SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gemeenskap, identiteit en verantwoordelikheid: hoe ek en Johann Rossouw verskil

Anton van Niekerk

is 'n professor in Filosofie en direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch

Ek skuld Johann Rossouw nog 'n antwoord op sy Hoera vir die Jollie Bobbejaan! 'n Antwoord aan Anton van Niekerk, wat sowel in die Vrye Afrikaan as op LitNet verskyn het. My apologie vir die tyd wat sedertdien verloop het; ander spoedeisende dinge het intussen my aandag in beslag geneem.

Ek hoop om, ter wille van ons lesers, nie so lank te wees soos Rossouw in sy reaksie nie. Terselfdertyd waardeer ek die erns waarmee hy my opmerkings opgeneem het en die moeite wat hy doen om met my in gesprek te tree. Ek vind Rossouw 'n knap en stimulerende jong filosoof wat belangrike bydraes daartoe lewer om sinvolle wysgerige gesprek in Afrikaans aan die gang te hou. Dat hy my nie oortuig nie, beteken allermins dat ek nie waardevolle dinge uit ons alterkasies leer nie.

Omdat ek nie op alles wat hy te berde bring kan reageer nie, bepaal ek my by vyf temas in sy stuk:

1. ons verskillende lesings van Agaat
2. my vermeende "individualistiese" siening van geskiedenis en politiek (waaronder ook die vraag oor "namens wie" ek praat)
3. die wyse waarop 'n mens verantwoordelikheid neem vir wat verkeerd was in die verlede
4. die rol van self en ander in die bepaling van identiteit
5. die lewensvatbaarheid van Rossouw se siening van die "nuwe Afrikaner".

Oor ons verskillende interpretasies van Agaat wil ek die kortste wees, deels omdat ek nie te veel vertroue in my eie interpretasies het nie (hoewel ek bemoedig is deur lesings van Andries Visagie en skynbaar ook Louise Viljoen, wat nie te ver van my eie lÍ nie!), maar ook omdat ek nie sÍ dat daar geen musiek in Rossouw se politieke lesing van die boek sit nie. Wat my egter van Rossouw se lesing pla, is dat 'n karakter soos Jakkie daarin skynbaar 'n sentrale figuur in die boek word - wat ek nie dink hy is nie. Wat my boonop tref, is dat al mag dit so wees dat iets van die "spanning tussen Milla en Agaat ingegee is" deur die feit dat die een wit en die ander bruin is, dit myns insiens geensins voortdurend inspeel op hul verhouding nie. Wat Agaat 'n boeiende karakter maak, is nie primÍr die feit dat sy bruin is nie, maar veral ook dat sy slim, slinks, streng, moedswillig, manipulerend, ambisieus, maar ook lojaal, vaardig en deernisvol is - alles tegelyk! Rossouw het so 'n obsessie met "gemeenskap" dat hy skynbaar die interaksie tussen Milla en Agaat slegs wil lees as 'n mikrokosmos van sosiaal-politieke verhoudinge in die groter samelewing. Daar gebeur egter veel meer tussen Milla en Agaat as 'n mikroweergawe van die ontvouing van Afrikanernasionalisme sedert 1948. Dis die eenvoudige punt wat ek wou maak.

Dit bring my by die tweede punt, nl my vermeende "individualisme" en my ontoereikende verrekening van die gemeenskap en die geskiedenis. Voor ek verder gaan, net een regstelling: ek praat slegs namens myself. As die aanhalingstekens om die ons in my vorige stuk later weggeval het, was dit bloot 'n nalatigheid aan my kant. Ek probeer slegs artikuleer hoe ek self dink, en gebruik ons soms bloot omdat ek baie keer die indruk kry dat dit nie net ek is wat so dink nie. Ek sal egter hierdie keer meer konsekwent op hierdie punt probeer wees.

Ek is nůg 'n individualis, nůg 'n kommunitaris (ek gebruik eerder lg woord as sosialis, wat darem te veel byklanke het!). Ek besef dat 'n mens is wat hy/sy is op sterkte van invloede vanuit gemeenskappe, en ek erken dat gemeenskappe 'n groot rol kan speel in ons selfverstaan, waardevorming, interpretasieraamwerke, ens. Kortom: "no (wo)man is an island" - akkoord! Terselfdertyd glo ek van harte dat ons nie die gevangenes van ons gemeenskappe is nie, maar oor genoeg vryheid beskik om daardie gemeenskappe te bevraagteken en te kritiseer, om die invloed wat hulle op ons uitoefen te identifiseer en te ontmasker, en om ons ook, as ons regtig wil (hoewel dit natuurlik in praktyk nie dikwels gebeur nie), van hulle los te maak as hulle ons te veel afrem of irriteer.

Die belangrike verskil tussen my en Rossouw is dus nie, soos hy dink, dat ek geen waardering vir die gemeenskap in die vorming van identiteit het nie; ek erken die rol van die gemeenskap voluit. Waar ek skerp van Rossouw verskil, is sy fiksering van hierdie gemeenskap tot 'n sosiopolitieke of kulturele groep soos "die Afrikaners". Ek is deel van, en word gevorm deur verskeie gemeenskappe. In my privaatlewe is ek deel van 'n gesin, 'n vriendekring en 'n kerk - drie dramaties verskillende gemeenskappe. In my professionele lewe is ek deel van 'n departement, 'n universiteit en 'n nasionale en internasionale akademiese gemeenskap - met totaal ander reŽls en soms selfs waardes as wat in my privaatlewe geld. My ervaring is dat die kere waarin ek my nog ernstig deel voel van die kulturele en sosiopolitieke groepering wat bekend sou kon staan as "die Afrikaners", "few and very far between" begin word! My ervaring is boonop dat ek erg geÔrriteer is wanneer ander mense my vir (byvoorbeeld) politieke doeleindes - soos tydens 'n verkiesing, of tydens konvokasievergaderings op Stellenbosch - probeer in een kamp jaag saam met mense met wie ek weinig gemeen het.

Kortom: ek is deel van gemeenskappe - en dis beslis nie slegs een gemeenskap nie! Rossouw maak die fout om die kultureel-politieke gemeenskap die oorheersende - selfs die enigste - een te maak. Wat ek (en ek is seker baie ander mense, veral jong mense) in die teenswoordige Suid-Afrika waardeer - sonder om enige sterre in ons oŽ te hÍ oor die "nuwe Suid-Afrika"!), is die uitdaging en geleentheid om ons "identiteit" in ruimer kontekste te vind en deur ruimer invloede te laat skaaf.

Laat my dadelik kwalifiseer: ek het totale vrede daarmee as Suid-Afrika se wit Afrikaners nog plesier vind in hul Afrikanerskap. Ek glo in vrye assosiasie, en gun elkeen sy plek in die son. Moet my asseblief net nie kom wysmaak dat ek eers en veral 'n vervulde mens in hierdie land kan wees op basis van my "Afrikanerskap" nie!

Daar is in die derde plek 'n opvallende teenstrydigheid in Rossouw se argument as hy dit het oor my verhouding tot die verlede en my vermeende "onverantwoordelikheid" om afskeid te wil neem van "Afrikanerskap". Aangesien hy my ernstige en interessante filosofielesse wil leer oor "nominalisme" en "subjektivisme", mag ek darem seker ook vir hom daarop wys dat teenstrydige argumente kwalik tuishoort in die geselskap van filosowe. Enersyds dig hy iets aan my toe wat ek in geen stadium doen nie, nl om te dink dat "'n hele geskiedenis en die vergrype wat deur en in die naam van Afrikaners gepleeg is, so goedsmoeds afgeskud kan word". Ek daag hom uit om my te wys waar ek ooit so iets gedoen of gesÍ het. Inteendeel. In my oorspronklike stuk aanvaar ek juis my eie medeverantwoordelikheid vir baie wat verkeerd geloop het in die apartheidstyd, ten spyte van my eie (kennelik onvoldoende) poginkies om apartheid te beveg. Let nou egter op sy volgende skuif: sodra ek daardie skuld erken, verwyt hy my ewe bitterlik dat ek my tog kan skuldig maak aan, van alle vreeslikhede, "'n belydenis". Die "belydenis", moet ons hoor, "is nie verantwoordelik nie, maar juis onverantwoordelik"!

Slaan my om met 'n hoenderveer! Enersyds gee ek, volgens Rossouw, my verantwoordelikheid prys. Andersyds, as ek sou waag om my verantwoordelikheid te erken met 'n belydenis, is ek ťťrs onverantwoordelik! Rossouw se argument is op hierdie punt volledig teenstrydig.

Mag ek dan byvoeg: Van wanneer af is dit 'n doodsonde om iets wat verkeerd was te bely? Ek kom uit 'n wÍreld waarin algemeen aanvaar word, en teoreties oortuigend beredeneer is, dat belydenis, mits dit opreg bedoel word en nie goedkoop gemaak word as 'n maklike uitweg wanneer skuld in die oŽ gekyk en hanteer moet word nie, bevrydend kan funksioneer teenoor sowel die skuldige as die verontregte party.

My naÔwiteit het, volgens Rossouw, ook veel te make met die feit dat ek na bewering "dink dat ek my eie identiteit kan bepaal, terwyl identiteit slegs iets is wat deur ander mense bepaal word."

Daaroor wil ek twee opmerkings maak. Die eerste is: SÍ wie? Ek gee toe dat Rudi Visker 'n goeie boek hieroor geskryf het, maar ek is nie oortuig nie. Waarom is ek verplig om die identiteit wat ander mense aan my toeskryf, self te aanvaar? Wat van die situasie waar mense vir my sÍ, nie slegs dat ek 'n Afrikaner is nie, maar dat ek ook 'n rassis, 'n vroueslaner of 'n pedofiel is? Moet ek dit ook aanvaar "omdat ander so sÍ"? Dis mos te gek vir woorde! Waarom mag ek nie myself losmaak van identiteite wat ander ten onregte aan my oplÍ nie? Is die avontuur van menswees nie in belangrike opsigte juis verweef met ons vryheid om die etikette wat ander om ons nekke hang, te vervang met die selfonthulling van ons eintlike identiteit as mense nie?

My tweede opmerking hang saam met Rossouw se stelling: "Daar is eintlik net een milieu ter wÍreld waar enige Afrikaner hom van die illusie kan bedien dat hy die term Afrikaner gemaklik kan aflÍ, en dit is onder Afrikaners self, oftewel binne die veilige grense van die eie gemeenskap" (sy kursivering). Hoekom wat hy hier sÍ, die geval moet wees, weet ek nie. Maar kom ons aanvaar vir 'n oomblik dit is die geval. Voldoen my "aflegging van die term Afrikaner" dan nie juis aan die voorwaarde wat Rossouw self hier stel nie? Is ek nie juis besig om die term Afrikaner te problematiseer binne die kader van 'n gesprek tussen mense wat in die omgang deurgaan as "Afrikaners" nie?

Ten spyte van my voornemens, is my stuk al klaar te lank. Ek sluit dus af met iets oor Rossouw se visie van die "nuwe, vrye Afrikaners". Sy lang tabel helde uit sowel Afrikaner- as Afrikaan-geledere is treffend, en ek kan my met die meeste van daardie figure (Kruger is 'n belangrike uitsondering) identifiseer. Maar net een vraag: Hierdie "helde" is Afrikaners en Afrikane. SÍ dit nie juis iets van die diversiteit van waardes en groeperinge wat 'n nuwe geslag Suid-Afrikaners kan opgewonde maak en kan probeer navolg nie, sonder om weer ingedwing te word in die keurslyf van 'n begrip soos Afrikaners, met al die bagasie wat aan daardie term bly kleef nie? Vanwaar die obsessie met 'n nuwe politiek-kulturele gemeenskap waar ons, na Rossouw se eie erkenning in die laaste deel van sy stuk, tog weer moet stry en baklei oor "eie en algemene" sake, en waar ons, om 'n beeld van Robert Ardrey te gebruik, soos wildsbokke op die limiete van ons territoria teen mekaar aansnuif en ons horings slyp ten einde die een wat daardie grens durf oorsteek, te gaffel?

Ek is deel van 'n geslag Suid-Afrikaners wat regtig moeg is vir laertrek en ontoeganklike territoria. Rossouw meen hy is besig met iets nuuts, en ek respekteer hom daarvoor. Vir my lyk dit egter na 'n posisie wat veels te maklik geÔnterpreteer sou kon word as 'n apologie vir 'n nuwe, meer gesofistikeerde weergawe van apartheid. Ek dink dis gans onverstandig, en ek dink veral dat, in ons pogings om Afrikaans te beskerm, ook wat sy hoŽr funksies in Suid-Afrika betref, dit 'n posisie is wat samewerking met ons bruin en swart mede-Afrikaanssprekendes, wat meesal niks van die begrip Afrikaner wil weet nie, oneindig gaan kompliseer.



LitNet: 28 Februarie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.