SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroeŽr vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aangesÍ het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.

Wie?

Willie van der Merwe (filosoof)

Wie wie? werklik is en wie werklik wie? is, weet niemand nie, die minste nog diegene wat dink hķlle weet, of dink hķlle is wie? . Daarvan getuig die hele geskiedenis van die Westerse filosofie, wat begin het met die oproep van die Orakel van Delphi: ken jouself, dws vra jouself af: wie is ek? En Wie is ons, die mens? Wel, die Orakel het natuurlik geweet dat niemand kan weet wie ek of ons, die mens, is nie en dat hy daarom ’n hele klomp mense wat nie bekwaam is vir ’n nuttige beroep nie, vir ’n baie lang tyd onledig kan hou. So het hy die mensdom ’n groot guns bewys.

Na ’n paar eeue se gesukkel deur die Grieke en Romeine om by ’n antwoord uit te kom, het die Middeleeuse monnike besluit om die speelveld weer gelyk te maak deur Wie? met ’n hoofletter te spel: die vraag is dan: Wie is God? Almal kon van voor af begin soek na die antwoord, met die gedeelde wete dat niemand ooit sal uitvind nie. Dit het vir ’n paar eeue nuwe lewe in die filosofie geblaas, omdat nie ek of jy of ons — die mens — meer op die spel was nie, ’n passielose gejeuk wat op die lange duur slegs in selibaat beoefen kan word.

Daarom is spoedig weer teruggekeer na die al-oue vraag: wie is ek? Soos deur Immanuel Kant, diť groot filosoof van die Verligting, wat gekonstateer het dat alle filosofiese vrae herlei kan word na net drie vrae: Wat kan ek ken?, Wat moet ek doen? , en Wat mag ek hoop? En die antwoord op al drie vrae hang af van die vraag: Wie is ek? Wie is die mens? Wat Kant so geniaal maak, is dat hy al drie hierdie vrae so beantwoord dat dit duidelik word dat ek nie kan weet wie ek is nie, of liewer: dat ek net kan weet wie ek nie is nie!

Edmund Husserl verbeter hierop met die slotsom dat ek ook kan weet wie jy nie is nie, omdat jy soos ek is. Dit was ’n groot deurbraak, die geboorte van die fenomenologie, wat deur Sartre beseŽl is met die insig dat elkeen van ons is wie ons nie is nie en nie is nie wie ons is! Vandaar was dit ’n klein stappie na die postmodernistiese ontdekking dat daar nooit eens ’n “ek” was wie ek sou kon wees nie. In die woorde van Jacques Lacan ŗ la Freud: “Es ist, wo ich war”, of in Afrikaans: “dŪt is, waar ek was”.

Wat ek met diť oorsig oor die filosofiese lotgevalle van wie? wil sÍ, is dat daar twee soorte filosowe is:

Diegene wat ontdek het dat niemand kan weet wie wie? is nie, nie wie? ek is nie, nog minder wie jy is, of ons is of — hemel behoed! — wie U is. Hulle is die skeptici, waarvan daar twee soorte is: die eerlikes en die oneerlikes. Die eerlikes is die sinici wat nŠ hulle ontdekking van die onbeantwoordbaarheid van die vraag wie wie? is, hulleself versoen met die sinloosheid van ons bestaan en weier om aan enige spel van selfbedrog of skynheilige hoflikheid deel te neem. Soos Diogenes, een van die eerstes, wat, toe Alexander die Grote aan hom gevra het of daar iets is wat hy, die heerser van die wÍreld, vir hom kan doen, geantwoord het: Ja, staan weg uit my lig.

Maar nie alle skeptici is sinici nie. Daar is ook die oneerlikes. Hulle wy gewoonlik met groot moed en deursettingsvermoŽ die res van hulle lewens daaraan om voor te gee dat hulle weet wie wie? is. Wie hulle dan voorgee om te wees, is die gemiddelde voorstedelike, kleinburgerlike, selfs Godvresende man of vrou. Diegene wat werklik goed is hiermee, kan later nie eens onderskei word van rolbalspelers, bou-inspekteurs en langarmdansers nie. Hulle is gewoonlik goeie filosofiedosente wat met matelose ywer laat-adolesserende studente aanhits om die volle diepte van die vraag wie is ek? te ontdek. Hulle bejeŽn diť studente se wroegende gediggies met groot erns, maar as die studente eksistensieel opgejaag van “Angst” ronddwaal in middernagtelike strate, Nietzsche vir hulleself resiteer, en heroÔes biggel op die rand van die groot leegte, sal hulle rustig slaap, sodat hulle die volgende dag diverse template stiptelik kan voltooi. Hulle hou kongresse wat almal voorgee om te geniet; en publiseer in vaktydskrifte wat almal voorgee om te lees. Maar hulle word nooit eintlik bekend nie. Na hulle afsterwe het almal vergeet wie hulle was, of ten minste voorgegee het om te wees. Hulle maak dit nie tot die geledere van die Wie’s wie van die filosofie nie en kan dus maar net sowel sinici wees.

Dit bring my by die tweede soort: die wat gedink het hulle weet wie is wie? en dat hulle self wie? is. Hulle is die metafisici en verreweg die belangrikste soort filosowe. In die reŽl werk dit so: ’n Filosoof van hierdie formaat raak oortuig daarvan dat hy moontlik die eerste een is wat weet wie wie? is en dat hy self diť wie is. Hy wy dan sy lewe daaraan om aan almal te verduidelik wie wie? eintlik is, ook al sou niemand dit ooit vermoed het nie. Dan kom een van sy briljante leerlinge en toon aan dat wie die leermeester aangesien het vir wie? , juis nie wie? is nie en dat hy ook nie verstaan het wie hy self is nie. Die leerling word dan die nuwe leermeester en die geskiedenis herhaal homself. Die geskiedenis van die Westerse filosofie behels dus die volgehoue ontgogeling van diegene wat gedink het hķlle weet wie is wie? , maar moes ontdek dat hulle self en hulle beroemde voorgangers ook nie geweet het nie. Diegene wat die durf het om, sonder om te blik of te bloos, deel te neem aan hierdie spektakulÍre oefening in futilieit, verwerf gewoonlik groot roem. Hulle word tereg deel van die Wie’s wie van die filosofie.

Wie van die skeptici of die metafisici ek is, weet ek nog nie. Bes moontlik nie een nie. Of hoe? En hoekom of waarom? Op grond van wat? Wat waarheen lei? SÍ wie?


Willie van der Merwe
Stellenbosch, 6 Maart 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.