SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

 

Kappies, kopdoeke en kommuniste — Afrikaanse vroue van toeka tot nou

Elsabť Brink

is dosent in toerisme aan die Technikon Witwatersrand en historikus.

Dames en here

Herman Giliomee het nuwe perspektiewe op Afrikaanse vrouens geopen. Hoe het die Afrikaanse vrouens gelyk, en hoe lyk hulle vandag? So lui die programaantekening vir vandag. Giliomee het lank gelede my eie belangstelling in die rol van Afrikaanse vroue in die Suid-Afrikaanse samelewing geprikkel met ’n uitlating: “Gaan soek die oorsaak vir apartheid by die Afrikaanse vroue en kerke.” ’n Groot opdrag wat nog lank nie uitgevoer is nie en waarop ek nog steeds nie al die antwoorde gevind het nie.

Ons kan almal ’n paar algemene stellings oor Afrikaanse vroue kwytraak:

  • Hulle is stoere volksmoeders, bekrompe, konserwatief.
  • Hulle het bene soos boomstompe en het crimplene gedra.
  • Hulle kon pannekoek bak, hekel en by kerkbasaars vinnig hope geld vir ’n goeie saak insamel.

    En dan die sÍding: “’n volksmoeder”?! Ö Die laaste ding wat ťk genoem wil wees!

    Maar wat weet ons werklik van Afrikaanse vroue, die kopdoek en kappiedraers van ons titel? En waar val die kommuniste dan uit?

    Voor ek aan hierdie onderwerp begin werk het, het ek reeds navorsing gedoen oor Afrikaanse vrouens in die dertigerjare aan die Rand. Die vrouens, die broodwinners van hulle families, het in die klerefabrieke gewerk en was baie aktief by die vakbondwese betrokke. In die Klerewerkersunie, onder leiding van Solly Sachs, pa van grondwetlikehof-regter Albie Sachs, het vroue soos Anna Scheepers en die susters Hester en Johanna Cornelius gestry vir beter werksomstandighede in die Randse fabrieke, asook voordele, soos siekte- en ander verlof, wat vandag as vanselfsprekend aanvaar word.

    In die jare voor die Tweede WÍreldoorlog is sommige van hulle ook Rusland toe, waar hulle werkerskonferensies bygewoon het. By hulle tuiskoms is hulle as kommuniste uitgekryt. Hulle was ’n mag om mee rekening te hou.

    Hulle het in 1938, tesame met ander Afrikaner-nasionaliste, met groot geesdrif Voortrekkerrokke gemaak en aangetrek en kappies opgesit het om deel te neem aan die 1938 Groot Trek-gedenking. Hulle het ook hul eie kappiekommando gestig, ongeag of hulle deel van die hoofstroom uitgemaak het of nie. Hier het ek die eerste kappiedraers teŽgekom, so anders as die Boereoorlog-kappiedraers met wie ek grootgeword het.

    Met hierdie agtergrond het ek vandag se onderwerp begin navors. Wie sluit ek in as Afrikaanse vroue? Almal wat Afrikaans praat. Hoe word Afrikaanse vroue uitgebeeld en wie is verantwoordelik vir die uitbeeldings?

    Ek loop toe ’n paar beelde raak.

    Hoe ver terug in tyd soek ek na kappies en kopdoeke en kommuniste?

    Hoe meer ek soek, hoe meer kappies en kopdoeke loop ek raak, en bemerk ek die besondere simboliek wat in die nederige stukkies lap verweef is. Ek wil graag my my speurtog met julle deel onder hierdie vier afdelings:

    1. Die voorstelling van Afrikaanse vroue, kappies en kopdoeke
    2. Die simboliek van die kopdoek en kappie van toeka tot nou
    3. Propaganda vir die volksmoeder se erekappie
    4. Waarlik Afrikaanse vroue in die kopdoek en kappie.

    1. Die voorstelling van Afrikaanse vroue, kappies en kopdoeke
    Stel hierdie vier beelde, almal gedurende die twintigste eeu geskep, Afrikaanse vroue voor?

  • Die kaalvoet Voortrekkermeisie van Harrismith
  • Onse Maria van Riebeeck op die Kaapse voorstrand
  • Die meisie met die opsitkers van Rustenburg
  • Anton van Wouw se Nooientjie van die Onderveld, gegiet in 1907 (sy is die oudste uitbeelding en haar invloed is oral te bespeur).

    Kopdoeke en kappies het oral opgeduik. Kopdoeke is huidiglik triomfantelik oral teenwoordig in die parlement en by alle formele geleenthede. Geskiedkundige kappies is oral te bespreur:

  • In die Boereoorlog
  • Tydens die 1938 Groot Trek-herdenking
  • By volkspeles
  • In die Voortrekkermonument.

    2. Die simboliek van die kopdoek en kappie van toeka tot nou
    Wat beteken die stukkies lap dan?

    Hulle is klas- en rasgebonde. Kopdoeke word in dienstyd deur vroue in diens gedra. Kappies dra swaarder aan simboliek. ’n Kappie is geduldig, gedienstig, gedwee, diensbaar, bekrompe, verstok en versteend.

    Van Wouw se kappiedraer is weerloos, liefdevol, swak en op ’n voetstuk geplaas. Is sy werklik mens of verhewe maagd?

    1907 is die tydperk van rekonsiliasie en heropbou na die Anglo-Boereoorlog. Dis in hierdie era wat die Nooientjie-beeld die boerevrou verteenwoordig en die heldeverering van Afrikaanse vroue as volksmoeders begin. Tog verskil die visuele boodskap van onse nooientjie skerp van Jan FE Celliers se leuse, “Ek sien haar wen, vrou en moeder.” Nooientjies moet nog grootword en moeders word.

    3. Propaganda vir die volksmoeder se erekappie
    Die loopbaan van volksmoeders se glorie, soos uitgebeeld deur onse nooientjie, begin by Gustav Preller. Na die Anglo-Boereoorlog was sy lewenstaak om die Groot Trek deel te maak van elke opkomende Afrikaner se erfenis. In vyf volumes teken hy Groot Trek-herinneringe van Voortrekkermense op, ’n voorloper van ons moderne “oral history”. Hy maak rolprente en skryf ook uiters suksesvolle historiese romans. Thomas Baines se glorieryke pienk herdenking van die slag van Blaauwkrans pryk ’n eeu lank in Groot Trek-publikasies. Nasionaliste span die volksmoeder-idee reeds vroeg in om die Afrikanersaak te dien, veral Willem Postma en Eric StockenstrŲm, wat in die vroeŽ jare twintig boeke oor volksmoeders publiseer. Hulle smous die volksmoederbeeld suksesvol aan die SAVF, wat vir getroue diens “Volksmoederknopies” aan hul lede uitreik. Ook die klerewerksters voel hulle tuis met hierdie beeld. Hulle is volksmoeders en werkers. En soos Anna Scheepers vir my gesÍ het, as kommunisme beteken dat jy werk vir ’n beter lewe in die fabrieke, dan is sy beslis ’n kommunis.

    4. Waarlik Afrikaanse vroue in die kopdoek en kappie
    Tog, oral in die geskiedenis spoor ek Afrikaanse vroue op wat geen kappie of volksmoederknopie nodig het om hulself na waarde te ag nie.

    Onse Maria is die getroue “kompanjie’s vrouw” — ’n ma van agt kinders. In 1652 kom sy Kaap toe met drie dogtertjies, die jongste vier maande oud. Sonder Woolworths op die Waterfront oorleef sy vir tien jaar, een maand en een dag terwyl haar man sy rehabilitasie en heropbou tot goewerneur van Malakka aan die Kaap uitdien. Sy soek hulp by plaaslike vroue. Krotoa, of Eva soos sy in Van Riebeeck se fort bekendstaan, tree ook uit haar bekende Khoi-omgewing en word ’n bekwame tolk en Maria se kinderoppasser. In die fort word Krotoa Eva, en trek die westerse uniform van diens aan. As sy huis toe gaan, laat sy haar uniform by die poort van die fort en gaan huis toe in huisklere, gemaklik in beide die Khoi- en die Nederlandse wÍreld.

    Die Kaapse weduwees van die vroeŽ 1700’s kon wel nie stem nie, maar laat hulle hul wil geld, aangesien die Romeins-Hollandse reg hulle erfenisreg, en die Nederlandse kerk hulle reg op egskeiding, erken. Op 70 bekom Gerbrecht Menssinck die pag om bier te brou aan die Kaap, haar skoondogter Elizabeth Lingelbach skei suksesvol van haar man. Sy voer in die hofstukke aan dat hy onder haar neus met haar slavinne “al enige tijd vleeslijke conversatie had gehouden”. Elders aan die Kaap het ander vroue in soortgelyke situasies verhoed dat buite-egtelike kinders van sulke “vleeslijke conversaties” as erfgename erken is. Dit was iets wat nie in ander kolonies, soos die Rooms-Katolieke BrasiliŽ, gebeur het nie. Daar het vroue veel minder regte gehad. En laastens was Maria Lindenhovius so betrokke in die komplot teen Willem Adriaan van der Stel dat sy vir nege dae in die Kasteel opgesluit was.

    Slavinne en Khoi-bekeerlinge skoei hulle kleredrag op Westerse lees en kopdoeke om die hoof te bedek word al vroeg gedra. Hulle staan ook hulle plek vierkantig vol. Omstreeks 1740, wagtende op ’n leraar, hou ’n bekeerling, Magdalena, die Genadendal-sendingpos aan die gang.

    Met die trek na die binneland beweeg die kappie- en kopdoekdraers in ’n streng patriargale bestel, waar hulle binne- en buitenshuis hul deel moet bydra.

    Die stories van stoere Afrikaanse vroue in die geledere van die “emigranteboere”, soos die 1838-trekkers bekend gestaan het, is welbekend en glad nie so pienk soos Baines dit voorstel nie. Die verhale van die kopdoekdraers op die trek is haas onbekend. Tog ken ons die storie van Dina, die oudslavin van Marinus Christoffel, wat teen haar sin moes saamtrek. As wewenaar het Christoffel twee dogters by haar verwek. Toe hy later met ’n kappiedraer hertrou, het hy sy verhouding met Dina gestaak, maar wou nie haar dienste ontbeer nie. Sy moes toe teen haar wil saamtrek. Tydens die Zoeloe-aanvalle by Blaauwkrans ontsnap sy en haar twee dogters en stap sy oor die Drakensberge terug Colesberg toe. Hier lÍ sy ’n klag teen haar meester by die magistraat en vertel dat die kannibale in die berge haar verseker het dat hulle net al om die ander jaar mense eet!

    In die 1850’s lÍ die weduwee Kaatjie Nieuveldt, ’n bekwame boer, ’n soortgelyke klag teen ’n magistraat wat haar van haar regmatige erfdeel in die Katrivier-nedersetting in die Oos-Kaap wou ontneem. Nie lank daarna nie verwerf Tryn Isaac, ’n familielid van Adam Kok en Nikolaas Waterboer, ook geringe bekendheid deur ook ’n beŽdigde verklaring af te lÍ in ’n geskil oor die diamantvelde. In ’n Fleur van 1947 staar die 90-jarige Johanna Beukes, ’n agterkleinkind van Adam Kok, ons woordeloos aan. Hoewel sy nog “vlug van gees” was, het niemand eers daaraan gedink om haar lewensverhaal te boekstaaf nie.

    Die 26 000 vroue- en kindersterftes en die herdenking hiervan by die Bloemfonteinse Vrouemonument is welbekend. Rachel Steyn is die enigste vrou wat saam met die volkshelde generaal De Wet, MT Steyn en JD Kestell daar begrawe is. Emily Hobhouse se as is ook hier gestrooi. Wat van die kappielose meisie links geword het, weet ons nie.

    Middelklas Afrikaanse vroue het in groepsverband die na-oorlogse verwoesting en armoede aangespreek met die stigting van welsynsorganisasies soos die SAVF, die ACVV en die OVV. Hulle het onverpoosd gewerk, vrywillig, sonder enige betaling. Een van hulle, Mabel Malherbe, het Die Boerevrou gestig om leesstof vir plattelandse vroue in hul eie taal te voorsien. Hier vind ’n mens dat kappies nie bloot gebruiksartikels was nie, maar tog iets moois was wat ’n vrou se ontredderde sukkelbestaan momenteel kon verlig.

    Die skryfster MER se navorsing oor verarmde vroue is as ’n aparte verslag in volume vyf van die Carnegie-kommissie opgeneem. Sy boekstaaf die trek van jong meisies na die stad, waar hulle in klere- en ander fabrieke werk kry en in gesinsverband hul vaders en broers as broodwinners vervang. Hulle trek politieke volksvaders asook die volksmoeders van die SAVF se aandag. Terwyl die volksvaders debatteer, werk onse volksmoeders onverpoosd om na Afrikaanse meisies in die stad om te sien en bou binne enkele jare hostelle vir die haweloses meisies.

    In 1930, toe die stryd in die fabrieke op sy felste woed, kry wit vroue in Suid-Afrika stemreg. Soos die geval vandag, gebruik hulle nie hul stem om ’n eie stempel op die Suid-Afrikaanse politieke toneel af te druk nie, en bitter weinig Afrikaanse vroue betree die politiek.

    Maar die meisies kom self reg. In die Klerewerkersunie, onder leiding van vroue soos Anna Scheepers en Hester en Johanna Cornelius, bou hulle ’n militante vakbond gegrond op gemeenskaplike ondersteuning van mekaar. In 1948 word die stryd by die stembus gevoer en met die instelling van apartheid begin ’n nuwe stryd, gestry deur ’n klein minderheid Afrikaanssprekende vroue.

    Die materiŽle voorspoed van die sestigerjare, en die na-oorlogse konsensus dat alle goeie Afrikaanse moeders tuis hoort, kaalvoet en in die kombuis, maak die stemme van die kappiedraers stil. Hulle kry meer geleerdheid — soos ’n Engelse kollega dit gestel het: “They were sent to university to get a degree and were then sent to the suburbs to go mad.” Voorstedelike stilte en isolasie verswelg hulle.

    Die seksuele emansipasie van die Pil bevry hulle van die drukgang van onbeplande swangerskappe, maar goeie Afrikaanse volksmoeders werk nie buitenshuis nie. Al word hulle bediendes gevang en in die tronk gestop weens pasoortredings, word geen gesamentlike protes uit volksmoedergeledere gehoor nie. Ook toe die nuwe oorlog uitbreek, die totale aanslag buite Suid-Afrika se grense, en ’n geheime oorlog in Angola geveg word, word niks gesÍ oor wanneer troepies dood, gewond of bossies terugkeer huis toe nie. Ook toe geweld in die townships in 1976 uitbreek, het net ’n klein groepie vroue momenteel probeer interkulturele kontak bewerkstellig. Gesamentlike Afrikaanse stemme in organisasies soos Kontak en Vroue vir Vrede klink kortstondig op, maar loop dood en ’n doodse stilte daal neer.

    Ten slotte
    Gedurende die “struggle” van die jare sewentig en tagtig het min vroue as groep of individueel iets gesÍ oor die politieke stryd in die land. Ironies genoeg het onse Kaalvoet Voortrekkermeisie en onse Meisie met die Opsitkers en die “sex appeal” hulle opwagting gemaak in 1977 en 1978 onderskeidelik. Hoekom het die stemme van die kappiedraers stil en versteen geraak en hoekom was daar geen volksmoederlike protes teen die sondes van die vaders nie?

    In die laat twintigste-eeuse geskiedenis bespeur mens maar min Afrikaanse vroue. Die kappiedraers het stil en stom geword. As groep is hulle nÍrens opsigtelik nie. Tydens die eerste demokratiese verkiesing van die nuwe Suid-Afrika in 1994 het Afrikaanse vroue, die kommuniste, die kappie- en die kopdoekdraers saam gaan toustaan om te stem. Volgende week doen hulle dit hopelik weer.

    Gedurende die afgelope dekade van demokrasie in die nuwe Suid-Afrika was die kopdoekdraers triomfantelik teenwoordig op die parlement se trappe. As enkelinge het Afrikaanse vroue gedurende die laaste helfte van die twintigste eeu baie vermag. Van hulle is nou besturende direkteure, sakevroue, politici, literati, aktrises en skoonheidskoninginne van wÍreldformaat.

    Maar as groep is hul stem stil en is hulle ingeperk deur die ysterkappie van weleer. In plaas van om stoere en sterk volksmoeders te bly wat hulle nie laat stilmaak nie, het hulle opgehou om as groep in die krisistye wat hierdie land beleef het, hulle stem te laat hoor en rigting en struktuur te gee aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap in wording. Na tien jaar van demokrasie is dit die uitdaging: om beleid te help vorm, weduwees en wesies te versorg en ’n erfenis na te laat waarop ons nageslagte trots kan wees.

    Dankie vir u aandag.



    LitNet: 2 Julie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.