SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroer vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aanges het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.

Hoe?

Anton van Niekerk (filosoof)

“Hoe?” is die vraag na funksie, eerder as na essensie. Dis die vraag na die manier waarop ek iets moet doen, eerder as na die wese van wat iets is. Dis die vraag wat aan praktyk voorkeur gee bo teorie. Dis die vraag waarmee ek erken dat ’n teoretiese kennis van swem of van fietsry van weinig waarde is as ek die eerste keer regtig moet swem of moet fietsry. Maar dit geld eintlik die hele lewe. Dit prikkel wel my breinselle om te wonder oor wat die lewe is of hoekom ek nou eintlik lewe. Maar die vraag waarmee ek elke dag gaan slaap en opstaan, wat my bly agtervolg, my daagliks konfronteer en dwing tot een of ander antwoord, is: Hoe moet ek lewe?

Dit hoort tot die krediet van die omstrede Duitse denker van die twintigste eeu, Martin Heidegger, dat hy, meer as baie ander, vir ons duidelik gemaak het hoe belangrik die “hoe”-vraag vir ons verstaan van onsself en ons wreld is. Heidegger worstel naamlik in sy bekende boek Sein und Zeit met die vraag na die oorspronklike wyse waarop ons sin maak van iets. Hoe verskyn die wreld oorspronklik aan ons? Sien ons die wreld se eerste betekenis in die wyse waarop die wetenskap, godsdiens, kuns of selfs filosofie oor die wreld praat?

Heidegger meen van nee. Sy punt is dat as ons die oorspronklike sin van die wreld wil verstaan, moet ons die “hoe”-vraag vra. Die oorspronklike manier waarop dinge in die wreld vir my sin maak, is, volgens Heidegger, nie as objekte van wetenskaplike teorie of as inhoude van religieuse belydenisse nie, maar as ter-hande-tuie, dws as dinge waarmee ek iets kan doen, as dinge waarvan ek moet vra: hoe moet ek daarmee maak? Lank voor ek die pen waarmee ek skryf, uitmekaar haal en in sy samestellende dele kan of wil analiseer, is die pen vir my iets met sin omdat ek daarmee kan skryf. Lank voor ek my sorge maak oor die fisika wat ten grondslag l aan die werking van ’n telefoon, of die elektronika wat verklaar hoe ’n televisiebeeld kan verskyn, is my telefoon iets waarmee ek kan praat, en my televisie iets waarna ek kan kyk. Hulle maak vir my, heel oorspronklik, sin omdat hulle tuie of instrumente is wat ek kan gebruik vir die inrigting van my lewe.

Die “hoe”-vraag, en die wyse waarop dit aan prominensie gewen het in ons kultuur, staan uiteindelik aan die basis van die moderne wreld. Dit kan ten beste verduidelik word deur iets te s oor hoe moderne wetenskapsbeoefening verskil van voormoderne wetenskap.

Voor die aanbreek van moderniteit - breedweg in die loop van die sewentiende eeu - het wetenskaplikes verskynsels op ’n totaal ander manier as vandag verklaar. Verklaring het beteken dat jy die doel van iets aandui. Waarom val die klip grond toe as ek dit los? “Dit soek sy eie soort,” het Aristoteles byvoorbeeld reeds in die antieke tyd geredeneer; dis “deel van die aarde” en dit “streef daarna om verenig te word met sy doel”, nl die aarde. Dit impliseer dat as ons enigiets wil verklaar, moet ons weet waarvoor dit daar is. Die vraag wat in so ’n benadering bepalend is vir wetenskaplike verklaring, is: waarheen? of waartoe?

Moderniteit breek aan toe die “hoe”-vraag die “waarheen”- en “waartoe”-vraag begin vervang het. Vir wetenskaplikes sedert die sewentiende eeu is die vraag nie meer waarvoor iets daar is nie, maar hoe dit werk. In moderniteit begin ons dink oor die wreld as ’n doellose besigheid wat werk of opereer volgens vaste wetmatighede wat oral en altyd op hul eie funksioneer. Wat die doel van dit alles is, weet ons nie meer nie, en hf ons ook nie te weet nie. Maar hoe die besigheid werk, kan ons wel probeer agterkom. As ons daardie wetmatighede kan opsoor, dan kan ons die werking van dinge voorspel. En as ons dinge se werking kan voorspel, kan ons dit inspan vir ons eie doeleindes.

Daarom ontwikkel wetenskap en tegnologie saam in die moderne wreld. Tegnologie is die uitkoms van die vraag: Hoe gebruik ek die kennis van hoe die wreld werk om my lewenskwaliteit te verbeter? Hoe kanaliseer ek die water in die rivier en die krag wat dit uitoefen as dit sterk vloei, na die opwek van elektrisiteit? Ons wreld lyk soos hy vandag lyk omdat die “hoe”-vraag die sentrale vraag van ons kultuur geword het.

Ek sluit af. Is die voorkeur aan die “hoe”-vraag ongekwalifiseerd ’n goeie ding? Ons moet almal erken dat die wreld waarin ons leef, in baie opsigte ’n veiliger, skoner, gesonder en gemakliker plek is as ’n paar honderd jaar gelede. Wie van ons sou eerlik liewer eeue gelede geleef het? Ons lewe vandag makliker omdat die “hoe”-vraag se momentum steeds voortsnel.

Maar bereik dit nie rens ’n grens nie? As die “hoe”-vraag heeltemal ontkoppel word aan die doel-vraag, dan dreig die gevaar dat ons al hoe meer lewe met ’n hand vol middele waarmee ons al hoe meer kan doen, maar met ’n hart sonder doelwitte, dws sonder om ons sorge te maak oor hoekom ons dit doen. Erger: as die wetenskap opgaan slegs in die funksionaliteit van middele, sonder om vrae te vra oor die doel waarvoor die middele aangewend word, dan kry ons die gewetenloosheid en die grusaamheid van die tegnokrasie. Dan stel politici, soos in die Nazi-tyd en tydens Apartheid, die doelwitte, en die wetenskaplikes, soos by Auschwitz, en in die Biko-sage, “rise to the occasion”.

Die “hoe”-vraag was wel in sekere opsigte ons redding: omdat ons daardie vraag meedonloos bly vra, kan kanker genees, harte oorgeplant and maanlandings uitgevoer word. Maar by Hirosjima en Tsjernobil sien ons ook die ander, vreesaanjaende gesig van die “hoe”-vraag: die gesig wat ons kan vernietig as ons net “hoe?” vra, en nooit meer “waarom?” of “waartoe?” nie. Die sin wat die “hoe”-vraag bewerkstellig, is daarom beperk en soms selfs gevaarlik. ’n Hand vol middele kry eers sin as ons dit stuur met ’n hart vol doeleindes wat ons teenoor mekaar kan verantwoord.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.