SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat maak Judas daar?

Ongelowig nagedink oor Simon Mawer se The Gospel of Judas

Christina Landman

Klik op voorblad en koop dit nou!

Koop nou by kalahari.net The Gospel of Judas
Skrywer: Simon Mawer
Uitgewer: Abacus
ISBN: 0349113580
Publikasiedatum: 2005/07/07 (herdruk)
Bladsye: 352
Formaat: Trade paperback



Laat diť wat ore het, sien
Die eerste deel van hierdie "resensie" gee agtergrond oor die "Evangelie van Judas" en hoe dit in Simon Mawer se boek The Gospel of Judas (2000) te lande gekom het. As geskiedenis jou verveel, kan jy aanskuif na die sappige dele van die "resensie". Net, daar is nie eintlik sappige dele nie. As daar sappige dele in die oorspronklike "Evangelie van Judas" was, weet ons dit (nog) nie. En as Simon Mawer probeer het om sappig te wees in sy boek oor die "Evangelie van Judas", dan het hy dit nie regtig reggekry nie.

So, as jy nie lus het vir geskiedenis nie, en nou ook weet dat jy gaan uitmis op die sappigheid, stel ek voor jy scroll down na die laaste deel van die "resensie" oor die diep vrae wat die boek laat ontstaan oor die cheek wat romanskrywers het om van Jesus fiksie te maak. Durf hulle, of durf hulle nie? Dis die vraag.

Die geskiedenis van die "Evangelie van Judas"
In die 1950's is 'n manuskrip in Egipte ontdek wat gou bekend geword het as die "Evangelie van Judas". Dit was veronderstel om die Christelike wÍreld te skud. Maar dis nou 50 of so jaar later, en ons weet nog steeds nie wat in die manuskrip staan nie. 'n Switserse stigting (die Maecenas Stigting in Basel) waak jaloers oor die inhoud daarvan. Hulle wil niks meer sÍ as dat dit in Kopties geskryf is, 62 bladsye lank is, en iewers uit die derde of vierde eeu nC kom nie. Kopties was die spreektaal van Egipte in diť tyd.

Die Stigting sal 'n vertaling en kommentaar teen Paasfees volgende jaar beskikbaar hÍ. Intussen wonder almal wat regtig in die "Evangelie van Judas" staan.

Soos gesÍ, kom hierdie Koptiese manuskrip uit die derde of vierde eeu nC. Maar eintlik weet ons al lankal van 'n "Evangelie van Judas" wat baie vroeŽr is en uit die eerste eeu nC kom - en dus ouer as die evangelies is wat ons in die Bybel het. Ons het natuurlik nie meer hierdie "Evangelie van Judas" uit die eerste eeu nie. Die inhoud daarvan het die kerkvaders nie aangestaan nie, en dit is vernietig. Ons weet net daarvan omdat die ou kerkvader Irenaeus 9 c 135 tot 200 nC) dit in een van sy geskrifte noem.

Die vraag is nou of hierdie Koptiese "Evangelie van Judas" wat in Switserland is, 'n vertaling van die Griekse "Evangelie van Judas" is. En wat ons almal wil weet, is: Wat staan daarin wat so erg is dat die oorspronklike vernietig moes word?

Irenaeus het niks van die "Evangelie van Judas" gehou nie. Om die waarheid te sÍ, hy het dit in sy vroomste liederlikste taal veroordeel. Die "Evangelie van Judas", sÍ Irenaeus, is 'n fabrikasie van 'n sekte, die KaÔniete, wat beweer dat Judas - en Judas alleen - die waarheid oor Jesus geweet het. Maar wat hierdie "waarheid" is, dit weet ons nie. En ons weet ook nie of die Koptiese "Evangelie van Judas" dit vir ons gaan sÍ nie. Maar ons sidder.

Simon Mawer maak in sy boek The Gospel of Judas asof hy weet wat hierdie "waarheid" is. Mawer se boek het in 2000 verskyn, en is onlangs weer herdruk. In The Gospel of Judas weef Mawer 'n hele roman rondom daardie eerste "Evangelie van Judas", die een wat in die eerste eeu geskryf is en dus ouer is as die evangelies wat ons ken. En dus ook "meer waar" is.

Mawer suig natuurlik hierdie "waarhede" wat in die "Evangelie van Judas" sou staan, uit sy duim uit, aangesien niemand weet wat in diť Griekse evangelie gestaan het nie (soos gesÍ, sal die Switserse Stigting ons eers volgende jaar 'n blik gee op wat in die Koptiese manuskrip staan). Mawer se duimsuigery is natuurlik heel interessant, en sou histories 'n klomp sin kon maak. Dit vul 'n paar gate op en beantwoord 'n paar vrae waarmee die huidige evangelies ons laat.

In Mawer se The Gospel of Judas kom enkele "feite" na vore wat, as hulle wel feite sou wees, 'n groot verleentheid vir die huidige Christendom sou wees.

Mawer se verhaal handel oor 'n priester, Leo Newman, wat gevra word om 'n Griekse manuskrip uit die eerste eeu te ontsyfer, wat hy dan as die oorspronklike "Evangelie van Lukas" identifiseer. Soos hy die Grieks in die baie ou en beskadigde manuskrip ontsyfer, kom hy op die volgende "feite" af:

  • Jesus was die kleinseun van Herodes die Grote. Die Maria wat as Jesus se moeder aangegee word, was Herodes se skoondogter. Herodes het sy seuns (oa ook Aristobulus) laat doodmaak omdat hy deur hulle bedreig is. Toe sy kleinseun Jesus gebore is, is die kind uit die paleis na Bethlehem ontvoer om hom te beskerm. Herodes het al die seuntjies laat vermoor om homself te beskerm, maar Jesus het ontkom. Dit verklaar waarom die wyse manne gekom het om aan Jesus hulde te bring, want dit was 'n potensiŽle koning wat gebore is.

  • Josef van Arimathea was diť Josef wat Jesus se aanneempa was. Dit verklaar waarom Josef van Arimathea 'n graf beskikbaar gestel het om Jesus se liggaam in neer te lÍ. Jesus was sy aangenome seun.

  • Jesus het nie uit die graf opgestaan nie. In Mawer se "Evangelie van Judas" beweer Judas dat hy self die ontbindende lyk van Jesus gesien het.

  • Saul van Tarsus (die latere apostel Paulus) het gehelp om Jesus se ontbindende liggaam uit die graf weg te dra. Die Judas van Mawer se "Evangelie van Judas" beweer dat dit hyself, Josef van Arimathea en Saul van Tarsus was wat Jesus se liggaam verwyder het en op 'n ander plek gaan begrawe het.
Nouja, nodeloos om te sÍ, as hierdie "feite" waar is, wag daar wel 'n effense skok op die bestaande Christendom en die verhale waarop dit gebou is. Maar kom ons kyk na die konteks waarin Simon Mawer hierdie "feite" sit, en dan kan ons uiteindelik vra: Hoe durf hy?

"Die Evangelie van Judas" volgens Simon Mawer
Simon Mawer se boek vertel die verhaal van die priester Leo Newman, die nuwe Judas. Die Judas in die "Evangelie van Judas" het Jesus nooit met 'n kus verraai nie. Inteendeel, hy was Jesus se mees getroue dissipel - tot hy Jesus se ontbindende lyk gesien het.

Leo Newman verraai egter wel die Christendom en vir Jesus met 'n kus, soos die Judas van die Bybelse evangelies. Newman verraai Jesus deur 'n vrou te kus. 'n Priester is nie veronderstel om dit te doen nie. Maar nog erger: Newman soen 'n getroude vrou. Hy verlei haar, en sy pleeg uiteindelik selfmoord.

En so sien Newman dan uiteindelik sy eie ontbindende liggaam. Of was syne dalk 'n opstanding? Kon hy sy liggaam laat opstaan teen die Kerk se onhebbelike inperkings op die liggaam? Kon hy sy liggaam laat opstaan teen sy selfopgelegde onttrekking en afstomping? Of is dit nie opstaan nie, maar om te ontbind, om uit mekaar te val?

Nouja, die uiteinde van dit alles moet julle maar self in Gospel of Judas gaan lees. As julle tot die einde kan wakker bly. Ek het die boek maar vervelig gevind. Die onderwerp is boeiend. Aan die een kant is daar die verbeelde inhoud van 'n evangelie wat lank reeds verlore is en ons bekende geloof weerspreek. Dis aan die ander kant verweef met 'n priester se verhaal van opstanding en/of ontbinding.

Opwindende temas - en tog is die boek vervelig. Hoekom kon Mawer dit nie regkry om sy temas slim met mekaar te integreer en die leser tot aan die einde te boei nie? The Da Vinci Code kon. Die vraag na die verveling van die boek moet julle as lesers maar self beantwoord. Hoekom faal die boek as fassinerende en goeie letterkunde? Julle kan dit beter beantwoord as ek.

So, die Gospel of Judas het 'n boeiende onderwerp, maar is nie 'n boeiende verhaal nie.

Dit laat ons nog net met die vraag: Hoe durf hy? Hoe durf Mawer fiksie van Jesus maak? En hoe kon hy so 'n vervelige spulletjie uit so 'n opwindende onderwerp maak?

Jesus as fiksie
Christene sal maar daarmee verlief moet neem dat Jesus nie net aan die kerk behoort nie, maar ook aan die romanskrywers en die filmmakers. En dat in die postmoderne letterkunde Jesus nie die Liewe-Jesus-rol van die PiŽtisme gaan speel nie. In die postmodernisme is Jesus die een met die alternatiewe geskiedenis, die een wat self iets van die Judas in homself dra. Die een wat ons eintlik nie met historiese feite kan vasvang nie. Die een wat altyd nog meer en meer stories sal genereer. En nůg meer. En nog. Ja, na Gospel of Judas en Da Vinci Code gaan daar nog baie alternatiewe Jesus-verhale wees. Die kerk en die Christendom het beheer oor Jesus verloor. Jesus behoort aan die wÍreldliteratuur.

Christene bly natuurlik bekommerd oor hierdie verlies aan mag oor Jesus. Die vraag is: As fiksie met Jesus rondspeel, gee dit nie die idee dat Jesus fiksie wel is nie? As daar in die jaar 2000 nC fiksie oor Jesus die wÍreld ingestuur word, insinueer dit nie dalk dat daar ook fiksie oor Jesus in die geskrifte van 200 nC die wÍreld ingestuur is nie? Hoekom is Simon Mawer en die "Evangelie van Judas" se Jesus fiksie, en die vier Bybelse evangelies s'n nie?

Die standaardantwoord hierop is natuurlik dat daar 'n verskil is tussen die historiese Jesus en die kerugmatiese Jesus. Die historiese Jesus sal ons nooit by ons hÍ nie, want ons weet nie wie hy was nie. Die kerugmatiese Jesus is Jesus soos hy deur sy dissipels verkondig is, en soos ons hom leer ken deur ons geloofslewe. Geen romanskrywer kan hierdie geloof by ons steel nie, so word gesÍ.

Ek sal dit so stel: 'n mens kan vandag nie net glo omdat dit vir jou ma en pa gewerk het nie. Jy kan nie net glo soos dit vir jou ma en pa gewerk het nie. Jy moet 'n keuse maak. Jy besluit om te glo in Jesus soos hy verkondig is. Of jy kan glo in Jesus ten spyte van hoe hy verkondig is. Hoe ook al, jy glo in Jesus omdat dit jou deel maak van 'n heilsgeskiedenis.

En dan kan jy besluit om nie in die onheilsgeskiedenis van 'n Da Vinci Code of Gospel of Judas te glo nie.

Al hierdie romanskrywers gee ons dan 'n goeie kans om te dink en 'n ingeligte besluit te neem: heilsgeskiedenis of onheilsgeskiedenis.

Maar eintlik dink ek dat die romanskrywers ons meer gee as net 'n kans om te kies tussen heil en onheil. Ek dink hulle gee ons 'n kans om die heerlike moontlikhede tussen die twee te ontdek. In ons postmoderne tye kan jy die dialogiese ruimtes tussen heilsgeskiedenis en onheilsgeskiedenis ontgin. Jy kan 'n bietjie in Jesus glo soos hy deur die bestaande evangelies verkondig word. En jou nog verlustig in die ander moontlike lewens van Jesus, soos dit (dalk) deur die Evangelie van Judas verkondig is. En as dit nou nie vir romanskrywers soos Mawer was nie, hoe sou ons ander moontlike lewens van Jesus geken het? TeoloŽ is te vervelig om sulke lewens uit te dink.

So, Simon Mawer se Gospel of Judas kan 'n uitstekende begeleier wees om jou na 'n alternatiewe lewe van Jesus te begelei. Wat nie noodwendig by 'n alternatiewe boodskap hoef uit te kom nie. Jy kan nog steeds glo dat Jesus jou na God toe lei en jou sodoende "verlos", al het hy (soos die Evangelie van Judas sou kon beweer) nie opgestaan nie. Al was hy nie 'n arm man nie, maar 'n koning. Al was Josef van Arimathea sy aanneempa. En al het Paulus sy ontbindende liggaam help wegsteek en begrawe.

Skrywers soos Mawer maak dat jy nie net meer 'n keuse tussen heilsgeskiedenis en onheilsgeskiedenis het nie. Jy kan op 'n duisend moontlike toere saam met Jesus gaan. En self besluit, oftewel ontdek, waar jou heil lÍ.




LitNet: 08 November 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.