SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pionierswerk in kuberruim

Philip John

Briewe deur die lug
LitNet-Skrywersberaad 2001
byeengebring deur Etienne van Heerden

Tafelberg
Kaapstad
2001
Sagteband, 327 bladsye
ISBN 0 624 04067 4
R195

“Ons heil l in ons eie voorhuis eerder as in die res van Afrika of globaal,” skryf Elsa Joubert op bl 208 van Briewe deur die lug . Hierdie bundel van 40 referate uit die LitNet-skrywersberaad 2000 op die internet (www.litnet.co.za/seminaar/001argief.asp) kan beskou word as deel van di “heil” van Joubert, want dit is ’n boek wat lesers lank in die voorhuis vaskeer, of waar hulle ook al lees of dink.

Die bundel is byeengebring deur Etienne van Heerden, die redakteur van LitNet, en is ’n waardige toevoeging tot die pionierswerk van LitNet in die kuberruim.

In die kort inleiding wys Van Heerden tereg op die historiese aard van die beraad, die eerste keer dat Afrikaanse skrywers en kritici “bymekaarkom” sonder om fisiek by mekaar te wees. Die beraad maak ook geskiedenis met die publikasie van die referate op papier omdat die 327 bladsye van die bundel die mees omvattende verslag van ’n Afrikaanse skrywersberaad is wat ons het.

In hierdie opsig lyk dit asof die internet, snaaks genoeg, ’n dissiplinerende uitwerking op die deelnemers gehad het. Miskien het dit te make met die feit dat hul referate dadelik gepubliseer word, en nie, soos by ’n gewone beraad, n afloop daarvan baie keer in die niet verdwyn nie. (Wat het byvoorbeeld gebeur met die bydraes tot die Wits-winterforum van 1991?)

Die enigste uitsondering is Breyten Breytenbach, wat geweier het dat sy openingsrede, “Die bobbejaan agter die bult”, in die papieruitgawe opgeneem word. Dit is jammer, want dit is verstommend hoeveel van die onderwerpe wat op die beraad geopper is, in die openingsrede aangestip is. Hoeseer ’n mens ook al met Breytenbach saamstem dat MC Botha se kras, oorverhitte reaksie op SNet onredelik en ongeskik was, lyk die weglating nou na ’n verkeerde besluit, want Briewe deur die lug staan stewig sonder die openingsrede.

Miskien was die Breytenbach-Botha-insident belangrik omdat dit duidelik gemaak het dat die “nuwe” kulturele terrein van die internet nog heelwat groeipyne moet beleef en dat ons nog baie denke gaan tekom wat profeties in die openingsrede “rasend histeries en vuil kinderagtig” genoem word. Dit lyk ongelukkig asof baie mense die nuwe medium (nog) sien as “’n vrybrief tot bandeloosheid”, soos Johan Degenaar dit baie mooi stel. (Nog ’n mooi frase van hom is sy verwysing na Chris Louw se “bliksem-brief” op bl. 187.)

Die referate in die bundel is op dieselfde manier as in die web-weergawe onder ses rubrieke gegroepeer, soos “Erfgoed”, “Die vaders, die moeders”, “Hibriditeit” en “Afrikaans-wees in Afrika en die wreld”.

Vreemd genoeg het min van die bydraes spesifiek met die letterkunde te make, soos wel die geval is met Hennie Aucamp se “Gewete op bestelling”, Jeanette Ferreira se “Riempiesbanke”, Hannes van Zyl se “Die boek in Afrikaans, rondom 2000” en die bydraes van Achmat Dangor, Marita van der Vyver, Deon Meyer en Annari van der Merwe. In baie opsigte laat die bundel eerder die indruk dat die deelnemers besig is met onderafdelings van die vak kultuurstudie. Dit is waarskynlik as gevolg van die groot rol wat die kwessie van “identiteit” in die referate speel, of dit nou te doen het met die erfenis van apartheid (Kirby van der Merwe, EKM Dido, Jakes Gerwel en Elias Nel), met die modieuse term “hibriditeit” (Alfred Schaffer, Gunther Pakendorf, Steward van Wyk en Herman Wasserman), met Afrikanerskap (Johan Rossouw, Dan Roodt, Chris Barnard en Johan Degenaar), of met Christenskap (Christina Landman).

Die teenstrydighede, botsende perspektiewe en inkonsekwensies wat hier l en flonker, sal enigeen met ’n bietjie vrye tyd en ’n basiese logiese vernuf ’n wonderlike tyd besorg.

Die uiteenlopendheid van die bydraes doen egter nie afbreuk aan die aantreklikheid van die bundel nie, want dit is eintlik wat ’n mens sou verwag van ’n kuberberaad in ons postmodernistiese tye.

In hierdie opsig staan die bundel in sterk kontras met beraad-bundels soos Die Sestigers, oor die 1973-Somerskool aan die Universiteit van Kaapstad, Swart Afrikaanse skrywers (1985) en Die reis na Paternoster (1997) waar veel meer sprake is van ’n duidelike fokus.

Een van die gevolge van di verskeidenheid in Briewe deur die lug is dat die meeste lesers maklik iets sal vind wat tot hulle spreek. Dat die bundel in die kuberruim ontstaan het, is uiteindelik ’n bysaak, want dit slaag voortreflik as onafhanklike eenheid. En as die bundel dan wl saamgelees word met die beraad en die elektroniese gesprekke op LitNet, bied dit fassinerende dinkgoed oor aspekte van die eietydse kultuur.

Vir my het die bundel bewys (sonder om die kuberruim af te skryf) dat die boek koning bly. Die lees van ’n boek bied ’n heel ander ryker, intenser ervaring as die lees van dieselfde materiaal op die web. Dit kan wees dat mense wat saam met die nuwe medium grootword, ’n ander ervaring sal h, maar vir my is papier in die hand meer werd as ’n muisknoppie onder die vinger en voel Briewe deur die lug soos die kersie op die kuberkoek.

Philip John is ’n deeltydse dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Port Elizabeth.

Die resensie het in Die Burger, Kaapse dagblad, verskyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.