SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die ander Afrikaanse gemeenskap en die opposisie-politiek

Henry C Jatti Bredekamp

Die Burger-lesingreeks, KKNK, Maart 2002

Uit die aangepaste titel van my bydrae hier kan u reeds agterkom waar ek die klem vanmŰre gaan laat val. Nietemin, soos u weet, opposisie-politiek in die Westminster-tradisie is die voortdurende soeke na geleenthede om die regerende party of koalisie se kwesbaarheid bloot te lÍ. Die hoop is om hulle in ’n volgende verkiesing te verslaan.

Diť benadering van die Demokratiese Party/Alliansie en hulle bondgenote in die Afrikaanse gemeenskap kon tot nou toe nie veel hond haaraf maak onder ANC-ondersteuners in die breŽ swart geledere nie, bruines ingesluit. Dit is skynbaar teen hierdie agtergrond dat opposisie-gesante uit Afrikaner- of Afrikaanse geledere met hierdie oop gesprek vanmŰre wil probeer bepaal hoe die regerende koalisies op die drie owerheidsvlakke vůůr die verkiesing van 2004 veel mťťr kwesbaar gemaak kan word. Ek wil egter vanuit ’n ander invalshoek die dilemma van die Afrikaanse gemeenskap en die opposisie-politiek by u aan die orde bring.

My benadering tot die onderwerp word, soos u spoedig sal agterkom, nie net sterk beÔnvloed deur wat ek soggens in Die Burger of Sondae in Rapport oor veranderende Afrikaner-identiteit lees nie. As Afrikaans-geborene uit die Overberg van die middel-twintigste eeu kom ek van ’n sendingreservaat. My vroegste leef- en denkwÍreld is binne daardie sosiale milieu en Afrikaanse taallandskap aan my geopenbaar, al het ek sedertdien tot stadsjapie en kwasiwÍreldburger gevorder. In diť proses het ek, vanweŽ anti-apartheid blootstelling, ’n wedergebore Afrika(aanse) mens geword.

Danksy hierdie renaissance kon ek nie terugdeins toe die filosoof Johann Rossouw my vroeŽr vanjaar ter elfder ure oproep om op hierdie PaasmŰre met u ’n oop gesprek oor Die Afrikaanse gemeenskap en die opposisie-politiek te kom inlei nie. Dit doen ek nou aan die hand van drie kernpunte.

1. Die politiek van identiteit en Afrikaanse terminologie-wysigings

Daar skyn geen twyfel te wees nie dat die lesingreeks-organiseerders doelbewus op die term “Afrikaanse gemeenskap” in plaas van “Afrikaner-gemeenskap”‘ besluit het. Hulle keuse dui op ’n ontwikkeling in hoofsaaklik Afrikaner-geledere in die diskoers oor die politiek van identiteit. In diť verband herinner ’n Volksblad-joernalis ons verlede jaar, met verwysing na terminologieskeppinge in die Afrikaanse pers en media oor Afrikaner-identiteit, daaraan dat:

VanweŽ politieke verwikkelinge word Afrikaanssprekendes deur talle mense reeds as Afrikaanses beskryf en nie as Afrikaners nie.[1]
Die gebruik hiervan, asook die nuwe neiging om die term “Afrikaanse gemeenskap” die afgelope dekade meer inklusief aan te wend, verteenwoordig ’n betekenisvolle klemverskuiwing in progressiewe wit Afrikaanse denke sedert wyle Jan Rabie se polemiese stelling in April 1961 aan Die Burger:
Elkeen in ons land is vandag mens, wÍreldburger, Suid-Afrikaner, en dan ook nog Afrikaner. As ek dan as Afrikaner moet bepaal wat ’n mede-Afrikaner is, kom ek net by een eenvoudige waarheid uit: almal wat saam Afrikaans geskep het en saam Afrikaans praat.[2]

Diť sentiment van diť besonderse Sestiger, wat ons enkele maande gelede in die aarde van prekoloniale Chainokwa- en Hessekwaland by Onrustrivier gaan weglÍ het, ondergaan deesdae ’n anderste wedergeboorte in die opposisiepolitiek van postapartheid-Suid-Afrika. Rabie se post-Paryse wroeging van die laat vyftigs oor “Hoe kan ek my agtergrond met een slag afskud?”[3] het in die negentigs en vroeŽ tweeduisends ook talle in die Afrikaanse gemeenskap se dilemma geword.

Dit is myns insiens haas ondenkbaar dat Afrikaanssprekende mense teen wie op grond van hul Khoisan-erfenis, slawe-oorsprong of Bantu-sprekende herkoms gediskrimineer is, nou weens politiek-gedrewe oorwegings ’n uitnodiging tot mede-Afrikanerskap kan aanvaar. Jan Rabie se “eenvoudige waarheid” is as gevolg van die Nasionale Party se groot andersmaak van ons met ’n Khoisan-en slaweoorsprong, in die Suider-Afrika nŠ 1948 as onwaar beleef.

VanweŽ die historiese bagasie wat die konsepsuele term “Afrikaner” met hom saamdra, sal almal buite die genealogiese ruimte van JA Heese se Die Herkoms van die Afrikaner 1657-1867 uit die jaar 1971, nooit werklik vir hulle onder die woord “Afrikaner” ’n respektabele tuiste kan vind nie. Daarom verbaas die nuwe Afrikaanse strydros, dr Christa van Louw uit Abraham Esau se Calvinia se heftige reaksie, soos gerapporteer in Beeld verlede jaar, my nie: “Moenie sÍ ek is ’n Afrikaner.”[4]

Toevallig lees ek enkele maande later in Carel Boshoff IV se pamflet, Afrikaanse Rewolusie van November 2001, ’n belydenis dat hy “geen antwoord op die grondvraag — is daar nog ’n Afrikanervolk? — kan gee nie.” Wat hy wel vermoed, is dat daar in die Afrika-eeu nog vir hom “’n Afrikaanse lewe [sal] wees”‘, want “Ek is nie vir onderhorigheid gebore nie.”[5]

Hier vind Carel Boshoff moontlik aansluiting by Martinus van Schalkwyk se parlementÍre standpunt oor die Afrikaner: “Die essensie van die Afrikaner se siel is Afrikaans.”[6]

’n Sensitiwiteit vir die etikettering van ’n teikengroep Afrikaanssprekendes as “bruin Afrikaners” het skynbaar reeds in die vroeŽ negentigs by Van Louw se Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans, en die latere Die Groep van 63, ’n Afrikaans-terminologie-wysiging in die hand begin werk. Bruin en/of swart Afrikaanssprekendes is langs hierdie weg by die Afrikaner se taalpolitiek van die nuwe Suid-Afrika — dws die opposisie-politiek — betrek, veral op literÍr-akademiese vlak.

In hoeverre daar egter oor ’n wye spektrum (dws met die sowat 2,8 miljoen wittes en sowat 5,8 miljoen bruines[7] se taalverteenwoordigers) buite die akademiese vlak reeds met Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners oor die aanname van “Afrikaanses” of “Afrikaanse gemeenskap” as ’n inklusiewe identiteitsmerker onderhandel is, kon ek nog nie vasstel nie. My aanname vir die doel van hierdie oop gesprek is nogtans dat swart, en meer bepaald, bruin mense, oftewel mense van slawe- en Khoisan-herkoms wat steeds Afrikaans as huistaal aanwend, by hierdie debat ingesluit word. Hoedanig hulle hulle egter as deel daarvan en die opposisie-politiek beskou, wag ek vir hierdie oop gesprek om vir u en my duidelikheid oor te bring.

Nietemin, oor een bepaalde perspektief hierop is ek redelik duidelik: kollektief gesproke verteenwoordig Afrikaanssprekendes van slawe- en Khoisan-herkoms ’n losser en wyer verskeidenheid van politieke verbondenheid aan politieke partye as wat die geval met Afrikaners nog altyd was. Eersgenoemde groep Afrikaanses verteenwoordig vir my die “ander” Afrikaanse gemeenskap wat in vanmŰre se oorhoofse lesingtitel op subtiele wyse probeer ondervang word. Dit is verteenwoordigend van die gemeenskap waaraan ek nog sosiaal met ’n historiese naelstring verbind is.

2. Die opposisie-politiek en die “ander” Afrikaanse gemeenskap

Breedweg is betreklik min “ander” Afrikaanses passievolle taalstryders of partypolitieke aktiviste. Taal is vir hulle meestal hoofsaaklik ’n gebruiksartikel vir kommunikasie en sosiale bemagtiging vanweŽ hul histories-bepaalde koloniale taalidentiteit. Die inheemse antieke taal van hul voorsate is in die gang van hulle koloniale geskiedenis grootliks aan ’n sosiale afsterwe onderwerp. Sodoende het daar onder die ander Afrikaanse gemeenskap uit die inheemse en vroeŽ slawebevolking mettertyd ’n historiese patroon van taalbemagtiging ontwikkel: hulle bemeester en gebruik die een tot tyd en wyl ’n ander heersende taal weer baasgeraak moet word, hoe pynlik ook al die proses. Dit was immers die geval met ons van Van Riebeeck tot Mandela.

Wat egter hier nie uit die oog verloor moet word nie, is dat politieke verwikkelinge hier te lande ons reeds lank voor die 1990’s deel van ’n ander Afrikaanse gemeenskapstradisie gemaak het. Dit spruit uit ’n vroeŽre politieke beklemtoning van ons voorouers se andersheid as medetaalgenote ter regverdiging van hul uitsluiting uit projekte ter bevordering van ware Afrikaner-identiteit. Hulle is nie as medetaalgenote na waarde geskat nie. Die identiteitsdilemma wat vir hulle daaruit voortgespruit het, maak dat so baie van ons as eerstegenerasie middelklas “ander” Afrikaanssprekendes ons kinders van moederskoot af in die Engelse taal maar laat grootword het — veral in die stad en gaandeweg op die platteland. Die gevolg is dat heelwat huidige meningvormers oor die taal uit die ander Afrikaanse gemeenskap waarskynlik ’n laaste geslag Afrikaanssprekendes verteenwoordig.

Maar hulle staan polities gesproke nie onverskillig teenoor diť taal waarin hulle in hul jongelingsjare hul lewens- en wÍreldbeskouing gevorm het nie. Hul deelname aan die Afrikaanse politieke taaldebat is ter wille van die menseregte-ideaal van taalgelykheid, en staan nie in die teken van ’n taaldebat per se nie! Hul deelname aan die taaldebat is ’n manier om in die bresse te tree vir daardie agtergesette bruin gemeenskap waaruit hulle in die apartheidsjare ontspring het. Dit is hul manier van dankie sÍ aan gewaardeerde ouers en ’n gemeenskap waarvan hulle eens deel was — en hopelik nog deel is. Maar hul deelname aan die taaldebat is nie omdat hulle ’n Afrikaner-passie vir die taal het nie, al geniet ons die lees, skryf en aanhoor daarvan in al sy nuanses.

Prosesse voor en tydens die ondergang van apartheid het meegewerk tot die groeiende ontwaking in die “ander” Afrikaanse gemeenskap oor hulle Khoisan- en, in ’n mindere mate, slawe-verwante identiteit — ’n identiteit wat hom vorentoe moontlik betekenisvol in beide die regerende en opposisie-politiek kan laat geld. Die uitkoms hiervan sal onder meer bepaal word deur in hoe ’n mate ’n beduidende sektor van die “ander” Afrikaanse gemeenskap se belange in kultuur, erfenis en ekonomiese bemagtiging in die politieke sfeer self ondervang word. Die “ander” Afrikaanse gemeenskap is immers nŠ die onlangse verbrokkeling van die DA skynbaar ewe sterk in beide die opposisie-politiek en die ontluikende regerende politieke alliansie van die ANC/NNP in die Wes- en Noord-Kaap verteenwoordig.

Hoe opvallend is dit nie dat wat die Wes-Kaap betref, was dit juis ’n leier uit die ander Afrikaanse gemeenskap, nou die Griekwa-gebore Wes-Kaapse premier, wat die opposisie-party in die smeltkroes laat beland het. Binne diť politieke ruimte en ander spasies wil sy party nou op ’n anderse manier beide alliansiegenoot en opposisie-gewete vir die ANC-regering wees. Byna soos die KwaZulu-Natals-gevestigde Inkatha Vryheidsparty wie se steunbasis elders as die Afrikaanse gemeenskap lÍ. Die ggressiewe/assertiewe DP/DA begeer egter sterk van Afrikaanse gemeenskappe af om ’n meer effektiewe opposisie-party te kan word.

Nůg die NNP nůg die DP/DA het gunstige kiesersgetalle in die nuwe Suid-Afrika aan hulle kant. Maar die inhoud en gees van die Grondwet kan wel in hulle guns tel. Die Afrikaanse gemeenskap(pe) se belange behoort doeltreffend ondervang te kan word as ons in woord en daad die regering, en alle Suid-Afrikaners se handelinge, voortdurend aan die eise van die Grondwet toets. Dit is in die gees van hierdie grondwet dat ware Khoisan-groepe soos die Griekwas, Namas, áKhomani en andere, toenemend erkenning as verteenwoordigend van die vroegste bewoners begin geniet — al het, soos reeds genoem, sommige se taal ’n sosiale dood gesterf en die meeste van hulle vandag hoofsaaklik hulle saak net op Afrikaans kan stel.

Ten laaste wil ek vir die doel van hierdie oop gesprek enkele wenke aan veral meningvormers in die breŽ Afrikaanse gemeenskap deurgee.

3. Wenke aan Afrikaanses in die opposisie-politiek

  • Oorloop na die ANC: Die mees praktiese wenk aan diegene buite die ANC politieke binnekring wat graag meer effektief die belange van Afrikaanses in die politiek wil ondervang, is seker om maar na die ANC oor te loop so gou as wat die geleentheid hom eersdaags voordoen. Indien Afrikaanses om voor die hand liggende redes egter nie daarvoor kans sien nie, probeer dan versoenend wees in alle pogings om die Afrikaanse gemeenskap se belange in die politiek te bevorder, sonder die prysgawe van grondwetlike beginsels. Die belangrikste hiervan is dat Suid-Afrikaners se gemeenskaplike belange voorop moet staan in hoe ook al die opposisie-politiek bedryf word.

  • Toets van ANC versoenende gebare: In enkele provinsies met beduidende Afrikaanse kiesersgetalle.[8] is daar reeds geruime tyd versoenende ANC-gebare te bespeur. Tot nou toe was dit meer simbolies van aard. Die opposisie met ’n soortgelyke gesindheid, soos die NNP nou skynbaar toon, moet die ANC se opregtheid hierin ongenaakbaar toets aan die ruimte wat vir bemagtiging deur Afrikaans en armoedeverligting binne die breŽ nasiebou program ingeruim word.

  • ’n Mensgerigte benadering: ’n Mens- bo ’n taal-gerigtheidsbenadering in die opposisiepolitiek is inderdaad ’n meer haalbare strategie in ’n demokratiese Suid-Afrika. Opposisie-meningvormers behoort langs die weg ’n strategie van liewer ’n gerigtheid op die bemagtiging van mense wat die taal praat, verder uit te bou as om te fokus op ’n uitgediende taalstryd ter bevordering van Afrikaans. Ontwerp strategieŽ met taalbemagtigingsprojekte vir veral taalkamerade uit die werkersklas wat onder meer bewus gemaak moet word van hul grondwetlike taalregte. So sal hulle in trotse Suid-Afrikaners kan ontluik. As dit toenemend begin gebeur, sal gesÍ kan word dat die “Afrikanergemeenskap” is werklik besig om in ’n “Afrikaanse gemeenskap” te transformeer! Hierin kan Afrikaanse kapitaal en kerk ’n sinvoller medium- en langtermynbydrae lewer.

  • Taalkameraadskap: Aansluitend hierby moet diť Afrikaanse taalstryders ook nog tot ’n meer inklusiewe ontwaking oor taalkameraadskap met andertaliges kom. Derhalwe my advies: Span saam met taalkamerade van ander gemarginaliseerde amptelike tale om sinvolle inhoud aan die grondwetlike voorskrifte oor taalgelykheid te kan gee. Dit sal immers verdere betekenisvolle inhoud gee aan die oproep in ons nasionale leuse op die nuwe ampswapen: “Mense met verskeidenheid kom bind saam”.

  • Kritiese lojaliteit: In ons samebinding moet dit by ook Afrikaanses ten diepste gaan oor ’n kritiese lojaliteit teenoor die optrede en handelinge van ons president en sy kabinet as behoeders van die reŽnboognasie se belange. Ons simboliese lojaliteit jeens hulle mag egter uit niks anders spruit nie as ons verbondenheid aan ons Grondwet en die Suid-Afrika van die drie nuwe nasionale simbole. Dit mag egter nooit ’n lojaliteit van gedienstigheid aan die grille en giere van regerende of opposisieleiers en misdeelde burokrate wees nie, soos tť dikwels in ’n vorige era die geval was.

  • Regstellende aksie: Regstellende aksie, weet ons almal, is reeds in wetgewing vasgelÍ. Ofskoon Afrikaanses oŽnskynlik in die toepassing daarvan in die arbeidsfeer die swaarste getref word, was dit nie allereers as beleidsmaatreŽl teen die Afrikaanse gemeenskap(pe) gerig nie. Dit is ’n beleidstrategie ter wille van die regstelling van vroeŽre onreg in die arbeid, veral op bestuursvlak. Waar daar egter ’n wanbalans bestaan, bly dit ons burgerlike plig om ons te beywer vir die demografies billike toepassing daarvan in ons onderskeie provinsies. Voortgesette positiewe debatvoering en opleiding aan voorheen benadeeldes kan heelwat hiermee help.

  • Wit politieke motiewe: Afrikaanse taalstryders moet Bertie du Plessis se navorsinggefundeerde wenk tog ernstig opneem dat swart (en dit sluit meer bruin) gebruikers van die taal nie sal “tuis voel binne ’n taalbeweging wat deur wit politieke motiewe gedryf word nie. Die enigste manier om die mure tussen die verskillende sprekers van Afrikaans af te breek is om wit politieke agendapunte uit die gesprek te haal.”[9]

  • “Civil society”-drukgroepe: Afrikaanses behoort nie hul hoop vir die ondervanging van hul belange net op politieke partye in die opposisiebanke te plaas nie, maar eerder op “civil society”-drukgroepe oor kleur- en taalgrense heen, waarin hulle as Afrikaanses (al is dit ook op Engels) hulle stem in die gemeenskaplike proteskoor laat hoor, soos in die UDF-dae teen apartheid dikwels die geval was. Span nou saam met internasionale drukgroepe om, waar nodig, die owerheid tot besinning te bring.

  • VOC-gedenkjaar-eksklusiwiteit: ’n Voorlaaste wenk, met verwysing na die neiging tot eksklusiwiteit wat ’n mens bespeur in die aanwending van die Afrikaanse taal in die VOC-gedenkjaar se feesbrosjure vroeŽr hierdie maand in Die Burger.[10] Die kroniek en herinnering van die stigting van die Kompanjie op 20 Maart 1602 swyg soos die graf oor die amptelike herinneringsjaartema vir Kaapstad en die Wes-Kaap: Van verdrukking tot vryheid. Oor die teenstrydighede van die VOC-nalatenskap vir die nakomelinge van die historiese Khoisan en slawe word nouliks enigiets vir die Afrikaanse gemeenskap deur raadsheer Gerald Morkel se Kaapstad en Die Burger gesÍ. Skynbaar as sy bydrae tot ’n regstellende protesaksie is die Wes-Kaapse minister van kultuursake, sport en ontspanning, mnr Patrick McKenzie, nog dieselfde dag die straat op om op meer egte Suid-Afrikaanse werkersklaswyse die VOC se ander nalatenskap te gedenk. Aansluitend hierby herinner die Rotterdamse koerant, NRC Handelsblad, ons vroeŽr die maand so gepas daaraan dat:
    VOC is nooit een feestelijke onderneming geweest. Batavia heette omstreeks 1700 al het “kerkhoft der Europeanen”. Niemand die nu leeft hoeft trots op de VOC te zijn. Het is niet onze verdienste. Evenmin is “schuld” een zinvolle sentiment.[11]

    Graag hoop ek dat die opposisie-politiek saam met die amptelike Nederlandse spreekbuis hier te lande ook vir stemme uit die ander Afrikaanse gemeenskap ruimte daarvoor sal laat, al is dit al amper te laat.

    Ter afsluiting kan ek diť Afrikaanses wat hul hoop in die opposisie-politiek op Afrikaanse politici plaas, herinner aan ’n akademiese bydrae in ’n meer bekende blad, Die Burger van onlangs, waarin gewaarsku is, diť politici het, met enkele uitsonderings:

    Ö te behep geraak met ego-agendas, politieke magversugtings en selfposisionering om hulle effektief te bemoei met die kardinale bedinging vir ’n Afrikaanse identiteit en amptelike taalstatus vir Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika.[12]

    Wie van die sowat 40 parlementariŽrs wat hul korrespondensie in Afrikaans verkies[13] hiermee ’n dwarsklap kry, weet ek nie.

    [1]Volksblad, 4 Mei 2001: ‘Afrikaanses kan mos’
    [2]Jan Rabie, Polemika (1957-1965) (Kaapstad: John Malherbe Edms Bpk, 1966), p.15
    [3]Kyk Rabie Paryse Dagboek versorg deur Andrť P. Brink (Kaapstad: Human & Rousseau, 1998), p. 45
    [4]Neels Jackson, ‘”Moenie sÍ ek is Afrikaner” Konsep lei tot ’n lewendige debat’ Beeld, 25 Junie 2001, p.7
    [5]Carel Boshoff, Afrikaanse Rewolusie (Orania: Spansaam Drukker, 2001), p.29
    [6]Ibid, p.22
    [7]Kyk Ilse Bigalke, ‘Debat oor Afrikaans: lůs verskuilde politieke agendas’ Die Burger, 16 Okt. 2000, p.9
    [8]Ibid: In Noord-Kaap is 69% van die bewoners Afrikaanssprekend en in die Wes-Kaap, 59%
    [9]Bertie du Plessis, ‘Hou op met vae krete oor taal’ Die Burger, 27 Sept. 2000, p.10
    [10]Bylae by Die Burger, 21 Maart 2002
    [11]Roelof van Gelder, ‘Een kruidig mengsel van nostalgie en wetenschap’ NRC Handelsblad, 2 en 3 Maart 2002, p. 49
    [12]Wessel Visser, ‘Afrikaner se identiteit — quo vadis?’ Die Burger, 20 Maart 2002, p.13
    [13]In die Nasionale Vergadering skyn hul teenwoordigheid in partye soos volg te wees: NNP 23, DP 4, ANC 3, IVP 3, VF 3, VA 2. In die Nasionale Raad vir Provinsies: NNP 8 en DP 3.



    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.