SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Lyfbegeerte, en begeerte na begrip ...

Joan Hambidge

Bekendstelling van Eben Venter se Begeerte by Exclusive Books, Tygervallei, 28 Julie 2003.


Eben Venter debuteer in 1986 met ’n bundel kortverhale: Witblitz. Hierna volg die indrukwekkende Foxtrot van die vleiseters (1993) en Ek stamel ek sterwe (1996). Vir beide hierdie boeke is hy bekroon met die WA Hofmeyr-prys. My simpatie, Cerise het in 1999 verskyn en ’n bundel kortverhale, Twaalf, in 2001.

Met Ek stamel ek sterwe het Eben Venter ’n roman gelewer wat in die meeste lesers se gemoed bly vassteek het as roerend en indrukwekkend. Daarna het ’n bundel kortverhale gevolg en die spaarsamige My simpatie, Cerise, wat waarskynlik vir talle lesers te dig was en die gemiddelde Afrikaanse leser om daardie rede uitgesluit het.

Binne ’n kort bestek het Eben Venter homself gevestig as ’n gerekende romanskrywer. Hy woon in AustraliŽ en hierdie blik van buite op die Suid-Afrikaanse landskap is geweldig interessant. (Hoe sou Venter se romans gelyk het, wonder hierdie leser, as hy nooit Suid-Afrika verlaat het nie?)

Hy neem ook deel aan die tradisie van die sogenaamde plaasroman en ook die peregrinasie-roman word deur hom beoefen. In sy boeke is daar altyd sprake van transformasie; dog die antwoorde is nooit eenvoudig of die opposisies eenvoudig nie. ’n Mens kan by herhaling terugkeer en iets nuuts vind is sy aangrypende romans — waarvan Ek stamel ek sterwe waarskynlik ’n mylpaal bly in ons letterkunde. ’n Klassieke werk, as u wil.

Met sy jongste roman trek hy egter al die stops uit, soos die bekende idioom dan lui. Begeerte heet hierdie indrukwekkende, meesleurende roman van 283 bladsye. Daar is minder hebbelikhede van gedronge en te dig skryf en die outeur laat ons die binnewerkinge van sy karakters sien.

Die roman se titel is nie misleidend nie. Dit handel inderdaad oor “begeerte”, oor drif, oor passie. Dit is die verhaal van Bill Scheiffer en sy vrou Madelein se aanvanklik intense liefdesverhouding, huwelik en Bill se latere rondlopery. Aanvanklik net ’n indiskrete verhouding met ’n ander vrou, dan ’n verhouding met ’n bruin vrou in die Transkei, by wie hy ’n kind verwek.

Hy verlaat sy geliefde Madelein en na sy ontydige dood — ’n verwikkelde moord — word Madelein belas met die versorging van die “basterkindjie”, Tommie. Die roman word teen die agtergrond van die Tweede WÍreldoorlog geplaas en uitgebou tot die laat sewentigerjare. Die skrywer het ontsettend moeite gedoen om die sosiale ontwikkelinge van die tyd helder te teken. Hoe mense geŽet het, hulle gewoontes, die belangstelling in rugby (selfs Frik du Preez maak hier ’n draai) en die kleinlikhede van die apartheidsbewind word noukeurig verhaal. Sosiale kodes en verwysings soos Die Du Plooys van Soetmelksvlei, Rich man, Poor man, musiek van John Travolta, situeer ook die verhaal. Dit is ’n verhaal van begeerte, en afgelope begeerte, en hoe mense primordiaal aan mekaar verbind bly.

Wie is die hoofkarakter? Is dit Bill of Madelein? Beide waarskynlik, en die verhaal analiseer die effek van Bill se dade op Madelein se lewe. Bill se rondlopery verander noodgewonge haar en haar kinders se lewens. Ook haar effens gestremde seun word helder en simpatiek geteken en sy lot (en einde) raak die leser. Dit is ’n verhaal van donker drifte en hoe ’n gemeenskap daarop reageer en dit probeer beheer.

Madelein beskerm Tommie teen die aanslae van die gemeenskap en vooroordele van haar eie kinders. Aanvanklik is Bill die held van die verhaal, maar die stille krag van hierdie vertelling word deur hŠŠr gedra. Sy is uiteindelik die een wat elk van Bill se driftige oordeelsfoute moet oplos. Natuurlik nie sonder teŽstand of ontsteltenis nie. Bill rand haar selfs by geleentheid aan. Maar dis wanneer sy Tommie beskerm teen die gemeenskap en haar kinders en skoonseun se argwaan dat die leser haar enorme krag bewonder. Veral omdat sy ook hier haar eie ideologiese posisie hersien.

Sy is die karakter wat werklik voluit ontwikkel. Dit word ten slotte haar verhaal, ofskoon dit haar storie is aan die ontvangkant van Bill se doen en late. Wanneer sy haar man se liefde verbeur, probeer sy haar ongebore kind aborteer. Hy is egter die kind wat haar help om deur vele van haar krisisse te groei en ek dink wanneer sy die dood van haar seun, James, verwerk, word die leser nogmaals getref deur Venter se vertelkrag (p 258). Sy strooi sy haarlok oor die veld en hiermee verlos sy haarself ook van haar skuldgevoelens.

Dit is ’n boek wat nie oor lyflike begeerte handel nie, maar om die begeerte tot begrip. Dit is ook ’n roman oor verlies en die mens se soeke na geluk en die onbereikbaarheid daarvan. Waarskynlik onbedoeld dra die teks ook ’n Lacan-stempel.

Begeerte/desire/dťsir: dat die begeerte juis dit is wat ons voortstu, volgens Lacan, en omdat ons dit nie kan bereik nie, bly ons leef. Dit is ook dan ’n roman, as ons dit vanuit Lacan se perspektief lees, wat vele knope in die gemeenskap se psige vir ons openbaar: mans wat vroue verlaat; die lot van die kind wat buite die norme van die sosiale orde staan; moord en gierigheid; hoogmoed; en ten slotte, dit waarin Venter uitmunt, te wete verlies.

Die roman kos R128 en dit is besonder mooi uitgegee deur Tafelberg-uitgewers. Lees dit gerus.

Hierdie is ’n aangepaste weergawe van ’n resensie wat oorspronklik in Die Volksblad verskyn het en op FMR uitgesaai is.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.