SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Onderwys en lewenskanse in Afrikaans

Christa van Louw

Gelewer by die KKNK op
30 Maart 2000
Die Burger se lesingreeks

Die tema Onderwys en Lewenskanse in Afrikaans dek natuurlik ’n baie wye veld en bied as sodanig verskeie moontlike vertrek- en fokuspunte.

In ’n poging om my opdrag te verstaan het ek so ’n bietjie begin torring aan die tema — ek het selfs sover gegaan as om die onderwerp sintakties te ontleed, maar die sosiolinguis in my het swaarder geweeg. Ek besluit toe om die tema in vraagvorm te stel en dit bring my toe by twee vrae. En ek stel die volgende twee vrae:

  1. Wat is Afrikaans se lewenskanse in die onderwys?

  2. Wat is Afrikaanssprekendes se lewenskanse in Suid-Afrika?

Ten opsigte van die vraag na Afrikaans se lewenskanse in die onderwys:

Die afgelope paar jare het al hoe meer stemme in Suid-Afrika opgegaan vir ’n taal-as-bate-benadering, wat inhou dat taalverskeidenheid erken en veeltaligheid daadwerklik bevorder word. Dit sou kulmineer in die wetlike/juridiese aanvaarding van ’n veeltalige taalbeleid waarin 9 tale se status, naas diť van Engels en Afrikaans, verhef is tot amptelike tale.

As agent van die regering van die dag is ook die rol en funksie van die onderwys in Suid-Afrika beÔnvloed deur die werking van die nuwe kragte in die samelewing. Die paradigmaverskuiwing ten opsigte van die evaluering van verskeidenheid, vanaf ’n probleemgesentreerde benadering na ’n batebenadering, sou noodwendig beteken dat die bestaansreg van die uitsluitings-, segregasie- en oorskakelingstaalonderwysmodelle onder die soeklig geplaas/bevraagteken word. In die soeke na ’n taalonderwysmodel wat verseker dat daar vir almal gelyke toegang tot onderwys sal wees, en wat gelyke uitkomste sal verseker, het die bod op die taaltoevoegingsmodel geval. Hierdie model is in essensie gerig op moedertaalonderrig en die toevoeging van een of meer tale tot die leerder se talige repertoire. Moedertaalonderrrig vir die opvoedkundige waarde daarvan en die toevoeging van ander tale vir die sosiale en ekonomiese voordele van veeltaligheid.

As aan die basis van hierdie model dan lÍ die erkenning van taalverskeidenheid in die onderwys, is dit dan nie ironies dat vanoggend besin word oor die lewenskanse van ’n taal wat deel vorm van die verskeidenheid nie?

Maar wat is Afrikaans se lewenskanse in die onderwys?

As regeringsinstelling bied die onderwyspraktyk ’n terrein vir die realisering van die breŽr regeringsbeleid en as regeringsinstrumente reflekteer die kurrikula, taalonderwysmodelle en beleidsrigtings van die onderwys noodwendig die amptelik aanvaarde praktyke van die regering van die dag.

Die verskuiwing ten opsigte van die wyse waarop taalverskeidenheid in Suid-Afrika geŽvalueer word, naamlik vanaf ’n probleemgesentreerde benadering tot/na ’n batebenadering, sou noodwendig ook ’n invloed hÍ op die onderwyspraktyk, meer spesifiek die taal-in-onderwyspraktyk. Met as doelwit die fasilitering van bemagtiging, sou die bod noodwendig op die taaltoevoegingsmodel val, wat in essensie neerkom op moedertaalonderrig en die toevoeging van een of meer tale tot die leerder se taalrepertoire. Want die argumente is:

  1. dat die taaluitsluitings- en die oorskakelingsmodel draers is van die dominante groep se waardesisteme, met die implikasie dat die gemarginaliseerdes se eie identiteit, geskiedenis en kultuur nie na waarde geskat word nie;
             en
  2. dat eentalige beleidsrigtings in veeltalige kontekste negatiewe implikasies vir kognitiewe ontwikkeling en akademiese vordering inhou.

Ten grondslag van die taaltoevoegingsmodel lÍ dus die erkenning van die belang van moedertaalonderrig vir die opvoedkundige waarde daarvan, maar ook die erkenning van die noodsaak vir die bevordering van veeltaligheid wat, naas individuele bemagtiging, ook sosiale en ekonomiese voordele verseker. As sodanig bied die taaltoevoegingsmodel dus vir elke taal ’n regverdige kans om in die onderwys te kan leef — ook vir Afrikaans.

Maar die blote feit dat ons vanoggend besin oor Afrikaans se lewenskanse in die onderwys is ’n genoegsame bewys dat die realisering van die taaltoevoegingsmodel nie so eenvoudig is nie.

Maar kom ons kyk so ’n bietjie na die huidige posisie van tale in ons skole. Ek wil u net so ’n bietjie gerusstel; ek is nie van plan om u vanoggend toe te gooi met statistieke nie. Laat my egter toe om van ons navorsingsbevindinge met u te deel.

Miskien moet ek net, ter wille van so ’n bietjie agtergrond, noem dat 50% van die 40 loodsskole ex-DOO-skole is terwyl die oorblywende 50% ex-RVV-skole is. 9 van die ex-DET0-skole is hoŽrskole en die res laerskole.

Met die uitsondering van 2, kan al die ex-DOO-skole getipeer word as monotalig — byna alle leerders is Xhosasprekend, met enkele Sothosprekende leerders .

Die leerdersamestelling by die 20 ex-RVV-skole is as volg: 5 van die skole het ’n kombinasie van Afrikaans en Xhosasprekende leerders. 5 skole het ’n kombinasie van Engels en Xhosasprekende leerders, en 10 van die 20 skole het ’n kombinasie van Afrikaans, Xhosa en Engelssprekende leerders. Vyf van hierdie skole het Engels as onderrigmedium terwyl die oorblywende twee beide Afrikaans en Engels as onderrigmedium het. Die persentasie Xhosasprekendes is by 17 van die skole in die minderheid. Dit wissel tussen 10% — 40%, terwyl dit by 2 van die skole in die meerderheid is.

Aan die begin van verlede jaar, kon verskillende projekte, danksy instansies soos die Taalsekretariaat, Pepkor, Naspers en BP, ’n aanvang neem. Ten einde die talige situasie by skole te bepaal, is begin met ’n situasie-analise.

Dit het aan die lig gekom dat die oorskakelingstaalonderwysmodel in ex- DOO skole skole geld, d.w.s. die status quo van voor 1994 word steeds gehandhaaf. Moedertaalonderrig is aan die orde van die dag vanaf graad 1 tot 3, waarna daar in graad 4 oorgeskakel word na Engels. In ex-RVV skole is Afrikaans en/of Engels steeds die enigste onderrigmedium. As gevolg van die veranderende talige samestelling van die leerdersamestelling die afgelope vyf jaar (5 van die 20 ex-RVV skole wat vroeŽr 100% Afrikaans was, het tans 10% — 30% Xhosasprekende leerders. Vyf van die skole, wat vroeŽr Engels en Afrikaanssprekende leerders gehuisves het, se kombinasie het verander na Engels en Xhosa. Die orige 10 skole het ’n kombinasie van Afrikaans, Engels en Xhosasprekende leerders) kan die taalonderwysmodelle in terme van die aard en resultate daarvan tipeer word as die uitsluitingsmodel, met spore van die segregasiemodel.

Alhoewel die leerdersamestelling (talig) by ex-RVV skole verander het, het die personeelsamestelling talig dieselfde gebly. Die gevolg is dat opvoeders by al twintig ex-RVV skole gekonfronteer is met die realiteit dat hulle nie die tale van alle leerders magtig is nie. Die frustrasie aan albei kante (leerders en opvoeders) is vanselfsprekend. Maar die interessante is die wyse waarop die talige situasie gehanteer is. Die 5 skole waar Afrikaans dominant is, het volstaan met Afrikaans as enigste onderrigmedium en Engels as vak, terwyl in die veeltalige skole (met die kombinasie van Afrikaans, Engels en Xhosasprekendes) die oplossing gesoek is in die gebruik van Engels as onderrigmedium, terwyl Afrikaans as vak aangebied word.

Die oplossing was baie duidelik nie in belang van alle leerders nie, want die nie-onderrigtaalsprekers sou nie op akademiese gebied met onderrigtaalsprekers kon kompeteer nie. Dit is bevestig dat nie-onderrigtaalsprekers swakker en minder aktief is in die leerproses.

Ten opsigte van taalhoudings en taalkeuses deel ek graag die volgende interessante bevindinge met u: Tydens die aanvanklike onderhoude en met die voltooiing van die eerste vraelyste deur alle rolspelers (dit is die leerders, ouers en opvoeders) is die aanname bevestig dat tale verskillend waardeer word. Xhosasprekendes, Engelssprekendes en ’n kleiner persentasie Afrikaanssprekendes het Engels hoŽr aangeskryf as Afrikaans en Xhosa.

Voorts is Engels deur Xhosasprekendes, Engelsprekendes en van die Afrikaanssprekendes uitgewys as die “beter keuse” vir onderwys. Alhoewel daar ’n klein persentasie Afrikaanssprekende ouers was wat verkies het dat hul kinders in Engels opgevoed word, was daar ’n baie positiewe gesindheid jeens Afrikaans te bespeur en is Afrikaans deur hulle as net so belangrik soos Engels uitgelig. Xhosa is deur 85% van Afrikaans en Engelssprekende leerders nie as nodig geag in die onderwys nie. En op die vraag watter taal hulle graag sou wou verwerf, het byna alle Afrikaanssprekende en Engelsprekende leerders ’n Europese taal bo ’n Afrikataal verkies. Die grootste persentasie Xhosasprekendes het nie Afrikaans as belangrik geag nie.

Al sou die taaltoevoegingsmodel, wat in essensie neerkom op moedertaalonderrig met die toevoeging van een of meer tale, die mees wenslike keuse vir Suid-Afrikaanse skole wees, sou die erfenisse van die vorige taalbedelings, soos hierbo uitgelig, die realisering daarvan negatief beÔnvloed. Die effektiewe implementering van die model hang dus af van die mate waartoe genoemde realiteite gehanteer word.

Dit is voor hierdie uitdaging dat elkeen van ons staan. Die vraag is net: Wat gaan ons hieromtrent doen? Wil ons deur in isolasie te bly monotaligheid in die hand werk, of wil ons Afrikaans bevorder deur ’n proses waar uitgereik word na tale wat vanweŽ die sameloop van verskeie faktore soortgelyke probleme as diť van Afrikaans ervaar?

Ons, die Departement Afrikaans en Nederlands aan die UWK, het reeds 3 jaar gelede die uitdaging aanvaar om Afrikaans se rol en funksie te herdefineer: vanaf ’n taal wat ten koste van gehandel het tot ’n taal wat tot voordeel handel. Vir ons het Afrikaans nou die psigiese sentrum geword waarbinne verskeidenheid erken word, terwyl Afrikaans, deur IiLwimi, tersefdertyd die fisiese ruimte bied waarbinne veeltaligheid daadwerklik bevorder word. Die resultate hiervan is ongelooflik.

In die 40 skole waar ons tans werksaam is, is tydens ’n reeks werksessies baie interessant bevindinge gemaak: opvoeders het nog nie werklik krities gereflekteer op hul taal-in-die-onderwyspraktyk nie en het daarom nie werklik die insigte om die volle impak van taalkeuses op die leerproses te besef nie. In die geval van die ouers was dit opvallend hoedat keuses vir mense gemaak word deurdat tale nie oor dieselfde mag beskik nie. Ouers maak “die beste” keuses vir hul kinders en die “beste” word deur die dominante groep gemaak.

Voorts is die huidige talige praktyke deur beide opvoeders en ouers beskou as “natuurlik”, as “normaal” en is die ongelyke magsverhoudinge tussen tale as ’n blote toevalligheid beskou.

NŠ ’n reeks taalbewusmakingswerkswinkels was dit opvallend hoedat die nuut-gekonstrueerde wÍreld van veeltaligheid as bate betrokkenes se houdings en daarom hul keuses beÔnvloed het.

Afrikaans, Xhosa en Engels word nou as ewe belangrik beskou. Afrikaanssprekende leerders voel dat Xhosa op skool erken moet word en Xhosasprekendes voel dieselfde teenoor Afrikaans. Dieselfde bevindinge is gemaak ten opsigte van die opvoeders. Ouers verkies nou dat hul kinders blootgestel word aan al drie tale.

Al 40 skole het die noodsaak vir die herbesinning van hul huidige taalonderwysmodelle aangedui. Almal verkies nou ’n taalonderwysmodel waarbinne al drie tale gelyke erkenning geniet. Die keuse het by almal op die taaltoevoegingsmodel geval, maar die groot uitdaging het veral in die 11 veeltalige skole gelÍ. Ouers en opvoeders sou nie leerders op linguistiese gronde van mekaar wou skei — dit sou neerkom op segregasie. Die aanvraag was na ’n taalonderwysmodel wat toegang tot die eerste taal, maar ook tot die ander tale sou verseker.

Die implementering van enige vorm van die taaltoevoegingsmodel sou egter nuwe uitdagings stel. Afrikaanssprekende en Engelsprekende opvoeders is nie Xhosa magtig nie, terwyl baie Xhosasprekende opvoeders nie Afrikaans magtig is nie. Ook die onbeskikbaarheid van relevante leermateriaal in Afrikaans en Xhosa sou ’n hindernis wees.

Dit is nou 10 maande later en strategieŽ vir die positiewe hantering van veeltalige kontekste is in die proses om ontwikkel te word en opvoeders het reeds die basiese kommunikasievaardighede verwerf in die taal wat hulle nie kon praat nie. Veeltalige leermateriaal is ontwikkel. Mense uit die gemeenskap is opgelei as taalhulp, die sg. Language Aides, om as fasiliteerders in die veeltalige klaskamers benut te word. Opvoeders van ex-DOO-skole is gekoppel met opvoeders van ex-RVV- skole en hulle werk tans nou saam.

Die resultate hiervan is onder meer: verbeterde akademiese prestasies, verhoogde selfbeeld van leerders en verbeterde taal- en kulturele verdraagsaamheid. Dit is baie duidelik merkbaar dat die sosiale verhoudings tussen leerders en opvoeders van verskillende linguistiese agtergrond verbeter het.

In die lig van hierdie bevindinge is dit vir my baie duidelik dat enige aksie om slegs Afrikaans te bevorder Afrikaans sal seermaak. Dit was juis hierdie nuut-gedefinieerde rol van Afrikaans wat die verspreiding en groei daarvan bevorder het. Is dit nie insiggewend dat die aanvanklike bevindinge betreffende Xhosasprekendes se houding ten opsigte van Afrikaans radikaal verander het sedert Iilwimi begin werk het in hierdie skole nie? Dit is my oortuiging dat dit slegs binne ’n veeltalige konteks is dat tale kan gedy. Maar dan moet ons die wil openbaar om uit te reik.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.