SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Afrikaans: 'n Koalisie van gewilliges is nodig*

Chris Brink

is 'n akademikus en tans visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch. Klik hier om sy webwerf te besoek
  Chris Brink

Inleiding

Voorsitter, dames en here, namens die Universiteit, welkom op Stellenbosch.

Dankie en geluk aan NTLA met die idee van 'n nasionale taalberaad.

Van die universiteit af: ons stem saam dat 'n nasionale strategie vir Afrikaans 'n goeie idee is. Ons voorsien 'n koalisie van gewilliges wat dit sal waar maak. En ons ondersteun ook heelhartig die opdrag wat die sprekers van die organiseerders gekry het: "Hou dit prakties!" In die gees daarvan, dan, bied ek graag 'n paar sobere opmerkings om in gedagte te hou by die ontwerp van so 'n strategie.

1. Daar is 'n fundamentele asimmetrie tussen Engels en die ander tien Suid-Afrikaanse tale

Met Engels is dit moontlik om eentalig te wees in die wreld van vandag. Met Afrikaans (of Xhosa, Tswana of enige ander klein taal) is dit nie moontlik nie. Dit is die realiteit - al kla ons ook hoe oor die taal-arrogansie van die eentalig-Engelssprekende.

Een gevolg hiervan is dat die meeste mense, wat ook al hulle moedertaal, graag Engels k wil kan praat. Maar die omgekeerde geld nie. Die moedertaal-Engelssprekende het geen fundamentele rede, ander as belangstelling of spesifieke omstandighede, om 'n ander taal aan te leer nie, want jy kan oral regkom met Engels. Presies dieselfde feit beteken egter dat alle ander moedertaalsprekers 'n fundamentele rede het om Engels te kan verstaan en praat.

Dit het nie net met getalle te doen nie. Daar is meer as 'n miljard Sjineessprekers. Maar by universiteite in Sjina leer nagraadse studente Engels - terwyl hulle op Oxford en Cambridge, Princeton en Stanford nie Sjinees leer nie. Deur 'n sameloop van omstandighede, ten regte of ten onregte, het verengelsing deel geword van globalisering. Dit is nie noodwendig iets wat aangedryf word deur enigiemand nie. Dit het 'n natuurlike dinamiek, soos water wat teen 'n bult afloop. Dit beteken dat as jy jou bekommer oor verengelsing, dan moet jy dit eerder aanspreek as 'n soort natuurkrag as om dit te probeer aanspreek as 'n soort sameswering.

Beskou byvoorbeeld die situasie waar jy 'n boodskap wil oordra aan 'n groterige groep mense. Tipies is die kanse groter dat almal kan Engels verstaan en praat as dat almal enige ander van die tien Suid-Afrikaanse tale kan verstaan. Nou het jy as Afrikaanssprekende 'n dilemma: Gaan jy jou boodskap in Afrikaans oordra om Afrikaans te bevorder? Indien wel, loop jy die risiko dat jou boodskap eenvoudig verlore sal gaan vir diegene wat nie Afrikaans verstaan nie. Of gaan jy dit in Engels oordra? Indien wel, lyk dit of jy eintlik oorgee daaraan dat Engels noodwendig die verstek-opsie is. Die enigste antwoord skyn te wees dat wat jy doen, afhang sowel van wat jy graag wl doen as van wat jy kn doen, gegee die omstandighede.

Die meer algemene punt is dat praktiese aspekte en markkragte verskil van besigheid tot besigheid. Onder andere moet ons onderskei tussen diegene wat hulle besigheid in Afrikaans bedryf, en diegene vir wie Afrikaans self hulle besigheid is. Om 'n voorbeeld te noem: daar is 'n besigheidsverskil tussen Vlottenburg Wynkelders (onlangs herdoop na Stellenbosch Hills), en Die Burger. Vlottenburg kan wyn verkoop in enige taal (hoewel mens sou kon argumenteer oor wat hulle beste bemarkingstrategie is). Die Burger kan egter nie bestaan behalwe in Afrikaans nie. Vlottenburg Wynkelders se besigheid is wyn - en vir hulle is taal 'n ekstra. Die Burger se besigheid is Afrikaans - vir hulle is taal deel van hulle besigheid.

Feit is dat mense praktiese taalkeuses maak. Die fundamentele asimmetrie beteken dat daardie praktiese keuses makliker uitkom aan die kant van Engels as aan die kant van Afrikaans, en 'n nasionale strategie vir Afrikaans sou hiervan deeglik moet kennis neem. (Dis die moeite werd om by te voeg dat presies dieselfde oorwegings geld vir die ander nege plaaslike tale wat nasionale status geniet.)

2. Daar is 'n verskil tussen die wreld soos wat hy is, en die wreld soos wat hy behoort te wees. Ons moet werk met die wreld soos wat hy is, meer as om te praat oor hoe die wreld behoort te wees.

Maar hoe? Om hierdie vraag te beantwoord wil ek 'n rukkie in die bre gesels oor die metodologie van diskoersvoering1.

Een van die internasionale organisasies waaraan ons as Universiteit behoort is die Association of Commonwealth Universities (ACU) - 'n losse netwerk van bykans 500 universiteite in die Statebondslande. Dit is 'n nuttige manier om op hoogte te bly van bewegings in die universiteitswese. Tien jaar gelede, in 1994, het die destydse sekretaris-generaal van die ACU, ene Michael Gibbons, saam met 'n aantal ander outeurs 'n invloedryke boek gepubliseer, getitel The New Production of Knowledge2. Die gedagte van daardie boek is essensieel dat die einde van die Koue Oorlog saamhang met meer veranderinge as net die oorgang na 'n wreld met slegs een supermoondheid. Dit hang naamlik saam met die oorgang van wat Gibbons et al 'n "Mode 1 Society" noem, na wat hulle 'n "Mode 2 Society" noem. Verbeeldingloos soos wat hierdie terminologie ook al mag wees, het die gepaardgaande begrippe tog die verbeelding aangegryp en wyd inslag gevind in die hor onderwys - ook hier in Suid-Afrika, in die gedagtes van ons onderwysbeplanners. Ek glo dit kan ook van nut wees vir die huidige gesprek oor taal.

Die essensie van die saak is tweeledig. Eerstens, dat in die post-Koue Oorlog-era, die voorheen-aanvaarde afstande tussen die groot instellings van die samelewing grotendeels verdwyn het. Die vorige duidelike grense tussen die staat, die sake- en bedryfsektor, en die burgerlike samelewing het vervaag, en elk begin toenemend 'n invloed uit te oefen op die besluitnemingsprosesse van die ander. Vanuit die universiteitsektor kan ons beslis hierdie waarneming staaf: al drie hierdie rolspelers (die staat, die sake- en bedryfsektor, en die burgery) voel duidelik dat hulle deel behoort te wees van die besluitnemingsprosesse van die universiteit.

Die tweede verskil is dat waar die vorige Modus 1-samelewing gegrond was op 'n Newtoniaanse model van meganistiese besluitneming in terme van linere ordenings, word die nuwe Modus 2-samelewing deurspek deur onsekerhede, kompleksiteit, en 'n oper, meer eksperimenteel-georinteerde benadering tot verandering. Die idee van kompleksiteit is kernbelangrik hier. Dit beteken nie net dat dinge meer ingewikkeld is nie. Dit het ook die tegniese betekenis van komplekse dinamiese stelsels wat op mekaar inwerk op sodanige wyse dat daar 'n inherente onvoorspelbaarheid aan die hele totale sisteem is. Die interaksies is sogenaamd nieliner, wat beteken dat jy nie die uitkomste kan voorspel deur eenvoudig te ekstrapoleer vanaf die insette en die werkinge van die onderskeie stelsels self nie.

Vir diegene wat belangstel in sulke dinge beveel ek graag die intreerede aan van een van ons professore in Filosofie, prof Paul Cilliers3. Daar was ook 'n interessante gesprek met Paul hieromtrent in Die Burger van 3 Junie vanjaar.

En om nou my eie stuiwer in die armbeurs te gooi wil ek graag 'n onderskeid tref wat ons by die universiteit baie nuttig vind in ons eie denke oor die komplekse en dinamiese prosesse wat ons moet bestuur. Dit is naamlik dat ons 'n oorgang beleef van 'n wreld van "of" na 'n wreld van "en".

Baie van ons het ons wortels in die tyd en die wreld van "of". In hierdie wreld het ons mense, idees en aksies maklik en gerieflik gekategoriseer, indien nie gestereotipeer nie, as die een ding f die ander. Alles was, by wyse van spreke, wit of swart. Jy was Afrikaans of Engels, 'n Matie of 'n Tukkie, van die kampus of van die dorp. Dinge was reg of verkeerd, goed of sleg, mooi of lelik, eerste of laaste, wen of verloor, vriend of vyand, alles of niks. Oor enige saak was jy vir of teen; in enige omgewing was jy een van ons, of een van hulle. Op enige vraag was daar 'n antwoord, en die toekoms was, in beginsel indien nie in die praktyk nie, 'n voorspelbare uitkoms van die verlede.

Die nuwe realiteit, in die wreld van "en", is een wat erkenning gee aan die gelyktydigheid van verskillende realiteite - selfs wanneer daardie realiteite onskynlik teenstrydig is. Baie van ons praat Afrikaans n Engels, studeer aan Maties n Tukkies, is gemaklik in Suid-Afrika n oorsee, werk as akademici n as besigheidsmense, het nie 'n probleem om mooi en lelik of reg en verkeerd tegelyk raak te sien nie. Toenemend begin ons besef dat verskillende standpunte tegelyk mag geldig wees, dat netwerke belangriker is as bastions, dat jy 'n probleem vanuit verskillende hoeke kan benader, en dat besluitneming meer te doen het met die ontwikkeling van 'n proses as met die deurgronding van een of ander voorafbepaalde waarheid. Toenemend het mense 'n eksperimentele en pragmatiese ingesteldheid nodig, eerder as 'n dogmatiese en ideologiese een.

Dit is die Modus 2-samelewing waarvan Michael Gibbons praat. Die lank en kort van die saak is dus - ook, glo ek, vir die taaldebat - dat ons moet wegkom van die linere, meganistiese, Newtoniaanse model van diskoersvoering. Ons moet beweeg na 'n nielinere model van komplekse dinamiese sisteme, met al die onsekerhede wat daarmee gepaard gaan.

Wat beteken dit in praktiese terme?

  • Ons moet leer om te werk met onsekerheid
    Dit is vir baie mense nog ietwat van 'n kultuurskok om te hoor dat die toekoms nie noodwendig 'n linere voortsetting van die verlede is nie. Baie dikwels, in die prosesse wat ons by die universiteit bestuur, hoor ons byvoorbeeld nog die versugting na waarborge. Of jy nou praat oor 'n taalbeleid, of oor akademiese programme, of oor volgende jaar se staatsubsidie, vind ons nog 'n huiwering om te beweeg voor jy nie weet wat die uitkoms van daardie beweging is nie. My eie siening is dat daar nie meer waarborge is nie, dat as jy wag vir sekerheid voor jy beweeg, dan gaan jy nie beweeg nie, en as jy nie beweeg nie, gaan jy agterbly.

  • Ons moet leer om saam te werk met diegene van wie ons verskil
    Meer: ons moet leer om saam te werk terwyl ons verskil, en ook dat ons kan verskil terwyl ons saamwerk. Die metafoor van verskillende kampe van vriende en vyande is die metafoor van die vorige Modus 1-samelewing. Wat ons nodig het, is die netwerke waarbinne almal deels medewerker en deels kompetisie is. Ons moet leer om te kan saamwerk met diegene met wie ons kompeteer, en kompeteer met ons medewerkers. Daar is nou selfs 'n mooi nuwe Engelse woord hiervoor: co-opetition. Dalk kan die Taalberaad 'n paslike Afrikaanse term ook uitdink en begin gebruik.

  • Ons moet leer hoe om oor die tradisionele grense heen met mekaar te praat 
    Oor verandering, oor onsekerheid, en oor verskille. Mens sou byvoorbeeld kon vra of 'n taaldebat in die briewerubrieke van Die Burger enige jota verskil sal maak aan die persepsies oor Afrikaans onder nie-Afrikaanssprekendes, siende dat mense wat nie Afrikaans magtig is nie, of nie belangstel in Afrikaans nie, gewoonlik nie Die Burger lees nie. Mens sou ook kon opmerk dat baie van ons retoriek nog vasgevang sit in die metafore van mag en stryd wat die Modus 1-samelewing gekenmerk het. Ek hoor maar nog alte dikwels van "ons" en "hulle", van ruggraat styfmaak, van hakke inslaan, van 'n streep in die sand trek, van staan op jou regte. Ek dink ons het nog nie 'n behoorlike gesprekswyse ontwikkel vir die Modus 2-samelewing nie.

    3. Die volgende fase van die debat oor Afrikaans moet ook in Engels gevoer word.

    (To practise what I preach I will make this point in English.)

    I believe that the next phase of the debate about Afrikaans is one that should also be conducted in English. Evidently the debate about Afrikaans will continue in Afrikaans, but a national strategy for Afrikaans would have to address the need to make friends and influence people also amongst those who are perfectly capable of understanding the merits of our arguments about Afrikaans, but do not understand Afrikaans itself. Here I have in mind both the national and international contexts. As vice-chancellor of Stellenbosch University I have often had the experience abroad of being asked, "But do you still teach in Afrikaans at Stellenbosch?", in a tone of voice expressing disbelief. It would be very valuable then to have a reasoned exposition available, in English, of what we do, why we do it, and how we propose to carry on doing it. The same is true, I think, at national level. It will not suffice to have supporters of Afrikaans only amongst Afrikaans speakers - just as it would never do to have supporters of rugby only amongst rugby players.

    Afsluiting

    Ek het nou drie punte gemaak oor 'n moontlike nasionale strategie vir Afrikaans. Nou, s nou maar ons doen al drie hierdie dinge, wat gaan ons dan vir die wreld s? Watter argumente het ons tot ons beskikking?

    Ek glo dat 'n nasionale strategie vir Afrikaans minstens vier argumente kan voorhou:

  • Die regverdigheidsargument. Dit het te doen met gelykberegtiging en die grondwet.
  • Die bemagtigingsargument. Dit het tipies te doen met die opvoedkundige waarde van moedertaalonderrig.
  • Die eweknie-argument. Afrikaans hoort saam met, en het soortgelyke probleme as, nege ander van ons nasionale tale. Wat ons doen of regkry vir Afrikaans kan ook ten bate van die ander nege eweknie-tale wees, en dus ten bate van meertaligheid.
  • Die argument van sosiodiversiteit. Gaan daar nog klein tale in die wreld wees oor 100 jaar? Daar kan 'n argument uitgemaak word vir die beskerming van klein tale op dieselfde manier as wat daar op grond van die waarde van biodiversiteit geargumenteer word vir die beskerming van die renwoude, van walvisse, of van volspesies.

    As ons hierdie dinge vir die res van die wreld s, dan is daar ook 'n paar dinge wat ons as Afrikaanses vir onsself moet s, naamlik:

  • Taal kos geld. (Dit is definitief ons ervaring by die universiteit.)
  • Dis nie 'n probleem wat jy oplos nie, dis 'n saak wat jy bestuur.
  • As daar wel 'n vyand is, dan is die vyand ons self.
  • Wat nodig is: 'n koalisie van gewilliges. Dws 'n bre spektrum van samewerkende organisasies landwyd, met gesamentlike verantwoordelikheid.

    En ten slotte, laat ek enkele opmerkings maak spesifiek oor die Universiteit Stellenbosch:

  • Afrikaans is ingebou in ons 5-punt-visiestelling.
  • Taal is een van ons fokusareas.
  • Ons het 'n duidelike taalbeleid.
  • Ons leer soos wat ons voortgaan met die implementering van ons taalbeleid. (En ons leer heelwat harde praktiese lesse.)

    Stellenbosch alleen kan natuurlik nie verantwoordelikheid aanvaar vir Afrikaans nie. Ons kan ons egter wel skaar by 'n koalisie van gewilliges. En ons sal graag wil.







    * Toespraak by die opening van die Afrikaanse Taalberaad gerel deur die NTLA.

    1Die res van hierdie afdeling is 'n aangepaste weergawe onttrek uit 'n praatjie wat ek gelewer het voor die Afrikaanse Handelsinstituut in Kaapstad op 23 Junie 2004.

    2M Gibbons, C Limoges, H Nowotny, S Schwartzman, P Scott & M Trow: The New Production of Knowledge, SAGE Publications, Londen 1994.

    3Te kry by die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Bemarking en Kommunikasie.



    LitNet: 17 Oktober 2004

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.