman op Stellenbosch aangekom het. Dit was duidelik dat hierdie outjie nie maats in sy span gehad het nie. Op die veld was dit ooglopend dat die speler baie min van rugby geweet het. Ek het hom later genader en hy het aan my meegedeel dat hy nie tevore gespeel het nie. Die span het ’n swart speler nodig gehad en sy fisiese bou het daarby ingepas. Dit is waar standaarde verlaag word — waar afrigters met hulself oneerlik is, waar provinsies vir SARFU probeer mislei en waar rugby dan die skuld kry. Dankie tog dat sulke gevalle skynbaar nie langer voorkom nie.

Die beroep wat ek op rugbyliefhebbers wil doen, is: reik na mekaar uit. Laat ons saam bou aan die sport wat ons almal voor lief is. Laat ons aanvaar dat rugby deur talle Suid-Afrikaners vir dekades geniet en gespeel word. Laat ons wegbeweeg van die houding dat rugby aan ’n sekere groep mense behoort. Laat ons die realiteit van transformasie aanvaar en dit beskou as ’n meganisme om meer mense tot die sport te lok.

Veral in ons plattelandse gebiede is rugby besig om agteruit te gaan. Klubs word minder. Ouers en kinders kyk na ander sportsoorte. Rugby sukkel om sy posisie as ’n nasionale sport te behou.

Gesamentlik kan ons rugby se eer herstel. Kom, laat ons ophou om opponente te wees. Laat ons uitreik na mekaar en waar daar probleme bestaan, oplossings vind. Waar daar teenkanting vir transformasie is, laat ons in gesprek bly. Dis maklik om die negatiewe uit te wys. Dis nog makliker om onsself af te sluit van wat om ons gebeur. Maar dit bied nie oplossings nie. So lekker soos volstruisvleis is, is ons nie volstruise nie. Met alle respek aan Oudtshoorn en die Suid-Kaap: ons moet nie ons koppe in die sand begrawe en hoop dat dit wat ons ongelukkig maak, sal weggaan nie. Dit sal nie gebeur nie. Nie nou nie. En ook nie in die toekoms nie.

Laat ons uitreik na mekaar en sport, maar veral rugby, na nuwe hoogtes neem. Die regering wil saam met u loop. Ons sal nie ons verantwoordelikhede en pligte verwaarloos net omdat sommige mense daarteen gekant is nie. Na ’n dekade van demokrasie moet ons nou dit wat ons opgebou het, konsolideer. Rugby hou ’n spesiale plek in Suid-Afrikaanse sport. Dikwels word gesê dat as rugby kan transformeer, dan kan alle ander sportsoorte en selfs ander aspekte van Suid-Afrikaanse lewe volg. Die keuse berus by ons. As regering is ons vennote saam met rugby. Daar bestaan ’n kontrak tussen ons en rugby. Die kontrak praat van die groei van die sport, die belangrikheid van stabiliteit en deursigtigheid, die strewe na ’n wenkultuur en die bou van ’n nasionale span wat die trots van alle Suid-Afrikaners sal herwin.

Daar is nie langer tyd vir tweespalt nie. Die groen en goud bring ons bymekaar. Maar dis ook die groen en goud wat ons kan verdeel. Moenie toelaat dat transformasie daardie verdeling veroorsaak nie. As dit gebeur, sal slegs ons kinders, AL ons kinders, die verloorders wees. Sluit hande met ons in die regering en rugby om oplossings te vind vir dit wat ons eenheid mag bedreig.

Ek dank u.



LitNet: 2 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.