SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie is Anton van Niekerk?

Iemand wat reeds 22 jaar klasgee in Filosofie, wat hom veral besig hou met die Filosofie van die Menswetenskappe (veral hermeneutiek) en Bio-etiek, wat ’n Sentrum vir Toegepaste Etiek begin het en bedryf, wat soms dinge skryf, wat altyd te veel hooi op sy vurk het omdat hy steeds nie behoorlik geleer het om “Nee!” te s nie, en wat nooit so oud sal word soos hy lyk nie.

Foto deur Naomi Kranholdt


Ge-

Anton van Niekerk

(Hierdie bydrae is vroer vanjaar gelewer tydens die Woordfees se gewilde Filosofiekafee in die Dorpstraat Teater Caf.)

Anton van Niekerk

As ’n mens oor ge- praat, is dit ’n geleentheid vir ’n gedoente. As ’n mens dit doen, dan dreig daar natuurlik ook die gevaar van ’n geploeter. Maar wees gerus: ten einde weg te stuur van ’n gemors, sal ek my waag aan ’n geklets (Heidegger praat mos van “die gepraat” “das Gerede”); hou maar julle gewere gereed as my geradbraak my gesink het. (Nou is my keel werklik droog van al die alliterasie.)

Ge- is die verledetydsvorm in Afrikaans — natuurlik saam met het, waaroor ons vanaand, genadiglik, nie praat nie! As ’n mens oor ge- praat, dan praat jy geskiedenis. Dit doen ek nie slegs geredelik nie; ek doen dit graag.

Kom ons begin sommer by die geskiedenis van Afrikaans. My standerd 3-onderwyseres het my ingelei in die geheimenisse van, volgens haar, die grootste Afrikaanse digter: Jan FE Cilliers. Afrikaans het by hom begin, het sy met oortuiging vertel, en ja waarlik, ge- was deurentyd daar:

Die osse stap aan deur die stowwe
geduldig, gedienstig, gedwee.
Die jukke al drukkend hul skowwe
Hul dra dit, getroos en tevree.

Of elders, in ’n ewe gevleuelde passasie:

Ek slaap in die rus van die eeue gesus
Ongesien, ongehoord,
En dof en loom in my sonnedroom
Ongewek, ongestoord.

Soos Afrikaans ’n begin gehad het, het dit natuurlik ook ’n einde. Dieselfde standerd 3-onderwyseres is ewe oortuig dat Afrikaans geindig het met ’n vis in die punch. (Ek het altyd gedink Jackie het “die laaste Afrikaanse boek” geskryf, net om onlangs uit te vind dat Karel Schoeman haar toe voorgespring het!)

Maar grappies nou eers op ’n stokkie. As ons ge- praat, het ek ges, praat ons geskiedenis. Uit weinig dinge kan ons meer leer omtrent ons menswees in die wreld as uit ons, as mense, se bewussyn van die geskiedenis. Ons leef meesal met die oog op die toekoms, wat ons nie ken nie, in die lig van die verlede, wat ons nie kan verander nie. Die geskiedenis is ’n groteske sediment van gegewe feite (hoe’s daai vir ’n ge-woord!) op die basis waarvan ek keuses uitoefen met die oog op die toekoms. Maar my keuses word bepaal deur wat ek is, en wat ek is, my moontlikhede, is ’n produk van my geskiedenis.

Ons ken die geskiedenis anders as die diere. Diere handel natuurlik ook op die basis van die verlede. Daar is egter twee belangrike verskille tussen die manier waarop diere die verlede ken, en waarop ons die verlede ken.

Eerstens: Diere ken die verlede nie bewustelik nie. Wat hulle doen — soos om opgewonde te raak as die kosbak uitgesit word, of as die leibande afgehaal word vir die volgende wandeling — word wel volledig bepaal deur hul ervaring van die verlede. Maar hulle is nie daarvan bews nie; hulle handel op grond van wat die verlede ongemerk van hulle gemaak het, sonder dat hulle dit besef.

Vandaar dan ook die tweede verskil. Diere word sterk benvloed deur die verlede, maar hulle kan nie krities wees teenoor die verlede nie. My hond kan nie besluit dat hy voortaan meer van slaap as van stap gaan hou nie; hy kan nie krities op die verlede reageer nie. Ons kan wel, al is dit meesal moeilik, en al oorskat ons dikwels ons vermo om die verlede en sy invloed van ons af te skud.

Ek wil terugkeer na Afrikaans — dis nou voor Afrikaans in die punch geval het — om ’n laaste punt oor ge- te maak. Ge- is die aanduiding van verlede tyd. Wat opvallend is, is dat die het ge- konstruksie feitlik universeel in Afrikaans voorkom. Afrikaans dui verlede tyd op ’n veel eenvoudiger manier aan as die meeste ander, ouer tale. Afrikaans het byvoorbeeld nie ’n magdom van verledetydsvorme, soos perfektums en plusquamperfektums — die vloek van almal wat Grieks en Latyn wil aanleer — nie. Wat volgens my vriend Rufus Gouws opvallend is van Afrikaans, is dat die perfektum en die imperfektum in Afrikaans versmelt het (Jackie sou s: “gemerge” het). Die perfektum is ’n verledetydsaanduiding wat dui op voltooide handeling, iets wat klaar en afgehandel is. Ek onthou nog uit my Griekse dae die voorbeeld van die argument met Pilatus oor die inskripsie boaan die kruis. Pilatus antwoord die beswaarmakers: “Wat ek geskryf het, het ek geskrywe”, en dis ’n perfektum, dis afgehandel.

Afrikaans het nie meer so ’n verledetydsvorm nie. Ons s net het ge-. Daarmee bevraagteken ons by implikasie die idee dat die verlede onherroeplik afgehandel is. Daar sit wysheid in. Want veral in Suid-Afrika weet ons dat die verlede bly meespreek in die hede. Om die waarheid te s, die verlede moet opnuut onderhandel (dis nou “ge-negotiate”) word. Die Duitsers maak ’n onderskeid tussen Historie — wat afgehandel is — en Geschichte, dit wat tot die verlede behoort, maar steeds ’n stem en ’n uitwerking het in die hede. In Afrikaans is alles “geschichtlich”. Ons is immers van Afrika. In Afrika maak mense nie sulke skerp onderskeidings tussen hede, verlede en toekoms nie. Die geeste van die voorvaders is wel gestorwe, maar is steeds by ons; ons is van hulle afhanklik, maar hulle ook van ons; ons moet steeds “negotiate oor ”wie hulle is. Ons s op Afrikaans “ge-”, maar ons weet die verlede, soos die duiwel, draai steeds hier onder rond. Ons skud wat was, nie so maklik af nie.

Ek sluit af, net om te wys dat ’n filosoof ook soms ’n gedig ls (al mk hy moeilik een), en uit respek vir die Woordfees se klem vanjaar op vroue, met “Nou” van Elisabeth Eybers, waarin sy iets probeer s van die rol van die verlede as die laaste jare vir ons aanbreek:

Nou, in die sewende dekade
Verstroef bloedvate en ledemate
Verkalking en slytasie gaan hul gang

Gedagtig nou aan lank gelede
(die skynbaar eindelose hede,
die voorraad toekomsdrome na gelang)

moet dromers hulle nou bevredig
met t en sodoende verdedig
teen ’n toekoms waarna hulle nie verlang.




LitNet: 20 Mei 2004


Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.