SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ja, maar wat is die universiteit?

Fanie Olivier
Departement Afrikaans, Universiteit van Venda

Ek is van nature, en lange jare dus al, 'n Steyn-man, soos my Fragmente-vriende reeds weet. 'n Man wat in die koue in Switserland doodgaan terwyl die son skyn in Suid-Afrika, is, domweg gestel, dom-weg.

Hierdie artikel het ook in Fragmente. Tydskrif vir Filosofie en Kultuurkritiek (ISSN 1029-2748) verskyn.

Fragmente word tweemaal per jaar uitgegee. Intekengeld is R50 per jaar.

Fragmente Uitgewers Bk
Posbus 12707
Hatfield 0028
Tel: +27 (012) 429-4748
+ 27 (012) 420-2697
Faks: +27 (012) 46-5999
E-pos:  fragmente@mweb.co.za
schoemj@libarts.up.ac.za
goosedp@alpha.unisa.ac.za
Maar Paul Krüger het darem gesê: "Neem uit die verlede wat goed is en bou daarop die toekoms." En Jan Brand [ook 'n president] het ons verseker dat alles sal regkom as elkeen sy plig doen. Anton Rupert, 'n kroonprins van die handel, het ons in die strewe waarvoor ons vandag hier saam is, aangemoedig: "Hy wat nie in wonderwerke glo nie, is nie 'n realis nie."

NP van Wyk Louw, egter, het ons in sy teksverse as ballinkie-in-Pontus vermaan:

Alleen die baie-fyn dink is helder:
so fyn dat byna niemand dit wil vat nie;
alle ander dink is paring, saamhurk
in die donker en soetgoed fluister

En die laaste gedagte vir die dag kom van Dag Hammersjköld, uit 'n era toe nederige filosowe die Verenigde Nasies [toe nog die VVO] kon lei:

We act in faith – and miracles occur. In consequence, we are tempted to make the miracles the ground of our faith. The cost of such weakness is that we lose the confidence of faith. Faith is, faith creates, faith carries. It is not derived from, nor created, nor carried by anything except its own reality.
Forward! Whatever distance I have covered, it does not give me the right to halt.
Forward! It is the attention given to the last steps before the summit which decides the value of all that went before. [Hammarsjköld 1964: 125]

In die groot bestekopnames van die millennium is een belangrike feit feitlik orals misgekyk: dat hierdie millennium die era van die totstandkoming en die oprigting van die universiteit as inrigting was. Reeds in die eerste twee of drie eeue kry ons die groot beroemde name: Salerno, Parys, Bologna, Oxford, Montpellier, Napels…

Uiteraard is hierdie bestekopname Europees, want die universiteit soos ons dit ken, is 'n Europese idee wat uit 'n Grieks-Romeinse tradisie groei. Van die begin af is dit dus, ook in die letterlike sin van die woord, geboekstaaf. Dit maak dit daarom vir ons moontlik om sinvol te gesels oor wat hierdie universiteit is waaroor ons dit dalk vandag hier wil hê.

In sekere opsigte is dit eintlik makliker om te sê wat 'n universiteit nie is nie. In Afrikaans se “Klein groen boekies”, die Tweede Trek-reeks, is daar 'n lekker nommer oor Die Afrikaanse Universiteit en Sy Taak in die Volkslewe deur TJ Hugo. Op p58 skryf hy soos volg:

Die Universiteit kan baie foute begaan as 'n vry instelling, maar die ramp vir volk en staat is nie te oorsien, as die Universiteit van bo-af deur mag en gesag beheers word, en sy voorskrifte moet kry van diegene wat nie 'n integrerende deel van homself vorm nie […] Want elke universiteit het as roeping en plig die taak om 'n eie gees te skep, en 'n eie persoonlikheid uit te leef.

Waarteen Hugo hier waarsku, is wat met Suid-Afrikaanse universiteite gebeur het die laaste paar jaar: 'n onvoorstelbare vrywillige prysgawe van outonomie, van akademiese outonomie en van die geesteswetenskappe as die sentrale vormingsbron van die mensheid. In plaas van 'n strewe na 'n universitêre opleiding wat berus op die oortuiging van die belangrikheid om 'n selfstandige gees te skep, is ons oorval deur die jargon van die dag, die cliché, die leë retoriek: veelvuldige toetree- en uittreevlakke, uitkomsgerig, kernwaardes en transformasie.

Kom ons keer terug na 'n verkenning van die opkoms van die universiteitsidee om daaruit iets ter stigting te soek.

Universiteite is histories nie opgerig nie – hulle het sommer gebeur! As 'n organiese verskynsel het dit gegroei uit 'n behoefte binne 'n baie spesifieke gemeenskap. Die klassieke bron vir die instelling is terug te vind in die abdy en die biskopdommelike skole waarin die "outcomes based education" van 'n duisend jaar gelede sy gestalte kry.

Wat was hierdie uitkoms? 'n Gebalanseerde mens, 'n liberalis: 'n vrye man wat geweet het wat om met sy vrye tyd te doen.

Ook toe was daar 'n "core curriculum" waarmee almal vertroud moes wees: grammatika [is dit ons English Language Proficiency?], retorika [Communication Skills?] rekenkunde, meetkunde en sterrekunde [kan ons dit sein as ons eietyde "computer literacy"?], musiek [!] en logika.

Eers daarna kon jy verder studeer om jou te bekwaam vir 'n beroep.

Vraag: Wat het geword van Logika?

Kyk ons na die vroegste inrigtings, kom ons agter dat ons universiteit as begrip [en ook as naam] spruit uit 'n gemeenskap of vereniging van meesters en leerlinge, die universitas magistrarum et scholarium

Dit was 'n vrywillige assosiasie waarby mense enige tyd kon aansluit en vertrek, die tipiese "multiple entry and exit levels" waarvan ons vandag natuurlik net kan droom. Verder is dit belangrik om te bly besef dat die universiteit die "gemeenskap" self was, en nie enige gebou of fasade nie.

Dit het aan die universiteit 'n ongelooflike onafhanklikheid gegee: dit kon gewoon haar goed vat en loop, en elders gaan funksioneer. So het die uittog van Bologna in 1222 gelei tot die totstandkoming of ontstaan van 'n universiteit in Padua.

Die enigste verantwoordbaarheid of "accountability" het gelê in die koördinering van die soeke na die waarheid, nie die verkondiging daarvan nie. Dit was en bly die diepste betekenis van die ding wat ons 'n universiteit noem: die kweekplek van die intelligentsia, 'n priester van die wetenskap en 'n dienaar van die waarheid. Alles anders is bykomstig.

Hoe is hierdie waarheidsoeke hanteer? Die een manier was die ontmoetings tussen die geleerdes en die studente deur middel van lesings en voordragte. Een van die interessante dinge wat ek ontdek het, is dat die dosent se lesings dikwels deur ander gelewer is, selfs by ander universiteite. 'n Vroeë voorbeeld van "linkages" en van "telematiese" onderrig.

Maar dit was veral die groot omvattende openbare debatte wat die soeke na die waarheid vooropgestel het. Hierdie debatte, disputationes generalis de quolibet, het nie alleen die geleentheid gebied vir die leraars om hulle retoriese vermoëns en hulle logiese greep op die debatte [én die vakgebied] ten toon te stel nie, maar het bygedra tot 'n wisselwerking tussen hulle en studente en studente onderling. Klink dit vaagweg bekend?

In hierdie soort opset is dit duidelik hoe omvangryk die rol van individuele geleerdes of leermeesters was. Studente het van inrigting tot inrigting gereis om [soms letterlik] aan die voete van die meesters te sit. Abelardus [van Parys] is een van die bekendstes [en dit het niks te make met die feit dat hy 'n verhouding met sy student Heloïse gehad het nie!]; Irnerius uit Bologna is 'n ander.

Ook dit is 'n les wat gerus geleer kan word wanneer ons begin dink oor 'n nuwe en andersoortige universiteit binne ons eie opset.

'n Interessante verskynsel is dat die kerk daardie instellings onder hulle beskerming geneem het, ten spyte van die "akademiese vryheid" en die outonomie wat hulle gekenmerk het. Thomas Aquinas het die logiese verklaring hiervoor soos volg gegee: Alle waarheid kom uit God. God het aan die mens 'n verstand gegee wat die waarheid kan snap.

Hierdie "snap", die vaslê van die logika, het beteken dat daar geen gevaar kan steek in die soeke na waarheid nie, en dat daar ook geen spanning kan bestaan tussen die kultuur [soos verteenwoordig deur die kerk] en die natuur waarmee die universiteit hom besig hou nie.

Daar is natuurlik ook die politieke magstryd tussen die kerk en die destydse stadstate met hulle "wêreldse" heersers. Een van die gevolg van hierdie spanning is dat universiteite aanvanklik al geredeliker formeel opgerig [of aangekondig] is deur middel van pouslike dekreet. 'n Pous-moderne inrigting, kan 'n mens aanvoer!

Terselfdertyd begin die stad [staat] besef watter belangrike rol die universiteit in die gemeenskapslewe speel, en begin verantwoordbaarheid teenoor die stad as 'n eis stel. Vir die reg om in die betrokke stad te funksioneer, eis die staat onderdanigheid en inskiklikheid. Nogal bekend, nè?

Maar in plaas daarvan om te kapituleer voor die "owerhede oor ons gestel", verklaar die universiteit [of seker: die gemeenskap] gewoon "Bog met jou". As die staat die universiteit in 'n blik wil druk, vat die universiteit gewoon sy goed en loop. Die oprigting van Padua is reeds hierbo genoem; 'n ander interessante geval is waar die universiteit in Parys geweier het om die jurisdiksie van die stad oor sy studente te aanvaar, en uiteindelik hierdie standpunt kon handhaaf deur te dreig om die universiteit elders te vat.

Die prestige verbonde aan 'n universiteit in sy gebied was vir die stad rede genoeg om bes te gee, en strafregtelike vervolging van studente aan die universiteit oor te laat. Hoe ver verwyder is dit nie van 'n wêreld waar die polisie en selfs die weermag kampusse beset nie!

Die gevolg van hierdie opset was die absolute outonomie van die universiteit in sy verhouding met die stad/staat, waardeur geen burokratiese inmenging van enige aard was nie. Akademiese vryheid in die volste sin van die woord, en die wonderwerk waarin ons moet bly glo as ons praat oor die moontlikheid van 'n nuwe universiteit.

Op pad terug na Kannaland/Kammaland is die oprigting van een van die belangrikste universiteite in vandag se België, Leuven, in 1425. Hier het die belangrikste en kosbaarste nywerheid ook in duie gestort, in hulle geval die lakenhandel. Die finansiële verknorsing van die stad verhoed egter nie dat die universiteit sy loop neem nie, en is ook nie verantwoordelik vir die besluit om 'n studium generale daar op te rig nie.

Die keuse op Leuven word eerder gemaak op grond van sy geografies-voordelige ligging, en ook sy rustige, vreedsame omgewing!

As ek, ten slotte, die millenniumsprong moet maak aan die hand van waar ons universiteit vandaan kom, is daar 'n paar opmerkings of riglyne of hope of drome waarmee ek u gaan verlaat.

Sentraal bly die eis van 'n outonome inrigting wat reg sal laat geskied aan die doelstellings of ideale van die universiteit as 'n inrigting van 'n volkome eiesoortige aard. Die eis moet geplaas word binne die konteks van 'n Suid-Afrikaanse gemeenskap en staat wat bepaalde patrone aan universiteite wil opdring, en as gevolg hiervan 'n universitêre bestuurstyl laat ontwikkel wat werklik die gevaarligte laat flikker.

[1] Ek sou 'n nuwe universiteit wou sien as 'n satelliet van een van die Belgiese of Nederlandse universiteite, nie net ten opsigte van geld nie, maar ook vir outonomie en internasionale erkenning.

[2] Suid-Afrikaanse universiteite sou kon saamspeel in terme van navorsing, deur bv spesifieke sentra of institute gesamentlik te bedryf.

[3] Hierdie navorsing moet primêr gerig word deur die ligging van die universiteit, sodat die wisselwerking tussen universiteit en sy gemeenskap duidelik gestalte kan kry.

[4] Dit beteken dat so 'n universiteit 'n baie spesifieke etos of karakter moet verkry waarin die universiteit sy programme ook moet rig op die oplos van daardie plaaslike gemeenskap se behoeftes.

[5] Hieruit sou die oprigting van 'n gemeenskapskollege as deel van die universiteit as 'n vanselfsprekendheid volg.

[6] 'n Nuttige uitvloeisel sou die identifikasie wees van 'n skool of 'n paar skole as 'n formele projek van en voedingsbron vir die universiteit.

[7] Alhoewel die universiteit uiteraard 'n Afrikaanse inrigting moet wees, moet die oprigtingsproses van die begin af mense uit die inheemse taalgemeenskappe betrek om te illustreer dat Engels nie alles is nie, en om die haalbaarheid van gevorderde akademiese studie in ander tale te demonstreer.

[8] Die universiteit sal daarom ook internasionale taalvaardighede vooropstel. Naas Engels sal elke student ook taalvaardigheid in Nederlands, Duits of Frans verwerf as basiese deel van hulle universitêre opleiding.

[9] Die verbintenis met 'n buitelandse universiteit sou ook beteken dat die nuwe universiteit sy modulêre sisteem so sou inrig dat hy gebruik kan maak van buitelandse dosente tydens die lang Europese somerreses en sulke dosente se sabbatsverlof.

[10] Die universiteit sal hom kan roem op 'n filosoof-aan-huis, waardeur elemente van wat 'n universiteit behoort te wees, tot hulle reg kan kom.

[11] Ononderhandelbaar is die soewereiniteit van die universiteit se Senaat.

[12] Ten slotte, en primêr, sal die universiteit gekenmerk word deur

12.1 'n onbeskaamde premie wat geplaas word op uitnemendheid;

12.2 die uitmerk van die kernwaardes wat aan sy programme onderliggend is;

12.3 die identifisering en bemarking van die inrigting as 'n sentrum vir die geesteswetenskappe;

12.4 'n filosofie waarin die geheelproduk sentraal geplaas word: 'n gebalanseerde mens wat met gesag sou kon deelneem aan daardie omvattende openbare debat wat die universiteit se rol in die breë gemeenskap altyd behoort te kenmerk.

Min gevra, meen ek. En onthou: hy wat nie in wonderwerke glo nie, is nie 'n realis nie.

[Met steeds-groeiende dankbaarheid opgedra aan Johan Degenaar, wat die vrae hieroor die eerste keer aan my gevra het]

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.