SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Nuwe kuberskropplek vir SA skrywers

’n Splinternuwe letterkundige webwerf — www.donga.co.za — het pas sy debuut gemaak, maar kyk jy daarna, besef jy die web-gedeelte mag nuut wees, maar die naam is nie.

Donga was ’n tydskrif vir skrywers in die jare sewentig, en dis wat die redakteur van die oorspronklike Donga, Welma Odendaal, daaroor te sê gehad het:

    Donga is deur my, ’n Afrikaanse digter Rosa Keet en verskeie ander “jong” skrywers in 1976 begin — drie maande vóór die Soweto-opstande. Dit was erg polities (vir daardie jare), het sterk bande gehad met ’n skrywersgroep van Soweto met die naam Medupe, en was ’n paar keer verban — uiteindelik permanent in 1978. Dit was ’n besonder hardegat publikasie en het ’n klomp mense die moer in gemaak (nie net die regering nie) …

Oor die hedendaagse virtuele Donga sê sy redakteur, Alan Finlay:

    Dis ’n eenvoudige webplek wat die kulturele ketel aan die kook wil hou deur opwindende poësie, prosa en so af en toe kulturele of politieke kommentaar te publiseer. Ons gaan digters wys wat uit hulle werk voorlees, terwyl e-manuskripte ’n blits-voorskou sal gee van manuskripte wat wag op publikasie.

Rubrieke in die eerste “uitgawe” sluit in “audio basin”, waarin agt digters regstreeks voorlees by die onlangse Cosaw-poësie-aand by Gallery 111 in Johannesburg. Die e-boek is Garamond 13, ’n nuwe bundel van die Johannesburgse digter Robert Fox, wat na aan die hart sny van ons hedendaagse stadskultuur. Digters Kelwyn Sole, Julio Wood, Richard Fox, Clinton V du Plessis, Louise Green en Khulile Nxumalo dra by tot die poësie-afdeling en Lionel Murcott skop af met sy kunsdagboek in die kuberruim.

Donga gaan ook ’n gereelde rubriek met kuberskakels na internasionale webplekke hê, soos Improvisor (met artikels rondom jazz-improvisasie), Feed magazine (met ’n Amerikaanse fokus en indiepte-artikels vir lesers wat belang stel in kontemporêre musiek en skryfwerk), Boston Review en New Coin, wat ’n interessante verskeidenheid Suid-Afrikaanse poësie uit die jare negentig bevat.

Bydraes of skakels kan gestuur word aan editor@donga.co.za

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.