SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het

Elsa Joubert

Klik op boek en koop dit nou!
Poppie Nongena

Die Swerfjare van Poppie Nongena
Uitgewers: Tafelberg Uitgewers
ISBN: 0624023338
Publikasie datum: 1996
Bladsye: 292
Formaat: Sagteband
R110.00

Elsa Joubert

Nou onlangs met 'n besoek aan NamibiŽ staan ek weer langs die gruispad net buitekant Tsumeb waar ek in 1974, dertig jaar gelede, staan en kyk het na die lang konvooie vlugtelinge wat uit Suid-Angola oor die grens die destydse Suidwes-Afrika binnekom.

Die tydskrif Sarie het vir my en 'n fotograaf gestuur om verslag te doen oor hierdie totaal nuwe verskynsel in Afrika: wit vlugtelinge. My gekies waarskynlik omrede my reisboek oor Angola, die Nuwe Afrikaan, wat so pas verskyn het.

Ek het gestaar na die bakkies, die lorries, die motors oorlopens toe vol met warm, wanhopige, bedremmelde mense, grootmense, oumense, mistos, San huiswerkers, kinders, troeteldiere, honde, katte, voŽls, voertuie hoog gepak met matrasse, komberse, meubels, potte, panne: alles wat ingeboender kon word in die halsoorkop-vlug uit die dorpe van die suidelike Huambo- en Mossamedes-provinsies.

Ek kon nie glo wat ek sien, nůg die stories glo wat die vlugtelinge my die daaropvolgende dae vertel het nie. Die beeld van die oŽnskynlike rustige land wat ek 'n paar maande tevore geskilder het, het soos 'n kaartehuis ingetuimel. Die Portugese het boedel oorgegee. Die bevrydingsbeweging, ons het destyds van terroriste gepraat, het ten spyte van die Portugese verbete slagspreuk 'Aqui e Portugal', ten spyte van hulle verskerpte sosiale hervorming, soos 'n golf oor die land gespoel. Alles en almal moes padgee.

Was ek op my reis deur Angola dan blind gewees? Maar by groepie nŠ groepie vlugtelinge vertel die mense my: ons het nie geweet nie. Ek het ook maar net geweet wat die regering gewys het.

Ek het besef: Ook in ons land weet ons mense nie. Selfs diť van ons wat op eie manier apartheid teŽgaan en verafsku, weet nie diep nie. Op die diepste vlak is die swart en bruin mense se lyding, om ons, elke dag, vir ons nie bekend nie.

Ek het gevoel ek wil hierdie onkunde afbreek, ek wil nie alleen vir myself afbreek hierdie onkunde wat lei tot nie-begrip en vervreemding nie, maar ek wil daaroor skrywe, sodat ander ook kan weet.

Ek het met Danie van Niekerk, my uitgewer, gaan praat oor so 'n boek. Hy wou dit ook hÍ.

Ek had baie lande in Afrika reeds met my reisboeke verken: Kenia, Uganda, Soedan, Madagaskar, Mosambiek, Angola. Maar daar by Tsumeb het dit hard en duidelik tot my gespreek: nou moet my oŽ oopgaan, ek moet my eie land se mense in volkome eerlikheid leer ken. Apartheid het ons van mekaar weggehou, ek moes ten spyte van apartheid die grense afbreek.

Ek het begin reis in my land: na Nyanga en Langa - Khayelitsha was nog in aanbou, 'n plakkerskamp wat gereeld platgestoot is. Na Philippi, na Crossroads, 'n droewe plek, na Guguletu, na Nyanga East: Ek het, met die ewig-geldige paspoort as 'joernalis' skole besoek, na klinieke gegaan, by die Langapaskantoor gesien hoe 'n vrou sonder 'n pas haar rug op die kantoor draai en die treindokumente terug na die Transkei wat sy in die hand gestop is, aan flenters skeur. En nou? vra ek 'n swart vrou langs my. Sy sal verdwyn in die plakkerskamp, haar man is hier en haar kind ook, hoe kan sy weggaan? sÍ die vrou. Ek het by die howe na sake gaan luister, ek het 'n toordokter 'n klipgooi van die N2 gaan sien, ek het met 'n maatskaplike werkster rondgeloop. Toe kom 'n gelukkige meevaller, ek word genooi na die Transkei. Ek kon die dorpies, die stad, die polisiekantore besoek, met 'n doktersvriend die berghange invaar waar rye, rye swartvroue in die motreŽn, met 'n kind op die rug op die dokter se wonderbaarlike spuitnaald staan en wag. Ook weer na 'n tradisionele geneser, wat ek weer, in my onkunde 'n toordokter noem. Ek is Johannesburg toe en na Soweto. Ek het dinge gehoor en gesien waarvan ek nooit sou kon droom nie. Credo Mutwa het my op sy eie toer deur Soweto geneem, ek het gehoor van die striemende beperkings op winkeliers, die 'een-deur'-stipulasie, gesels met ou vrouens wat in oorvol eenkamerhuise babas en kruipende kinders oppas terwyl hulle mae werk, ek was skole toe en weer eens is die kore uitgemarsjeer om in die vierkant voor my te sing. Dit was in Februarie 1975. Lank voor die kinderopstande in 1976.

Ek het deur die dorre tuislande van Gazankulu en 'Ndebele gery en ek is nie langer mislei deur die fasade nie.

Ek sou begin met 'n nuwe soort reisboek.

En toe leer ek Poppie ken.

Vriendelike mense het later verklaar: "Watter gelukskoot dat Poppie haar storie vir jou vertel het." Dit was 'n geseŽnde toevalligheid, as ek dit so kan noem, dat sy op die oggend nŠ Kersfees 1976 na my toe gekom het om van die nag van verskrikking in die lokasie te vertel, om net haar hart leeg te maak voor iemand wat wou luister.

Maar nie net 'n gelukskoot nie. Ek was gereed vir haar storie en omdat ek die agtergrond had, kon ek begryp. Sy hoef niks te verduidelik het nie, die pennie het onmiddellik in die gleuf geval.

Ek en my gesin het op vertrek gestaan see toe, sy ook was op vertrek na Herschel. Einde Januarie sou ons begin werk. Sy was destyds in my diens, drie oggende 'n week sou ons die telefoon van die mik haal, na die spaarkamer gaan en met 'n mikrofoon voor ons, 'n uur of meer gesels. Natuurlik 'n wonderlike toegif en binding dat ons albei in ons moedertaal kon kommunikeer. Die gesprekke was van hart tot hart omdat daar geen taalversperring was nie.

Vir eers het ek haar gevra om net te vertel soos sy dit op die hart het, brokke en stukke van haar lewe, soos 'n mens maar aan iemand iets probeer oorvertel. Ek het die stukke uitgetik, dit op die twee beddens in die kamer uitgelÍ, die stukkies wat bymekaar hoort, bymekaar gesit, min of meer die tydsverloop deur herkenbare anekdotes, uitsorteer, die volgende dae die vrae in bepaalde rigtings gestuur, nog besonderhede, nog motivering, nog menslikheid probeer bekom. Dat sy van 'n grootouma Kappie, grootpa Fanie, kleinma Hessie, antie Lena gepraat het, het daarop gedui dat sy en haar mense 'n Afrikaanse verlede het. Sommige van haar uitdrukkings was na aan Hollands. As kind in die kroek van Upington het haar ouma vir haar en haar boetie Mosie berispe: Hou op met Afrikaans praat, praat Xhosa, die mense sal dink julle is Boesmans. Maar Afrikaans praat was vir ons die lekkerste, ja, sÍ Poppie.

Ek het haar ma, haar susters, haar broers, Plank en Hoedjie en Mosie, almal uiteindelik deur die wette Kaap toe gedwing, leer ken. Ons het jolige aande om my eetkamertafel deurgebring; hulle het so gesels ek kon later met moeite die deurmekaarpratery, die gelag, die stories van die band af tik.

Geleidelik het daar 'n patroon ontstaan, kon ek die fragmente op die twee beddens beter sorteer, 'n geheelbeeld kry. Ek was gegru deur wat die Stellenbosse professore later sou noem 'die strukturele geweld' waaronder sy moes lewe: 'n ysterharde, onvermurfbare struktuur wat haar daaglikse kom en gaan, haar kinders, haar huislike lewe, haar man se werk, beheer het. Waarvan ek, as huisvrou, wat daagliks met huishulp, met tuinhulp in aanraking is, geen snars van geweet het nie. Ek is gedryf om die boek so vinnig ek kon klaar te skryf.

Een belofte wat ek haar gemaak het, is dat ek haar identiteit geheim sou hou. Ter wille van haar kinders, het sy gesÍ, en ook, dink ek, omdat sy skrikkerig was dat die owerhede teen haar sou optree. Dit was 1977. Haar pas was reg, sy wou dit nie weer in gevaar stel nie.

Die eerste probeem op op te los was die aanbieding. Hoofsaak was dat ek dit oordra op 'n manier wat die mense sou laat lees. Eerste persoon, derde persoon, alomteenwoordige vertelling? Hoe om 'n sinvolle gegewe te maak uit hierdie magdom gegewens? 'n Politieke traktaat wou ek nie skrywe nie. Ek wou hÍ dat die boek almal wat dit lees tot die hart aanspreek, ek wou hulle meesleur, nie met politieke slagspreuke nie, maar met 'n menslike verhaal, 'n verhaal wat hulle sou bewus laat word van die 'mense' om hulle, nie die 'werkers' nie.

Dit was ook die mees vervullende reaksie wat op die boek gevolg het: 'n boer wat my op 'n ogend uit die Oos-Vrystaat bel: "Ek ry elke Maandagoggend my kinders dorpskool toe, verby die lokasie, dinkende: 'n vuil, rokerige lot pandokke wat ek vinnige verbysteek want allerlei onheil word daar uitgebroei'. Gisternag het ek jou boek deurgelees, vanoggend toe ek die kinders dorp toe ry, is die lokasie nog daar, maar dis opeens 'n plek waar mense en gesinne met hul lief en leed soos ons s'n, woon. Ek het 'n nuwe begrip. Dit is ontstellend hoe lank ek begriploos was."

'n Professor uit Pretoria het laat weet: "Die bevolking van ons land het vir my oornag verdubbel."

Klaas het met die skryf van die boek gesÍ: Die hoofsaak is dat jy as skrywer buite staan, geheel en al, dis nie 'n boek van jou wedervaringe of ervaringe nie, dis Poppie se boek. Bly uit die boek. Ek het sy raad gevolg. Ek het haar self laat praat, sekere insidente belig, soos met 'n nabyskoot, dan weer afgewissel met die onbetrokke verteller. Ek het nie opinies gegee, of afleidings of emosie onderstreep nie, ek wou net die storie vertel van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was.

Ek dink waarom die boek 'n groot impak gehad het, was dat amper elke leser geweet het wat daar staan, is die waarheid. Selfs 'n Poppie of 'n Stone of boetie Hoedjie of Plank nie net geken het nie, maar op sy erf had.

Die gedagte om die boek te dramatiseer het ontstaan by Sandra Kotze, destyds verbonde aan die Vrystaatse tak van die Nasionale Teater. Sy het stukke gekies, gerangskik, 'n storielyn uitgestippel en dit met puik, maar wit, spelers opgevoer vir eers, onthou ek, op die Vrystaatse platteland, as deel van 'n biblioteekdiens. Dit was 'n ontroerende aanbieding. Sy vertel van 'n boer wat elke aand na die volgende dorpie gery het om dit weer 'n keer te sien.

Die drama is in die Kaap se Kleinteater opgevoer. Poppie self wou nie gaan kyk nie, sy het gesÍ sy't een keer te swaar gehad, hoekom moet sy dit weer 'n keer gaan kyk. Twaalf van haar familielede het gegaan, en dit so geniet dat hulle haar omgepraat het, en sy was die tweede aand daar. In die Kleinteater was gemengde gehore moontlik omdat dit onder die UK se beheer was.

In die middeltagtigs het Pieter Fourie dit opgevoer in die destydse Nico Malan, en waagmoedig die rol van Poppie laat vertolk deur 'n swart aktrise van Lesotho. Moeilik om te glo, maar die 'gevaar' van een swart speelster in die origens wit rolbesetting, het 'n voelbare spanning oor die aand gespan. Veral toe Stone (Marko van der Kolff) sy arms moet slaan om Poppie, het die gehoor asem opgehou dat die veiligheidspolisie nie op die Nico toesak nie.

Die eerste volle swart rolbesetting was in die Markteater in Johannesburg met Nomsa Nene in die titelrol. Teen diť tyd het ek reeds boek sowel as drama in Engels oorgesit - en die rol het jare lank hare gebly, beide in Engels en Afrikaans, in opvoerings oor die hele land, ook in New York, Edinburgh, Londen, Kanada en AustraliŽ.

Die vrou op wie se lewe Die Swerfjare van Poppie Nongena gebaseer is, is in 1992 dood aan verspreide kanker. Ons het tot aan die einde kontak behou. Sy was 'n liewe, gewaardeerde vriendin en ek het 'n baie hoŽ agting vir haar gehad. Haar geloof was sterk tot aan die einde. In die hospitaal het ek haar gewoonlik gevind met die Bybel in haar hand. "Die Bybel is my steunpilaar," sou sy sÍ, "daaraan hou ek vas."

Haar broer en haar seun het my vroeg die oggend van Grootte Schuur-hospitaal gebel toe sy dood is.

Ek is gevra om 'n paar woorde by haar begrafnis te sÍ. Dit was 'n onrustige tyd, ons moes by die Polisie verlof kry om Khayelitsha binne te gaan. By die eerste petrolstasie het Mosie vir ons ingewag om ons die pad te wys. Toe my man en ek en my seun by die bestemming aankom, het drie of vier groot busse reeds voor die kerk gestaan: hulle het massakore van die aangrensende kerke na haar diens vervoer. Van ver af in die straat het 'n groot groep vroue, wenend en weeklagend, wiegend voor die smart van die dood, al nader gekom. Die pragtige diep stemme met af en toe die skielike tril-ululasie het ons diep ontroer. Die kerk was stampvol; mans-, vroue- en gemengde kore het opgetree, die sang was oorweldigend mooi. En daar in die kerk, op Poppie se begrafnis, moes ek 'n nuwe faset van Poppie agterkom: sy is geloof as stigter en gesiene lid van haar eie kerk se koor.

Terloops, Weekend het van Europa waarheen hy gevlug het, teruggekom. Hy het saam met drie ander uitgewekenes deur o.m. Rusland getoer as sanggroep. Die oggend toe Poppie my bel om te sÍ Weekend is terug, vra ek besorg: Jou stem is so hees, is jy siek? Nee, sÍ sy, ons het heelnag deur gesing, van die airport af huis toe, om die tafel in die huis, op die stoele, op die bedde, net gesing en gesing van dankbaarheid.

Sy was 'n beskeie maar merkwaardige en baie dapper mens. Ek mis haar vriendskap.


LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.