SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Dit gaan om skuld

Gunther Pakendorf

Chris Louw se onlangse ope brief aan Willem de Klerk (“Boetman is die bliksem in”, Die Burger, 8 Mei) en die oorweldigende reaksie daarop vra om verdere kommentaar en besinning. Hier is veral ervarings vanuit die onlangse Duitse geskiedenis bruikbaar vir die brer perspektief, om weg te kom van die al te persoonlike, subjektiewe en emosionele wat telkens in bydraes tot di debat na vore tree.

Daarmee word nie bedoel dat apartheid sonder meer met die oorlogsmisdade en die Jode vervolging deur die Duitsers gelyk gestel kan word nie. Dit gaan egter in albei gevalle om die nadraai van ’n politieke en sosiale beleid wat op rassediskriminasie gegrond was en ongekende lyding veroorsaak het. Dit gaan in wese om die kwessie van skuld en hoe om dit te verwerk.

Enkele jare n die oorlog het ’n toneelstuk die Duitse publiek soos ’n bom getref. Dit was Draussen vor der Tr (Buite voor die deur) deur Wolfgang Borchert. Borchert, wat in 1921 gebore is, is in 1947 aan wonde en kwale wat hy in die oorlog opgedoen het, oorlede, enkele dae voor die premire van sy stuk. Die tema en die emosionele aanslag van di stuk toon verbasende ooreenkomste met Chris Louw se Boetman-brief.

Die hoofkarakter, Beckmann, is ’n soldaat wat gewond en verslae uit krygsgevangeskap terugkeer na ’n verwoeste land waar daar geen plek vir hom is nie. Die toneelstuk is ’n skreiende en bitter aanklag teen diegene wat hom en sy geslag, die sogenaamde verlore generasie, verraai het, self in die oorlog skuldig geword het, maar baie gou ’n plekkie vir hulself in die na-oorlogse situasie gevind het.

Draussen vor der Tr het so ’n groot weerklank gevind omdat honderdduisende Duitsers wat van die front teruggekeer het en die miljoene wat Hitler en die aanvanklike suksesse in die oorlog met geesdrif verwelkom het, self ook verneder en ontgogel gevoel het. In sulke omstandighede is dit maklik om die blaam op ander te plaas en jouself as ’n (onskuldige) slagoffer van onredelike manipulasie voor te doen.

Daarmee wil ek die hipnotiese krag van indoktrinasie en propaganda geensins ontken nie waardeur veral jong mense maklik van hul eie kritiese vermons beroof word. En watter volk word nie meegevoer deur ’n sterk leier en die ervaring van nasietrots en eiewaarde nie? Dit is juis die gevoel dat ’n mens om die bos gelei is, dat alles verniet was en dat die ideale waarvoor jy jou lewe moes neerl, verguis word en in der waarheid uit die bose was, wat die bitter emosies van ’n Borchert — n seker ook ’n Chris Louw — verklaar.

Maar hoe verwerk ’n mens jou skuld en hoe word ’n situasie n hierdie soort gebeure weer normaal ? As die Duitse ervarings by ons toepasbaar is, dan gaan die kwessie van skuld nog baie lank by blanke Suid-Afrikaners bly spook. In Duitsland het die stof tot nou, 55 jaar n die oorlog, nog steeds nie gaan l nie. Telkens word ou wonde weer oopgevlek, hetsy deur Hollywood films, televisiereekse, polemieke wat deur historici gevoer word, boekpublikasies of wat ook al.

Daar is by my geen twyfel nie dat die aanhoudende openbare debat ’n sterk demokratiese bewussyn en ’n besondere gevoeligheid jeens minderhede en andersoortiges by jong Duitsers laat posvat het en enige patriotiese grootdoenery of diktatoriale neigings onder Duitse politici ondermyn het. Duitsers sal nie gou weer ’n ver-regse regering duld nie, al is hulle soms ongeduldig met die instroming van vlugtelinge uit die Ooste en dikwels onvriendelik teenoor minderheidsgroepe soos die Turke. Die ouer geslag sluk egter steeds moeilik aan die bitter pil van die skande van die verlede.

Die Duitse filosoof Karl Jaspers het kort n die oorlog ’n reeks lesings oor die kwessie van Duitse skuld gehou wat later ook gepubliseer is. Dit verdien om deur elke Suid-Afrikaner bestudeer te word. Hy onderskei verskeie vlakke van skuld, beginnende met kriminele skuld wat diegene betref wat direk aandadig was aan moord, marteling en ander misdrywe.

’n Tweede kategorie is die politieke skuld van di wat bevele gegee en planne en beleidstukke uitgewerk het, politici en ho amptenare. Die Wes-Duitse staat het dan ook as geheel politieke verantwoordelikheid oorgeneem vir die Nazi bewind en op groot skaal aksies onderneem om vir die misdade van die verlede te vergoed. So is daar byvoorbeeld sedert die vroe jare vyftig meer as DM 90 miljard as reparasies aan die staat Israel en aan Joodse instansies en individue uitbetaal.

Jaspers is egter onomwonde in sy mening dat die hele Duitse volk kollektiewe verantwoordelikheid vir die euwels van die Nazi era moet dra. Hy praat hier van ’n morele skuld wat elke individu, op enkele uitsonderings na, raak en waarmee elkeen moet leef. Die dade van die Nazi regime is immers grotendeels stilswyend geduld en deur miljoene selfs ondersteun en bevorder.

Die erkenning van skuld kan maklik in ’n soort oor-kompensasie ontaard, wat vals en oordrewe openbare belydenisse, aanhoudende derms-uitryg, selfkastyding en ’n patologiese selfveragting tot gevolg kan h, of dan ook ’n onkritiese, skuldbelaaide ‘ja, baas’-houding teenoor die slagoffers van gister. Die eindpunt hiervan is die algehele verwerping van die eie, sodat die moontlikheid van enige assosiasie met die dade van die vorige bestel nie eers kan ontstaan nie. Al hierdie reaksies — om van ontkenning of verskuiwing van skuld nie eers te praat nie — is egter bloot sielkundige maneuvers wat ’n ware aanvaarding van skuld steeds ontduik.

Volgens Jaspers moet dit met ’n verandering in houding en leefwyse gepaard gaan, met die erkenning dat historiese onreg wel nie ongedaan gemaak kan word nie, maar dat die nuwe geslag demonstratief die oortuiging moet uitleef dat dit ’n fout was en nie weer mag of kan gebeur nie. Dit verg moed en sterk oortuigings, maar bowenal nederigheid.

Dit beteken ook dat Duitsers byvoorbeeld baie lank by wyse van spreke die ander wang moet draai wanneer klappe uitgedeel word, beledigings en vernederings moet verduur, geen groot ophef mag maak oor eie regte en aansprake, oor nasionale trots of ’n roemryke geskiedenis nie, soos ander volke dit vanselfsprekend kan. Hierdie benadering lei dan juis nie na selfkastyding en selfhaat nie, maar na ’n nuwe en positiewe selfbeeld, gegrond op sterk oortuigings en morele waardes, maar sonder arrogansie of chauvinisme.

Hierdie nederigheid begin by ’n punt wat ’n ander Duitssprekende, die Switserse skrywer Max Frisch, in 1946 s in sy dagboek gestel het: Baie van die ho Nazi’s wat vir oorlogsmisdade en onmenslike optredes verantwoordelik was, het dieselfde soort opvoeding as ek geniet, is in dieselfde soort skole deur dieselfde literatuur, musiek, filosofie as ek gevorm — met hoeveel stelligheid kan ek dus glo dat ek nie potensieel self tot sulke wandade in staat is nie? Miskien kan blanke Suid-Afrikaners hier ’n kers opsteek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.