SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

  Carel Boshoff IV

Carel Boshoff IV

is lid van die Noord-Kaapse Wetgewer en Hoof Uitvoerende Beampte van die Orania-beweging.

Die grondvraag is die grondvraag: grond en demokrasie in Suid-Afrika

Carel Boshoff IV

Meneer/Mevrou die voorsitter, dames en here

Dit is geen geringe geleentheid ůf verantwoordelikheid om vandag oor hierdie wesenlike saak, die grondvraag in ’n demokratiese Suid-Afrika, met u te praat nie. Daarvoor bedank ek die organiseerders, en met alle respek aan u almal wat daarvan ’n geleentheid maak, moet ek sÍ dit is die verantwoordelikheid wat my snags laat wakker lÍ het. Ek is naamlik onder die indruk dat Afrikaners in besonder die diepte van hierdie vraag die afgelope tyd minder of meer berekend probeer ontduik en ek voel my verantwoordelik om nie aan diť ontduiking deel te hÍ nie. Dit beteken dat ek nie ’n verteenwoordigende standpunt namens Afrikaners in die algemeen probeer inneem of my selfs op die mandaat van ’n bepaalde groep of organisasie wil beroep nie, maar dat ek ’n perspektief wil stel wat ek oortuig is vir Afrikaners toenemend belangrik sal word.

1.
Oor grondhervorming is daar is ’n aantal stellings wat tans die rondte doen en wat ek hier met veiligheid sou kon herhaal en met die verwagting dat dit heelwat instemming sal uitlok. Dit sou stellings soos die volgende insluit:

  • dat grondhervorming inderdaad moet plaasvind, maar dan op ’n verantwoordelike wyse
  • dat onbenutte staatsgrond eerste vir grondhervorming gebruik moet word
  • dat ons ten alle koste ’n Zimbabwe-situasie moet vermy
  • dat kommersiŽle boere se belange nie aan bestaansboere se belange ondergeskik gestel kan word nie
  • dat grondhervorming slegs op die grondslag van vrywillige koper, vrywillige verkoper kan geskied
  • dat grondhervorming nie gepolitiseer moet word nie
  • dat ons met genoeg goeie gesindheid van albei kante ’n wen-wen-oplossing kan vind as ons net hard genoeg probeer.

    Hierdie sewe stellings (en Van Wyk Louw het nogal gesÍ as mens by sewe punte eindig, moet jy nog een soek), hierdie ietwat willekeurige klompie stellings, is om en by ’n kortbegrip van wit middelklas-Afrikaners se antwoord op die grondvraag.

    Nou lÍ dit voor die hand dat hulle elkeen sy eie meriete, maar ook sy eie beperkings het en dat dit binne ’n breŽr konteks beoordeel moet word. Daarvoor moet die veronderstellings wat onuitgesproke, maar heel duidelik, agter elke stelling lÍ, aan die orde kom — iets soos die volgende:

  • Dat grondhervorming op ’n verantwoordelike wyse moet plaasvind, veronderstel dat die huidige grondbesitters se belange beskerming verdien en dat wet en orde, om nie te sÍ rus en vrede nie, gehandhaaf sal word.
  • Dat onbenutte staatsgrond eerste vir herverdeling gebruik moet word, veronderstel dat niemand hoef skade te ly nie en dat die druk op kommersiŽle landbougrond sů aansienlik verlig sal word.
  • Dat ons (in Suid-Afrika) ten alle koste ’n Zimbabwe-situasie moet vermy, veronderstel vir sommige dat ons (B/boere) wragtag nie sů oor ons sal laat loop nie en vir ander dat ons (eintlik hķlle, die landbouers) betyds genoeg moet afstaan om te voorkom dat daar soos in Zimbabwe onweerstaanbare druk opbou.
  • Dat kommersiŽle boere se belange nie aan bestaansboere se belange ondergeskik gestel kan word nie, veronderstel dat grootskaalse voedselproduksie ’n onbetwisbare prioriteit bo enige ander landelike grondbenutting geniet.
  • Dat grondhervorming slegs op die grondslag van vrywillige koper, vrywillige verkoper behoort te geskied, veronderstel die kinderlike geloof dat die vryemark-beginsel inderdaad onaantasbaar is en hou boonop nie rekening met die mate waarin die regering se optrede en regulering van die landboubedryf verkopers se vrywilligheid medebepaal nie.
  • Dat grondhervorming nie gepolitiseer moet word nie, veronderstel ’n onwilligheid om te aanvaar dat sulke grondliggende belangebotsings juis in die politieke arena uitbaklei word — ’n onwilligheid wat teruggevoer kan word na die politieke magsbalans wat so sterk teen die huidige grondbesitters gelaai is.
  • Dat ons desnieteenstaande, nietemin en ondanks alles ’n wen-wen-oplossing kan vind as ons almal net genoeg goeie gesindheid openbaar en hard genoeg probeer, veronderstel dat die kompetisie om skaars hulpbronne en al die konflik wat dit al meegebring het, eintlik net een groot misverstand is wat uiteindelik opgehef kan word deur ons wat ons verbeel dat ons politiek in die teken van ’n wonderwerk staan (ons wat ons taal en universiteite sal offer solank dit aan ’n reŽnboog is).

    U merk dalk teen hierdie tyd ’n tikkie frustrasie met die oppervlakkigheid wat in werklikheid hierdie stellings kenmerk, met ons kollektiewe huiwering om, by wyse van spreke, as ons ’n ploeg sien, dit ’n ploeg te noem. Dit laat my dink aan die onderonsie in The Importance of being Earnest waartydens Cecily vir Gwendoline sÍ: “When I see a spade, I call it a spade”, en Gwendoline terugkap met: “I am glad to say that I have never seen a spade. It is obvious that our social spheres have been widely different.” U sien, wanneer laas het enige van ons ’n ploeg gesien — veral as ons die afbeelding daarvan op oorlede Volkskas se embleem buite rekening laat?

    Dames en here, hier is inderdaad meer as ’n grappie op die spel. Wanneer ons die veronderstellings waarop die voorgaande antwoorde op die grondvraag berus, oorweeg, word dit duidelik dat dit die regte antwoorde mag wees, maar dan op die verkeerde vraag. Anders gestel: die paar gemeenplase waarvan Afrikaners en die organisasies wat hulle belange moet verteenwoordig, hulle bedien wanneer hulle oor die grondvraag praat, is nie bloot in hulle toepaslikheid en oortuigingskrag beperk nie, hulle is deel van die verkeerde diskoers. Om te verduidelik wat ek hiermee bedoel, sal ek die diskoers waarin ons vasgevang is, eers probeer omlyn en dan probeer aantoon voor watter vraag ons in werklikheid gestel word.

    2.
    Die stellings hier bo se grootste meriete lÍ in hulle oŽnskynlike onaanvegbaarheid, maar kom net tereg teen die agtergrond van ’n gemoderniseerde, industriŽle samelewing en die waardes wat dit onderlÍ. Ek verwys byvoorbeeld na die vanselfsprekende beroep op en bevestiging van die vrye mark, grootskaalse produksie, stabiliteit van die markomgewing en vertroue in die ekonomie, die verskraling van politiek tot administrasie en die geÔmpliseerde beroep op oorhoofse en gedeelde strewes en begeertes wat ons verby onwesenlike verskille na oplossings wat deur almal as voordelig beleef word, kan voer — na die “wen-wen-oplossings” van professionele fasiliteerders. En buiten dat hierdie stellings net binne ’n gemoderniseerde, industriŽle samelewing tereg kom, het dit in werklikheid net betrekking op bedryfshervorming in die landbou.

    As dit waar is dat die algemeenste antwoorde wat uit Afrikanergeledere op die grondvraag gegee word, in werklikheid antwoorde is op die vraag hoe transformasie in kommersiŽle landbou met die minimum ontwrigting kan plaasvind, dan word die werklike brandpunt met betrekking tot grond en demokrasie in Suid-Afrika kennelik ontduik. Ontduiking is ’n strategie wat werk solank dit werk, maar as dit ophou werk, begin die moeilikheid. (Ek is seker dit geld nou vir niemand hier nie, maar dalk is hier iemand wat iemand ken wat al belasting ontduik het wat hiervan kan getuig.) Die moeilikheid is dat ons ’n gewigtige, gelaaide, plofbare politieke vraag met ’n beperkte, bedryfsgerigte antwoord tegemoet probeer gaan, ’n bietjie soos — eintlik heeltemal soos — die groot ou wat ’n mes uitpluk in ’n skietgeveg.

    Alhoewel sommige leiersfigure mag dink dat ’n berekende poging om hierdie ander, belangriker grondvraag te verdoesel, die uitkoms van die belangebotsing wat daarin opgesluit lÍ, sal versag, is dit waarskynlik nie die grootste rede waarom Afrikaners in elf tale daaroor swyg nie. Ek vermoed nogal nie dat ons die politieke dimensie van die grondvraag sommer goedsmoeds of uit blote hopeloosheid ontduik nie — hoewel ons ons kollektiewe hopeloosheid nie moet onderskat nie. Ek vermoed dat, om dit nou maar so te noem, die bedryfsvraag sů tussen ons en die werklike grondvraag staan dat dit ’n blinde kol veroorsaak wat tot gevolg het dat ons net planne maak om tussen die riete deur te kom, terwyl ons die krokodil wat daaragter lÍ, nie raaksien nie.

    Maar hoe is dit moontlik? Ek dink dit gebeur omdat Afrikaners deur ’n moderne bril na die wÍreld kyk en eenvoudig verwag dat diť kenmerkend moderne siening sonder meer die maatstaf vir almal se siening is en moet wees. Om dit te verduidelik, moet ons ’n oomblik by die begrip modern of moderniteit stilstaan.

    3.
    Hierdie is nie die plek, en ek is nie gereed om ’n sistematiese behandeling van modernisering en moderniteit aan te bied nie, maar ’n paar tipiese eienskappe van die moderne kan ons tog help om die verskynsel en ons verhouding daarmee beter te verstaan.

    Een is dat modernisering op die oog af ’n eenrigtingproses is — wie dit nie het nie, begeer dit en wie dit het, begeer meer daarvan; dit lyk nie juis of enigiemand genoeg daarvan het en nou minder modern wil wees nie.

    Nog een is dat modernisering en industrialisering saamgaan en dat die twee begrippe dikwels uitruilbaar gebruik kan word. Ekonomies gesproke beskryf modernisering juis die oorgang van ’n agrariese of bestaanslandbou-gebaseerde samelewing na ’n industriŽle of tegnologies-gebaseerde samelewing en kultureel van ’n tradisionele of tradisiegedrewe na ’n inligtings- en produksiegedrewe samelewing.

    Hierdie proses word ook met die woord ontwikkeling beskryf, soveel so dat die mensdom aan die hand daarvan in twee dele uiteenval - en dit is nou nie diegene wat reeds teenoor diegene wat nog nie my skoonma ontmoet het of kroukie gespeel het nie — nee, in alle erns word die mensdom verdeel in die ontwikkeldes teenoor die ontwikkelendes. Tot diť mate is modernisering-industrialisering-ontwikkeling tot universele maatstaf en deug verhef.

    Moderne of ontwikkelde bevolkings is oorwegend verstedelik en in vergelyking met premoderne bevolkings hoogs geletterd. Hulle neem deel aan massaproduksie en massaverbruik — oftewel industriŽle produksie en verbruik binne die sogenaamde ekonomie van skaal en is ingeskakel in ’n monetÍre ekonomie; met ander woorde, hulle gebruik geld of ander waardesimbole om mee handel te dryf. Hulle is tipies hoogs geÔndividualiseerd en bejeŽn die bande van gemeenskap en tradisie met agterdog. Hulle strewe na welvaart en die simbole daarvan, selfs ten koste van wat voorheen as hulle sieleheil gereken sou word, en hulle doen alles in hulle vermoŽ om die gelykheid van alle mense wat hulle bely, prakties te verloŽn en mekaar in prestasie en besit te oortref. Die moderne staat is ook veel meer doeltreffend as sy voorgangers en het ’n sterker greep op die handel en wandel van sy inwoners.

    Maar as dit dan waar is dat modernisering ’n eenrigtingproses is, dat moderniteit tot universele norm verhef is en dat Afrikaners ’n gemoderniseerde bevolking is, wat kan dan verkeerd wees met ’n tipies moderne houding jeens grond en die grondvraag in Suid-Afrika? Afrikaners beroem hulle dikwels en met reg op hulle suksesvolle modernisering gedurende die twintigste eeu, die tyd toe hierdie eienskappe ook van hulle min of meer waar geword het, maar is miskien nog tť ingenome daarmee om die beperkings wat dit meebring, in te sien. Hulle dink hulle hťt reeds wat ander nog begeer, en hulle dink dat dit in hulle guns tel. In terme van modernisering het ons inderdaad wat ander nog begeer, maar of dit in ons guns tel, is ’n heel ander vraag. Dit stel ons voor die diskoers waar dit werklik op aankom.

    4.
    Suid-Afrika kan beskryf word as ’n ontwikkelende samelewing wat voorheen op koloniale grondslae ingerig is en waarvan die grootste deel hulle tans midde-in die traumatiese proses van modernisering bevind. Dit beteken dat die bindinge van tradisie en gemeenskap by hulle aansienlik sterker as by die volledig gemoderniseerdes, die Afrikaners en breŽr blanke middelklas is en dat armoede, bevolkingsverskuiwings — steeds gedwonge, maar diť keer deur die “onsigbare hand van die ekonomie” — en ontworteling nog kenmerkend is, terwyl die struktuur van begeertes en die simbole van welvaart, met hulle ondermyning van tradisionele ordes, reeds begin intree het. Die groot, swart bevolking het sy voete op die pad van modernisering geplaas en span nou elke middel tot sy beskikking in om die (nou wel ontwykende) bestemming te bereik. Die belangrikste middel is staatsmag en die belangrikste simbool daarvan is beheer oor en toegang tot grond.

    Waar die vroeŽ modernisering nog met ’n ondergeskikte verhouding van koloniserende grondbesitters tot ingelyfde bevolking weggekom het, het die verwagtings van modernisering en dekolonisering in Afrika hand aan hand gegaan. By die bevryding van kolonies het die inheemse bevolkings hulle tot militÍre strategieŽ gewend wat enersyds die gekoloniseerde grondgebied sou probeer verower en andersyds die koloniale administrasie onder druk sou plaas. Beheer oor grondgebied het dus ’n sentrale rol in die bevrydingstryd gespeel. In Suid-Afrika met sy mirakelagtige onoorwonne oorgawe kůn die bevryders nie en het hulle wonderbaarlik genoeg nie nodig gehad om enige grondgebied te verower alvorens hulle die regering sou oorneem nie. Dit het egter meegebring dat die volgende teenstrydigheid ingetree het: alhoewel die swart meerderheid Suid-Afrika reeds tien jaar gelede oorgeneem het, is daar baie groot dele van die land waaroor hulle nog nie beskik nie en wat hulle in praktyk nie beheer nie omdat dit nog deur die eertydse vyande besit en beset word.

    Dit is dieselfde teenstrydigheid as wat deur regstellende aksie, bedryfshandveste en swartbemagtigingsoordragte oorkom moet word, maar dit gaan om meer as landbougrond, dit gaan om die land. Interessant om op die Engelse weergawe daarvan te let: in Engels word na “the land question”, “land reform”, “land redistribution”, “landless people”, ens verwys. Engels het skynbaar nie ’n presiese sinoniem vir grond nie, terwyl die Afrikaanse land grootliks met die Engelse land oorvleuel. Grond is ’n kwessie, goed en wel, maar die grond-vraag is ’n land-vraag, want die swart meerderheid wil die land nie net regeer, as ’t ware met ’n volmag van die eienaars nie, hulle wil dit ook besit en beset. Kan hulle daarvoor verkwalik word?

    5.
    Dames en here, dŪt is die polities-historiese agtergrond waarteen ’n welmenende buurman op hierdie oomblik Írens op ’n plaashuis se stoep vorentoe skuif in sy stoel en vir sy vriend van baie jare sÍ: “Ons moet ophou om oor ons grond sentimenteel te wees.” ’n Hele geslag landbouvoorligters, landbouleiers en landboutydskrifte het immers diť boodskap uitgedra: grond is ’n kommoditeit, ’n item op die landbousakeman se balansstaat, en moet as sodanig behandel word. Wat ’n ironie dat hulle onvermoeide arbeid juis nou dat hulle grond in die politieke spervuur beland, vrugte dra. Afrikaners se grootse kulturele prestasie, naamlik suksesvolle modernisering, rus hulle nie toe vir die uitdaging wat die grondvraag stel nie. Dit voorsien ons nie net van die verkeerde antwoorde op die vraag nie, dit het ook vanweŽ die ondermyning van gemeenskap en tradisie ons vermoŽ om doeltreffend saam op te tree, so te sÍ vernietig.

    Afrikaners se verspreidingspatrone en grondbesit is nie die blote gevolg van ekonomiese optimalisering en individuele keuse nie, dit het deur gemeenskapsgedrewe prosesse soos die Groot Trek tot stand gekom en boere het tot met die nuwe plaaslikeregeringsbedeling wat in 1995 ingetree het, landelike Suid-Afrika in vele opsigte geadministreer. Selfs die modernisering van die landbou en die platteland, waarby ekonomiese optimalisering en individuele keuse inderdaad aan die bod gekom het, was, te oordeel aan die Afrikaanse plaasroman wat daaruit voortgekom het, gemeenskapsgebeure wat beslis nie in ’n polities-ekonomiese vakuum plaasgevind het nie. Slegs nou dat ons met die onvolhoubaarheid van ons laat-moderne bestaan gekonfronteer word, beide in die plaaslike sin met betrekking tot ons verspreiding en besit en in die globale sin met betrekking tot ekologiese en ekonomiese bedryfskrisisse, het Afrikaners skynbaar opgehou verstaan dat hulle lotsgebonde is en wil elkeen net sy eie boedel red.

    Dames en here, in soverre ons van grond ’n blote produksiefaktor maak, ’n kommoditeit om te verhandel, in soverre maak ons van onsself niks meer as setlaars nie. In soverre die Afrikaner homself egter as politieke gemeenskap wil herbevestig, sal ons grond as lewensruimte moet erken en bejeŽn. En sou die Afrikaner homself nie as politieke gemeenskap herbevestig nie, sal hy ook as etniese en kultuurgemeenskap die verhoog van die geskiedenis verlaat en van homself vergeet. Om onsself as politieke gemeenskap te herbevestig, is nie dieselfde as om een maal in vyf jaar vir ’n Afrikaanse party te stem nie, of op onkritiese instemming en eendersheid gebou nie. Inteendeel, dit is om op te hou retireer en verskoning maak, om vir meer as net die behoud van gevestigde belange in te tree terwyl die gegewe ordes bevestig word.

    Om ons bestaan te begrond, sal ten minste vereis dat ons die idee laat vaar dat Afrikaners die natuurlike of regmatige eienaars van die Suid-Afrikaanse platteland is of dat alles waaroor ons ooit gesag gevoer, ons in werklikheid toekom. Dit sal vereis dat ons ons diensbaarheid aan die Suid-Afrikaanse gemenebes nie geringskat of aan ’n selfsugtige transaksie vir aanvaarding en blote belangebeskerming uitlewer nie. Dit sal vereis dat ons die digitale optimisme wat grond as 't ware oorbodig verklaar, temper en die virtuele ruimtes wat ons so doeltreffend benut, sien vir wat dit is: virtueel. (Was dit nie vir die regte Oudtshoorn van klip en beton nie, het ons nie nou feesgevier nie; hierdie fees kon ons nie net sowel op die internet gehou het nie.) Om ons bestaan te begrond, sal vereis dat ons selfstandigheid eerder as onmisbaarheid nastreef, en dat ons ophou terugval, maar strategies konsolideer. Ophou terugval, maar strategies en met die oog op volhoubaarheid konsolideer — by name wat ons aansprake op grond en land aanbetref.



    LitNet: 2 Julie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.