SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroeër vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aangesê het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.


Wanneer?


Paul Cilliers (filosoof)


“Wanneer?” is ’n vraag wat ons tog so bittergraag wil beantwoord hê. Van “Wanneer is die toast net reg?” tot “Wanneer lui die klokke vir my?”. Groot en klein dinge. As ons maar net kon weet!

Wat die vraag “wanneer” eintlik vra, is hoe dinge hulleself in die tyd gaan ontplooi. As ons kon weet “wanneer”, sou ons alles reg kon beplan, sou ons in beheer wees. “Wanneer moet ek koop en wanneer moet ek verkoop?” “Wanneer het ek my verantwoordelikheid nagekom?” “Wanneer weet ek of sy die regte een is?” “Wanneer weet ek dat ek weet?”

Wanneer weet ek régtig dat ek weet? Daarop is daar eintlik net een antwoord: Nooit! Om heeltemal te kon weet hoe dinge, veral my dinge, hulle in die tyd gaan ontplooi sou beteken dat mens uit die tyd moes kon klim, êrens posisie sou moes kon inneem wat self nie onderworpe is aan die verloop van tyd nie. ’n Suiwer, ongekontamineerde plek waar die ewigheid en ’n oogwink dieselfde is. Net daar sou mens alles kon weet.

En sê nou maar mens kon uit die tyd klim, sou mens wou? Wil mens regtig nooit weer ’n dag hê wat net om sy eie dinge draai nie? Wil mens nooit weer verras word nie? Sou ons hoegenaamd mens kon wees as ons nie in die verloop van tyd vasgevang was nie? Nooit! Dit is presies omdat ons nie weet nie, dat ons kan droom. Ons word aan die gang gehou deur ’n verlange na ’n môre wat anders kan wees, ’n môre wat ons kan ken eers wanneer ons daar aankom.

As dit dan so is, beteken dit dat ons net meegesleur word deur die stroom van tyd? Dat ons bloot passief ervaar wat die tyd aan ons doen? Nooit! Die tyd lê nie net voor ons nie, maar ook agter ons. Ons kan onthou. Wanneer weet ek of sy die regte een is? By eerste oogopslag, of na twintig jaar? Verkeerde vrae, klink dit my. Aan die een kant sal ek nooit finaal weet of sy die regte een is nie. Aan die ander kant het ek dit geweet nog voor ek haar die eerste keer gesien het.

Dus, wanneer weet ek dat ek weet? Wel, wat ek weet kan ek net weet omdat ek alreeds iets weet. Altyd alreeds ’n bietjie, en nooit heeltemal volledig nie. Op die ou end kan ek iets weet presies omdat ek nie alles weet nie. Mens moet kan vergeet om te onthou.

En wanneer maak ek klaar? Ek het dan nog skaars begin!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.