SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Profetiese gedig van Totius

Daniel Hugo

Die literatuurgeskiedenis leer ons: moet nooit ’n digter of ’n gedig afskryf nie. Dit is interessant en veelseggend dat Totius se “Kafferlied” nŠ byna ’n eeu nuwe lewe gekry het. Diť gedig is nie in ’n enkele bloemlesing uit die Afrikaanse digkuns opgeneem nie. OŽnskynlik uit die bloute verskyn dit nou in twee belangrike bloemlesings: in Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poŽsie in ’n duisend en enkele gedigte (1999) en in ’n Engelse vertaling in Michael Chapman se A new century of South African poetry (2002). Verder staan daar in die bloemlesing Nuwe verset (2000) ’n parodie deur Leon Rousseau op Totius se gedig.

Die rede vir hierdie herontdekking van ’n gedig uit 1909 is ongetwyfeld die slotreŽls “Die witmens hij nou lag, die kaffer hij lag later”. Met die bewindsaanvaarding in 1994 van ’n swart meerderheidsregering in Suid-Afrika het diť voorspelling waar geword.

Eintlik verteenwoordig die herontdekking van “Kafferlied” die derde lewe van hierdie merkwaardige gedig. Dit verskyn die eerste keer in Totius se bundel Verse van Potgieter’s trek (1909) en dan weer 27 jaar later in ’n herskrewe vorm in Uit donker Afrika (1936). Die eerste weergawe gaan sů:

Die kaffer eerste kom, die witmens hij
       kom later.
Die kaffer vat die land, die witmens hij
        vat later.
Die kaffer hij woon eers, die witmens hij
        woon later.

Die kaffer hij gooi eers, die witmens hij
        gooi later.
Die kaffer eerste lÍ, die witmens hij
        lÍ later.
Want assegaai van kaffer hij
        loop later.

Nou baje kaffer kom, die witmens hij
        trap later.
Nou baje witmens kom, die kaffer hij
        trap later.
Maar witmens blits te kwaai en kaffer hij
        dood later.

Die kaffer het gedood, maar witmens hij
        dood later.
Die witmens hij nou leef, die kaffer hij
       leef later.
Die witmens hij nou lag, die kaffer hij
       lag later.

Totius stel ’n swartman aan die woord in die tyd van die Groot Trek. (Die “Potgieter’s trek” waaroor Totius se verse handel, is die van Hendrik Potgieter wat die Kaapkolonie in 1835 verlaat het.) Die swartman praat (eintlik: sing) ’n pidgin-Afrikaans, en volgens Totius se aantekeninge agterin die bundel is dit ’n “Nabootsing van ’n kaffersang bij die gubu (musiekinstrument bestaande uit ’n gesnaarde boog waaraan ’n kalbas bevestigd is)”. Dit verklaar die patroonmatige herhaling van die reŽls. Die enigste versteuring van die eentonige patroon kom in die slotreŽl van strofe 2 voor. In die tweede weergawe van die gedig werk Totius hierdie oneffenheid weg:

Die Kaffer het gekom, die witman hy
       kom later.
Die Kaffer het gevat, die witman hy
       vat later.
Die Kaffer het gewoon, die witman hy
       woon later.

Die Kaffer het gesteel, die witman hy
       steel later.
Die Kaffer het geskiet, die witman hy
       skiet later.
Die Kaffer hy nou lÍ, die witman hy
       lÍ later.

Nou baie Kaffer kom, en witman hy
       trap later.
Nou baie witman kom, en Kaffer hy
       trap later.
Nou Engelsman hy kom, en witman hy
       trap later.

Die Engelsman hy rŠŠs, die witman hy
       raas later.
Die witman hy nou raas, die Kaffer hy
       raas later.
Laat witman nou maar lag, die Kaffer hy
       lag later.

Die lied is nou histories later gesitueer, soos blyk uit die invoer van die “Engelsman” wat later eers Natal geannekseer en die Boere-republieke verslaan het. Dit beteken dat met “witman” spesifiek die Boer/Afrikaner bedoel word. Interessant genoeg gebruik die “Kaffer” hier vuurwapens in teenstelling tot die “assegaai” van die eerste variant. Deur die swartman geradbraakte Afrikaans te laat sing verkry die lied ’n sardoniese, selfs dreigende, klank. Dit is klaarblyklik nie Totius se bedoeling om op ’n paternalistiese wyse met die swartman se taalgebruik te spot nie. Sy bewondering vir die inheemse tale spreek duidelik genoeg uit “Die Bantoetaal” - ’n gedig wat “Kafferlied” voorafgaan in die bundel Uit donker Afrika:

Net soos ’n klok met suiwer tong
en asem uit ’n diepe long
uit hoŽ toring, sprong by sprong,
die klepel teen sy wand laat bons
en klanke stort uit bors van brons
wegwalmend so sag soos dons -

soos uit so ’n bors van bronsmetaal,
so klink by oorvloed van vokaal
die heerlik-ryke Bantoetaal.
Laat hul dit spreek, laat hul dit sing -
dit bly ’n soete mengeling
wat in die wydte en vertes dring.

Die literÍr-histories geÔnteresseerde Gerrit Komrij neem die eerste weergawe van “Kafferlied” met sy argaÔese spelwyse (hij in plaas van hy en baje vir baie) op, terwyl Michael Chapman die Engelse vertaling van die tweede weergawe in sy bloemlesing gebruik. Die vertaler is Jeff Opland:

Song of the black man

The black man he arrived, the Boer he came on later.
The black man he took hold, the Boer he took hold later.
The black man settled down, the Boer he settled later.

The black man he did steal, the Boer himself stole later.
The black man he took aim, the Boer he took aim later.
The black man falls down now, the Boer will fall down later.

Now many black men came, and Boers they follow later.
Now many Boers they came, and black men follow later.
Now Englishmen they came, and Boers they follow later.

The Englishmen rave on, the Boer he raves on later.
The Boers they now rave on, the black man wil rave later.
Now leave the Boer to laugh, the black man will laugh later.

Die enigste bedenking wat ek oor diť vertaling het, is daardie “follow” in strofe 3 vir die Afrikaanse “trap” wat hier “padgee” beteken. Die “black man” vir Totius se “Kaffer” is uiteraard polities korrekter, hoewel dit ’n historiese verdraaiing behels. (Terloops, Chapman plaas hierdie gedig van Totius - soos ook “Trekkers’ song” - onverklaarbaar genoeg onder die naam S.J. du Toit, Totius se vader.)

Leon Rousseau se “Kypielied” is ’n herskrywing van Totius se “Kafferlied” waarin hy afskeidingspolitiek propageer: die Wes-Kaap behoort aan wit en bruin mense, sÍ hy, terwyl die swart mense die res van Suid-Afrika kan kry. Hy het diť standpunt al in 1993 verkondig in sy boekie ’n Toevlug in die weste:

Die geel en bruin het eers gekom, die witman hy kom later.
Maar witnerf word hier aan die Kaap gou bruiner afgewater.
Die witbruin man die trek land-in en kry die swartman later.
Die donker bendes roof en moor, die witnot word al kwater.
Die witbruin man vat kruit en roer en straf die witnot-hater.
Die swartes sÍ: die bont gespuis lag nou maar ons lag later.
So kom dit ook: oor heel die land word witnot gekapater.
Toe sÍ hul onder in die Kaap: dis nou, dis nie meer later.
Die swartnerf kan die res maar kry en heers oor elke tater.
Maar wit en bruin behou die Kaap hier onder by die water.

Of Rousseau se visie ewe profeties as Totius s’n is, betwyfel ek sterk. ’n Swart meerderheidsregering sal nooit die Wes-Kaap (of “Westerland” soos Rousseau dit noem) prysgee nie. Dit is opvallend hoedat hy die rassistiese term “swartnerf” relativeer deur ook van “witnerf” en “witnot” te praat. Verstegnies is diť gedig interessanter as Totius s’n vanweŽ die afwisselende rymwoorde op “later”.

“Kafferlied” is sekerlik nie ’n poŽtiese meesterwerk nie, maar die bewese politieke insig daarvan laat die digter die laaste lag.


Bibliografie

Chapman, Michael. 2002. The new century of South African poetry, Ad Donker Publishers, Johannesburg & Cape Town.
De Kock, WJ 1968. Dictionary of South African biography, Vol I, Tafelberg, Kaapstad.
Hugo, Daniel, Leon Rousseau en Phil du Plessis. 2000. Nuwe verset, Protea Boekhuis, Pretoria.
Komrij, Gerrit. 1999. Die Afrikaanse poŽsie in ’n duisend en enkele gedigte, Uitgewery Bert Bakker, Amsterdam.
Rousseau, Leon. 1993. ’n Toevlug in die weste, Rubicon-Pers, Kaapstad.
Totius. 1988. Versamelde gedigte, Tafelberg, Kaapstad.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.