SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  • George Weideman se gespreksdokument
  • Jaco Botha se antwoord daarop


    George Weideman se wederwoord:

    11 Maart 2002

    ANTWOORD AAN JACO


    Ek verwys na Jaco Botha se brief (5 Maart) nav die gespreksdokument oor die verhouding skrywer-uitgewer.

    Jaco het gelyk wat baie sake betref. Sy bydrae is veral waardevol omdat hy die voorreg het om, soos hy dit stel, as skrywer in ’n besigheidsomgewing sy brood te verdien. Almal is inderdaad nie so gelukkig nie.

    1. Skrywers en akademici is bepaald naef as hulle meen uitgewers koester die Afrikaanse letterkunde op die wyse wat “klein uitgewerye” (dink aan AA Balkema, APB, Culemborg, Saayman & Weber, Taurus, Hond, die eertydse Human & Rousseau, ens) dit laat waag het om ’n Leroux, ’n Rabie, ’n Breytenbach, ’n Brink, ’n Welma Odendaal, ’n Ryk Hattingh ea) uit te gee. (Almal groot Afrikaners, hulle. Die “volk” wou hulle graag h.)

    2. Skrywers en akademici is nog naewer as hulle gedink het uitgewers gaan drastiese veranderinge in hul kontrakte met hulle bespreek — of as hulle gemeen het die uitgewer maak genoeg wins om nie ’n besonder groot hap (in party gevalle 50%) van die skrywer se outeurstjek te gebruik om gate in die uitgewerskous toe te stop nie. (Vergelyk III.2 van die gesprekstuk, maar verander die 40% diskonto aan boekhandelaars na 49% of 50% ) Miskien is Jaco, in die besigheidsomgewing waarin hy werk, verseker van ’n vaste inkomste. Daar is skrywers — en skryf is so ongeveer hul enigste talent — wat nie di voorreg deel nie. Maar Jaco het gelyk: skrywers moet hul kontrakte noukeurig lees en onderhandel. Daar is — n die rondgang van die gespreksdokument — reeds goeie tekens: uitgewerye stuur dalk nou konsepkontrakte uit as ’n gebaar wat onderhandeling terwille is; uitgewerye kyk dalk weer na die tantime-kwessie  Maar ja, skrywers moet inderdaad wakker loop. Die uitgewer is nie meer jou spreekwoordelike oom in die besigheid nie 

    3. Jaco s wins is die sleutelwoord in sy werksomgewing en in die uitgewersbedryf. Dis reg so; uitgewerye is nie liefdadigheidsorganisasies nie. Net so is begrafnisondernemers dit ook nie. Maar hulle het ’n spesiale verhouding met hul klinte. Skrywers is soos roubeklaers wat juig of huil oor die lewe en oor die dood. Alle kunstenaars is so. Min van hulle kan met geld werk. Maar hulle het so ’n idee wanneer hulle ingeloop word. Dis net dat jy, wanneer jy met skryf besig is, van alles anders vergeet. Vandaar die begrafnis-beeld.

    4. Dit is verblydend dat Jaco die goeie verhouding noem wat hy as skrywer met sy redakteur het. Dit is inderdaad so dat bittermin van die “griewe” in die gesprekstuk op die verhouding skrywer-redakteur slaan. Die meeste skrywers praat met lof van hul redakteurs. Hulle is mense wat buitengewoon hard werk; dikwels tot laat saans nog met swak afgewerkte (maar belowende) manuskripte roei en stoei. Dit lyk wel of beginner- of aspirant-skrywers soms ongelukkig is oor die stelsel van terugvoering; maar dan moet ’n mens Jaco ook gelyk gee wat betref die berge “onleesbare” materiaal wat op uitgewerstafels beland. Miskien moet die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) sy diens — die lees en beoordeling van mss (teen ’n fooi, natuurlik!) — wyer bekend maak. Miskien moet uitgewerye die skrywers van onafgeronde mss na die ASV verwys. En al die afvlerkvoltjies.

    5. Oor ekonomiese realiteite (ek is nie seker wat Jaco met “politieke realiteite” bedoel nie): Soms — wanneer hy talent raaksien — moet ’n uitgewer waag. Hy moet nie op die sagte swaneruggie van ’n paar “topverkopers” na Kammaland gly of bloot op “celebrities” fokus nie. Hy moenie knap, “alternatiewe” tekste afkeur nie — die goed het ’n manier om by ’n ander uitgewer uit te slaan en dan buitensporig te verkoop. Nou ja, niks verhoed Ferdinand Rabie natuurlik om te begin skryf nie 

    6. Oor politiek en letterkunde in die vorige bedeling: Sekere ouens (ek dink bv aan John Vorster en Jimmy Kruger) het hard probeer om die ware letterkunde dood te wurg, onder meer met sensuur. Ek kan my nie ’n volk snder ’n letterkunde voorstel nie. Wil Jaco ophou skryf?

    7. Oor die feit dat ons Suid-Afrikaners so kultuurloos is: Hier is Jaco andermaal in die kol. Die idee van ’n gedig op ’n biermatjie is, soos Toast s (toast, Toast!) briljant; die Hollanders doen dit al lankal. Dis juis die punt van baie beswaardes: Daar word nie regtig innoverend bemark nie. En belangegroepe sal vinnig — nog voordat jy kan s Chris-Brink-het-die-Matie-kampus-totaal-verengels — moet bymekaarkom om Afrikaans en die Afrikaanse boek weer gewild te maak. Apatie gaan nie help nie; nog minder sinisme oor “Afrika”. Maar die saak ht natuurlik ’n ander kant: Hoe oorspronkliker en gedurfder ’n skrywer skryf — en hoe gd hy of sy skryf, in eerste instansie (wat nogal te make het met hoe goed hy/sy lees) — hoe makliker bemarkbaar is die boek, hoe groter is die kanse dat die leeskultuur aangewakker word 

    8. Daar is nie geld uit Afrikaanse boeke te maak nie. Juis. Nrens s die gesprekstuk so iets nie. Dit gaan oor brood in die broodmandjie en af en toe goeie wyn op die tafel.

    9. Skryf boeke wat internasionaal kan presteer, s Jaco. Dis ’n uitstekende idee. Maar hoeveel goeie wreldletterkunde is al werklik suksesvol vertaal? Tensy Jaco meen skrywers en lesers moet maar voor die voet verengels. Die soft option. Die handdoek-opsie. Nee, natuurlik bedoel hy nie dt nie. Skrywers moet net seker maak dat hulle die vertaalklousules fyn lees en gepaardgaande uitbetalings haarfyn kontroleer, ook met oorsese uitgewers. En sommer seker maak dat jou boek nie perdalks sonder jou wete skielik in ’n ander taal verskyn nie.

    10. Kuns in Afrika is ydelheid: Ja, ’n mens moet ’n slag by die duisende houtkerwers en klipkappers wat dwarsoor Afrika met hul beeldjies sit, stilhou en hulle kaalkop die waarheid vertel. Pure ydelheid.

    11. Ek is nie presies seker wat Jaco met die “Naspers-gees van amptenaary” (sic) bedoel nie. Die dokument is buitendien aan alle uitgewers gerig. Ek vertrou maar dat alle uitgewers nog op die gespreksdokument gaan reageer waar dit vir hulle moontlik is.

    12. Oor uitgewers wat depressief behoort te voel omdat hulle boeke nie verkoop nie. Tja. Ek ken minstens een uitgewer wat tydens die Woordfees met sy karretjie en sleepwa boeke uit Gauteng aangery het en die kartondose self die trappe op en af gedra het (gelukkig was die dose die tweede keer heelwat ligter). Voorts is voorstelle oor die verkope van boeke — bv ’n “boeke- en kunstenaarstrein” — al deur menige skrywer gemaak. Aan uitgewers. Terloops: Jazz is glo uitstekend teen depressie.

    13. Die idee van ’n forum (uitgewer-skrywer) is uitstekend en sal hopelik wyd ondersteun word. Natuurlik is ’n klomp skrywers ’n wilde spul met allerhande onhaalbare idees; party van hulle sal — as jy hulle toelaat — selfs eis dat hul boeke saam met Mark Shuttleworth die ruimte ingestuur word. Maar daar is darem baie wat — soos Jeanne Goosen destyds — moue sal oprol en op Groentemarkplein sal gaan staan ter wille van hul boek. En ander s’n.

    14. Dit is wonderlik dat Jaco op so ’n positiewe noot afsluit: die verskyning van ’n boek in Afrikaans ’n joint venture tussen skrywer en uitgewer! Sela. En dit is presies wr van die gespreksdokument (wat deur sommige verkeerdelik as ’n beswaarskrif gesien word): daar word nie konfrontasie gesoek met uitgewers wat professioneel optree nie.

    15. Oor skrywers wat geborsvoed wil wees: Ai, dit is ongelukkig so. Maar nou is moedersmelk mos glo gesonder  (Of wag: hir het ek Jaco misverstaan.)

      Groentenis.

      George Weideman


      Uitgewers en skrywers en ander belangstellendes word genooi om op SNet te reageer

      boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.