SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Skedonk van misterie

Abraham H de Vries

(Hierdie essay geborg deur Nic Barrow)

Klik op boek en koop dit nou!
Tot verhaal kom

Tot verhaal kom
Uitgewers: Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN: 0798143533
Publikasie datum: 2003
Bladsye: 128
Formaat: Sagteband
R89.95

Braam de Vries

Suspended between the choice of pure history and pure fiction, the contemporary writer chooses fiction. With this option, the writer is bound to more acute awareness of himself in the act of creating. The external become diminished, and the writer moves away from objective reality, away from history, away from plot, away from defined character, until the subjective perception of the narrator is the only guaranteed fact in the fiction. (Voorwoord tot The Naked I: fiction of the 70's.)

Die skryf van Tot verhaal kom het nie anders verloop as my ander bundels nie, daarom het ek die uitnodiging aanvaar om iets daaroor te vertel.

Die verhale is oor 'n tydperk van naastenby vyf jaar geskryf. Andr het in di tyd drie romans geskryf, elkeen in Afrikaans n in Engels! Dis nie dat ek so stadig skryf nie, maar skryf is by my 'n proses: elkeen van die verhale is tot ses maal oorgeskryf; daaraan kan ek niks doen nie. Ek troos my aan wat David Kaplan eenmaal ges het: "Revising is what all good writers do. The purpose of a story is to rewrite it." Tolstoi het Oorlog en Vrede agt maal oorgeskryf en toe selfs in die drukproewe nog verbeterings aangebring. Raymond Carver het tot veertien variasies geskryf van sy kortverhale. Hoe dit ook mag lyk, vlotheid, moeiteloosheid, ongedwongenheid kom in 'n verhaal nie vanself nie, dit kom met oorskryf.

Miskien moet ek hier inlas dat met die Klein Karoo-verhale in 'n Plaaswinkel naby Oral en Op die wye oop Karoo dieselfde gebeur het. Party van die stories het ontstaan en ontstaan nou nog uit goed wat Izak Bruwer of Stanley de Wit vertel het, vroer my pa of een van sy vriende, uit iets wat ek in die plaaslike koerant (die Oudtshoorn Courant) gelees het of elders gehoor het - van Lydenburg tot Leipzig! In di opsig verskil hulle nie van my ander verhale nie. Ek het nrens verhale net opgeteken nie (nee, ook nie ou Paai s'n nie). Die plesier van die vertel vir my is juis die herskepping van die vertellende stemme, watter stories ek hulle ook laat vertel. En dt is my "brood van vroere jare", my "promise at dawn", my "baksel in die more": di stemme, die vertellers; dis mense wat in die Klein Karoo, nie net op Ladismith nie, bestn of bestaan ht - sommige is al oorlede. Die idees, waarnemings, sinne, flardes gesprekke waaruit my verhale ontstaan, di l oral in boekies rond wat ek in my bosak kan dra. Maar hoe sal daar van di veelstemmigheid iets oorbly as ek dit nie in die stories herskep nie?

Hierdie genade is ook van hulp in verhale soos di in Tot verhaal kom: al die ek'e (ook waar dit bedoel is om te lees soos 'n soort outobiografie) is gelukkig nie k nie. Dit sou vervelig geword het. Waar nodig kan ek gelukkig 'n (vir my bekende) vertellerstem se woordkeuse of vertelwyse inpas, aanpas, in-stileer, wat jy dit ook wil noem.

Watter verhaal van di in Tot verhaal kom ek die eerste geskryf het, weet ek nie meer nie - waarskynlik is dit "Populierbos" of die eerste van die "27 April"- inskrywings. "Bouvalle", die eerste verhaal in die boek, is egter die laaste geskryf, want dit is die verhaal waaruit die bundel ontstaan het. Ek het die versoek van 'n uitgewer ontvang vir 'n "nostalgiese" verhaal en byna dadelik het ek begin dink aan die runes van plaashuise, selfs plaasskole, wat die Klein Karoo ontsier.

Sit so iets in die lug? Kort nadat ek die verhaal klaar geskryf gehad het, was hier in Bellville se stadsbiblioteek 'n uitstalling van skilderye van Merle de Jager. Waaroor? Oor runes in Klein Karoo. Minstens een van hulle, die bouval op Lemoenshoek naby Barrydale, was in my kop ook, want ek vermoed oupa De Vries-hulle het 'n ruk in daardie huis gewoon. Vreemder nog: toe my redakteur by Human en Rousseau, die onverbeterlike Alida Potgieter, soek na 'n buiteblad vir die bundel, het sy afgekom op die skildery van Adriaan van Zyl, ook van die vervalle huise op Weglopersheuwel. (Die gebou links het boonop iets weg van 'n Duitse dakhorison wat aan die geboue van Auschwitz herinner!)

Wat wil di verskynsel s? Is dit toeval, of is dit simbole wat voortkom uit 'n onuitgesproke, ongedefinieerde kollektiewe gevoel? Hoekom n skielik bouvalle op skilderye en in stories? In "Bouvalle" en in "Die behoue huis" ook (wat toe al lank geskryf was). En die verval in "Donker Spore"?

Ek het die ondervinding gehad dat "Bouvalle" onder die skryf 'n slot gekry het wat ek nie beplan het nie. Dit help as 'n mens die begin en die einde van 'n storie ken - dit het Borges ook al ges - maar vir "Bouvalle" het ek nie 'n slot gehad nie. Wat die slot my egter laat vermoed het, is dat di gemeenskaplike onderwerp nie iets te doen gehad het met net die verlede nie (voor die hand liggend: met die "runes" van apartheid, van 'n verwoestende bestel wat verbygegaan het), maar ook met die hede. Dis 'n plaasmoord wat die slot ingegee het. "Ek het heimwee na elke droom van geborgenheid" is die slotsin van die verhaal.

Om dit presies s ges te kry, het ek 'n hele aand gesit en peuter aan daardie sin; dit was eers net "Ek het heimwee na geborgenheid." Ek het geweet dis nog nie reg nie, maar ek het nie kon raai hoekom nie, en ek het my nie verder gesteur aan hoekom die sin reggekom het toe ek daardie "elke droom van" invoeg nie.

Die bundel was aan die bymekaarkom. Dis sulke tye wat ek in die middel van die nag wakker word en die senuwees op die krop van my maag voel saamtrek soos wanneer 'n mens skrik of bang word. Ek weet dit klink belaglik en melodramaties, maar skielike onsekerheid het liggaamlik die kenmerke van vrees. Beteken daardie "elke droom" dalk eintlik "elke illusie"? Dinge wat valse geborgenheid verskaf? Het die Klein Karoo m illusie van geborgenheid geword? Is dt wat die afgelope vyf jaar se verhale vir my self wil s?

Ek het "Maaltyd" gesit en onthou (woonhuis word as gevolg van die Groepsgebiedewet rune, word restaurant wat vir die vrou wat dit vertel, 'n rune van haar jeug bl) en besluit om die dubbelsinnige titel te behou: eettyd, maar ook tyd van ml oor die geskiedenis van die huis (soos in Twee maal om die son).

En die Kersverhaal waaroor ons liewe vriendin op Ladismith so kwaad was sy het dit in Rapport gelees onder "Nuus" en gedog dit het regtig gebeur terwyl sy weg was met vakansie en dat sy - wat altyd van alles op die dorp geweet het -daar niks van geweet het nie! Grappig, maar waar pas di Kersverhaal werklik in die afgelope vyf jaar se verhale?

Natuurlik pas nie al die verhale wat 'n mens oor so 'n tydperk skryf, noodwendig in een bundel nie. Maar dis een mens, dieselfde mens, wat al die verhale skryf, en die verhale is 'n soort lewe lngs die gewone lewe, en iewers - al is dit ook net met persoonlike assosiasies - pas alles tg.

Is geloof en di verhaal van die mens se Laaste Redding ook ons laaste droom/illusie van geborgenheid? Sulke sinisme is aan my vreemd. (Dis nie die enigste en sekerlik nie die eerste sentiment in 'n verhaal wat my weerspreek nie.)

Die gesprekke met my stories ken ek goed genoeg om te weet ek moet dit net nie te lank laat aanhou nie. Want die vrae begin later uit my letterkundestudie kom, berei vergoeilikings voor vir mankemente in die verhale. Skrywery werk anders: dis die verhaal se woorde wat skielik verbande l, ander woorde oproep, onverwagte dinge laat gebeur, betekenis laat verskyn.

In "Dawid" moes ek nog iets byvoeg by die toneel van die twee seuntjies op die werf as dit begin donker word. Hoe skryf 'n mens oor eksistensile onsekerheid, vrees, sonder om di woord te gebruik? Kinders in die werf se leegte? Troos. Ons was mekaar se troos. Die woorde het in my kop opgekom, ek het geweet ek sou dit vergeet en het dit op die klein stemopnemertjie ges wat ek in my hempsak dra vir wanneer ek iets nie gou kan neerskryf nie. Is troos nie 'n vorm van geborgenheid nie? "Ein Feste Burg ist Unser Gott." Letters teen die kerkgewel, verweer tot byna onleesbaarheid.

"Donker Spore" - Langenhoven se titel van 'n tyd toe gespletenheid nog eenvoudig was, 'n malle in 'n gesonde gemeenskap. Nie andersom nie. Moet ek die spore van verval duideliker afbaken? Ek was die hele tyd terwyl ek die eerste variasie geskryf het, bewus van Hennie se verhaal oor die rit deur die Karoo, ek het die naam vergeet. Hennie sou hom nie, of op ‘n heeltemal ander manier, gesteur het aan ‘n vermoorde bobbejaan en ‘n gillende vrou. Ek wou boaan die verhaal s die dorp is nie Laingsburg nie; dit kn ook nie, want op Laingsburg l die "bruin" dorp nie so dat die vloed dit deur die "wit" dorp kon spoel nie.

Wat het geword van daardie aantekeninge wat ek gemaak het toe ek in Leipzig die kongres gaan open het en ons kans gekry het om vir die eerste maal Dresden toe te gaan? Dresden, die simbool van sinlose geweld, selfs onder oorlogsomstandighede. Dresden, die stad met die twee gesigte. (Was dit Dresden wat my so morbied gestem het, of was dit die klomp Amerikaanse hotelle en plastiek en gemorskos en die Engelse se pogings tot afkopery van "Bomber" Harris en sy vlieniers se verwoesting van die stad?)

'n Kunsstad, die prel van die Barok aan die Elbe, 'n stad van kunsgalerye en wreldberoemde skilderye - dit was die gesig van die dag. Op 13 Februarie 1945, die aand, gooi 244 Lancasters 7 000 ton brandbomme af op hierdie stad. Op 14 Februarie (dit was Valentynsdag) herhaal die Amerikaners vir nog 11 minute lank die slagting: hulle bombardeer die runes en die ingangsroetes waar die mense heen gevlug het uit die brandende stad. Oor Dresden het die Geallieerdes en die Nazi's vir een waansinnige etmaal plekke omgeruil in 'n soort wedloop om die hoogtepunt van sinlose geweld. Op 16 Februarie verwys Assosiated Press daarna as terreurbombardemente wat daarop ingestel was om die gewone mense se moed te breek. Dit was die ander gesig van Dresden. Ek het Harry Mulisch en Kurt Vonnegut se romans oor die verwoesting van Dresden geken, maar nie Victor Klemperer se dagboek, Tot het bittere einde, nie.

Ek het toe nog nie geweet nie in verband met Dresden is daar ook die vreemde toevallighede: kort nadat Jurg Friedrich se Der Branden verskyn, 'n verslag van 'n historiese ondersoek na bombardemente op Duitse stede buite die oorlogsgebied, publiseer Gnter Grass ook sy Im Krebsgang (Kreeftegang) oor die sink van 'n hospitaalskip net buite die hawe van Goterhaven by Danzig met 10 000 aan boord, onder wie ook terugtrekkende Duitse soldate. Stukke Duitse geskiedenis waarin Duitsers die slagoffers was, was lank gehul in swye vanwe die Duitsers se skuldgevoelens oor die Nazi-tydperk. Die laaste keer wat ek aan die verhaal gewerk het, het ek besluit om die oorspronklike vorm (die aantekeninge) te behou.

Daardie gil is die slot. Een nag laat in Amsterdam - ons het langs 'n grag af gestap terug na ons woonplek toe - het ek di gil gehoor wat ek met die skryf verplaas het Dresden toe. Munch se skildery van die gillende vrou was in my gedagtes en later, terwyl ek nog aan die verhaal gewerk het, die televisiebeeld van daardie rou, allesdeurdringende snikke van die Irakse seuntjie wie se arms en bene deur die Amerikaners afgeskiet is. Selfs in die hel wat die Bushe en die Blairs en die Hoesseins van hierdie wreld skep met hulle kamma-godsdienstige gebrabbel, is daardie "oerkreet van alle dinge" die heel laaste opstand tn geweld, tn ontmensliking, die heel laaste bevestiging van bestn.

Hoekom Dresden? Ek het dit, toe ek daarmee besig was, nie geweet nie, ek weet dit nou. 'n Moord naby ons huis in Kaapstad en die plaasmoord op Ladismith (albei het werklik ook gebeur) het my opnuut bewus gemaak van die twee gesigte van ook ons land. (Ek het dit nooit s vir myself gesit en s soos ek dit nou hier skryf nie.) Aan die een kant is daar die ongekende vooruitgang, daar is internasionale erkenning, die gevoel van euforie wat moeilik is om te onderdruk, van bevryding, van ons het almal weer 'n toekoms. Totsiens aan die verdomde broertjies en walglike politici met hul leuens en korrupsie en pretensies en mensonterende eiegeregtigheid wat van my pa 'n ou man gemaak het voor sy tyd. Wie wil nie graag h dit moet goed gaan nie? Dis die gesig van die dag. Maar ek het geruime tyd al (sonder dat dit my erg ontstel het) byna weggesteekte syfers in koerante begin raaklees. 'n Antwoord byvoorbeeld op 'n vraag in die parlement: daar was die afgelope tien jaar 250 000 moorde (vier maal Nuweland vol dooies). Daar was 14 000 plaasaanvalle. Daar was onmenslike wreedheid, daar was die verkragting van klein kindertjies. 'n Ou walging in blatante oneerlikheid het teruggekeer elke keer as ek 'n politikus di geweld, di voor die hand liggende probleme hoor invee onder die tapyte van bevryding en demokrasie. Dis die ander gesig van die land: dat dit een van die gewelddadigste lande ter wreld is. Die gesig van die nag.

Oor die gewelddadigheid van verval en oor ander aspekte van die gesig van die nag doen ook Hennie Aucamp verslag in sy dagboeke, Karel Schoeman, John Coetzee en Andr Brink in hul romans en, ja, selfs Ramdas, die Indiese rubriekskrywer van die NRC wat na 'n besoek aan Suid-Afrika skryf: Waar je ook gaat in Zuid-Afrika, Johannesburg, Durban of Kaapstad, overal hangt die eigenaardige sfeer die J.M. Coetzee schetste in zijn roman "Disgrace" (in het Nederlands vertaald als "In Ongenade"). De tergende weemoed, grenzend aan wanhoop, de gelatenheid, de doelloosheid, de rancune en het wantrouwen, de overal aanwezige, bijna zichtbare, grijze onmacht. Onmacht heeft in Zuid-Afrika inderdaad een kleur gekregen, die over alle gezichten hangt, van zwarten, kleurlingen, Indirs en blanken. Zuid-Afrika is een grote treurige klacht en daarin is iedereen ineens gelijk.

My "soort lewe langs die gewone lewe" (asof ek weet wat die "gewone lewe" is, asof die twee nie wegkruipertjie speel agter mekaar nie) het tot nou toe tg 'n spiel gebly wat alles, die indiwidueelste besonderhede, weerkaats in verwronge vorme van "die mens" (dit het Wium van Zyl raakgesien en gemotiveer in sy toespraak die aand toe ek Ladismith se eerste Ereburger geword het). "Man's inhumanity to man" bly onverklaarbaar en konstant.

Groei en verval, drome van geborgenheid en die uitgelewerdheid aan vernietiging - net die verwikkeldheid het toegeneem. Het my verhale van Vliegoog, af ("Veelal wreed en bitter, soms gelowig" - Rob Antonissen) so min verander?

Toe het ek begin vermoed wat ek moes insluit en wat ek moes uithaal. Daar was duiwels wat ek moes uitdryf - dis wat stories skryf k is. Ek kon die spore van verwoesting en aftakeling, die moord op skoonheid - die keelafsny van die operasangeres in "Donker Spore", die rune in die restourant ("Maaltyd"), die sondvloed (operatoneel in "Donker Spore"), die "nuwe geweld van silwerlinge" in Dresden - nie miskyk of verswyg nie. Die eerste variasies van die verhale is almal geskryf voor die Amerikaanse inval in Irak, waarna dit onmoontlik geword het om oor geweld verhale te maak sonder om die Pax Amerikana by te haal. Daarom het die droom daaroor - die clown, Mensch, wat in die sirkus op 'n bom sit in die voorlaaste inskrywing in "Dagboek van 'n afloop" - my ook verras.

Dat "droom van geborgenheid" ook kan beteken "illusie van geborgenheid", was altyd so - "Bouvalle" het my net daarvan bewus gemaak. (Maar as moontlike keuse bl die ou motor met sy skedonk van 'n misterie in my stories aangery kom.)

Party duiwels was uitgedryf. Een daarvan was klaarblyklik "die toekoms". In "Die behoue huis" - dis in Hermans se gelyknamige novelle juis die huis wat vernietig word - neem 'n kamera in 'n mengsel van wetenskapfiksie en spookstorie die verlede, die rune, as simbool van 'n stuk van ons geskiedenis, af, maar dat dit ook 'n toekomsbeeld mag wees, bly 'n moontlikheid.

Ek moet k maar luister na wat my stories s.



Lees ook:

  • Elsa Joubert: Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het
  • Marita van der Vyver: 'n Boek is 'n boek is 'n boek?
  • Eben Venter: Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa
  • Hennie Aucamp: Dryfhout se ontstaansgeskiedenis
  • Andr P Brink: Kennis van sensuur




  • LitNet: 11 Mei 2005

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.