SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ginkelsnoek does Oudtshoorn

Anoeschka von Meck

“Too late. If you’re this far, to the right is a urinal.” Ginkelsnoek lees die kennisgewing op die agterkant van die toiletdeur. Sy voel geball, want aan die buitekant was daar duidelik ’n “dames”-teken. Dis van daai ultramoderne longdrops, plastiekgroen, wat tydelik oral tussen die straatrestaurante opgerig is om die hordes instromendes te akkommodeer wat tydens die fees op Oudtshoorn toesak. Nie net is die nomadiese toilethuisie skoon nie, daar is toiletpapier en boonop ’n ekstra twee rolle in voorraad. Die aflaaiers van die longdrops voel seker maar bietjie skuldig dat hulle mens so vang met die urinals. Was dit ook nie vir die sign nie, kon die helfte van die feesgangers dit oortuigend as ’n wasbak gebruik het. Die mens en sy gewoontes hou nooit op om Ginkelsnoek te verbaas nie.
    A very weird mammal indeed?

Ronnie’s Sex Shop. Ginkelsnoek staan buite teen die muur waar die kroeg se naam geverf is. Sy pose vir een van daardie gedwonge fotosessies wat haar medefeespelgrims op aandring. Die tipe wat jubelende housewives neem om vir hulle mans ná die naweek te wys hoe wild hulle kastag nog kan wees sonder toesig. Ronnie se kroeg staan oasisalleen langs die pad duskant Calitzdorp. Wild is dit beslis nie, net smaakloos op ’n gewone boerseuns-is-bliksems-in-die-kooi manier met ’n uitgerekte kondoom hier en ’n gespanne bra oor ’n cardboard Hansie Cronje. Rooi 38DD cup size. Ronnie vertel dat dit aanvanklik net gelees het “Ronnie’s Shop”, voor javels in die nag ’n ekstra “ex” kom inverf het. Van toe af het dit ’n landmark geword.
    Ginkelsnoek bedank die histeries opgewonde vrouens wat stouts drankies wegslaan in die reeds drukkende warm oggend. Tussen shots, reapply hulle weer giggelend lipstiffie. Effe verleë gaan staan Ginkelsnoek langs die pad vir ’n volgende lift. Sy’s skielik oorval met ’n diep wroegende skaamte. Oorlat sy op Ladismith by die petrolpompe by ’n biker opgeklim het. En voor die vent goed geweet het wat hom getref het, van agteraf sy binneboud gestreel het, om net weer af te spring en saam met die housewives haar escape te maak. Dit was nou genuine onnodig. Skoon afshowerig. Sies.
    En dit was maar al!
    Nee, hoe meer die geskokte groepie haar aangepor het, hoe vermakeriger het sy geword. By die venster van hul voertuig uitgehang en wulpse voorstelle gemaak aan iedere een wat hulle langs die pad teëgekom het. Nou blameer sy die housewives. Vir wat moes hul nou daardie gemaak-ordentlike tipe gewees het? Soveel so, dat Ginkelsnoek dit as haar burgerlike plig gevoel het om hulle die wildtuin duskant domestic bliss in te lei.

“Howzit?”
    Ginkelsnoek kyk die man wat gestop het reg in die oog, maar tussen sy looks en sy aksent kan sy nie dadelik besluit wie die persoon is nie. Wat’s jy? vra sy met ’n smile.
    “ ’n Terroris.”
    Nou ja, dink Ginkelsnoek, dit gaan seker weer een van daai dae wees, en maak haar gemaklik in die beknopte ruimte van die flenterbakkie. Skoene teen die voorruit, want onder is daar nie plek nie. Teen die tyd wat hulle Oudtshoorn binneruk, het Ginkelsnoek al so gelag dat haar voorkop en ore gloei in die in-your-face hitte wat die besoekers welkom heet. Die donker man met sy eienaardige toring tastentakels, (hy is nie een nie), laai haar by ’n robot in die hoofstraat af, en met opregte spyt neem hulle van mekaar afskeid. Weird ’igger se naam is Zeppelin. Skerpste observer en strontsoekende intelligensie wat Ginkelsnoek in ’n lang tyd ontmoet het. Sy laaik hom ’n duisend. Uitgewer van sy eie terroris-koerant, “Hei Voertsek!” Infact, onse Zep is ook die stigter van ’n berugte opleidingskollege: Academy van JOU MA SE .OES. Zep het haar ere-lidmaatskap belowe.
    Oudtshoorn is ’n geskarrel van mense en motors wat die nuwe arrivals met ’n vrolikheid tref. Nie losbandige vrolikheid soos op ’n studentekarnaval nie en ook nie ’n beskonke een soos met ’n Weskus-kreefvreet nie. Daarvoor is daar te veel gesinnetjies, met Pappie wat een op die heup dra terwyl Mamma die stootkarretjie met die tweeling, Leonara en Amora, flink tussen die tafels en oor mikrofoondrade manipuleer. Mammie kan haar kroos maklik uitken, want sy het hulle elk met ’n wit streep sonskerm oor die neus gemerk. 30-faktor, dis blooming hittig. Klein, suburban tribes.
    Die eerste dag gaan verby in een lang, warm trek van stalletjies, strate vol posters en pyle, programme deurlees, kunsuitstallings en spot-the-egoli-star-eating-at-the-Spur. Teen 03:00 in die oggend is Ginkelsnoek gatvol. Moeg gekyk en geluister na I-so-badly-wanna-be-famous wat in skole by Godfather’s uithang. Net een ding is vir haar effens vreemd. Die lengte van die meerderheid vermaaklikheidspersone. Kort. Veral die mans, behalwe een bebaarde ou wat lyk of ’n bosvark hom omsingel het. Glo ’n 50/50-aanbieder. En can you believe it! Wie is besig om tussen die in-crowds foto’s te neem?
    Die housewives!
    Ginkelsnoek besef met ontnugtering dat sy hulle onderskat het. Dog hulle sou lankal reeds uitgepass het. Toe nie. Een wuif Ginkelsnoek nader met ’n Babelse toring bebangled arm, wat soos ’n klein mobile orkessie geraas maak met elke beweging. Sien-my-asseblief-ook-raak. Tweeduisend rand ’n piece, het sy vroeër trots vertel. Ja, beduie-fluister sy opgewonde, wie sou kon dink dat beroemde mense so gretig en vriendelik vir hulle sou poseer? En dit terwyl daar nie eers film in hul kameratjie is nie, ha! Die rookstank dryf Ginkelsnoek na buite. Na ’n rukkie se suurstofinname, dwaal sy in die rigting van die bruggie waar die daggahippies hulle lakentente oopgesprei het. Agter die een tent, onder ’n boom in die donkerte, gaan sit Ginkelsnoek met erg moeë kuitspiere en ’n rugsak wat skawe. Eers toe iemand nies, besef sy dat daar nog ’n mens teen die boomstam sit.
    Die persoon snuif aanhoudend.
    Ginkelsnoek dog eers dis ’n pypstopper, maar toe die meisie haar gesig draai, sien Ginkelsnoek dat sy eintlik gehuil het en dit nou embarrassed probeer wegsteek.
    Wat makeer?
    “Long, sad tale.”
    Die stem klink sinies-moedeloos, maar sy smile darem so sideways skaam.
    Wel, aangesien ek nog nie slaapplek vir die nag het nie, what’s left of it, kan jy my maar net sowel entertain?
    “Ek’t ’n gat van myself gemaak vandag ...”
    Ginkelsnoek wonder beskeie of die persoon weet met wie sy te doen het hier? As Ginkelsnoek wou, sou sy kon klas gee in arseholekunde. How to put your foot in it, hoe om te lyk as jy dit nie kon avoid nie, en hoe om dit in ander bullshitters uit te ken. Die meisie frons toe Ginkelsnoek haar dit meedeel.
    “Het ’n onderhoud gemis waar ’n klomp mense vir my gewag het, en toe ek wel later manage om op te daag, het ek te stupid gevoel om vir hulle te sê hoekom ek nie betyds was nie. Dit sou net na ’n publisiteitsfoefie lyk.”
    Ginkelsnoek probeer beleef geïnteresseerd lyk, maar pathetic selfbejammerde mense staan haar nie aan nie. Haar oë dwaal na waar van die hippies, dié wat nog gekoördineerd kan beweeg, met stokke wat in petrol gedompel is, dans. Waar was jy? Sy vra dit sonder om veel hoop te hê dat die antwoord Die Triestige Snuiwer in ’n beter lig sal stel. Die brandende vuurpunte los lieflike oranjespoegstrepe in die lug.
    “In ’n toilet. Die slot het gejam.”
    Skielik lag hulle albei met tande wat in die gloed weerkaats.

Daglig strompel Ginkelsnoek voort op soek na ’n skadukolletjie iewers om ’n bietjie te slaap ter voorbereiding vir die volgende nag. Nou ja, as sy nie een kry nie, is dit ook maar orraait, mens kan mos altyd volgende week slaap? Koop die tyd uit.
    Aan die oewer van ’n rugbyveld wat vol bubbles gekleurde tente staan en lyk of dit ’n landing spot vir kompakte ruimtetuigies geword het, kry sy weer Zeppelin se bakkie. Die Woordeterroris is nêrens te sien nie, dus val Ginkelsnoek without announcement met volle vertroue agter in die bak in. Sy skuif onder die gespande seil in. Lekker donker en privaat. Dis als net ’n kwessie van die regte contacts hê.

Panfluitmusiek. ’n Amerikaanse vrou met sandale uit Bombaai sit met gekruisde bene en mediteer. Langs haar, by sheer luck, fokus Ginkelsnoek haar eie innerlike wese op die slurp van ’n yskoue blou MELKSKOMMEL. (Moenie dink ons taalvaders het geen sin vir humor gehad nie.)
    “Have you ever tried Trans-en-dental Meditation?”
    Nee, antwoord Droë Snoek terwyl sy vaguely ponder of dit iets met stopsels te doen het, maar ek het al getrip op die Trans-Karoo.
    Die vrou knik instemmend. “That must have been so healing.”
    Die Wimpy waitress kom genadiglik vra of Ginkelsnoek nog iets wil order.
    Eensaamheid. Op die skroeiendste uur van die middag slat dit Ginkelsnoek so tussen die twin peaks. Sy koes met haar kop by die lae tentflappe van 24.com se massive gepoleerde trok in, en besluit impulsief om vir ’n heavy crush van haar ’n persoonlike e-mail te stuur. Toe sy klaar is, sug sy vir die klein foto’tjie van Will Smith wat sy in haar paspoortboekie dra en kyk weemoedig rond vir troos. Wat help dit hy sit in Amerika, is ’n famous, arrogante movie star en gelukkig getroud met vrou en kind?
    Verdomp. She really knows how to pick ’em.
    Sy hoef egter nie lank oor hierdie neiging in haar lewe te wonder nie, (the quest for the unattainable), want ’n band kom soek lafenis onder dieselfde bome as waar sy sit. Op die een se glimlaggende gesig en breë borskas staan in duidelike hoofletters: TROOS EN AANDAG. Die man sit met sy bene wydgesper terwyl hy agteroor op sy elmboë leun en grinnik.
    “Dis warm ...?” sê-vra hy.
    Nie die weer nie. Die lug tussen hulle.
    Ginkelsnoek voel om hom handeviervoet oor die gras te bekruip en grootskaalse skande en skade aan te rig. Hy sien dit en smile nog meer. Hulle lag met mekaar vir die crazygeid van die situasie. Die hitte wat jou brand dat jy wil mal goed doen en jou terselfdertyd so lendelam gevrek hou dat jy net daaroor kan praat, maar nie tot aksie kan oorgaan nie. Ginkelsnoek vra nie sy naam nie, maar dis nie nodig nie. Die musikant druk met die punt van sy vinger in die palm van haar een hand toe die groep weer verkas vir nog ’n sessie. Sy voel stukke beter.
    Net buite die reuse-tent waar mens vrywillig kan staan en versmoor in rye vir shows wat lankal reeds uitverkoop is, gly kinders by ’n opblaaskasteel af in ’n waterbaan. Ginkelsnoek gaan vra of sy ook mag afgly, maar die beampte sê as hy een grootmens toelaat, wil die hele Oudtshoorn weer daar af. Hy bied egter darem aan om haar vinnig met ’n tuinslang te kleefspuit.
    ’n Swerm vriende nooi Ginkelsnoek om ’n vertoning saam met hulle te gaan kyk. Ginkelsnoek verduidelik apologeties dat sy nie ’n saak het met teater nie, ongecultured of nie. Haar probleem, wil sy hulle ernstig tot insig bring, is dat sy te empaties is. Sy raak so gespanne vir die akteurs se part dat dit onmoontlik vir haar is om te relax en dit te geniet.
    “Dis in ’n koel, donker skoolsaal?”
    Ek’s game.
    Ginkelsnoek se opgevoede vriende het besluit dat hulle geen karre die naweek wil afskryf nie. Dus parkeer hulle nie naby enigiets nie, selfs al sou dit by groot uitsondering moontlik gewees het. Eerder ’n goeie drie kilometer buite die dorp, just in case. Ginkelsnoek haat paranoia. En tussen Afrikaners is dit tog so ’n algemene tydverdryf. In all honesty, as hulle hulle heilige motors vir veilige bewaring in die Kango-grotte kon gelos het, sou hulle seker. Die vertoning lives down to all expectations. Daardie loud, uitgeforseerde stage lag wat oorverdowend in ’n groep gedoen word; die face-the-audience tuur in die verte, die opsê van langdradige of vulgêre of literêre Afrikaans wat ’n holrug geryde klimaks van nog ’n ou politieke tema het. (Army-ouens wat ’n bruin dogter wreed bykom.) Na twee en ’n halwe uur se whipping sluip die skuldige blanke gehoor weg. ’n Housewife se nag haal haar in en sy moet koes om die toilette betyds te haal, af in ’n gang vol portrette van eertydse Broederbond-prinsipale.
    Soos reeds genoem, is Ginkelsnoek ’n kenner van stront en allerlei dinge en dus ook ’n kenner van kuns. Sy suffer in die toegemaakte Baron van Reedestraat af en met die trappe op bo Mr Price. Nie regtig om na die kuns te kyk nie, maar om met die kurator van die Bloedlyn-uitstalling te gesels.
    ’n Skraal vrou met ’n poliësterrokkie bo-oor ’n stywe langbroek en lang, Indiaanswart hare. Ginkelsnoek hou die heel meeste van haar stem. Dis diepsagsterk soos ’n klomp mense wat rooi wyn om ’n kampvuurtjie by ’n wintersee drink. Lien Botha. Truly nice.

TREKSLET
Die meisie
’n dwarstrekker
eiewys
vol nukke e’ goed
ken nie haar plek nie
Deesdae.
Toe sy nog ’n klimeid was, kon Baas Sweep haar effe beheer
Kop af, hakke op
Hurkend soos sy skrop.
Baas het haar gekyk

Haar gelaaik en gelus

Vasbind.

Ten aanskoue van die werf
Baasvrou het die meisie laat uitsleep
Stalle toe
Moer haar goed
Laat die slet trek!
In my huis kraam g’n bastards nie

Gehartloep!
Weg en vry
Doer en annerkant
Gesteel by elke lê
Elke man wat wou hê

Orals.
Die baas en sy vrou sien haar orals.
Hoor daai stem wat eers so ’skuus en stil was
Vol moelligheid
Mag
Op die plaas, die basaar, parliament-banke, radio, televisie, boekeblaaie ...
Wragtag oral
Veelsydige hoer!
Afrikaans.

Ginkelsnoek lees die gedig wat saam met een van die kunswerke in die uitstalling gaan. Sy dink sy sou beter kon gedoen het, maar ’n profeet word mos maar moeilik in sy eie land herken. Gehoor dat hulle met die spesifieke kunswerk aanvanklik 25 liter volstruisbloed wou gebruik het. Op die naakte liggame van een totally bedonnerde skrywer (Von Meck) en ’n gespicede artist (Searle), wou hulle glo bloed en kleipoeier giet en dan die lywe verwyder sodat net die image se imprint agterbly. Ginkelsnoek wonder so by haarselwers watter tipe psige dink nou sulke goed uit, hè? Meer mense het hulp nodig as wat mens dink.
    Die aand daag Ginkelsnoek vroeg genoeg by die Rock Art Café op om sitplek te kry. Piet Botha en sy manne stel reeds op. Botha lyk ’n besliste me-cowboy-ride-wide-prairie man met ’n fyn geslypte neus te wees. Twee anorexia kandidate wat moontlik ook aktrises is of kuns swot, wapper blymoedig op maat van die Mooi Neus Man se woorde. Hy sing van sy Bybel en sy mes. Soos die nag uitsit, word die toeskouers al hoe oudhoringrig. Ja, voorwaar, voorwaar, Ginkelsnoek stik amper toe sy die huisvrouens op die tafels sien dans! En met elke liedjie waai daar al hoe meer kledingstukke! Is daar geen einde aan die kênsheid wat vyftien jaar se invisibleness in die huwelik aan mens kan doen nie?
    Ginkelsnoek is glad nie ’n fighter by nature nie, en daarom is sy heel sonder scrouples as aggressie onverwags in haar opkook. ’n Tafel vol jong studente beledig al heelaand lank vrouens om hulle. As daar spasie was om van staanplek te verwissel, sou Ginkelsnoek eerder dit gedoen het, maar dis ’n saak van onmoontlikheid. Groot Bek skrik hom se sperm count weg toe Ginkelsnoek met een liefdevolle beweging Jonge Javel van sy tafeltjie af optrek tot styf teen haar. Met haar hande albei op High Riser se borskas, fluister sy die allervreeslikste dreigemente vir hom. Glimlaggend en coy.
    Can you breathe through your ears, boy? If not, I can teach you.

Ginkelsnoek vryf oor haar skouer. Dis seer. Sy voel verneder en gekrenk in haar vertroue. Uit ’n kar gestamp. Gelukkig darem nog in die parkeerterrein. Probeer om die sleutels van die bestuurder af te vat vir obvious reasons. Kom vir die eerste keer agter dat die kleurlinge van Oudtshoorn snags hulle eie fees hou. In die carpark. Groot groepe wat om karre met monster stereo’s “hang”. Hier en daar ’n paar wit tieners ook, skateboards onder die arms met gummyman three quarter broeke wat hulle laat lyk of almal hulle langbroeke ontgroei het.
    “Hey man, is jy okay?”
    Die jong kleurlingman vat versigtig aan Ginkelsnoek en help haar rug afstof.
    “Drank ...” Hy skud sy kop sonder om sy sin klaar te maak.
    Die ou oom wat die huurmotor bestuur, charge Ginkelsnoek R20 omdat dit so laat in die nag en so vroeg in die oggend is. Hy laai haar by ’n groot huis in die welgestelde kleurlingbuurt af waar iemand vir haar gereël het om ’n kamer te deel met ’n kunstenares. Ginkelsnoek verlang na ’n bed soos ’n boervrou na die omhelsing van die jong domineetjie wat dankofferkoevertjies kom aflewer. Die kamer het twee koperkatel-enkelbedjies, die kaste wit. Op die dogterspieëlkas rus ’n woeshaarteddiebeer wat by die venster afkyk op die ou hond wat in die agterplaas naby die hek lê en slaap. Ginkelsnoek kom saggies in en probeer haar rugsak neersit sonder om hoorbaar te kreun. Al is sy vodde gaar en het die stapel kussings wat vir haar wag iets van die sacredness van human existence aangeneem, kan Ginkelsnoek nie help om na die beeld te staar wat in die bed langs haar lê nie.
    Bo-op ’n blou laken lê ’n groenvaringfee, so wit, met hare so swart soos ’n beeldskone lyk wat saggies in ’n bergstroom haar liggaam neergelê het nadat Vader haar gees teruggeroep het. Haar een perfekte bors is ontbloot, soos ’n skildery van ’n Egiptiese koningin op papirus. Die ongeskeerde haartjies in die armholte sigbaar. Ginkelsnoek hoor hoe die fee in haar slaap sing. Haar stem drup water, die woorde onherkenbaar.

De Vokken Kuiken is ’n restaurant wat saans gesog is met lantern-tafeltjies op die stoep en op die grasperk. Ginkelsnoek knik vir Lucas Maree met die intrapslag asof hulle jare des jare saam kitare getune het, hopende degoeiemoer nie hy vra soos Phillip Moolman vir haar wie sy nou eintlik is nie. Sy spot ook vir Koos Kombuis met wat sy presume sy nuwe vrou is, ’n Suidwester, sê hulle (sout van die aarde-mense), en gaan sit aan by ’n lang tafel. Naby die apparently-not-famous-enough-yet kant, so tussen potplant en tjello-player. Verder af sit meer bekendes en slimmes, maar Ginkelsnoek is min gespin, want die vegetable pasta wat saam met die twee bottels tequila kom, is eerlikwaar rein genoeg om ’n ware sense van Meggiko-in-Die-Karoo patriotisme in haar boesem te ontroer.

Iewers in die breë nag bied ’n kaalbolyf-hippie vir ’n securityman ’n zol aan, Ginkelsnoek haal twee straatseuntjies van mekaar af, (Pitlip sweer hoog en laag onder die rok hy’t gewen!), ’n voorskrum-kelner knie die boude van ’n ander man in die ingangsportaal van ’n kroeg terwyl die transvestiet agter die toonbank beduie hy moet onmiddellik terugkom. Voor Ginkelsnoek die nagpad vat, volg die kinders en hul maatjies haar eers om almal hulle gesigte met neonkleure te laat verf. Niemand slaap op horingdorp nie, maar in die donker sorteer die groepe in meer duidelike herkenbare territories. Radio Sonder Grense se meganiese advertensie-uitstalling waar die skape in die plaasdam duik, het nog net een skaapkop oor. Die ander is almal gesteel.
    Oudtshoorn se volstruise tel rolle note wat Vlinderslag skelm in een van die leë eierdoppe van Helse Hoender, wat hulle vir die boer as virgin offerande aangebied het, weggesteek het. Arme Hoender het die kortste lootjie getrek. A real shame. Hulle is egter onenig of die effe wins al die moeite werd was?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.