SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


  Dan Roodt
is ’n skrywer met ’n passie vir Afrikaans, Franse filosofie, die klassieke en ekstreme sosiale verskynsels soos die Suid-Afrikaanse samelewing. Hy glo dat die pen magtiger as die swaard is, hoewel hy dit nog nie kon bewys nie. Sy eerste roman in baie jare sal binnekort verskyn onder die titel Moltrein.

Die Afrikaner — en Afrikaans — is voŽlvry verklaar

Dan Roodt

Vanuit ’n intellektuele oogpunt is dit amusant om te sien hoe die deelnemers aan die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks as ‘t ware die Afrikaner afskryf en hul eie menings aanbied in die trant van: “Ons het oorwin”. Elkeen van die deelnemers, nl Heindrich Wyngaard, Zimitri Erasmus, Hein Willemse, Antjie Krog en Jackie Nagtegaal, onderskryf op een of ander manier die gedagte dat, hetsy die Afrikanerdom, hetsy Standaardafrikaans, gesneuwel het en agtergelaat is. Die deelnemers self aspireer na een of ander hibriede, postnasionale identiteit wat tot stand sal kom deur kreolisering en die aftakeling van Standaardafrikaans deur pidginisering, waarvan Jackie Nagtegaal se “prosa” gehuldig word as ’n navolgenswaardige voorbeeld.

Dit sou miskien toepaslik wees om hierdie groep skrywers die “Kreoliste” te noem, want in wese sluit hul denke, ten minste wat Afrikaans betref, aan by die van die oppervlakkige Nederlander Valkhoff wat enkele dekades gelede, tťťn die hoofstroom-taalkundige siening in, wou beweer dat Afrikaans ’n “Kreoolse taal” is. Maar as dit so is, dan is Engels dit ook, en omtrent elke taal ter wÍreld ...

Die taalkundige Ernst Kotzť het oa in ’n referaat gereageer op Valkhoff se stellings dat Afrikaans ’n kreool sou wees, en verwys na Markey wat ’n lys van kreooleienskappe opgestel het:

As ’n demonstrasie van die toepassing van so ’n oorsiglys, het Markey (1982) Afrikaans met Negerhollands, die Nederlands-gebaseerde Kreool wat tot in die 1940s in die Maagde-eilande gepraat is, vergelyk. Terwyl Negerhollands aan al die kriteria voldoen, is aangetoon dat Afrikaans oor slegs twee eienskappe uit 12 beskik wat tipies is van ’n ware Kreool (naamlik gebrek aan geslagsinfleksie by alle naamwoorde, asook gebrek aan naamwoordverbuiging), en is Kreoolsagtig met betrekking tot twee verdere eienskappe. Hy kom tot die gevolgtrekking dat Afrikaans nie inpas in die klas van egte Kreole nie, en veral nie in terme van sy dubbele ontkenningseienskappe nie (Romaine 1988:59), en dat dit eerder as ’n oorgangstaal iewers op ’n kontinuum tussen Kreoolse en nie-Kreoolse tale beskou kan word. Den Besten (1986: 201 et seq.) se argument rondom dubbele ontkenning, naamlik dat ’n taamlik ingewikkelde reŽl deel geword het van die Afrikaanse grammatika deur die invloed van Kreoolsprekers, werp meer as ’n skadu van twyfel op die gebruik van taaleienskappe buite verband as aanduidings van kreolisering.

(Uit “Effects of attitudinal changes towards creolization in Afrikaans”, www.unb.br/il/liv/crioul/textos/ernst.htm.)

Net so min as wat Afrikaans ’n kreool is, net so min het die Afrikaner in 1994 met die swaai van Mandela se towerstaf ophou bestaan. Daar gaan nie ’n dag verby in Suid-Afrika dat daar nie iewers sprake is van “Afrikaners” nie, en regoor die wÍreld het die woord sy betekenis en herkenbaarheid behou.

Die eerste ding wat my nou opval aangaande die gesprek en sy deelnemers is: indien die Kreoliste so seker van hul saak is, waarom is daar geen Afrikaners na die gesprek genooi nie? Is die “oorwinnaars” wat hulself so naby aan die mag en die ANC-hegemonie bevind, dan skrikkerig om met enige gemarginaliseerde Afrikaners te praat omdat hulle moontlik mag uitvind dat die argumente wat so klinkklaar aangebied word, dalk kwesbaar mag wees?

In die eerste plaas lyk dit my asof die Kreoliste afstuur op ’n situasie waar hulle binnekort nie meer daarop sal kan aanspraak maak dat hulle self Afrikaans praat nie. Beide Antjie Krog en Jackie Nagtegaal wil die oorgang maak na ’n pidgin wat per definisie ’n onstabiele, efemere taalvorm is, sonder enige leksikon of taalreŽls. As Antjie Krog praat van “uitgelash”, dan assosieer mens dit met “ghoelasj” en weet jy nie aanvanklik wat sy sÍ nie, totdat jy agterkom dat sy besig is om te pidginiseer met die taal waarna sy aspireer en waarin sy blykbaar probeer skryf — Engels. Iewers praat sy ook van “kreatiwitiet”, nog ’n Freudiaanse glips wat my die lasj soos in ghoelasj laat sien as iets wat moontlik geŽet kan word, oraal dus, maar wat in die Engelse betekenis dui op houe, slae. Die Afrikaner, en veral die post-Afrikaner, beskik oor ’n masochistiese sy, en ek vrees Antjie Krog se houe op haarself en haar verlaging en gekruip voor die Nuwe Meesters verteenwoordig die volmaakte kliniese prentjie van masochisme. As sy in dieselfde asem die volgende sÍ: “Ö as jy Afrikaans aanval, steek jy die Afrikaner in sy hart”, kan ek nie anders as om onmiddellik te wonder nie: maar waarom val Antjie Krog Afrikaans en Afrikaners aan? Is dit nie ook een of ander duistere Freudiaanse versugting nie?

’n Vriend van my het die teorie dat die meeste Afrikaanse vroue in die nuwe Suid-Afrika na beskerming soek. Hierdie is immers die gevaarlikste land op aarde, met die hoogste misdaadsyfer, veral die hoogste verkragtingsyfer. Miskien probeer Antjie Krog, die middeljarige en binnekort bejaarde enfant terrible, die plattelandse Boeremans waarteen sy so dikwels fulmineer, tevergeefs opstook tot aggressie. So ’n opgestookte Afrikanerman sal haar moontlik kan beskerm teen die bedreiging wat sy — moontlik onbewustelik — voel.

Nog ’n opmerking: die Kreoliste is almal baie dom. Daar is sekerlik dom Afrikaners ook, maar oor die afgelope tyd was daar min onintelligentes wat die Afrikanersaak opgeneem het. Hermann Giliomee, Jaap Steyn, Danie Goosen, Koos Malan is almal mense met kultuur in die Franse sin. Hulle het al ’n paar boeke gelees; hulle weet iets van ons geskiedenis; hulle skryf Afrikaans sonder om afhanklik te wees van die soort Engelse clichťs wat die karakters op die Amerikaanse strokieskanaal “Cartoon Network” gewoonlik besig.

Dus het ons nou die eerste probleem van die Kreolistiese Beweging, of hoe hulle hulself ook al noem, geÔdentifiseer, en dit is ’n gebrek aan insig en skerpsinnigheid.

Dit lei onmiddellik tot ’n tweede: Die geskiedenis van pidgins en kreole in die moderne tyd is nie bemoedigend nie. Negerhollands het iewers in die 1940’s heengegaan en Algemeen-Beschaafde Nederlands (die ABN) is nog springlewendig. NÍrens ter wÍreld kon so ’n spreektaal of kunsmatige spreektaal soos wat die SABC en Jackie Nagtegaal wil skep, nog daarin slaag om ’n algemeen-beskaafde vorm uit te knikker nie. As ek Jackie Nagtegaal lees, dan lag ek daarvoor, want nie eens my kinders van agt jaar oud praat of skryf so sleg nie.

Standaardtale is altyd eksklusief en snobisties. As mens Nietzsche gelees het, dan besef jy dat kultuur altyd streef na iets hoŽrs, iets wat edeler is. Daar word gesÍ dat Frans tot onlangs maar deur twee miljoen mense rondom Parys gepraat is. Dit was ’n minderheidstaal in Frankryk, maar dit het die standaardtaalposisie ingeneem en elke skrywer wou graag daarin skryf. Die meeste Afrikaanse skrywers, ongeag hul velkleur, wil graag in literÍre Afrikaans skryf, die taal van Van den Heever, Louw, Leroux, Rabie, Schoeman, die vroeŽ, prekreoolse Antjie Krog, noem maar op.

Die probleem met Afrikaans-kreools en -pidgin is dat dit bedreig word deur nie net een standaardtaal nie, maar twee: Afrikaans ťn Engels. Soos Hein Willemse vir ons verduidelik het, aspireer die “swart Afrikaanssprekendes” — watter aandoenlike etniese kategorie — na Engels, veral die middelklas. Hierteenoor is daar die Akademie met sy spelreŽls, en ’n horde snobistiese, verliteratuurde Afrikaanse skrywers wat suiwer Afrikaans skryf. Soos Antjie Krog dit stel, benader hulle haar “tesourus in die een hand en ’n pakkie nuutskeppinge in die ander”.

So ’n tesourus of woordeboek is nogal ’n magtige wapen. Daar word al aan die WAT gewerk sedert 1925. Afrikaners, let wel, het meer as drie honderd woordeboeke in Afrikaans opgestel. Hierteenoor is die lysie van Afrikaans-kreoolse woordeboeke maar kort, indien daar enige bestaan. Pidgins word per definisie kwalik opgeteken, en word as ’n verbygaande taalkundige frats beskou, soos die skryfwerk van Jackie Nagtegaal.

As Antjie Krog dus praat van die loopgrawe, is sy nog kwalik gereed om in so ’n loopgraaf te sak. Sy wil ons gooi met haar pidgin-sÍgoedjies en ons gooi haar met die WAT en die res — ’n taamlik ongelyke stryd, al is sy dan aan die regte politieke kant, al het sy al die ANC-milisie en Einsatzgruppen wat op plase soveel Boere martel en moor, aan haar kant. Mag groei uit die loop van ’n geweer, soos Mao gesÍ het, maar daar is ook mag in woorde en veral woordeboeke. Teenoor haar mag, die mag van die ANC-staat en sy kultuurterreur, beskik ons oor die mag van woorde, denke, letterkunde, styl, finesse, skoonheid.

Dus: Afrikaans skrik nie vir die gewaande speelgrondsosiolekte van Stellenbosch se hoŽrskole of TV-sepies nie. Deur die eeue het die letterkunde en die standaardtaal hom gehandhaaf deur ’n appŤl op verfyndheid en snobisme. Al is ons politiek magteloos en word ons verguis deur Naspers, weet ons dat ons verfynder en belesener is, dat ons oor meer styl beskik en Afrikaans met ’n baie groter aanvoeling en waardering gebruik as die Kreoliste wat so angsvallig “cool” probeer voorkom, maar net hul eie agterlikheid ten toon stel.

Hein Willemse vertel ons ’n paar anekdotes waaruit ons veronderstel is om iets af te lei. Vir elkeen van sy anekdotes kan ek hom seker vyf ander vertel waaruit die chauvinisme, rassisme, slegte maniere, grootheidswaan en arrogansie van die anti-Afrikanerfaksie in Suid-Afrika sal blyk. En: elkeen van die Kreoliste vertoon op een of ander manier die gerieflike en modieuse anti-Afrikanersentiment wat in hierdie land al tot ’n argument vir volksmoord van die “kill a Boer, kill a farmer”-tipe ontwikkel het. Om Afrikaners te haat, selfs al is of was jy ’n Afrikaner, is geen onderskeiding nie; inteendeel.

Anekdote een: Ek sit in die kantien by Wits circa 1979 en oorkant my sit iemand wat Hein Willemse seker ’n “swart Afrikaanssprekende” sou noem, maar wat intussen blykbaar Engels geword het, want diť vra my uit oor my naam en van, waarop die smalende aanmerking volg, “Is Roodt so Afrikaans soos dit klink?” Wat vir my ongelooflik is, is hoe die bruin middelklas waarna Hein Willemse verwys, onder die indruk verkeer dat hulle deur Engels een of ander magsposisie teenoor Afrikaners inneem, soos ook in ’n mate gedemonstreer deur ons vriend van Cape Talk, Nigel Pierce. Sedertdien het honderde bruin Engelse, waarvan baie nie behoorlik Engels kon praat nie, al geprobeer om my te snobeer omdat ek Afrikaans is of Afrikaans praat, sonder sukses. Veral oor die afgelope jaar of twee behandel ek hulle met toenemende minagting en skroom nie om in winkels of per telefoon aan te dring om met iemand te praat wat Afrikaans magtig is nie, waarna dit gewoonlik blyk dat hulle heel goed Afrikaans praat.

Anekdote twee: Ongeveer twee jaar gelede gaan kyk ek na ’n paar skoene in die Rockport-winkel by die Waterfront in Kaapstad. Die twee Engelse winkelassistente maak asof hulle nie verstaan as ek Afrikaans praat nie. Ek vra toe dat hulle vir my iemand kry om my in Afrikaans te bedien, waarop hulle my die winkel belet. Dink net daaraan: in Kaapstad, die stad wat deur Jan van Riebeeck gestig is, hoofstad van ’n provinsie waar twee derdes van die bevolking veronderstel is om Afrikaanssprekend te wees, word mens by ’n winkel uitgejaag as jy dit durf waag om Afrikaans te praat. In Johannesburg, selfs in Sandton, het dit nog nooit met my gebeur nie. Ek word gereeld in Afrikaans bedien deur Engelssprekendes. Miskien sÍ dit iets oor die Kaap, oor die meerderwaardigheid van Kaapse Engelse, en oor die minderwaardigheid van Kaapse Afrikaners wat hulle hierdie soort gedrag laat welgeval. Is dit toevallig dat die Kreolisme-beweging hoofsaaklik in die Kaap gesetel is? Skryf Jackie Nagtegaal nie maar soos sy skryf omdat sy minderwaardig voel nie? Ons is terug by masochisme. Om in Antjie Krog se ghoelasj te krap: julle is te veel gelÍsj deur die ryksarende waarvan Blum gepraat het, en nou wil julle maar liewer Afrikaans praat asof dit Engels is, wat maar een stap is op pad na Engelswording.

Anekdote drie (miskien onthou jy hierdie een, Hein): Circa 1987 word ek genooi na een of ander letterkundebyeenkoms van uitgewekenes in Duitsland, in die Stuttgart-omgewing as ek reg onthou. Ek neem die trein van Parys soontoe. Die patetiese versameling ANC-eksiele is daar, van Mandla Langa tot Lewis Nkosi, laasgenoemde toe nog professor van letterkunde in kommunistiese Warskou. Hy bedel Duitsemarkstukke om bier by die outomaat te gaan koop, want sy szloties koop nie veel in die toenmalige Wes-Duitsland nie. Dit gaan oor Suid-Afrikaanse letterkunde, wat natuurlik Engelse letterkunde beteken. Ek probeer tydens my spreekbeurt iets oordra aangaande die eietydse Afrikaanse letterkunde, oor postmodernisme, dekonstruksie, Deleuze en sy moontlike toepassings op literatuur, maar word gou-gou in die bek geruk deur die heer Nkosi uit Warskou. Dit is tipies van die agterlike Afrikaners om in infantiele Franse teorieŽ belang te stel, modernisme en postmodernisme, en nie die noodsaak van sosiaal-realisme in te sien nie. Vandag is Nkosi, sover ek weet, professor aan ’n Amerikaanse universiteit en hang hy die postmodernisme en dekonstruksie aan, agterlik genoeg. Ek het daardie dag besef dat ek nooit ’n Suid-Afrikaner sal kan wees nie, en verkies om ’n “agterlike” Afrikaner te bly. “Suid-Afrikaanse letterkunde”, behalwe miskien JM Coetzee, interesseer my net so min soos Oos-Europese sosiaal-realisme waarvan daar seker duisende vergeetlike voorbeelde geproduseer is tydens sewentig jaar van kommunisme.

Sů sou ek kon aangaan, maar ek dink die boodskap is duidelik. Tot so ’n jaar of twee gelede dink ek was daar groot welwillendheid by Afrikaners en ’n bereidheid om betrokke te raak by die probleme van bruines in die belang van ’n groter Afrikaanse kultuur en taalgemeenskap. Hermann Giliomee is nou nog besig om so ’n pleidooi te lewer, en ekself het ’n raps meer as ’n jaar gelede nog geskryf dat daar ’n soort toenadering tussen bruin en wit besig was om plaas te vind. Sedertdien is ek ietwat ontnugter. Die indruk wat ek kry, is dat daar groot leedvermaak heers by vele mense oor die benardheid van die Afrikaner se posisie. Van Wyk Louw het gesÍ dat die dag as die Afrikaner sy politieke mag verloor, hy so weerloos sal wees soos die Jode in Nazi-Duitsland. Tot ons skrik moet ons erken dat hy reg was. Sover dit “rassisme” betref, is daar net een groep in Suid-Afrika wat daaraan blootgestel is, en wie se fisieke voortbestaan werklik bedreig word, en dit is die Afrikaner en dan veral op die platteland. Daar word openlik rassehaat teen ons aangeblaas, en ek vermoed dat sommige Kreoliste graag daaraan meedoen. Die Afrikaner — en Afrikaans — is eenvoudig voŽlvry verklaar.

Die ou Britse spel van Afrikanerhaat is oorgeneem deur vele groepe in hierdie land, waaronder selfs die masochistiese post-Afrikaners. Om te droom van ’n Afrikaanse nierassigheid is kwalik van toepassing. Toenemend begin ek besef dat mens baie moeilik aan die gang van die geskiedenis kan verander. Verhoudinge tussen wit en bruin, of “swart”, om nou Hein Willemse se dualisme te respekteer, was nog nooit besonder goed nie, en ek kan nie sien hoe dit gaan verbeter nie. Daar word twee keer teen Afrikaners gediskrimineer: een keer op grond van hul taal, en een keer op grond van hul ras. Ons het ’n ernstige probleem om op te los. Dit gaan ’n taamlike stryd verg en ’n mens kan nie so ’n stryd ingaan met mense wie se lojaliteit nie bo verdenking is nie.

Ek glo vas dat die Afrikanerdom, hoe haglik dit ook al vandag vir ons lyk, sterker anderkant gaan uitkom, dat die feniks weer uit die as sal verrys soos soveel keer vantevore. WA de Klerk se tipering van die “Prometiaanse Afrikaner” was in die kol; op ’n gegewe oomblik sal ons weer die vuur kan steel en vryheid kan bekom. Daar is ’n toenemende bewuswording onder Afrikaners dat ons groter eenheid nodig het en dat daar nie meer soveel onderlinge rusies behoort te wees nie. Die rassekwessie, selfs die gedagte van “nierassigheid”, wat eintlik ’n contradictio in terminis verteenwoordig, skep eenvoudig te veel verdeeldheid onder Afrikaners dat ons ons langer daarmee kan besig hou.

Oor een ding is ek dit egter volkome eens met sowel Hein Willemse as Heindrich Wyngaard, en dit is oor die transformasie van die media. Hoe gouer Rapport, Beeld, Die Burger en ander Nasperspublikasies bruin redakteurs kry, hoe beter. Trouens, ek kan nie verstaan waarom Tim du Plessis, Peet Kruger en Arrie Rossouw nie onmiddellik hul poste ontruim nie. Dieselfde geld die SAUK-TV. Daar is niks meer op die kassie waarmee Afrikaners kan identifiseer nie, behalwe die enkele heruitsendings van Manakwalanders of KoŲperasiestories. Die Engelse advertensies is afskuwelik en beledigend om na te kyk, dus kan die hele spul gerus transformeer na ’n Afrosentriese allegaartjie wat Afrikaners geheel en al uitsluit.

Die besef is daar by die meeste van ons dat ons van voor af sal moet begin om media en instellings op te bou. Diegene wat ek totalitÍre Afrikaners noem, en wat in die laaste fase van die ou bewind die menseregtevergrype van ’n Eugene de Kock of die oneerlikheid van ’n De Klerk of ’n Meyer gesteun het, verdien om hul beheer oor die oorblywende Afrikaanse instellings te verloor. Waarskynlik sal daardie koerante en tydskrifte in elk geval een of ander tyd verengels word, omdat dit toevallig ook die gekose taalmedium van die totalitÍre Afrikaner geword het. Hiermee voltooi die totalitÍre Afrikaner met sy koloniale bewussyn die tradisie wat met die National Scouts en Hensoppers ’n honderd jaar gelede begin het.

Dit was waarskynlik met verwysing na die totalitÍre Afrikaner met sy koloniale versugtinge en historiese steun vir enige vorm van gewelddadige onderdrukking van sy volksgenote, waarna Van Wyk Louw verwys het in sy beroemde gedig, “Julle is die oorheersers”:

Jķlle is die oorheersers

en jķlle die vertrappers

van ons wat sterk is,

maar magteloos verneder;

julle maal ons soos koring,

julle eet ons soos brood;

tog haat ons julle nie:

omdat julle mens is

en die dood ook deelagtig,

is julle ons broers;

maar julle is siek aan die lasterlike hoogmoed.

Daarom moet julle

tot needrigheid genees word,

gebreek word deur ons

in ons magtige opstand

tot eenvoudige vreugdes,

tot die heilige lye,

tot ’n nuwe onmiddellikheid

van die heldere aarde;

maar as julle dood

en ’n vrot plek in ons volk is,

dan sal ons ’n mes vat

en vinnig, genadiglik

sny deur spiere

en vleis tot genesing.

Dat Afrikaners vandag op vele wyses oorheers word, ly geen twyfel nie. Trouens, al die probleme waaroor ons gedurig debatteer, hetsy onderwys, hetsy die taalkwessie, is blote simptome van hierdie oorheersing, die erflating van die totalitÍre Afrikaner met sy benepenheid, sy onbegrip, sy sensuur en verraderlike neiging om sy eie mense “uit te verkoop” op kritieke oomblikke soos die van 1994. Danksy die totalitÍre Afrikaner wat, hoewel oŽnskynlik nie soos die ANC/SAKP onder Oos-Europese invloed nie, tog die basiese onvryheid en onverdraagsaamheid van laasgenoemde beweging deel, is ons nou as ‘t ware vreemdelinge in ons eie land, ’n gewelddadige weergawe van Engeland wat tereg as “Afro-Saksies” bestempel kan word.

Net soos in 1902 is die Afrikanerdom vandag ondergeskik aan ’n metropolitaanse en in wese koloniale regering. Die Afro-Saksers en hul Afrikaanssprekende handlangers wil ons koloniseer net soos lord Milner en die Britte dit ten doel gehad het. Ons verhouding tot die ANC-SAKP-NNP is presies dieselfde as die tussen gekoloniseerde volk en koloniale metropool of moederland. Ons probleem is dus een van dekolonisering, hoe om ons vryheid te verwerf teenoor ’n swaar gewapende, aggressiewe en totalitÍre koloniale moondheid wat ons as sy “kaffers” beskou. Die Afrikaner is die “kaffer” van die nuwe Suid-Afrika. NÍrens onder apartheid sou die ou Suid-Afrikaanse regering enige ander stam of bevolkingsgroep met soveel minagting behandel het as wat die ANC met Afrikaners doen nie.

Onder apartheid was daar onafhanklike tuislande en selfbeskikkingsmagte vir swart plaaslike regerings wat met die van ’n Vlaandere of Quťbec vergelyk kon word. Desnieteenstaande was dit vir die ANC nie genoeg nie, en wou hy beheer oor die sentrale regering uitoefen, omdat hy daarmee saam beheer sou verkry oor al die staatsbates van Suid-Afrika, waarvan ’n groot deel deur Afrikaners opgebou is. Indien Afrikaners vandag dieselfde magte kon verkry wat swartmense in die ou Suid-Afrika gehad het, ’n tuisland, eie stadsrade, skole, universiteite, ens, sou dit as die paradys gereken kon word.

In 1994 het die alliansie van die totalitÍre Afrikaner en die Koue-Oorlog-dinosourus wat die ANC/SAKP op daardie stadium was, ’n briljante oorwinning oor die gewone Afrikaners, die volk, behaal. OŽnskynlik is hulle vir altyd verkneg, en het hulle vandag die keuse om die geestelike helote van die nuwe bewind te wees of om te emigreer. Die meeste verkies om te emigreer, en veral jongmense word uit die land verdryf vanweŽ die rassistiese wetgewing wat dit vir maatskappye onmoontlik maak om jong blankes in diens te neem. Sover ek die Engelse term non-racial verstaan in die sin waarin die ANC dit gebruik, verteenwoordig dit ’n paradoks, want dit beteken swart rasseoorheersing. ’n Voormalige Afrikaanse skool wat voorheen deur Afrikanerkinders bygewoon is, word byvoorbeeld “non-racial” as dit volledig beset word deur swart kinders. In daardie sin sou Mugabe se landboubeleid ook “non-racial” wees, want dit sluit enigeen van die blanke ras uit.

Soos die Franse filosoof Alain Finkelkraut onlangs in ’n onderhoud met die dagblad Le Figaro gesÍ het, is “rassisme vandag nie meer te vinde in die geledere van die etniese nasionaliste nie, maar in die geledere van die voorstanders van die multikulturele samelewing”. Die mite van “nierassigheid” (want diegene wat dit gebruik, is gewoonlik van die mees rasbefoeterde mense op aarde, wat die hele wÍreld net in rasseterme sien) is bloot die dekmantel vir rassisme, chauvinisme en selfs volksmoord. Die uitwissing van plattelandse Afrikaners en Boere — waarvan ses maande oue babas in koerantpapier en ’n plastiekvullissak toegedraai word en lewendig verbrand word in ’n volkome verontmensliking — geskied juis in die naam van “nierassigheid”. Op ’n manier sal Suid-Afrika net volmaak “nierassig” kan word vanaf die oomblik dat Afrikaans soos vervat in die WAT en die AWS, asook die Afrikaner, geheel en al doodgevee is.

Wat die multikulturele samelewing betref, kan dit soos kommunisme net onder dwang tot stand kom. Regoor die wÍreld verkies mense om met ander soos hulle uit hul taal- en rassegroep te assosieer. In Europa heers daar, in weerwil van dwangmaatreŽls deur die owerhede, ’n de facto-segregasie op skool waar die meeste ouers verkies om hul kinders na skole te stuur waarin die meerderheid kinders byvoorbeeld Franse of Nederlanders is. Multikulturele skole word gekenmerk deur lae standaarde en geweld teen onderwysers en leerlinge. Ook die Afrikaner moet gedwing word om die eie wÍreld, die wÍreld van Afrikaans en Afrikanerkultuur, op te gee ter wille van die multikulturele opset wat op sy beste gebrekkige standaarde en slegte maniere verteenwoordig, op sy slegste geweld, verval en wetteloosheid.

Die kreet van “rassisme!” het in Suid-Afrika sy angel verloor, juis omdat dit gewoonlik voor die deur gelÍ word van diegene wat die ergste ontvangers van naakte rassisme en chauvinisme is, naamlik die Afrikaners. “Nierassigheid” verteenwoordig bloot die dekmantel waaronder ons onderdruk word, ’n leŽ slagspreuk van die ANC-SAKP-NNP-regime wat holklinkend weergalm met Stalinistiese botone.

Ons behoort dit te verwerp met die minagting wat dit verdien.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.