SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die s... in my jeans, Madeleine

Izak de Vries

Hoe lekker was dit tog om Boekewêreld weer in my huis te verwelkom die oggend van 17 November. Drie hoera’s aan Danie van Niekerk en die grootmense by die Nasionale Koerante.

Nog ’n hoera (maal drie) gaan aan Madeleine van Biljon se lekker resensie van Madeleine du Plessis se New words and previously overlooked ones / Nuwe woorde en oues wat in die slag gebly het. Soos te wagte was Van Biljon weer in die kol met kritiek op simpel nuutskeppings wat geen verband hou met ons land se realiteite nie, en vol lof vir dié wat werk. Verder het sy tereg die positiewe gebruik van leenwoorde, soos jeans wat nou maar mág in Afrikaans, aangemoedig.

’n Goeie resensie dus, en een wat gerus opgesoek kan word op Naspers se elektroniese argiefruimte indien iemand nie die Boekewêreld in papierformaat kon kry nie. Maar toe sluip daar ’n s in hierdie skrywer se jean(s) en byt my op ’n plek wat maak dat ek lus het om te reageer.

Ek haal die hele paragraaf hier aan:

    Maar met jeans het Du Plessis ’n slag geslaan. As ek nog een keer moet hoor hoe mense praat van ’n jean wanneer hulle jeans bedoel ... In een van Koos Prinsloo se boeke hang hy glad sy “short” oor ’n bedstyl. Hier staan dit nou, swart op wit – jeans is Afrikaans en dis enkelvoud en as jy dink dis te Amerikaans, probeer denimbroek. Dankie, Madeleine (Van Biljon 1999: 12).

Saam met Van Biljon verheug ek my oor die vryer manier waarop ons deesdae mag leen in Afrikaans. Oor elke nuutskepping wat werk, is ek beslis opgewonde, maar dis hoog tyd dat ons hier aan die suidpunt van Afrika erken dat ons deel is van ’n global village. Toe ek op skool was – en dis in Afrikaanse literêre terme taamlik onlangs – was selfs denimbroek nog te “Engels” en “anglisisties”. Klinknaelbroeke is gedra deur motorfietsboewe en los meisies. Punt. Sonder kommas vir maars. En op skool mog ons nie ’n maar aan die begin van ’n sin sit soos Van Biljon dit twee maal (korrek) in haar resensie doen nie.

Ons het dus ver gevorder van my gestrenge skoolhandboeke tot die lekker kleurvolle publikasies wat Pharos vandag publiseer.

Maar daardie s, Madeleine en Madeleine, moet daar een in elke paar jeans wees?

Ek het nou opsetlik die woordjie paar voor gesit, nie net omdat dit gekoppel word aan die groeiende wêreldbevolking wat elk ’n jean wil dra nie, maar ook omdat ons juis hier sit met ’n Amerikaanse woord wat inslag gevind het in ons alledaagse taal en lewenstyl. And they go to the shop to buy a pair of jeans. Of nie? Do the English buy pairs of trousers, while the Yanks simply buy jeans?

Terloops, gaan soek ’n bietjie jeans in The Oxford Illustrated Dictionary. Nada. Hoekom? Die oorsprong van die woord jeans is die jean-materiaal wat oorspronklik uit Frankryk kom. Die feit dat daar ’n woord uit die meervoud gemaak is, word eers later genoem. Die dons van Engeland lig ons sommer op die koop toe in dat die oorspronklike uitspraak nader aan Jan Bam se naam was as aan dié van Gene Hackman.

    jean: (or jãn) n. Heavy twilled cotton fabric; (pl., orig. U.S.) garment, esp. overalls or trousers, of this. [prob. f. Fr. Gênes Genoa]

Die Yanks het dus – vir ’n verandering – die Engelse taalreëls gevolg en ’n s geplaas agter die materiaal toe hulle ’n tweepypige kledingstuk daarvan begin maak, because an English-speaking person wears shorts, terwyl ’n Afrikaanssprekende ’n kortbroek dra. I am wearing glasses in order to type the English bits in this article, maar ek is doodgelukkig met ’n bril vir die Afrikaanse teks.

Neem nou maar die woord eiers. In Nederland en België vra jy om “een ei” as jy bang is vir kolesterol, maar vir “twee eieren” as jy honger is. Op die Suider-Afrikaanse oor was hierdie manier van meervoudvorming vreemd. Dit het eiers geword, want die –en-uitgang is nie bekend in ons geweste nie. Die s is in elk geval gebruik vir die verkleinwoordvorm – eitjes en eiertjes. In Afrikaans was dit ook vreemd om lang uitgange te hê vir die meervoud. Om van ’n enkele ei en dan twee eier / eieren / eiers te praat, is ook nie deel van ons taal nie en so het Afrikaans ’n eier gelê, met die meervoud eiers.

Die woord jeans is, tegnies gesproke, “onvolksmondig” (’n pragtige nuutskepping van Van Biljon self), want ek dra ’n broek, nie broeke of broeks nie. As ons dit as leenwoord erken, dan goed. Dan is dit onvolksmondig, maar ons kies dit so. Wanneer die “volksmond” egter hierdie woord verder, volgens die normale taalreëls, verafrikaans en dit jean maak, het ek nie klagtes nie. Ons dra immers in Afrikaans ’n overall as ons saam met die mechanic die vonkproppe en die koppelaarplaat vervang. (Terloops, vonkproppe is ’n leenvertaling, nie ’n nuutskepping nie. Ons het letterlik die Engels geneem en dit verafrikaans, van daar die –(p)e in die meervoud, vgl. Eksteen 1989: 375 in Botha 1989.)

Dis hoekom Koos daardie short op sy kateltjie gegooi het. Die arme karakter wou maar net paar sonder ’n paar broeke wat obstruksie kon veroorsaak. Dis hoe taal werk. Jy leen, jy vervorm, jy maak nuut.

Die woord boks mag deesdae maar en heelwat mense vind dit al vreemd as ek sê ek hou van ’n lekker stewige doos. Maar dis boks en nie box nie, want ons gebruik nie die letter x in Afrikaans nie, behalwe as dit letterlik “eks” uitgespreek woord (vgl. x-straal).

In my skoolhandboeke is anglisismes, verkeerdelik, beskryf as vreemde (lees Engelse) woorde wat in Afrikaans opgeneem word. Jeans en jean sou beslis as sodanig bestempel word. Ek het eers op universiteit gehoor hoe verkeerd ons arme onnies ingelig was. Of daar hoegenaamd iets soos ’n anglisisme bestaan, is ’n afsonderlike debat, maar dit wil voorkom asof diegene wat baie met taalbeïnvloeding werk, aanvaar dat ’n anglisisme slegs voorkom as dit werklik die Engelse taalreëls navolg en ’n eie konstruksie, insluitende die taalreëls, heeltemal verdring (vgl. Eksteen 1989: 375 en Du Plessis 1989: 478 in Botha 1989).

Die woord jean, sonder die onvolksmondige s, is myns insiens nader aan die Afrikaanse spelreëls as die “korrekte” vorm jeans.

Ek het geen probleem met jeans nie. Daar is nie ’n enkele rede waarom ons dit nie nét so moet oorneem uit die Engels nie. Die rede vir oorname was in die eerste plek die wye, spontane gebruik daarvan. Die Nederlanders het immers lankal die woord jeans in hulle weergawe van die HAT (Van Dale) opgeneem. Daar is egter, taalkundig gesproke, geen rede waarom jean nie ’n wisselvorm kan wees in Afrikaans nie.

Bronnelys

Botha, TJR (hoofredakteur). 1989. Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Academica.

The Oxford Illustrated Dictionary. 1984. Oxford: Oxford University Press.

Van Biljon, Madeleine. 1999. “Nee vir flodderbroek; ja vir jeans en hygswyn”. In: Boekewêreld 17 November 1999.

Nieuw Nederlands handwoordenboek. 1982. Utrecht: Van Dale.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.