SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroer vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aanges het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.

Wat?

Vasti Roodt (filosoof)

Ek moet beken, dames en here, dit is nie maklik om te s wat “wat” is nie. Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal — die WAT — is “wat” onderskeidelik ’n voornaamwoord, ’n voegwoord en ’n tussenwoord. Maar selfs al ken ons die betekenis van hierdie woorde, weet ons waarna ons vra as ons vra na die “wat” van iets?

Om hierdie vraag te beantwoord — dus: om te probeer s wat “wat” is — moet ons begin by wat “wat” was.

In die filosofie het die “wat”-vraag ’n bepaalde geskiedenis. Vroer het filosowe aangevoer dat “wat” verwys na ’n onderliggende, onveranderlike substansie wat dieselfde bly te midde van alle verandering, en waarvan die bestaan nie afhang van enigiets anders nie.

Die vroegste filosowe het geglo in ’n enkele, oorspronklike substansie waaruit alle ander substansies gevorm word. Vir Thales was dit water, Anaximenes het ges dit is lug. Demokritos, meer as 2 000 jaar voor sy tyd, het beweer dit is onsigbare, ondeelbare deeltjies genaamd atome.

Latere filosowe het weggedoen met die soeke na ’n universele substansie en die “wat”-vraag begin toepas op alledaagse dinge. So wou Aristoteles laat sien dat ’n appel, byvoorbeeld, rooi kan wees of groen, ryp of vrot, soet of bitter, groot, klein, rond, of halfrond, maar dat hierdie kwaliteite nie verander aan die substansie, die basiese appelheid van die appel nie. Die onveranderlike “wat” van iets waarop alle veranderlike kwaliteite betrekking het, noem hy hypokeimenon; letterlik: dit wat onder l.

Maar in ’n veranderlike wreld is dit nie so maklik om te vertrou dat ons die onderliggende substansie van dinge kan ken nie, veral as ’n mens in ag neem hoe maklik die sintuie waardeur ons die dinge waarneem, ons bedrieg. Descartes probeer hierdie twyfel besweer deur te bewys dat, alhoewel ons nie seker kan wees van die substansie van enigiets in die wreld buite onsself nie, ons wl seker kan wees van ons eie “watheid”. Jy kan sober wees of dronk — selfs baie dronk — musikaal of onmusikaal, gelukkig of ongelukkig, filosoof of skrywer, maar onder al hierdie kenmerke bly jy nog “jy”, die onveranderlike subjek van al jou kwaliteite.

Maar selfs hierdie poging kon die vertroue in “wat” nie permanent beveilig nie. Want, het latere filosowe gevra, as ons wegdoen met al die sigbare, kenbare kwaliteite van dinge, weet ons nog iets van hul substansie? Anders gestel: Wat is die “wat” van enigiets, onsself ingesluit, apart van die veranderlike hoedanighede waarin dit in die wreld sigbaar is?

In ons eie tyd het die kwantumfisika, naas die filosofie, veel gedoen om die geloof in ’n onveranderlike substansie die nekslag toe te dien. Nogtans sou ek wou wou raai dat die meeste van u, al gee u die wetenskaplikes gelyk, steeds heimlik glo in u eie “wat”.

Maar, dames en here, dis tyd om die bitter pil te sluk: “wat” is nie meer wat dit was nie. Die geloof in substansie is ongegrond. “Wat” het, filosofies gesproke, sy gat gesien.

Wat nou? Hier sit ons vanaand, u en ek, maar wat is elkeen van u, en wat is ek? Laat my waag om te s: ons is ng onveranderlike substansie, ng hersenskimme, maar kenbaar en herkenbaar juis in die veranderlike, onvoorspelbare gesigte wat elkeen van ons na die wreld toe draai. Met ander woorde, ons is nie ’n substansie agter die hoedanigheid waarin ons aan ander verskyn nie, maar is kenbaar slegs in ons verskyning. En omdat ons altyd weer anders kan verskyn — vanaand vol wyn en sorgeloos, mre sober en hardwerkend, oormre, wie weet? — is elkeen van ons altyd slegs voorlopig wat ons is.

Die wreld mag sy “wat” verloor het, maar daardeur het ons nuwe horisonne gewen. Die afwesigheid van ’n substantiewe self maak die lewe gevaarliker en meer onvoorspelbaar, maar ook vryer, wyer, oper. So, liewe gehoor, eerder as om te treur oor ’n verlore substansie, kom ons roep vaarwel aan “wat” en drink ’n heildronk op die voorlopigheid.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.