SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Moraliteit en misdaad in SA: watter rol vir die godsdiens?

Willie Esterhuyse

Gelewer te KKNK,
28 Maart 2000
Die Burger se lesingreeks

Misdadigheid en die soeke na ’n nuwe morele orde

Die oorkoepelende tema van ons bespreking is: Moraliteit en misdadigheid in Suid-Afrika — watter rol vir die godsdiens? Dis ’n hele mondvol — veral ook omdat die elemente van hierdie tema ’n sterk invloed het op die aard en funksie van ons samelewing, die toekoms van ons nuutgevonde demokrasie en die verwagtings wat ons as inwoners van die land vir onsself en vir ons land het.

Misdadigheid, moraliteit en godsdiens is sekerlik nie bloot byspelers op die Suid-Afrikaanse toneel nie. Hulle is eerder hoofspelers, mede-determinante saam met ander; determinante wat sal help bepaal of ons ’n suksesvolle oorgang of nie sal ervaar, of ons relatiewe vrede of nie sal hÍ en of konflik nie moontlik endemies in ons land sal wees nie.

Ek gaan my hoofsaaklik op die kwessie van misdadigheid in sy verskillende vorme toespits en daarna baie kortliks die een en ander sÍ oor moraliteit en die rol wat godsdienste — of beter: geloofsgemeenskappe — moontlik kan speel.

Misdaad in Suid-Afrika

Misdaad in sy hedendaagse vorme is nie bloot ’n Suid-Afrikaaanse probleem nie. Dis ’n wÍreldprobleem wat met die volgende faktore verband hou:

  1. Die opkoms van goed georganiseerde misdaadsindikate, met goed opgeleide mense — soos byvoorbeeld die internasionale dwelmhandel.

    Wat ons reeds het, is ’n florerende ondergrondse of alternatiewe ekonomie waarmee die sogenaamde bo-grondse of “normale” ekonomie moet kompeteer. Dit word meer ingewikkeld gemaak deur die feit dat misdaadsindikate oor die vermoŽ beskik om die gesag van die staat uit te daag — en die staat selfs sů te infiltreer dat daar vandag al gepraat word van die “kriminele staat”, oftewel ’n staat wat die voertuig geword het van die belange van misdaadsindikate.

    Misdaadsindikate, en hulle sukses, het ’n belangrike bydrae gelewer om die oortuiging te vestig: “Misdaad betaal”. Daarom vind baie mense geen fout daarmee nie om hulle wettige inkomste uit die sogenaamde “normale ekonomie” aan te vul met onwettige inkomste uit die “ondergrondse ekonomie”. Die ou frase van “misdaad betaal nie” het lankal sy gelding verloor.

    Misdadigers is ook nie meer net uitgeworpenes of mense met een of ander afwyking nie. Baie van hulle het sosiale status en is selfs “gesiene” figure wat in middelklas- of hoŽ-middelklasbuurte woon en na sosiale funksies genooi word.

  2. Die omvang en karakter wat korrupsie en kantoormisdaad (ingesluit witboordjiemisdaad) aangeneem het vanweŽ toegang tot tegnologie.

    Wat korrupsie veral ’n ernstige probleem maak, is dat dit vandag nie net betrekking het op geld en goed nie, soos in die geval van omkopery en swaai-deur-tegnieke. Dit het veral ook betrekking op die misbruik van mag en posisie — deur onder andere die beskerming van onbevoegde persone, die beÔnvloeding van kontraktoekennings en die aanstelling van familie en vriende.

    Word korrupsie ’n kultuur, is ’n land se ontwikkeling gesaboteer. Want, soos die WÍreldbank tereg bevind het: “Corruption is bad for development”. Dis gewoonlik ook die armes wat in korrupte lande aan die kortste end trek. Hulle kan nie omkoopgelde betaal nie en het ook nie die mag om invloed uit te oefen nie.

    Een van die redes waarom korrupsie vandag soveel aandag geniet, is omdat dit verband hou met wat institusionele en waarde-erosie genoem kan word — oftewel ’n proses waardeur instellings ťn waardestelsels hulle gesag, integriteit en rigtinggewende krag verloor. Vorder die erosie ver genoeg, kry ons ’n implosie van instellings en waardestelsels.

    ’n Ander rede vir die aandag aan korrupsie is geleŽ in die feit dat as net die persepsie bestaan dat die staat korrup is, kantoor- en witboordjiemisdaad styg. Mense redeneer klaarblyklik dat as belastingbetalers se geld in verkeerde sakke verdwyn, hulle ook maar hulle vingers in ander se beursies kan steek. Die houding is dan: “Take what you get and aim for more”.

  3. Verval van die sosio-ekonomiese orde en ’n sigbare toename in ongelykhede.

    Dit skep gewoonlik die ruimte vir wat “crime entrepreneurs” genoem word. Diť ondernemersklas word in baie gevalle deur gehele gemeenskappe ondersteun omdat hulle van die vrugte van misdaad lewe. Die gevolg is dat diegene wat misdaad moet bekamp dikwels met swygende gemeenskappe te doen kry waar die sluiers van stilte sů sterk is dat selfs nie belonings dit kan breek nie.

    Neem bendes oor, vind daar ook intimidasie plaas wat dit uiters moeilik maak om getuienis oor misdaad in te win. In baie gevalle word bendeleiers die rolmodelle vir die nuwe geslag, met onderwysers en predikante wat heel agter in die ry staan.

    Wat betref sosio-ekonomiese faktore is dit nodig om die volgende punt baie duidelik te onderstreep: Ons moet versigtig wees vir die vooroordeel dat Šlle arm mense potensiŽle misdadigers is. Armoede lei nie noodsaaklikerwyse tot kriminaliteit nie. Net soos dit nie korrek is om te beweer dat armes nie oor aanvaarbare waardes beskik nie.

    Misdaad en armoede hou wel op twee verskillende maniere in Suid-Afrika met mekaar verband.

    Die een is die feit dat misdaad veral op armes ’n uiters destruktiewe impak het. Hulle is gewoonlik die eintlike slagoffers van sekere vorme van misdaad omdat hulle min of geen hulpbronne het om hulleself te beskerm nie. Hulle moet na die staat vir beskerming kyk.

    Wat hulle posisie soveel erger maak, is dat die staat se intervensie gewoonlik van ’n reaktiewe aard is. Dis nie voorkomend nie. Die armes bly dus die slagoffers van misdaad en baie van hulle lewe in permanente vrees. Die gevolg is dat gemeenskapsontwikkeling ernstig benadeel word.

    Die ander verband tussen misdaad en armoede hang wel saam met die dinsintegrasie van die sosio-ekonomiese orde ťn waardestelsels. ’n Goeie voorbeeld hiervan is wat in landelike gebiede gebeur — soos onder andere die voorkoms van veediefstal wat reeds deur die polisie as ’n prioriteitsmisdaad bestempel word. Armoedeverwante misdaad word in sommige landelike gebiede reeds as endemies beskou — en is ’n aanduiding van die erosie van waardestelsels, sosiale orde en respek vir tradisionele konvensies.

  4. Ideologiese konflik waarin alle aanvaarbare etiese oorwegings en beginsels ter syde gestel word ter wille van ’n ideologies gerasionaliseerde saak of doelwit (byvoorbeeld soos in kontrakmoorde; wapensmokkelary ter wille van politieke/revolusionÍre oogmerke; ander vorme van smokkelary om “die saak” te bevorder — soos smokkel van ivoor of ongeslypte diamante om rebellies te finansier).

  5. Die onvermoŽ van die staat en sy ordehandhawende en regsorgane om aan die burgery van ’n land die nodige beskerming en regverdige regspleging te gee.

    Dit gebeur veral in lande waar daar ingrypende oorgange en transformasies plaasvind. Wat in hierdie gevalle gebeur, is dat tradisionele strukture, regulerende ordes, waardestelsels en praktyke omgewoel word sonder dat betyds nuwe en meer gestroomlynde strukture in plek geplaas word.

    Dit skep ’n ideale omgewing vir veral sindikate om hulle te verskans — veral as hulle beskik oor goed opgeleide “personeel” uit die ou orde ťn die bevrydingsbewegings. Davidson en Rees-Mogg in hulle boek: The Sovereign Individual, skryf in die verband: “The end of an era is usually a period of intense corruption. As the bonds of the old system dissolve, the social etos dissolves with it, creating an environment in which people in high places may combine public purposes with private criminal activity.”

    Bly die omvormende staat te lank in gebreke om orde te handhaaf en reg te laat geskied, tree daar demoralisering, frustrasie en sinisme by die burgery in. Nie lank nie, of hulle besluit om wet en orde in eie hande te neem. Sekuriteit word ook geprivatiseer en min vertroue bestaan in die vermoŽ van die staat om reg en orde te handhaaf.

Die vyf faktore wat hierbo genoem is, is almal in Suid-Afrika werksaam. Ons kan ook aanvaar dat die vorme van misdaad wat daar in Suid-Afrika voorkom nůg toevallig nůg van korte duur is. Hulle verteenwoordig reeds wat deur sommige “sosiale patologieŽ” en deur ander ’n “misdaadkultuur” genoem word.

Hoe ’n mens dit ook al tipeer, dit is nie vergesog nie om te sÍ dat Suid-Afrika se misdaadvlakke en misdaadvorme ’n aanduiding is van ’n ernstige erosie van die sosiale orde en aanvaarbare waardestelsels. Diť erosie het reeds ’n negatiewe effek op mens- en gemeenskapsontwikkeling in Suid-Afrika en plaas bowendien ’n ernstige stremming op die skaars hulpbronne van die land.

Terwyl ons versigtig moet wees met die uitspraak dat Suid-Afrika die mees misdadige land ter wÍreld is, kan ons wel sÍ: Die voorkoms van gewelddadige misdaad, oftewel Suid-Afrika se “indeks vir geweld” is van die ergste wat daar kan wees. Die brutaliteit waarmee die geweld plaasvind, is veral opvallend. Roof gaan byvoorbeeld merendeels gepaard met ontvoering en moord — en verkragting as die slagoffer ’n vrou is. Daar is dus by ons aanwesig wat ’n voorspelbare “reeks van geweldshandelinge” genoem kan word. Die een volg op die ander met so ’n onverbiddelike logika dat ’n mens angs daarvan het.

Is daar ’n teenmiddel?

Ons oorkoepelende tema suggereer dat ’n teenmiddel ook in die rigting van ’n sterker morele orde, geÔnspireer deur godsdiens, gesoek moet word. Heelwat skrywers oor die onderwerp is hierdie mening toegedaan.

Davidson en Rees-Mogg in hulle “The Sovereign Individual”, waarin hulle poog om iets oor die toekoms te sÍ, is selfs van mening: “The most successful periods in the history of societies tend to be those in which the collective morality is shared. Such a morality not only performs specific functions such as reducing crime, and helping to support family and social structures, but gives citizens a sense of purpose and direction. Such a consensus on morality historically seems to depend on there being a dominant religion.” (p.359).

Die sleutelwoorde hier is “shared collective morality” en “consensus on morality” — wat natuurlik nie so maklik in die praktyk verwesenlikbaar is nie as jy jou in ’n multi-kulturele en multi-godsdienstige samelewing bevind.

Davidson en Rees-Mogg neem die nogal ekstreme standpunt in: “All strong societies have a strong moral basis. Any study of the history of economic development shows the close relationship between moral and economic factors. Countries and groups that achieve successful development do so partly because they have an ethic that encourages the economic virtues of self-reliance, hard work, family and social responsibility, high savings, and honesty. This is also true of social subgroups. The business of Jews, particularly of religious Jews, of the Puritans in New England, of the Quakers in British business in the eigthteenth and nineteenth centuries, or of the Mormons in modern America, all show the economic benefits that result from cultures with a strong moral framework.” (p.351).

Die idee van ’n morele konsensus, selfs in relatiewe mate, is nie iets nuut nie. Dit was ook onderliggend aan die idees van John Locke wat ons daarop gewys het dat hoe verdraagsaam ’n samelewing ook al mag wees, daar ten minste ’n konsensus oor ’n paar kernwaardes moet wees, waaronder respek vir lewe, respek vir iemand anders se eiendom en selfrespek — as ek dit in my eie woorde kan stel. Terwyl ’n mens in jou persoonlike lewe allerlei besluite kan neem — en op verdraagsaamheid aanspraak kan maak, is daar egter sekere kernwaardes wat vanweŽ hulle aard en funksie verdraagsaamheid uitsluit.

Hierdie wat ’n mens ’n “essensiŽle morele konsensus” kan noem, is volgens Locke selfs afdwingbaar omdat dit in belang van alle mense is — al het Locke nie sover gegaan om aan hierdie kernwaardes ’n absolute gewig toe te ken nie. Wat ons egter nie kan ontken nie, is dat ’n werkbare demokrasie op so ’n “essensiŽle morele konsensus” berus. Is dit nie die geval nie, word demokrasie die bemiddelaar van anargisme.

Hoe so ’n “essensiŽle morele konsensus” ontwikkel kan word, is natuurlik die groot vraag. In demokrasieŽ verteenwoordig die grondwet ’n deurslaggewende komponent van so ’n “essensiŽle morele konsensus”. In die geval van Suid-Afrika het die grondwetlike onderhandelinge ’n belangrike rol gespeel om tot ’n bepaalde “essensiŽle morele konsensus” te kom. Omdat ek ’n hoŽ premie op onderhandeling plaas, is ek een van diegene wat meen dat daar in ons grondwet belangrike komponente van ’n “essensiŽle morele konsensus” opgesluit lÍ.

In die verband is twee opmerkings egter wel gepas:

  • Geen konsensus is ooit staties of finaal fikseerbaar nie. Ook nie ’n “essensiŽle morele konsensus” nie. Dis oop vir debat, vertolking, herdefinisie en verandering. Konsensus hou vir my in dat die gesprek oor waardes moet voortgaan. Ook oor die grondwet.
  • ’n “EssensiŽle morele konsensus” is waardeloos as dit nie werksaam is nie; as dit bloot op papier staan; as dit nie op ’n etiek met pragmatiese ťn programmatiese bedoelinge berus nie.

Onderhandeling is natuurlik nie die enigste manier waarop ’n “essensiŽle morele konsensus” bereik kan word nie. Drukgroepe kan ook ’n rol speel. Onderwys en opvoeding ook. So ook die prediking wat in kerke afspeel. Wat ook al die proses en wie ook al die spelers, demokrasie is nie bloot ’n metodiek of ’n institusie nie. Dis ook ’n ewewig van kernwaardes, oftewel ’n vleesgeworde “essensiŽle morele konsensus”.


Dit moet egter sterk beklemtoon word dat selfs “essensiŽle morele konsensus” in ’n samelewing nie genoeg is nie. Die soeke na ’n teenmiddel vir ’n misdaadgeteisterde samelewing in die rigting van moraliteit, sal trouens vrugteloos bly as daar nie instellings en strukture is wat as versterkers ťn bemiddelaars van ’n “essensiŽle morele konsensus” kan funksioneer nie.

Een so ’n struktuur is natuurlik die staat self. ’n Staat wat nůg oor die vermoŽ nůg oor die wil beskik om aanvaarbare vorme van reg en geregtigheid te laat geskied — veral ook omdat sy strafregstelsel in ’n chaotiese toestand is, werk as instelling ondermynend op die ontstaan en funksie van ’n “essensiŽle morele konsensus” in.

Terwyl die staat nůg ’n samelewing se buro vir morele standaarde is nůg die dikteerder van wat kernwaardes behoort te wees, moet dit wel die beliggaming wees van ten minste daardie kernwaardes waaroor grondwetlik ooreengekom is.

Is dit nie die geval nie, word die staat self ’n voertuig van morele verval. Wat meer is, die gesag van die grondwet word ondermyn, omdat mense redeneer: Wat help dit ons het ’n grondwet, maar ons kan nie op die uitvoering daarvan reken nie?

Institusionele ondersteuning van ’n “essensiŽle morele konsensus” vind natuurlik ook buite die staat om plaas, deur instellings soos nie-regeringsorganisasies, waaronder kerke, geloofsorganisasies en die besigheidsektor.

Die punt wat ek met die voorafgaande wil maak, is dat die misdaadkonteks in Suid-Afrika ’n teenmiddel veronderstel wat op ’n holistiese wyse aan ’n wye front gehanteer moet word. Ek wil trouens verder gaan deur te beweer dat wat ook al in die grondwet staan, daar nog nie in Suid-Afrika van ’n dinamiese en “werkende essensiŽle morele konsensus” gepraat kan word nie. Die staat self stel in die verband ’n slegte voorbeeld.

Dit bring my by ’n laaste vraag waarby ek baie kortliks wil stilstaan: Watter rol is daar vir die kerke en geloofsorganisasies in die ontwikkeling en vestiging van ’n “essensiŽle morele konsensus”?

Kerke en geloofsgemeenskappe

Die aanname dat kerke en geloofsgemeenskappe in ’n sekulÍre staat soos Suid-Afrika ’n rigtinggewende morele rol in nasionale kwessies soos misdaad kan speel — of selfs behůůrt te speel — is seer sekerlik nie sonder meer verdedigbaar nie. En kom ons by die rol wat die drie tradisionele Afrikaanse kerke en ander Afrikaans-georiŽnteerde geloofsgemeenskappe kan speel, is bogenoemde aanname glad nie vanselfsprekend nie.

Ten spyte van goeie vordering wat gemaak is, spartel hierdie kerke en geloofsgemeenskappe nog om hulle geloofwaardigheid in die breŽ Suid-Afrikaanse samelewing te vestig.

Ondanks al die probleme, vrae en struikelblokke kan dit aan die ander kant ook nie ontken word nie dat kerke en geloofsgemeenskappe, soos in die geval van baie ander samelewingsinstellings en -verbande, ’n demokratiese reg het om deel te neem aan die debat oor morele konsensus ten einde daaraan te help vorm gee.

Hoe daar gedink en opgetree moet word in die lig van die waardes en regte wat in die grondwet opgesluit lÍ, is byvoorbeeld nie bloot ’n kwessie vir sekulÍre instellings nie. Dit behoort ook op kerke en geloofsgemeenskappe se agendas te wees — selfs al reken hulle dat ons grondwet humanisties is.

By al die bydraes wat kerke en geloofsgemeenskappe tot die ontwikkeling, bemiddeling en versterking van ’n “essensiŽle morele konsensus” kan maak, is daar ťťn kwessie wat myns insiens deurslaggewend sal wees in die rol wat kerke en geloofsgemeenskappe kan speel.

En dit hou verband met die vraag: Kan kerke en geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika sů ekumenies by mekaar betrokke raak dat samewerking ten opsigte van kernwaardes ’n sigbare gestalte sal aanneem? Is die ekumeniese ingesteldheid so sterk in Suid-Afrika dat kerke en geloofsgemeenskappe ten opsigte van die bekamping van misdaad strategiese alliansies met mekaar kan aangaan, gesamentlike projekte kan ontwerp en selfs hulpbronne saam kan gooi? Hoe lyk dit byvoorbeeld met die ekumene binne die sogenaamde NGH-familie — om diť verslete metafoor te gebruik?

Ekumene sit die kerk aan die werk. Maak van kerke kerke-in-aksie en van geloofsgemeenskappe geloofsgemeenskappe-in-beweging.

Die punt wat ek wil maak, is dat ons net sinvol oor ’n rol vir kerke en geloofsgemeenskappe in die bemiddeling van “essensiŽle morele konsensus” kan praat as daar betekenisvolle uitreik-aksies tussen kerke en geloofsgemeenskappe is.

Slotsom

Die voorkoming en bestryding van misdaad in al sy vorme in Suid-Afrika veronderstel ’n holistiese benadering. Een komponent van so ’n benadering is die ontwikkeling en bemiddeling van ’n werkende “essensiŽle morele konsensus”.

Al gaan dit volgens my ’n hele tydjie duur voordat ons by so ’n konsensus sal uitkom, lÍ daar genoeg mosterdsade van so ’n konsensus in ons samelewing rond wat uiteindelik ’n verskil sal maak. Kerke en geloofsgemeenskappe het ’n belangrike rol in die ontdekking, ontkieming en versorging van hierdie mosterdsade.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.