SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Strewe na groter eenheid

Verwelkomingsrede
Nasionale beraad van die Afrikaanse Skrywersvereniging
Vrydag 5 November 1999
Huis der Nederlanden, Pinelands
Deur: Elias P Nel (Voorsitter)

Elias P NelMeneer die sessieleier, Agbare konsul-generaal Harry Molenaar, Dr Mathews Phosa, geëerde gassprekers, dames en here, vriende en vriendinne, dit is my aangename taak om u een en elk namens die Uitvoerende Bestuur van die Afrikaanse Skrywersvereniging hartlik te verwelkom by ons beraad. ’n Spesiale woord van verwelkoming word gerig aan ons gassprekers, Matthews Phosa, Hannes van Zyl, Mvuyo Yoyo, Koos du Toit, Christa van Louw, Jeanette Ferreira, Ingrid Geldenhuys, Poem Mooney, Steward van Wyk en Abraham de Vries. Ons is ook baie bevoorreg om Freda Froelick, die voorsitter van die eerste streekstruktuur van die ASV wat ons twee weke gelede op Cradock in die Oos-Kaap op die been gebring het, hier te verwelkom. Dan is die ASV ook baie dankbaar om Christopher Bvumbi van die Thsivenda Skrywersorganisasie in sy midde te hê. Hy kom al die pad van Nzhelele. Danksy die bemiddeling en borgskap van die Stigting vir Afrikaans hoop ons om binnekort ’n gesamentlike projek met die Venda skrywers aan te bied. Met die teenwoordigheid van ’n verteenwoordiger van die Venda Skrywersorganisasie wil die ASV ook vandag ’n bepaalde verklaring maak. Dit is: alhoewel ons baie sterk oor die Afrikaanse letterkunde voel, besef ons ook dat Afrikaanse skrywers nie kan bekostig om hulself op ’n eilandjie af te sonder nie. Maar dat ons eerder moet kies vir ’n kontakopbouing en interaksie oor taal- en kultuurgrense heen.

Ons vertrou dat u die beraad sal geniet en ons sien uit na lewendige debatte wat op die besprekings sal volg. Ek hoop dat ons saamwees en saampraat hier in Pinelands die weg vorentoe vir die ASV baie duidelik sal aandui. Dat ons na môre nie meer met die vraag: WAARHEEN? sal worstel nie, maar dat ons vir onsself ’n duidelike weg sal ooppraat. Nou mag u dalk reken dat dit darem vreemd is dat die ASV drie jaar na sy stigting nog nie weet waarheen hulle op pad is nie. Maar u sal begrip hê daarvoor dat die vereniging sedert die stigting in 1996 met baie probleme te doen gekry het. Een van die vernaamste struikelblokke wat verhinder dat die ASV homself as ’n krag in Suid-Afrika kan vestig, is die afwesigheid van gevestigde skrywers. Dit ten spyte van al die vroeëre pogings wat aangewend is om die vereniging die tuiste van beide die gevestigde sowel as die beginnerskrywer te maak. Ons wil graag glo dat ons na môre duidelikheid in ons gemoedere hieromtrent sal hê.

U weet daar is diegene wat glo dat die gevestigde skrywers in ’n elitistiese vereniging eenkant alleen moet wees en dat die beginnerskrywers ook eenkant in ’n eie vereniging saamgevoeg moet word. Want, reken diegene wat die standpunt huldig, gevestigde skrywers mag interaksie met die beginners as neerbuigend ervaar. En hierdie nuwe beleid van segregasie, wat goddank nie op kleur gegrond is nie, meld niks oor die raakpunte wat daar wel tussen gevestigde en aspirant-skrywer mag bestaan nie. Nog minder praat dit oor die ongeregtighede van gister en eergister wat die oorgrote deel van die beginnerskrywers na die buiterand gestoot het. Die ASV wil nie die ou-ou beleid van verdeel en heers voortsit nie, ons wil eerder ’n konstruktiewe rol speel en inklusiwiteit in plaas van eksklusiwiteit bevorder.

Die begrip inklusiwiteit het ook sy kwota probleme. Eerstens het ons te doen met die eiendomlike toediening van Afrikaans deur die Afrikaner. Tweedens is daar die gewaande stigma wat aan Afrikaans kleef naamlik dat dit die taal van die onderdrukker sou wees. En ek hoor hoe u sug en sê: tog nie al weer nie. Maar ek glo dat ons op hierdie punt baie eerlik met mekaar moet wees en vra: Is hierdie twee denkrigtings nie dalk die rede waarom die ASV nie werklik verteenwoordigend van alle Afrikaanse skrywers is nie? Verder is daar die hele kwessie van die uitsluiting swart/nie-wit skrywers sover dit die Afrikaanse letterkunde betref. “Die Afrikaanse letterkunde is die letterkundige verwoording van blanke Afrikaanssprekendes” het Hein Willemse tydens die Tweede Swart Afrikaanse Skrywersimposium in 1995 op Paternoster gesê. En hierdie stelling is vandag nog net so waar en geldig soos dit vier jaar gelede was. Ons hoef maar net na die publikasies by uitgewers te kyk om te weet dat daar, met die uitsondering van Kwela Boeke, by die ander uitgewers maar min gebeur om hierdie toedrag van sake ingrypend te verander. Ons vertrou dan dat ons môre ’n eerlike en oop gesprek sal hê en ’n oplossing vir hierdie probleem sal vind.

Ek wil graag hê u moet luister wat skryf Dianne Ferrus, een van ons bestuurslede, oor Afrikaans:

    dit is het hulle gesê
    die taal van die onderdrukker
    dit kom het hulle gesê
    uit die mond van Europa
    dit het het hulle gesê
    ’n enkele styl
    net een vir kommunikeer
    maar uit die buik van Afrika
    kom sy
    deur die monde van slawe europeërs
    en inheemse volke
    dans sy op die maat van oeroue tromme
    en handgemaakte kitare
    sy dra kostuums van vele kleure
    en sing in ’n duisend stemme
Dit is hierdie dans op die maat van oeroue tromme en handgemaakte kitare, hierdie kostuums van vele kleure en hierdie sing in duisend stemme wat ons nog mis in die Afrikaanse letterkunde. Die skrywer uit die histories benadeelde gemeenskappe wil graag hul stories vertel. En die ASV wil betrokke wees by die opteken van die stem wat nog nie voorheen in die Afrikaanse letterkunde gehoor is nie. En die uitdaging vandag aan diegene in magsposisies (uitgewer en letterkundige) is: Watter rol is u bereid om te speel sodat die aspirasies van honderde beginnerskrywers kan realiseer sodat hierdie ongelykhede reggestel kan word?

Daarom is dit belangrik dat die skrywers uit die gemeenskappe wat voorheen op welke manier ook al benadeel is, trots sal wees oor waar hulle vandaan kom en daai stories begin opteken. Ons mag nie meer toelaat dat skrywers van buite oor ons skryf nie, ons moet self die stories vertel. Een van ons beginnerskrywers Bennie Daniels van Belhar som dit so treffend op in sy gedig “afrika wag”:

    afrika het stil gelê toe egbrekers van buite
    haar beklou en liederlik verkrag
    afrika het stil gelê
    toe gedurigdeur uit haar pot geskep was
    vir aansit by vreemde tafels

    ja afrika het stil gelê
    en vir ons gewag
    om te ontwaak en haar as beminde
    die hof te maak
Ek dink die tyd het nou aangebreek dat die skrywers van die Afrikaanse spraakgemeenskap wat voorheen stil toegekyk het hoe die Afrikaanse letterkunde deur een deel van die spraakgemeenskap geannekseer is, moet ontwaak. Dis tyd dat ons ons eie geskiedenis, ons herkoms, ons gemeenskapslewe sal omarm en daaroor sonder enige verskonings sal skryf. Want om te swyg, om apologeties te staan oor jou herkoms, is om toe te laat dat daar “gedurigdeur uit jou pot geskep word vir aansit by vreemde tafels”. En dit terwyl die Afrikaans van Afrika stil lê en wag dat ons sal wakker word en haar as beminde die hof sal maak. As ons nie skryf en stories vertel nie, my liewe medeskrywer, dan baat ons verwyte dat ons nie in die hoofstroom opgeneem word nie absoluut niks. Eers wanneer die Afrikaanse letterkunde al die stemme van die Afrikaanse spraakgemeenskap reflekteer, dan en dan alleen sal ons die Afrika-herlewing ’n werklikheid maak. Daarom is dit belangrik dat “die mense van Afrika die geleentheid moet kry om vir hulleself te definieer wie hulle is en wie hulle wil wees” (Thabo Mbeki).

Ek het egter my bedenkinge of die Afrikaanse gemeenskap by die punt van herdefiniëring gekom het. Die Afrikaanssprekende gemeenskap is ’n gemeenskap wat gekenmerk word deur geskeidenheid, wantroue, vanuit die hoogte op mekaar neersien, onderkruipery en tweedragsaai. Matthews Phosa skryf die volgende oor Apartheidsuid-Afrika in sy gedig “Deur die oog van ’n naald”:

    siestog! Suid-Afrika was dom van haat

        dik van bloed

        sy derms vol wurms
        die skerp reuk
        van ’n nasie wat verrot
Hierdie gedig kon ewegoed oor die Afrikaanse spraakgemeenskap gehandel het. Ons onderlinge verhoudings getuig van stiksienige haat, die ontbinding van lewens wat soveel belofte getoon het. Kortom, oor die verhoudinge tussen Afrikaanssprekendes hang daar, ten spyte van wat ons probeer voorgee, ’n onuithoudbare stank.

Dit is daarom my vurige wens dat ons saamwees hier in Pinelands die begin sal wees van ’n heelmaakproses. Om hierdie siekte van verdeeldheid wat soos ’n groot vrot oor ons spoel en dreig om onherstelbare skade aan Afrikaans aan te rig, te genees. Misluk ons, dan faal ons nie net die Afrikaanse letterkunde waaroor ons so hoog opgee nie, en ons faal nie net ons kinders wat so ’n verering vir ons het en hul hoop op ons vestig nie, maar dan faal ons veral onsself.

Dames en here, baie welkom by hierdie skrywersberaad, wat ons hoop die voorloper van ’n nuwe bloeitydperk vir die Afrikaanse skrywer, die Afrikaanse boek en die Afrikaanse leser sal wees. Maar ook dat dit die begin sal wees van die omarming van skrywers uit ander taal- en kultuurgemeenskappe. Want eers wanneer ons begin om Afrikaans, hierdie mooi en ryk taal van ons, met ander te begin deel, sal Afrikaans borrelend vry bly en voortleef vir die geslagte wat na ons kom.

Nogmaals welkom, ons sien uit na sinvolle debattering en die oorkoming van die struikelblokke op ons pad. Ek verklaar dan nou hierdie skrywersberaad amptelik geopen.

Ek dank u.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.