SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hou moed, die kanse is vyftig-vyftig

Dawid de Villiers

dwd@lantic.net

“God is dood,” sÍ Nietzsche.

“God is werkloos. Hy is afgelÍ,” sÍ The Secret Diary of God.

Diť nuutste teks van Kombuis is kontroversieel. Dit gaan bye en brommers laat gons, die spreekwoordelike kat tussen die duiwe loslaat, die sissies van die Amasones skei.

Hoekom sÍ ek dit? Want ...

  • Dit is ondermynend.

    The Secret Diary of GodKombuis dekonstrueer die verhaal van God, die skepping, die mens en Satan tot ’n nuwe verhaal, anders as wat die Bybel aan ons voorhou en tog ook nie te veel anders nie. Hierdie hervertelling is nie ’n mooi kleuterbybelstorie nie, dit skep sy eie, baie ontstellende plot en konteks. Dit floreer op chaos, kontradiksie, vaagheid, toeval, permutasie en perversie.

    Dekonstruksie is volgens Hartman daardie eiesinnige wending wat nie net teen die wil van die outeur indwing nie, maar ook maak dat ’n skrywer “cannot express that experience, that impersonification, except by words that sound, willy-nilly, mystical, like a displaced or negative theology“ (my kursivering). Kombuis se teks maak van teologie ’n antropologie — sommige sal beweer ’n godslasterlike een, want God word as ’n mens verbeeld.

    Feuerbach het antropologie gesien as die metode hoe die mens bo teologie en filosofie kan uitstyg en dit ook kan negeer. Daarom kon hy die sg eienskappe van God beskou as projeksies van die mens se kenmerke en behoeftes. Kombuis se hoofkarakter God is ’n mens, baie menslik, miskien net ’n bietjie beter as die meeste ander karakters. Tipies, byvoorbeeld, is sy verlange na sy seun; sy verhouding met Dog (anagram van God!); die tint van rassisme; die gebrek aan homofobie. En tog die sin vir billikheid en regverdigheid.

    Die geloofsisteem van ’n Almagtige, Allesbesturende, Voorsienige God word erg ondermyn. Nie dat die ou gelowe as vals afgemaak word nie. Kombuis probeer nie ’n nuwe godsdiens daarstel nie. Hy skud egter die fondamente. Hy bring ’n horde onbeantwoorde en dalk onbeantwoordbare vrae na vore.

  • Dit is ontstellend.

    In The Secret Diary of God word alle heilige koeie met een teks keelaf gesny. Miskien is die koeie nog daar, maar hulle heiligvermaking is pylreg deur die hart geskiet. Die teks herinner aan persiflage, ’n soort literÍre teks wat skok, wat kosbare dinge ontmasker en in twyfel trek.

    Marlene van Niekerk se oubaas in die huis daar bo (“gesinsvermaak”) sou sy kop net meewarig skud en sug, sy deure sag sluit en sy hortjies dig trek. Die ou persoon met die grys baard in Kombuis se teks probeer hom onttrek van die aardse strawasie, maar word uiteindelik uit die hemel geforseer deur ’n uiters onwaarskynlike, dog polities korrekte, plaasvervanger: ’n vrou. Hy word dus die buitestaander van alle “outsiders”, nie net deur die mense geÔgnoreer en verwerp nie, maar ook deur sy binnekring verraai. Die parallel met Jesus is nie toevallig nie!

    Ten einde laaste spreek God die ontstellendste van alle moontlikhede aan:

    What if this is indeed true? What if I never created mankind, but mankind created Me? What if the Universe would have existed whether I think I created it or not? What if I am merely fulfilling a certain wish? What if my very existence depended on imagery, literature, culture and conventions?

    Hiermee is ons pens en pootjies in die debat oor God, sy objektiewe bestaan en wat Hy en die mens vir mekaar te sÍ het. Ook in die nimmereindigende gekibbel oor die noodsaaklikheid van historiese feite vir die Christelike geloof teenoor ’n meer mities-metaforiese verstaan van religieuse tekste soos die Bybel. Die fundamentaliste wat histories-letterlik verstaan versus die liberales wat histories-krities verstaan.

    Dit verbaas dus nie dat ’n ander prominente figuur in Kombuis se teks Nietzsche is nie. Hy praat ook baie soos sy histories feitelike “oupa” deurdat hy beweer:

    You may look like God, You may speak like God, and yet You are a figment of mankind’s imagination.

    God was vir oupa Nietzsche meer as net ’n persoon of ’n wese, Hy was die totaliteit van alle waardes, enigiets wat die betroubare, die goeie en die skone beter omlyn en ook ’n dinamiese sin vir rigting kon skep. Nietzsche bevind hierdie “mite” ’n illusie en ’n misleiding. Die swakker mens klou vas aan hierdie mite, die sterk mens bevind homself ontredderd en vervreemd op aarde. Die ‹bermensch sou dalk nog kon ontwikkel en in staat wees om bo hierdie vaagheid uit te styg met sy superieure wilskrag.

    Kombuis se teks probeer nie ’n antwoord gee op die mees metafisiese dilemma van dilemmas nie. Hy ontmasker egter die valse gerustheid van dogma en bevraagteken die toekenning van eksistensiŽle betekenis aan religieuse verhale, simbole en argetipes wat later ’n sisteem word.

  • Daar is ’n suikersoet laag om die bitter pil.

    Dankie tog vir die humor. Anders sou die lesers dalk mal of kwaad geword het. Tereg kan die speelse aanslag van die teks sommige lesers nog meer ontstel, omdat daar met baie ernstige dinge gehekel word. Die humor word egter nooit vlymskerp satire nie, alhoewel St Paul en St Peter en St Mary nie so goed daarvan afkom teen die einde nie — hulle ambisie staan te sterk voorop. Daar is ook nie juis galbitter oomblikke nie. Die teks wil graag lig wees en nie te swaar oorkom nie. Reeds vroeg in die teks kla God juis oor die engele:

    They were almost completely useless, and they had no sense of humour, no grasp of irony. To be honest, they were awful company.

    Die herinterpretasie van ’n bekende gegewe word kostelik gedoen. Hier kan veral drie karakters genoem word wat elk ’n nuwe profiel kry: Eva, wat die paradys “redecorate” tot Adam se pyn en verdriet, die “laid back” Noag wat hom van die mensdom onttrek het, en Moses die swart man met die “dread locks”.

    Kombuis is meesterlik in sy spel met woorde se betekenisse: hy gebruik jukstaposisie, verplasing, ironie, hiperbool, polisemie en homonimie om nuwe waardes toe te voeg, bv Holiday Inn = loony bin, superego = Holy Spirit, en dan natuurlik die skrikwekkende Santa Claus = ...Ö (nie ingevul nie, ter wille van diegene wat die teks nog moet lees).

  • Dit is bevrydend.

    Die teks herinner aan die postmodernistiese lewensbeskouing. Daar is geen absolute, ewige waarheid nie. Alles vloei, alles verander die hele tyd. Die mens is gebind aan sy eie interpretasie van die werklikheid, sy subjektiewe inspanning om betekenis te gee aan die chaos wat op hom afstorm, soos ’n Lassie met sewe wreedaardige koppe wat hom wil aanval.

    In sy brein erf en versamel die mens ’n reeks metafore, altyd gereed om hom van waansin te red. In ons obsessie met orde vorm hierdie bestaansmetafore later ’n sisteem wat ons soos ’n anker bind en stuur. Kombuis se teks skud hierdie metafore intens rond, en veral die major metafoor/argetipe van God as die Superwese, die Gans Andere (Karl Barth). Die metafoor word uiters werklik in die belewenis van twee etiese pole, nl Goed vs Kwaad. Goed en God word verbind en Kwaad en Satan word met mekaar geassosieer.

    Op die ou end beantwoord Kombuis nie die “groot” vraag na die objektiewe bestaan van God nie.

    Ek dink ook nie hy sou kon nie. Wat die teks ten slotte sÍ, is dat dit nog nie alles verby is nie. Daar is ’n vyftig-vyftig kans dat die Goeie (God) nog bo sal uitkom, soos wat die Bybel voorspel. Die teks bied egter ’n “moontlike” verklaring waarom God so skaars is in die laaste dae: Hy is ’n deus absconditus volgens die ou teologie (’n God wat Homself verberg).

    Gelukkig of ongelukkig is die beslissende moment nog steeds in die mens se hande, soos by Adam en Eva van ouds. In Kombuis te teks eet hulle die suurlemoene van die boom in die middel van die tuin en lyk dit of die slang (Lucifer) ’n voorsprong kry. Per slot van rekening is dit nog steeds die mens se idee, argetipe, metafoor van God en sy antitipe, Satan, wat betekenis gee aan geloof en godsdiens. Niemand kry betekenisvolle metafisiese inhoude met ’n inspuiting op die boud in nie.

    Dit gaan egter ’n stap verder. Geloof is nie staties nie, dit bepaal lewe op aarde en veral die etiese praktyke van elke dag. Hier kom die konkrete keuse tussen Goed en Kwaad weer te berde.

    Die mens het dus nie net ’n opsie tussen twee argetipes nie, maar ook tussen twee lewenstyle of singewings. Kombuis se teks bring dit duidelik na vore: Wie gaan wen, God of Satan, hang tog ’n groot mate eintlik van die mens self af. God kan nie buite die mens om triomfeer nie. (Hierdie stellings van die resensent behoort eintlik ook gedekonstrueer word. Hy lees darem nou vreeslik in op Kombuis se teks.)

  • Dit is uniek en aktueel.

    Ek glo nie hierdie boek sal ooit herhaal of oortref kan word nie. Sowat vervloeiing van wÍrelde en die oorsteek van grense gaan jy nie maklik weer kry nie. Dit is ’n potpourri van hemel en aarde en sommer die sterre ook by Dit is ’n unikum in die wÍreldliteratuur. Omdat dit in Engels verskyn, kan dit die wÍreld ruk. En natuurlik kan dit ook nog vertaal word in talle ander tale.

    Dit verskyn op ’n tydstip juis wanneer daar oorlog gevoer word in die Midde-Ooste, presies op die plek waar die tuin van Eden klaarblyklik was, en ook Babel en Babilon. Die oorlog en die “olie-offers” van die Irakese laat ’n mens uitsien na Armageddon, wanneer God dan tog uiteindelik met Lucifer sal klaarspeel, mite of nie!

    Dit laat ’n mens dink aan Chris de Burgh se uitroep in “Spanish Train”:

    O Lord, you’ve got to win!

    Laat ons dit maar erken: The Secret Diary of God tref ons kolskoot in die Achilles-hiel van die onbeantwoorde vrae van menslike lewe: Waar is God? Is God ...?

    Hou moed, brose mensie gewerp op aarde: die odds is vyftig-vyftig. Dit is dalk alles waar.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.