SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Boekehuis twee jaar oud en Tinus Horn-uitstalling: 27 April 2002

Willie Burger

Knap oor die twee jaar gelede het Corina my gebel om te vertel van die Boekehuis. T het ek nogal gewonder oor die naam Boekehuis. Daardie naam waaraan ons nou al so gewoond geraak het, die naam wat dui op ’n boekwinkel in Johannesburg wat die hele land ons nou al beny, het my aanvanklik gepla. Kan dit werk in ons tyd? So ’n naam, Boekehuis?

Die feit dat ons dit nou so gemaklik gebruik, dat dit inslag gevind het, beteken dit was inderdaad die regte naam. Nie Groot Kommersile Handelaar of Nasionale Afslag-Boekhandel, of Eksklusiewe Afrikaanse Boeke of iets dergeliks nie: Boekehuis — want dit is ’n huis; dis nie net ’n winkel nie. En ’n huis — so skryf Martin Versveld — is veel meer as ’n skuiling en ’n stoorplek, veel meer as onderdak teen die elemente. Hy s dat jou huis

’n soort vlees en bloed is waaruit jy die wreld ervaar en opbou () Daar waar hy staan, bepaal jou uitsig, en soos hy daarbinne uitsien, bepaal hoe jy die wreld daarbuite gaan insien (1968:9).

Versveld beskryf breedvoerig hoe hy ’n huisie met klip en klei in die Kouga gebou het; hoedat klippe uitgesoek en reggekap word; hoedat fondasies gemaak word en deurkosyne en vensterrame gesaag word. Totdat die huisie uiteindelik voltooi is en ’n plek word vol van hom en sy familie. ’n Plek waar hy weer homself kan vind — want hy redeneer dat mens jouself slegs in jouself kan vind en as jy dit nie doen nie, as jy nie by jouself kan tuiskom nie, sal jy nooit op enige ander plek kan tuis wees nie.

En hier is die Boekehuis — nie ’n huis van klip en klei nie maar ’n huis van boeke. Versveld skryf breedvoerig oor die klippe wat hy uitgesoek het om mee te bou. Hy s dat klippers nie so lewend is dat hulle vanself aangestap kom nie, maar dat jy swaar moet karwei daaraan. Net so is die boeke waaruit hierdie huis gebou is, nie dinge wat vanself aangestap kom nie. Die boeke hier word met sorg uitgesoek. Soos Versveld oor die klippers waarmee hy bou, s:

Ook is dit nie mooi klippe nie, maar ongemaklike goed met punte en duike, en min plat kante.

En dit is wat Corina so voortreflik hier doen. Om klippers vir jou uit te soek wat jou ongemaklik laat, waarvan die skerp kante jou sny en die stomp kante jou kneus. Maar soos Jakob met sy kop op ’n klip gel het en engele hemel toe sien klim het, kan jy ook jou kop op die boeke sit en daardeur tuiskom by jouself.

Die boekewreld het hier ’n huis. ’n Plek waar mens kan tuiskom om jouself te kry en van waar jy weer kan vertrek. En daardie inkom en uitgaan geskied oor die stoep. Versveld skryf:

En soos jou huis van binne lyk, so sal die buitewreld vir jou voorkom. Daarom is jou stoep en trappies so belangrik. Hulle is jou bemiddelaars tussen jou huis en die wreld. () Op die stoep is jy binne en buite. Daar gaan die wreld vir jou oop, en oor die stoep kom jy weer binne, en daar vee jy jou voete af, want die wreld is soms modderig. Maak jou stoep dus breed sodat jy kan leer om binne en buite te wees. (22)

Ons kan nie in hierdie huis tuiskom om hier binne te bly sit nie. Die boekehuis bied juis daardie geleentheid om te praat — stoepgesprekke, koffiegesprekke, gesprekke oor boeke. Gesprekke wat weer ons blik op die buitewreld verander, wat ons oor die stoep met ons kan saamdra, die wreld in.

Versveld s immers:

Ons leef in wisselwerking met die wreld, en jy kan nie inprop sonder om ook uit te prop nie. As kos van belang is, is die eindbestemming van kos ook van belang () ’n Stedeling wil mos nie van uitprop weet nie, en derhalwe is baie van hulle geestelik so hardlywig (23).

Boekehuis is ook ’n plek om te kom “uitprop”. Nie net om deur die ooraanbod van inligting oorweldig te word en gejaag te voel deur al die boeke wat jy nog wl lees nie, maar ook om sommer te kom sit na ’n lang dag, om af te skakel, ietsie te drink en te gesels met die Ongelooflike Thomas en Corina en Eunice. Of met Charles en ander stoepsitters en kletskouse van formaat, soos dit in ’n huis hoort.

Die Bybel praat van ’n huis waarin daar baie wonings is. Ook hierdie huis van boeke het baie wonings. As dit net ’n volkshuis moes wees, sou hy al toegestaan het. Nou is dit ’n boekehuis vir Afrikaanse en wreldliteratuur, en hy staan steeds en hy staan oop en hy maak die wreld oop.

Geluk daarmee, Boekehuis, en veral Me Boekehuis, Corina!

As die huis ’n plek is waar mens tuiskom, waar jy eerlik met jouself en met jou huismaats is, is dit waar jy jou huismaats sien soos hulle is. Die gesigte wat ons vandag in hierdie huis welkom heet, is die gesigte van die persone met wie se woorde ons so dikwels tuiskom. Nou het ons ook gesigte daarby. Maar Tinus se uitstalling is veel meer as net die gesigte van skrywers. Hierdie is juis karikature, nie portrette nie. En dit is gepas. Want in ’n sekere sin is die karikatuur nog veel meer realisties as die portret. Trouens, ek wonder as ek na hierdie sogenaamde karikature van Tinus kyk of ons reg daaraan laat geskied om hulle karikature te noem. ’n Karikatuur, ’n spotprent, is eerder daardie ding op die koerant se hoofbladsy waar gespot word met veral politici (wat die spot immers ook verdien). Dit is meestal snaaks, dikwels venynig, altyd vermaaklik. Maar by hierdie werke van Horn wil ek huiwerig gebruik aan die term spotprent. Ek kon nie anders nie as om te dink aan wat Van Gogh in een van sy briewe skryf oor ’n portret van ’n vriend:

Ek oordrywe die blondheid van die hare, ek neem oranje, chroomgeel, suurlemoengeel, en agter die kop skilder ek nie die beuselagtige kamermuur nie, maar die ewigheid. Ek maak ’n eenvoudige agtergrond van die rykste blou wat ek van my palet kan kry. Die blonde verligte kop staan nou misterieus, soos ’n ster teen die hemelblou van die lug, teen hierdie sterk blou agtergrond uit. Helaas my liewe vriend, die publiek sal niks anders as ’n spotprent in hierdie oordrywing sien nie, maar watter saak maak dit vir ons? (In Gombrich, 1957:423.)

Horn doen met baie van hierdie skilderye en tekeninge juis iets soortgelyks aan wat Van Gogh gedoen het — maar by Van Gogh noem ons dit ekspressionisme. Hierdie karikature is nie bloot ’n ligte spot nie (gaan kyk maar weer na daardie Adam Small, daardie JM Coetzee). Hier het ons te doen met ’n ernstige spotprent waarin die voorkoms opsetlik so verander word dat dit allermins ’n soort meerderwaardigheidsgevoel uitdruk, maar waarin eerder liefde of bewondering uitgedruk word. Horn gee uitdrukking aan elk van die skrywers:

  • of dit te doen het met die aantrekkingskrag van die kleindogtertjie-onskuld van die Ingrid Jonker van die kabouter met die rooi-rooi broek, die kabouter met die geel hemp aan
  • of met die Neus in die lug van Simone de Bouvoir
  • die Breughelagtige bolwange van humor as enigste verweer teen ’n omringende duister in Koos Kombuis
  • die “Armed Vision” van Leroux wat steeds giggel.

    Met perspektief kry Tinus baie van die effekte: ons kyk p na ’n bebliksemde Chris Barnard. Die Humpty Hambidge dreig om van die wal af op jou te val, intimideer jou, totdat jy die plukkie aan die mondhoek sien. En soos mens moet opkyk na die bedonnerde ou Barnard, kyk ons af op ’n sagte, weerlose Adam Small.

    Die agtergrond is ook nie “beuselagtige kamermuur” nie:

  • Uit ’n volstrek le landskap kyk ’n kil Coetzee na ons — soos n Disgrace.
  • Camus slaan sy kraag op teen die groot omringende Eksistensile Angs.
  • Die patriarg Tolstoi kyk ons toe oor sy yslike boertige neus.
  • Antjie Krog wat met ’n oog wat nie wyk nie, jou uitdaag soos dit ’n vry fokken vrou betaam, maar wat tog met ’n effense skaamheid agter haar skouer skuil.
  • Die wysheid en warmte van DeLillo.

    En dt alles nie slegs in die olieverf nie. Gaan kyk gerus na die pentekening van ’n oorsensitiewe Frans Kafka wat te veel agtervolgers hoor in die dreigende moderne wreld waarvoor hy te vroeg gebore is. Maw, benewens die kragtoer om juis iets van elke skrywer vas te vat — wat enige karikatuur seker behoort te doen — speel die uiteenlopende style ook ’n rol: ink, olie of tekening. Daar is bv iets kubisties, modernisties, in die voorloper van modernisme in Afrikaans, Jan Rabie. En as jy nog altyd gesukkel het om dekonstruksie te verstaan — gaan kyk gerus na Derrida.

    In Tinus Horn en Alisdair Findley se grafiese roman, Hemel op aarde, s die Vincent-hoofkarakter dat hy graag wou preek, maar nie kon nie. Toe besef hy hy het ’n ander roeping, hy is ’n painter. “Dit was ’n battle,” s hy “maar nou kan ek paint.” Sy vriend merk dan op: “Dis waar jy anders as Vader Claerhout is: Hy kan weer preek” (16).

    As enigeen hier deurloop vandag, sal jy verstaan dat hierdie ou kan paint. Ek dink hierdie is ’n unieke uitstalling. As jy ooit getwyfel het, sal jy vandag moet toegee dat dit wonderlik is dat Tinus nie preek nie. Want hy kan paint. Eintlik behoort die Letterkundige Museum in Bloemfontein alles te koop en dan vir Tinus in diens te neem om die res van die skrywers ook s te verewig.

    En waar Horn se werk soms donker kan wees (in sy roman Droster los die een karakter bv ’n selfmoordnota wat lui: “Dis ’n fokop. Dit gaan nie verander nie. Cheers.”); waar die wreld van sy karakters soms donker kan wees, bied juis die karikature ook ’n ander moontlike manier van kyk na hierdie wreld. Dit bied humor. En humor is daardie een aspek wat ons help om ook na hierdie skrywers en hierdie digters op ’n ander manier te kyk. Nog met bewondering, ja, maar humor bring ook iets anders — Kundera skryf iewers

    humor is not laughter, not mockery, not satire, but a particular species of the comic, which renders ambiguous everything it touches” (1986: 5-6).

    En dit is hierdie skepping van ’n ambiguteit (waarin alle gemaklike oordeel en vooroordeel opgehef word) wat die boeke binne hierdie huis en die karikature van hulle skrywers gemeen het. Blootgestel aan hierdie boeke, aan hierdie mense agter die boeke (al is hulle dood verklaar), vind ons onsself — sien ons ons eie gemaklike oordele en vooroordele raak — en loop ons weer uit oor hierdie stoep met ’n ander blik op die wreld om ons.

    Deur hierdie karikature word die Boekehuis vandag nog meer huis om in tuis te kom, en van waar ons kan uitgaan met ’n nder perspektief, ’n nder kyk. Omdat daar ’n huis is en omdat jy weet wat wat huisbou verg, breek jy nie meer so maklik nie. As jy net ’n byl besit, s Versveld, dan is die wreld vir jou iets wat omgekap moet word. As jy ’n huis het, het jy ’n plek om by in te gaan, en van waar jy weer kan uitgaan.


    Verwysings
    Gombrich, EH. 1957. Kuns deur die eeue. Kaapstad: AA Balkema.
    Horn, T & A Findley. 1997. Hemel op aarde. Kaapstad: Queillerie.
    Kundera, Milan. 1996. Testaments Betrayed. Londen: Faber and Faber.
    Versveld, M. 1968. Klip en klei. Kaapstad: Human & Rousseau.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.