SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die Balkieboek sal kleintjies vermaak

Suzette Kotzé

Die Balkieboek
deur Balkie, soos vertel aan Martie Preller
Human & Rousseau
126 pp, Sagteband
R34,95

’n Kalahari.net-resensie

Die Balkieboek
Koop nou!
Balkie is ’n Balkie. Dit wil sę hy is nie ’n hond, ’n donkie, ’n beertjie of selfs ’n kameel nie. Hy is ’n Balkie, en ’n baie oulike een daarby (soos hy self alte graag sę). Hy is wollerig en het ’n lang snoet en hy is vreeslik nuuskierig en baie lief vir koekies.

Sy storie begin toe die kinders Isak, Bert en Karien hom een oggend vroeg ontdek waar hy snoesig onder ’n hoop blare lę en slaap. Natuurlik wil hulle hom huis toe vat, en toe hulle eers vir Balkie (wat niks van mense weet nie en vreeslik baie vrae oor alles vra) vertel het van koekies, het dit nie veel gekos om hom te oorreed om saam met hulle te gaan nie. Nou bly Balkie saam met die drie kinders en die pa en die ma (die lidwoorde is Balkie taal) en Roelf die hond en Miaaukatjie op ’n plot ’n ent van Johannesburg af.

En dis hier waar Balkie al sy avonture beleef en die stories uitdink wat hy in Die Balkieboek vir alle kinders vertel. Soos “Balkie en die Boontjierank”, “Balkie in die skoolkonsert”, “Balkie en die hus met lang ore” (my gunsteling) en “Die oulikste prinsie Balkie”.

Balkie is natuurlik geen onbekende by jong lesers nie. Hy verskyn al jare lank in ’n rubriek in die tydskrif Rooi Rose, en is die skepping van die bekende kinder- en jeugboekskrywer Martie Preller. En te oordeel na die klomp bewonderaarspos wat Balkie elke maand kry (van die briewe is agterin die boek afgedruk) het hy talle aanhangers.

Die rede vir Balkie se gewildheid is nie moeilik om te raai nie — hy is daardie jong, nuuskierige kind vir wie alles nog vars en nuut en anders is. Hy loop soms deur onder die ouer kinders se tergery (soos wanneer Bert hom bang maak met die spook in sy kas), hulle is soms vies vir hom omdat hy hulle speelgoed “leen” en dan “verlę”, hy maak die ma en die pa dikwels radeloos met al sy vrae (maar hy het al agtergekom dat as hulle so effens rooi in die gesig raak, moet hy ophou) en heel goed bedoelende veroorsaak hy soms chaos (soos die keer toe hy verveeld rondgedrentel en die hoenderhok se hek oopgelos het, of toe hy Isak se ruimteskip van Lego-blokkies so ’n bietjie mooier wou bou).

In die Balkieverhale word waardevolle lesse subtiel ingebou vir die jong leser. Balkie moet self leer om sy vrees vir die donker te oorkom, en die uiteinde is dat hy vriende maak met die spook in sy kas (’n tema wat die skrywer ook in ’n ander kinderboek gebruik het). Verder glo hy onwrikbaar dat ’n Balkie altyd ’n plan kan maak, en hy kry homself gewoonlik heel vernuftig uit netelige situasies uit. In “Balkie en die hus met lang ore” word die posisie van ouer en kind netjies omgedraai toe Balkie in die land van die Husse op die Hussemark vir hom ’n oulike klein Hus koop, wat so veeleisend en onredelik blyk te wees dat hy hom later wil gaan teruggee en sy geld terugvra — en toe Balkie wakker word uit dié nagmerrie, was hy opnuut só lief vir die pa en die ma dat hy hulle baie drukkies en soentjies gegee het en ’n hele middag lank stroopsoet was. In die stories word ook oor en oor beklemtoon dat Balkie vreeslike goeie maniere het en altyd beleef vra en mooi groet, iets wat sekerlik menige ouer se hart sal verbly — Balkie kan as ‘t ware ’n rolmodel in die opvoedingsproses word!

Die Balkieboek behoort veral byval te vind by voorskoolse kinders, en is na my mening hoofsaaklik ’n voorleesboek. Die illustrasies deur Elizabeth Pulles (wat Balkie ook in Rooi Rose illustreer) is pragtig, maar ongelukkig kleinerig en net in swart en wit, sodat die voorleser die luisteraar sal moet lei om fyn na die prente te kyk om hulle regtig te waardeer. Die illustrasie op bladys 89 van hoe ’n hus met lang ore lyk wat ’n tantrum gooi, verdien vermelding.

Ek vind dit nogal jammer dat die skrywer nie meer van haar eie, werklik oorspronklike idees in die stories gebruik het nie. Net die Husse-storie, wat sy oorsprong het in die bekende gesegde van “Husse met lang ore”, is werklik eie verbeeldingswerk. “Balkie en die Boontjierank” is ’n aanpassing van die bekende sprokie, en so ook is “Die oulikste prinsie Balkie”, wat ’n mengsel is van “Sneeuwitjie en die sewe dwergies”, “Hansie en Grietjie”, “Die gestewelde kat” en sommer nog die Griekse legende van die jong herderseun wat die doring uit die leeu se poot gehaal het ook daarby. Preller het natuurlik dieselfde gedoen in haar jeugroman Anderkantland, waarvoor sy die Silwer Sanlamprys verower het, maar hierdie soort opstuurdery is eintlik net geslaag vir ouer lesers wat dié postmodernistiese tegniek sal kan verstaan en waardeer.

Ek vind ook dat die kort, episodiese tydskrifformaat waarin die Balkiestories oorspronklik geskryf is, nie so goed slaag waar hulle boek geword het nie. Die stories neig om uit te rek (vergelyk byvoorbeeld “Die oulikste prinsie Balkie”) of te herhaal. Die lengte van die tydskrifrubriek kon telkens as ’n soort cliff-hanger funksioneer in die loop van ’n storie en so help om die spanningslyn te behou, maar in die boek val dit ongelukkig weg en is die spanningslyn plek-plek maar papperig.

Gelukkig is genoemde besware heel moontlik te akademies vir die kleintjies op wie die boek gemik is, en behoort hulle Balkie se manewales met vratte en al te geniet. Maar dit is wel moontlik dat hulle hul ouers kan mal maak met vrae oor wat ’n Balkie nou regtig is, waar hulle vandaan kom, hoe Balkie onder sy bos beland het, waar Balkie se ma en pa is, ens ens. Die leser mis dié tipe inligting, en dit sou lekker gewees het as die skrywer ’n hele ánder Balkiewęreld kon ingebou het wat teenoor die mensewęreld kon staan.

  • Suzette Kotzé is ’n vryskut-skrywer en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.