SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Uitvaart: Athene, Woensdag 21 Julie 1999

Frederik de Jager

Vanoggend word ek om sesuur op ’n boot wakker wat besig is om die hawe Patras aan die Griekse landmassa te nader. Die lug en berge en rimpellose see het oornag hul buitelyne prysgegee en in ’n gemeenskaplike sagte blou ineengevloei.

Dis ’n akwarel en as jy met ’n kwas een van die elemente aanraak, sal die kleure heeltemal saamvloei met die ander.

Ons het met die motor direk uit die boot in die klein dorpie ingery, byna dadelik verdwaal en by ’n strandjie uitgekom waar ons afgeklim en in daardie selfde eenheid van alles ingeswem het, ons lywe wat die smetlose oppervlak van die water soos skêre sny om ons in te keep in ’n mistieke grootheid groter as onsself of die oggend of die kosmos waarin ons ingeverf geraak het.

’n Krenterige ou Griekse man het hom vervies omdat ons sy daaglikse, sy lewenslange eenselwige patroon versteur het deur te naby aan hom stil te hou en later toe hy swem ’n plat klippie vir ’n oomblik uit te sonder en te naby aan hom oor die water te laat kaats voordat dit gesink en weer deel van alles geword het. Maar dit kon die ervaring van ons laatkommers nie versteur dat daar ’n moment van ewewig en ’n gelykte met ewig uitgestelde buitelyne in en om ons gekom het nie.

En toe het ons oor die antieke landskap gery waar Zeus geheers, Perikles geveg en Xenofon oor geskryf en Homeros oor gedroom het. Tot in Athene waar die lelikheid en chaos die oorhand gekry het oor die balans van die kosmos, en waar saans Dionisos sy heerskappy eis oor alles wat Appollo oordag tot stand gebring het, en sy volgelinge alles gretig drink wat uit die nag oor hulle gegiet word.

’n Ander orde het inmiddels oor die wêreld tot stand gekom wat Zeus en sy medegode en demigode sou kon voorsien het, want hulle sou eweneens daar tereg kon kom, indien hulle nie inderdaad die skeppers daarvan is nie. Dit is ’n orde gekenmerk deur wanorde, ’n sisteem van vaste bestemmings bereikbaar langs navigeerbare weë waarin jy nietemin lukraak kan dwaal en planloos verdwaal in ’n duisternis van afdraaipaaie en onverwagse staanplekke.

En uit hierdie oerwanordelike netwerk kan jy op enige plek bereik word deur enigiemand wat jou soek, en so is dit dat die slegte nuus my in ’n internetlaboratorium in ’n binnehof aan ’n klein systraatjie vlak onder die Akropolis bereik het. Christoffel Coetzee is dood.

Onlangs het ek vir die programnotas van die dramaverwerking van sy eerste en nou enigste roman geskryf dat my eerste kennismaking met hom was soos ’n handskud met ’n leeu met ’n indrukwekkende maanhaar. En dat die leeu by die tweede geleentheid ’n dag later alle formele afstand sag weggegrom het.

Wat ek nie daar geskryf het nie, is dat hy my vriend was en dat ons mekaar in die oog kon kyk en so besluit, in Januarie 1998 toe hy weer in die Kaap was sodat ons die afronding van sy roman kon doen. Sy manuskrip wat pas ’n groot wedstrydprys gewen het, en wat in April van daardie jaar sou verskyn onder die titel Op soek na generaal Mannetjies Mentz, en wat genoem sou word die eerste klassieke roman oor die Anglo-Boereoorlog.

Dit was gou duidelik dat hierdie man pretensie verafsku en dat hy geen sin had van ’n eie belangrikheid nie. Ook dat hy beskik oor ’n intellek van ’n orde wat ek selde ervaar het, en tog optree asof hy volkome onbewus is van sy uitsonderlike verstand en sy buitengewone vermoëns. Sodat ek tussendeur maar sonder dat hy my dit ooit so vertel het, moes agterkom hy is ewe tuis in filosofie, politieke wetenskap, wiskunde en chemie, hoewel sy studie aan Oxford as Rhodes-student in die filosofie was.

Maar wat my laat sien het dat hy ook iemand met ’n klein hartjie is, was sy spontane simpatie toe my ou hond van der jare skielik spoorloos wegraak, en hy praat asof dit ’n belangriker onderwerp is as die kwessies oor sy boek wat in papiere en notas en bygeskryfde stukke en ’n warboel rekenaarskywe van ’n onnaspeurbare data-argitektuur voor ons op die tafel uitgesprei lê. Ek hoor hom nog sê, of liewer brom: “Mens word mos lief vir die goed.”

Maar Chris se pretensieloosheid kon ook die aspek van onafgerondheid aanneem en hy had moeite met die skielike aandag wat op hom gerig is, en veral met die feit dat hy nou sy Warholiaanse vyftien minute van roem in die openbare media beleef het, dat hy ’n stip inligting geword het onder die miljarde ander wat deur mediaverbruikers geskandeer en getakseer word, vir ’n oomblik uit die rus van obskuriteit gelig en dan belig en omgedraai en bekyk word.

Soveel so dat hy dit maar moeilik gemaak het vir niksvermoedende onderhoudvoerders en mense die hoenders in of bang gemaak het en dit genoop het dat ek so ver ek kon moes bystaan en vrede bewaar voor hy nog ’n jong joernalis verwilder, of dat ek agterna moes gaan vure doodslaan.

Terwyl ek die hele tyd weet, en hierdie mediamense nie, dat hy vir sy weerloosheid probeer skerm, want hy het in daardie einste skemerte waar hy sy persoonlike geheime sit en bewaar het, met ’n onbeskermde siel geskuil. En dis ’n verbasende feit as jy sou kon tel hoeveel myle Chris op sy meter gehad het. Hy het hard en intens geleef en dit het hom veel ouer laat lyk as sy drie en vyftig jaar toe ek hom die eerste keer ontmoet. Hy sou ’n dop moes kon ontwikkel, ’n harde en gepoleerde oppervlak wat nietigheid en vernietigende dinge van hom kon deflekteer.

Maar hy het nie. Hy het onder al sy geleerdheid en alles wat hy gesien en beleef het, onder die gewig van al die plekke in die wêreld waar hy gewoon het en die dinge wat hy gedoen het, ’n eenvoudige mens gebly, en ’n lojale een.

Sodat toe ek hom op ’n dag die Leviete voorlees oor sy skrikbewind onder die mense wat gereed staan om publisiteit aan sy boek te gee, hy later na my gekom het om te sê ek moet hom nooit weer so seermaak nie. Dit sou so ’n mens soos hy nie doen as hy nie reeds besluit het dat sy lojaliteit teenoor my vasstaan nie.

Daardie lojaliteit sou ook inhou dat hy sy volgende boek by niemand anders as my sou publiseer nie. Maar eers het ek die geleentheid daartoe afgeknip deur die boekbedryf te verlaat, en nou hy deur in sy slaap weg te glip voor die tweede boek klaar is. ’n Boek waarin al die woede van Mannetjies Mentz opgeklaar het, het hy my nog gesê.

Laasgenoemde roman handel onder meer oor die skemerwêreld wat die geskiedenis is, hoedat jy onverrigter sake terugkeer as jy daar na iemand gaan soek. Daarheen het Chris nou vertrek, nie meer as ontdekkingsreisiger nie, maar as inwoner. Die openbare lewe wat so aan hom opgedwing is, het hy finaal ontglip, en net hy sal weet of hy nou groter openbaringe beleef.

Ek sien hom inswem in die Patraiese Seestraat waar ons vanoggend geswem het. Hy het my nog gewaarsku om genoeg boeke saam te neem na die eiland waar ek die komende maande gaan deurbring. Hy het hom die keer toe hy dieselfde gedoen het, dood verveel. Maar nou laat hy alle aandoeninge van die stukke wêreld wat bokant die oppervlak van ons ervaring uitsteek, agter. Hy, hierdie agterkleinkind van Homeros, stamvader van alle skrywers, gaan insny in die gladde see tot ons hom nie meer van die land af kan sien nie.

Daar skeer geluidlose geeste van al die verhale van die wêreld oor hierdie waters. Die wat weet hoe, of wat daarvoor bestem is, kan die hand lig en deur sy eie siel en in sy eie taal uit hierdie verhale iets afkeer en voorberei vir sy eie mense. Onder al hierdie geeste swem hy tydens die herbesoek in totdat hy een van hulle word.

En as ons wat agterbly nou sy rus probeer versteur, sal dit nie meer ’n verskil maak nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.