SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kinders van die internet: WÍreldburgers?

Carel Boshoff

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002


Meneer die voorsitter, dames en here

1.
Ek is seker u het onmiddellik by die lees van my CV opgemerk dat ek nie ’n lid van die filosofietydskrif Fragmente se redaksie is nie. Maar van een ding kan ek u verseker: as dit bekend moet word van watter fragmentariese aard my notas vir hierdie lesing is, word ek een van die dae genader om ’n spesiale beskermheer te word.


2.
Dit is nogal ’n verrassing om soveel mense by hierdie geleentheid te sien, veral as mens in gedagte hou dat Orania se skou juis ook nou plaasvind.


3.
Maar ek is natuurlik nie hier om flou grappies te staan en maak nie; ek is hier om ’n uitgelese gehoor se insig in die vraagstukke van ons tyd te verdiep. Toe ek nou die aand vir my vriende sÍ ek weet nie hoe om twintig minute lank te praat nie, het almal baie simpatiek saamgestem dat ek sekerlik minstens ’n uur wou gehad het. Toe ek beduie dat ek eintlik bedoel ek weet nie hoe om twintig minute vol te kry nie, wel toe verander die onderwerp.

Een wat geweet het ek verwys nie na ’n argument om die tafel nie, maar na die soort geformaliseerde eenrigting-kommunikasie wat mens ’n lesing noem en wat by my altyd tot so ’n ondeurdringbaar digte verpakking van gedistilleerde stellings in plaas van bewegende argumente lei, vat my toe na die tyd aan die arm en sÍ: doen die ding soos jy gewoond is, dan vat jy die res van die tyd om te verduidelik wat jy bedoel, want dit weet niemand in elk geval ooit nie.


4.
So dit is waar die fragmente toe vandaan kom: ek skryf ’n lesing en ek maak ’n paar aantekeninge daarby en net om te weet waar ek staan, kliek ek op File, Properties, Information — wonderlik wat woordverwerkers vandag alles kan doen — en ek sien dat ek die volgende het om met u te deel:

  • die dokument is geskep op 5 April 2002 om Ö — nee, kom ons laat liewer die tyd hier uit

  • nie geproeflees nie

  • die grammar check sÍ die sinne is te lank, en sy voorgestelde oplossing is: maak die sinne korter. Dis al wat my grammar check ooit sÍ; ek weet nie hoekom kyk ek meer nie

  • in elk geval, daar is


    31 752 karakters
    6 968 woorde met ’n gemiddelde lengte van 12 karakters
    237 sinne met ’n gemiddeld van 29 en ’n maksimum van 114 woorde per sin
    730 reŽls
    147 paragrawe
    18 bladsye
    6 grappies (soos in vind die grappie en wen ’n limonade)
    3 inleidings
    1 mix, DJ Carel se Information mix
    2 goeie argumente
    14 ander argumente
    geen slot nie. (O hel voorsitter, hier is nie ’n slot nie, hoe lank het ek? ’n Uur? Dis wanneer mens te lank aanhou, wanneer jy nie ’n slot het nie. Maar moenie worry nie, hier moet een wees, die ding het hom net nie opgetel nie, dis een van hierdie nuwe weergawes se foute: hulle ruil die inleidings en die slotte om en as jy weer sien, het jy glad nie ’n lesing nie!)
    O nee, gelukkig sien ek hier is 1 lesing; dit sal so 1 minuut 38 sekondes vat om af te laai; die res van die tyd sal ek gebruik om te sÍ wat ek bedoel.


    5.
    Lesing

    Die tema suggereer sterk dat daar tans ’n geslag jongmense is wat as “kinders van die internet” beskryf kan word en wat, deels op sterkte daarvan, besig of gereed is om wÍreldburgers te word. DŪt teen die agtergrond van ’n drasties veranderende omgewing waarbinne die betrokke jongmense uiters beperkte toegang tot, of steun van, die institusionele staats- of samelewingsorde kan verwag; ’n agtergrond van vervreemding wat hulle in groot getalle uit nood of voorkeur op vrywillige, tydelike ballingskap of permanente emigrasie aanwys, ’n agtergrond wat grootliks onvergelykbaar is met diť van hulle ouers en voorgangers en wat by baie van daardie ouers en voorgangers ’n sug na troos en begrip ontlok.

    Teen hierdie agtergrond sou my oordeel wees:

    1. dat die omvattende tendens van globalisering (wat ’n primÍr ekonomiese verskynsel met ’n enorme kultuur-politieke impak is, en waarvan die internet ’n dominante simbool is) inderdaad vir die histories bevoorregte bevolkingsdeel van Suid-Afrika — wie se opleiding op eerstewÍreldse standaard is en wat by ’n ontwikkelde markekonomie en inligtingstegnologie aangepas is — moontlikhede buite die grense van hulle tradisionele omgewing en land van herkoms open

    2. dat hulle daar veral ekonomies kan teregkom en mettertyd kultureel kan assimileer

    3. maar dat die beskrywing daarvan aan die hand van ’n in werklikheid prostetiese en inhoudelik arm begrip soos “wÍreldburgerskap” in die finale instansie geen troos vir die traumatiese ervaring van ontheemding kan bied nie.


    6.
    Goed so, dit was dan die lesing. Nou sien u hoekom ek sÍ ek kry nie 20 minute vol nie, maar daaraan werk ek mos. Wat my laat dink dit is ’n lekker tyd vir ’n inleiding — dit is nou as en in soverre u wil weet wat het ek bedoel.


    7.
    Inleiding

    As hierdie sinnetjie “Kinders van die internet: wÍreldburgers?” nie die tema van ’n debat was nie, maar ’n gewone stelling wat Írens in die loop van ’n gesprek gemaak is, sou dit as ’n gemeenplaas deurgegaan het. Dit sou min verduideliking en geen regverdiging uitgelok het nie. Dit sou boonop ’n stelling met ’n groot stuk versweŽ optimisme gewees het, want ons kinders — in soverre ons self nie daardie kinders is nie — is goed opgelei, wel aangepas en maak hulle merk waar in die wÍreld hulle oo kal kom. Of dit is ten minste die veronderstelling. Maar juis hierdie soort gemeenplaas verdien dieper nadenke, ’n soort tweede refleksie of filosofiese heroorweging.

    Wat lÍ agter die oŽnskynlike gemeenplaas? Maak dit sin om die stelling, of dit wat agter die stelling lÍ, in ’n vraag om te sit of ’n debat daaroor aan te knoop? Is dit, met ander woorde, hoegenaamd ’n belangrike saak?

    My voorlopige antwoord sou wees dat dit inderdaad die moeite werd is om hierdie vraag te stel, en wel om die eenvoudige rede dat die ortodoksie wat dit oproep, een van die sterkste kragte wat op ons lewenswÍreld inwerk, verteenwoordig. Die internet en wÍreldwye web is naamlik nie net die bekendste en kragtigste simbool van globalisering nie, maar dit bied aan ons elkeen tot ’n mindere of meerdere mate die geleentheid — of die gevoel van die geleentheid — om aan die globaliseringsproses deel te neem, om in ’n globale konteks ’n handelende subjek te wees; dit gee aan ons ’n soort globale gevoel, watever dit ook al mag beteken.


    8.
    Maar nou is die moeilikheid: daardie was nie ’n goeie lesing vir hierdie inleiding nie. Hierdie inleiding soek nie ’n lesing wat die tema sommer so by die wortel afspit nie, wat kort en klaar van die onkruid ontslae raak sodat die werf voortaan met ’n bossie gras in die hand gevee en stofgetrap kan word nie. Nee, hierdie inleiding wil hÍ die akkertjie moet bewerk word. Maar waarmee sal ons dit bewerk?


    9.
    Dames en here, weet u wat is dit? ’n Selfoon. [Blaf] Nee, ’n metafoor van die selfoon, ’n instrument met behulp waarvan Carel 5 in die voorkamer op en af kan loop en soos Carel 4 probeer lyk, ’n simbool aan die hand waarvan kinders hulle eerste voorsmaak van die globale gevoel kan kry, hulle eerste treŽ in die inligtingsgedrewe wÍreld kan gee. As hierdie instrument ook in u huis rondlÍ, is ek seker dat u die volgende klank al gehoor het: “Information, may I help you?” [Information mix]

    Nou ja, ek is seker u herken dit dadelik as een van my grappies. Sonder om te kenne te gee dat grappies geen sui generis-bestaansreg het nie en aangesien hierdie ’n lesing en nie ’n komedie is nie, sou u in alle billikheid kon vra wat die toepassing of betekenis daarvan dan kan wees. Ek wil dit gebruik as aanknopingspunt vir ’n relativerende kritiek op die onbehoorlike status wat die konsep “inligting” en “kommunikasie” in hierdie diskoers beklee. Ek baseer dit op die enigste 20 bladsye uit die werk van die Franse denker Regis Debray wat ek nog gelees het.


    10.
    Debray, wat in die geheel ’n uiters oorspronklike perspektief op kultuur, tradisie, gemeenskap, politiek en ander verwante sake neem, lÍ die grondslag van ’n dissipline wat hy Mediologie noem. Die sentrale vraag wat hy vra, is hoedat nie net ’n idee meegedeel kan word nie, maar ’n tradisie of kultuur oorgedra kan word en ’n lewe van sy eie verwerf, mettertyd onafhanklik van die oorspronklike grondleggers daarvan. Vir diť doel, en met behulp van ’n bietjie oordrywing miskien, kontrasteer hy die begrippe kommunikasie en transmissie.

    Kommunikasie — in soverre so ’n algemene en holrug geryde term nog ’n duidelik onderskeibare betekenis kan hÍ — verwys na die aktiwiteit waar daar tipies ’n sender, boodskap en ontvanger by betrokke is en waarby iets so abstrak as ’n gedagte of betekenis oorgedra word.

    Transmissie, daarenteen, verwys na die oordrag nie net van betekenis nie, maar ook van dinge. Eiendom of ’n kind se ballon, sÍ hy, kan in hierdie sin oorgedra word. So ook ’n erfenis, fisies of geestelik, en ’n kollektiewe verband waarbinne dit in besit geneem kan word.

    Debray beskryf dan ook die teenstelling tussen transmissie en kommunikasie aan die hand van drie aparte terreine of dimensies. Waar transmissie eerstens die oordrag van materiŽle en fisiese goed insluit, sluit kommunikasie dit uit. Dat dit egter nie van bloot praktiese belang is nie, blyk uit die rol wat rituele en simbole byvoorbeeld in die oordrag van die christelike geloof oor eeue en millenia gespeel het. Ten spyte van ons eie ietwat droŽ protestantse voorkeure het ons christelike tradisie sy taaiheid minder aan bybelstudie en eksegese te danke as aan ontsagwekkende geboue en aangrypende tonele wat in skilderye en loodglasvensters vasgevang is, aan meesleurende musiek, die gesamentlike beoefening van sakramente, pelgrimstogte en wat nog meer. Dit gee aan transmissie ’n materiŽle dimensie wat kommunikasie nie het nie.

    Waar transmissie tweedens die oordrag oor tyd en tydperke heen insluit, vereis kommunikasie fundamenteel iets van ’n gelyktydigheid. Transmissie vind plaas op ’n skaal van dekades, eeue en millennia, terwyl kommunikasie op ’n skaal van weke, dae, ure, selfs minute plaasvind. Kommunikasie poog om die tydsgaping te oorbrug, terwyl transmissie sigself as ‘t ware in die tydsverskil tuismaak, dit selfs wil uitrek deur permanente dinge, byvoorbeeld geboue en waarhede, daarin op te rig. Dit gee aan transmissie ’n diachroniese dimensie wat kommunikasie nie het nie.

    Waar transmissie derdens durende betekenis probeer vestig, word ’n geordende geheel van mense eerder as ’n ongedifferensieerde massa mense veronderstel en opgeroep terwyl kommunikasie tipies enige boodskap van enigeen aan enigeen en binne die konteks van individuele verbintenisse kan behels. Deur transmissie word ’n kollektiewe organisasie teen wanorde en aggressie beskerm. Dit gee aan transmissie ’n politieke dimensie wat kommunikasie nie het nie.

    Een belangrike gevolgtrekking waartoe dit Debray bring, is dat transmissie kommunikasie kan insluit, met die gevolg dat die student van transmissie mettertyd baie van kommunikasie sal weet, maar dat die omgekeerde nie ewe waar is nie. Die student van kommunikasie sal glad nie noodwendig ’n sin vir transmissie hÍ nie, omdat diť enkele faset en onderdeel daarvan nie die omvattende begrip transmissie in geheel aan die orde kan stel nie. Hy bring ’n hiŽrargie tot stand: kommunikasie sorg vir die oordrag van inligting en nuus, transmissie sorg vir die oordrag van tradisie en kultuur.

    Vir my is hierdie onderskeid tussen kommunikasie en transmissie een van twee onmisbare stukke gereedskap om die akkertjie van ons tema mee te bewerk. Dit is soos ’n vurk en ’n hark waarsonder jy nie sal weet hoe om te begin nie. Om die waarheid te sÍ, die spitwerk het eintlik al begin.

    11.
    Wat my by die volgende grappie bring, maar dit spyt my dat ek nie weet hoe om hom te maak nie. Dit is ook ’n grappie met ’n materiŽle dimensie. Net voor ek laasweek hierheen vertrek, sien ek diť klein brons gegote brilletjie op die klavier lÍ. Dit lyk of hy van die maket (as dit is wat mens so ’n klein beeldjie noem) van een of ander ou president — president Swart dalk, se neus afgeval het. Ek weet glad nie waar die maket self dan is nie, dit laat my maar net daaraan dink.

    Nietemin, ek dag dit sal oulik wees om met diť klein brilletjie aan te kom kateder toe, hom te probeer opsit en dan te besef dat ek duidelik ’n bril van ’n heel ander skaal nodig het. Nou is die moeilikheid dat u nie sou kon sien wat ek probeer aanvang nie, en my naam is ook nie Casper of Pieter Dirk of wie ook al wat weet hoe om sulke grappies te maak nie. So ek dink nie dis een van die ses nie, want van hierdie grappie vertel ek u net.

    Hoe ook al, waar ek die kommunikasie-transmissie-storie met betrekking tot ons beoordeling van die internet wil inspan, wil ek met hierdie skaal-onsinnigheid die gedagte van “wÍreldburgers” of “wÍreldburgerskap” toets. Dit doen ek aan die hand van Hannah Arendt se werk — waarvan ek gelukkig al meer as 20 bladsye gelees het. (Dit is natuurlik makliker om te praat oor iemand van wie jy 20 bladsye gelees het as iemand van wie jy 2 000 bladsye gelees het. Vir een kan jy nogal sukkel om een of ander treffende sinsnede weer op te spoor, maar dit nou daar gelaat.)


    12.
    Arendt is (soos Leonard Cohen, Walter Benjamin en dalk Isaiah Berlin) een van daardie sonderlinge mense wat, danksy ’n soort dwarskyk vanuit ’n anderse, in al hierdie gevalle Joodse, nalatenskap op die klassieke Westerse tradisie, nog daarin kon slaag om ’n stuk respektabelheid daaraan te verleen. (Edward Said sou dalk sÍ die groot Westerlinge kom nog altyd uit die Ooste.) Arendt stel haar regstreeks op teenoor die Westerse filosofie sedert Plato wat die vita contemplativa ten koste van die vita activa beklemtoon en bevorder het, en haar rehabilitasie van die handelende lewe voorsien ons opnuut van ’n woordeskat met betrekking tot byvoorbeeld burgerskap, wat ons denke langs nuwe bane kan lei.

    Arendt se uiteensetting van die handelende lewe berus op ideaal-tipiese, maar uiters aanloklike vertolking van die Griekse polis-lewe, oftewel die politiek. Volgens die klassieke Griekse beskouing is die menslike toestand in die eerste plek diť van die animal laborans, die arbeidende mens. Menslike arbeid is dit wat altyd weer en by herhaling verrig moet word om aan die eise van die biologiese lewe te voldoen. Daar moet byvoorbeeld altyd weer geŽet word, met die gevolg dat daar altyd weer geplant, benat en geoes moet word, altyd weer versorg, geslag en bewerk moet word, altyd weer gekook, opgedien en gewas moet word. In diť sin is die menslike lewe een van slawerny, van eindelose herhaling en terugkeer sonder dat daar ooit iets van tot stand kom anders as net die kans om naas arbeid, ook werk te verrig.

    Dit bring ons dan by die mens as homo faber, of die werkende / fabriserende mens. Die mens beskik naamlik ook oor die vermoŽ en die behoefte om — naas die voorsiening in sy of haar eerste, biologiese behoeftes — ook sy of haar kragte op doelgerigte en planmatige wyse aan te wend en die dinge te maak waarmee sy of haar wÍreld uitgerus word. Hierdie produkte van die mens se doelrasionele rede en die mens se werk besweer die altyd terugkerende eise van die animal laborans omdat dit permanente dinge soos stoele en tafels, huise en tempels tot stand bring, dinge wat dikwels langer as hulle makers bestaan. Maar ook hierin, soos in die daaglikse arbeid, is die mens se optrede deur noodsaak en gebrek gemotiveer, selfs wanneer die goeie geluk tydelik oorvloed voorsien. Hoe fantasties ook al die produkte van homo faber mag wees en hoe dit die lewenseise ook al mag besweer, is dit nog nie vrye handeling in die positiewe sin waarvan hier sprake is nie.

    Eers wanneer mense hulle kragte saamsnoer en ten aansien van die eise van hulle bestaan luister verleen aan die gemeenskaplike aard van hulle antwoord daarop, kom iets tot stand wat nie net die nood wil verlig of die begeerte wil stil nie, maar betekenis kan gee. Die vita activa veronderstel dat die mens nie alleen nie, maar voor en saam met ander optree om deur hulle voortreflike woorde en dade aan ’n gedeelde, gemeenskaplike ruimte, prakties die polis of stad en teoreties die res publica of publieke domein, beslag te gee. Slegs hierdie publieke ruimte bied aan mense die geleentheid om hulle beste bydrae tot die gemenebes te lewer, om nie net meer en beter voldoening aan die lewenseise te gee nie, maar iets biologies oortollig en kwalitatief anders tot stand te bring. Waar animal laborans tot die orde van die huishouding en die private ruimtes verdoem is (tipies die plek wat in die klassieke geskiedenis aan die slaaf en vrou toegeken is) en waar homo faber tot die orde van die mark beperk is (tipies die plek van die vakman en handelaar), voltrek die vita activa haarself in die openbare domein deur die optrede van diegene wat aan die eise van die huishouding en die mark kan ontkom, in die openbare handelinge van burgers.

    Om daaraan deel te neem is die vryheid en verantwoordelikheid van elke burger, sodat vryheid en burgerskap hierin saamval. Om vry te wees is om ’n burger van hierdie stad te wees en om burger van hierdie stad te wees, is om vry te wees. Vryheid en burgerskap is dus die oerpolitieke begrippe, presies in soverre hierdie polis of my polis juis die voorwaarde vir my burgerskap is. Die polis, en per definisie dus ook politiek, en bygevolg ook burgerskap en vryheid, sluit in en uit; daar is diegene binne die grense en diegene daarbuite, anders sou niemend ooit nodig gehad het om vir vryheid te veg nie! Iets soos ’n onpolitieke burgerskap, ’n burgerskap van die wÍreld wat alles insluit en niks uitsluit nie, is ’n spel met woorde sonder diepte en met min betekenis. Die openbare domein is abstrak in soverre dit nie konkreet en fisies is nie, maar dit is nie die soort vryswewende abstraksie wat sonder fisiese voorwaardes en eise kan bestaan nie.


    13.
    Lesing (slot)

    Dit is dan die vurk en die hark waarmee ek die akkertjie van ons tema wil bewerk — in werklikheid al bewerk het. Om die waarheid te sÍ, is ek nou gereed vir ’n tweede (selfs korter) lesing van die vraag of ons, kinders van die internet, wÍreldburgers word.

    Laat ons onomwonde sÍ die internet het ’n kommunikasierewolusie veroorsaak wat niemand onaangeraak gelaat het nie, of dit nou is omdat jy tot die middelklas behoort en die vrugte van vrye toegang pluk en of dit is omdat jy daardeur agtergelaat word terwyl die rykdom in ander se hande nogeens net groter en meer gekonsentreerd word. Die Afrikaanse gemenebes van gemeenskappe, die Afrikaanse federasie van republieke, die leefwÍrelde wat in Afrikaans oopgehou word, verteenwoordig ’n oorvloed van beide.

    Nietemin, die internet en wat daarme saamgaan, open vir ons nuwe moontlikhede en nuwe vorme van mobiliteit wat ons en ons kinders wil en moet aangryp; maar hoe skouspelagtig die kommunikasiemiddels en netwerke ook al mag wees, praat ons ten diepste nog van kommunikasie en nie van transmissie nie, is dit nuus en inligting wat oorgedra word — en nie sonder dat die medium die boodskap medebepaal nie — en nie tradisie en kultuur nie. Buiten natuurlik in ’n groot en oorsigtelike sin en in diens van globalisering en Amerikanisering; maar met die onderskeid tussen kommunikasie en transmissie in gedagte is ons ten minste nie daaraan uitgelewer nie. Kinders van die internet? Ja, maar kom ons oorspan nie die betekenis daarvan nie.

    WÍreldburgers? Dit bly tog maar iets van ’n onsinnige woord. Tuis in die wÍreld? Ja, hopelik wel, maar nie omdat ons te groot vir ons eie skoene geword het nie. Inteendeel, dis omdat ons ons eie leefwÍreld, ons Afrikaanse bestaan, ons lokale tradisies en verhale in beskerming geneem het. Omdat ons burgers van ons eie plekke en gemeenskappe is, is ons ook in staat om die wÍreld in tallose verbande tegemoet te gaan en onsself nie aan ’n ongedifferensieerde massa oor te gee nie, maar definisie aan ’n wÍreld wat vol en ryk aan betekenis is, te help gee.


    14.
    Voorsitter, dit lyk mos vir my na ’n slot hierdie. VroeŽr, voor ons lesings met drop down menus geskryf het, was dit maklik. Jy kon die slot altyd aan die einde soek, maar hierdie lyk vir my na ’n lekker slot — en die tyd het ook nie stil gestaan nie.


    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.