SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroer vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aanges het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.

Waarom?

Johan Hattingh (filosoof)

Soos filosowe graag doen, wil ek in die volgende vyf minute, met behoorlike dro argumente, bewys dat “waarom” in die konteks van “wie”, “wat” “wanneer”, “waar” en “hoe” ’n heerlike opruiende woord is waarmee ons baie moeilikheid kan maak; ’n lekker vet woord met vele betekenisse; maar ook gevaarlik, omdat jy jou gat sien as jy maar net een keer te veel “waarom?” vra. Vra maar vir Sokrates en Johannes Degenaar hoe vinnig “waarom” vir jou by die gifbeker kan uitbring, letterlik of figuurlik.

Die betekenisse van “waarom” hang af van die kontekste waarin dit gebruik word om vrae te stel. In enige konteks kan hierdie betekenisse wissel van kalm tot skokkend-opruiend:

Heel kalm vra “waarom” in die konteks van logistiek, administrasie en hulpbronbestuur en prestasiebeoordelings na die doel wat nagestreef word. Waarom moet wie wat wanneer waar en hoe doen onder meer om goed te doen? Wat, in die woorde van Aristoteles, is die causa finalis in hierdie geval? Wat wil ons graag hier bereik?

Ewe kalm vra “waarom” in die natuurwetenskappe, meesal sonder emosie en passie, na verklarings: Waarom kook die water in my ou, tweedehandse Mercedes by 120 grade Celcius op seevlak? Waarom is E=MC2?

Met ’n klein bietjie meer passie vra “waarom” in die sosiale wetenskappe na ander soorte verklarings. Waarom huil almal so oor die krieket-Bokke, die Proteas? Waarom het ons verloor? En waarom is Suid-Afrikaners sulke slegte verloorders?

In die logika vra “waarom” na die gronde vir konklusies: Byvoorbeeld: is dit genoeg rede vir oorlog teen Irak as ons s dit is goed vir besigheid en vir aandelemarkte?

In die filosofie het van die eerste Griekse filosowe gevra: Waarom is dinge so en nie anders nie? Is daar ’n rede vir waarom ons is? Waarom is daar iets en nie net niks nie? Hier vra “waarom” na ’n noodsaaklike rede.

Maar op di trant kom ons nog nie uit by die vele gifangels van die vraag “waarom” nie. Luister ’n bietjie na hierdie “waaroms”:

— Waarom is daar soveel werkloosheid in Suid-Afrika?
— Waarom sterf daar elke minuut een mens in Suid-Afrika van VIGS of honger?
— Waarom woon soveel mense in die Wes-Kaap in plakkershutte?
—Waarom is die deure en vensters van soveel huise op boere se plase met bakstene toegemessel?
—Waarom moet ek altyd eties wees?
—Waarom moet ek altyd logies wees?
—Waarom moet ek altyd in my filosofie-opstelle ’n koherente, samehangende betoog lewer?
—Waarom moet ek altyd nice wees?
—Waarom moet ek altyd die remme aanslaan, briek, oppas, ja Meneer, goed Meneer, dankie Meneer s.
—Waarom is niemand in hierdie vertrek al dronk genoeg verby nie?
—Waarom moet ek altyd ’n rede gee as ek van die massas verskil?
—My god, my god, waarom het jy my verlaat?
—Waarom sing ons nog: Uit die blou van onse hemel  (Sing op die ou wysie staan stokstyf op aandag.)
—Waarom sing ons nie eerder: Uit die blou van onse hemel (Sing op die wysie van “Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei” met al hoe meer van ’n jive; eindig met ’n can-can dans, ironiserend uitgevoer.)

Waarom, waarom waarom nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.