SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Lekker boek

Izak de Vries

Bloedsuier
Koop nou!
Lambert Visser
Bloedsuier
Tafelberg
2000
ISBN 0624 038882

Dis lekker om lekker stories in Afrikaans te lees. En ja, ek weet lekker kom twee maal voor in die vorige sin, maar Lambert Visser se Bloedsuier is ’n roman wat lekker lees. Basta. Ek kan aan geen beter manier dink om hierdie klein boekie met die groot “attitude” te beskryf nie.

Die aweregse pers voorblad is alreeds ’n aanduiding van iets ánders wat tussen die blaaie lê en die inhoud stel ’n mens nie teleur nie. Afrikaans is geseënd met ’n paar skrywers wat die pen kan opneem met moordverhale. François Bloemhof en Deon Meyer is natuurlik die “opposisie” in hierdie verband, terwyl name soos Mikro uit die verlede opdoem.

Kyk ’n mens na die oppervlak, is die idee agter Gerrie Steÿl, die held, skynbaar stereotiep. Gerrie is ’n lang man, baie sterk en so cool soos Staal Burger (dis nou die fiktiewe een wat altyd Doedies gehad het). Foeter jy met Gerrie se vriende, dan dôner hy jou. End of story. En tog … begin jy lees, dan kruip ’n heel ander prentjie tussen die bladsye uit. Gerrie is ’n mens en hy sukkel maar om die vrouens van hom te laat hou. Hy is suksesvol in die bed, maar ai, sy keuses …

Krap verder, dan kom jy af op allerlei karakters wat die stereotipe ondergrawe. Gerrie se huishoudster is byvoorbeeld ’n vriendin en intelligensie-ekspert. Niemand weet soveel van wat agter die hoë mure gebeur in ryk woonbuurte as daardie skynbaar gesiglose mense wat vir die rykes werk nie. Visser se held weet dit, en speel ’n baie fyn speletjie om die inligting in die hande te kry. Dan is daar ook die feit dat nie al die huishulpe swart is nie. Een van hulle is ’n baie intelligente blondine (jip — reg gelees!). Die bendebaas is ook nie noodwendig die slegste ou in die storie nie. Die nagklubeienaar weet hoe om vir sy meisie die beste te gee, al installeer hy modderbaddens op sy verhogie.

Tafelberg het gereël dat ek Visser kon bel, en ek vra hom toe pertinent oor die manier waarop hy die grense deurbreek. Sy antwoord was onverwags: “Dalk is ek maar so ’n soort mens. My lewe is ook nie net maanskyn en rose nie. Ek moet erken, ek was ’n bietjie bang vir die huishoudstertema, maar die lewe is nie net swart en wit nie, daar is grys kolle ook. Jy gaan soms oor die skeidslyne en jy maak vriende waar jy anders nie eers aan sou dink nie.”

Visser se dun slapbandboekie en David Michie se dik, gesofistikeerde roman Conflict of interest het saam-saam op my tafel beland. Die Michie-resensie verskyn elders op LitNet, maar die ooreenkomste is baie interessant. Michie skep egter ’n baie meer gesofistikeerde, multivlakkige teks met talle fokaliseerders. En tog verval dit in ’n hele aantal stereotipes wat eie is aan die slapbandroman. Bloedsuier, daarenteen, skep geen illusie dat dit iets anders wil doen as om die held, Gerrie Steÿl, se saak aan die leser oor te dra nie, maar tog deurbreek dit tipes op ’n vlak wat Michie nie kon regkry nie.

Hierdie resensie probeer glad nie van Bloedsuier ’n teks maak met hogere literêre pretensie nie. Dit is nie. Daarom is dit so verfrissend om die Suid-Afrikaanse bestel deur die oë van grensdeurbrekende fiksie te beskou.

Visser sê dat hy lief is vir Wilbur Smith se werk. Bloedsuier is egter anders as die Smith-romans, juis omdat die menslikheid van die hoofkarakter so sterk uitgebeeld word.

Ek het die verdagte taamlik gou uitgeruik, maar die plot het so dikwels gedraai en geswaai dat ek eers teen die einde seker was. Ek was reg, en Gerrie … nou ja. Hy kon darem ook nie anders nie as om reg te maak waar daar verbrou is. Dit is mos waarvoor hy daar is, nie waar nie?

’n Laaste opmerking: Visser was self lank in die polisie. Teenoor my het hy dit egter duidelik gestel dat hy die feite van sy wedervaringe gebruik om stories te skep. Die roman is dus fiktief en gaan glad nie gebuk onder die dwang om eie wedervaringe aan die leser oor te dra nie.

Bloedsuier is ’n welkome toevoeging tot die Tafelberg-uitstalrak. Dit is sonder pretensie en baie genotvol. Kersfees is nie meer ver nie. Hierdie boek gaan mense bekeer wat sê Afrikaanses kan nie stories vertel nie. Soos Saul in Kringe in die bos, is Gerrie ’n man om na op te kyk.

In my jong dae het ons geheime agent Fritz Deelman gehad wat die wêreld van die veiligheidspolisie rooskleurig laat lyk het. Gerrie Steÿl doen dieselfde vir die private eye.

Knapskoot.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.