SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dryfhout: die ontstaansgeskiedenis

Hennie Aucamp

In sellofaan verseŽl

DJ Opperman het gesÍ hy praat nie oor brood in die oond nie. Dis 'n wyse beleid wat gerus deur ander skrywers gevolg kan word, want die muse is 'n kribbige ou dame wat geheimhouding van haar kliŽnte eis, en by ontstentenis daarvan, haar dienste summier kan opsÍ.

As ek nou tůg gaan oortree deur oor my manuskrip Dryfhout te praat, kan ek my darem op 'n paar versagtende omstandighede beroep.

In die eerste plek is Dryfhout 'n voltooide produk. Om die brood-beeld van die eerste paragraaf deur te trek: Dryfhout is klaar uit die oond uit; dit het uitgewasem op my spenstafel; dit is in sellofaan verpak. Nou wag dit net op die regte uitgewer.

Maar daar is 'n sielkundige rede waarom ek oor Dryfhout wil praat. Op 8 Maart 2004 het ek op Stellenbosch voor mev Marina le Roux se PoŽsiekring gepraat oor my bundel Hittegolf. Dit was 'n dapper gebaar van mev Le Roux om my te nooi, want Hittegolf is uitgesproke homoŽroties van inslag; en dit was 'n doldapper, selfs onbesuisde gebaar van my om diť uitnodiging te aanvaar. Nou ja, die leeskring het die totale aanslag deurstaan, selfs beter as ek. Nooit, het ek my voorgeneem, gaan ek weer op kort afstand oor gay-aangeleenthede praat nie. Ek is in wese 'n akademikus wat ook 'n fisieke afstand nodig het tot my gehoor, met verder die beveiliging van buffers, soos 'n lessenaar en 'n kateder, en 'n deur naby my waarby ek kan uithardloop as dinge vir my te benoud raak.

Tydens my gesprek oor Hittegolf het ek vooruitgewys na gedigte in Dryfhout: nuwe gedigte wat temas, motiewe en gedagtes opvang wat in Hittegolf funksioneer. Ek het drie invalshoeke tot Hittegolf geÔdentifiseer: die memento mori-hoek; die poŤte maudit-hoek; die Komm, sŁsser Tod-hoek. (Sien "'n Koppige relaas" op Gay@Litnet, 25/03/2004.)

Maar voordat ek by tematiese raakpunte tussen Hittegolf en Dryfhout kom, wil ek op enkele oorkoepelende tegniese sake wys. Ek praat aarselend van my "sonnette", want nie alle veertienreŽlige poŽtiese mededelings is noodwendig sonnette nie. Om 'n situasie te ontlont noem ek Dryfhout doodgewoon "veertig verse", want nou hoef resensente en kritici nie hul spreekbeurt te verkwis op die steriele probleem of die gedigte in Dryfhout sonnette is al dan nie.

My oermodel is natuurlik die Shakespeare-sonnet, maar langs die pad het ek die wufte invloed van die "wulpse sonnette" van Aretino en die "pornografiese" liefdesonnette van Bertolt Brecht ondergaan.

Niemand minder nie as JC Bloem het hom sterk neerhalend uitgelaat oor die Shakespeare-sonnet in sy bundel Aphorismen:

Het is jammer, dat de VORM van Shakespeare's sonnetten eigenlijk bepaald niet mooi is. Het is niet de vorm van een afgerond gedicht, zooals het "echte" sonnet; het zijn gedichten van drie vierregelige strofen, waarachteraan opeens een distichon komt, dat vaak sententieus van aard is en de indruk wekt, alsof de inspiratie niet voldoende meer was voor vier regels en de dichter er nu maar een eind aan heeft gemaakt. Veel beter (uitsluitend formeel gesproken natuurlijk) zijn de pseudo-sonnetten van Meredith's Modern Love.

Ek ken nie Meredith se sonnette nie, maar wonder spontaan of Bloem enige erg sou gehad het aan Brecht se Gedichte Łber die Liebe wat, kennelik nŠ lang aarseling, in 1982 uitgegee is. Ek het in 1999 'n keuse uit hierdie gedigte in Nederlandse vertaling op die Antwerpse Boekenbeurs gekoop, en het onmiddellik opgewonde geweet dat ek in diť trant sonnette wil skryf. Een van my vertalings uit die Duits is opgeneem in Hittegolf, maar ek het hulp gehad, wil ek dadelik sÍ, van Johann de Lange, Johan van Rooyen en Arnold Blumer. Hier volg "Oor die verleiding van engele" (‹ber die VerfŁhrung von Engeln):

Jy verlei 'n engel niť, of anders bliksems gou.
Sleep hom luiters na 'n stink portiek,
steek jou tong vermetel in sy mond en vroetel energiek
onder sy kleed, en draai sy rug na jou.
Sodra hy klam word, ůp met sy rok
en naai hom goed, jou lyf tot brekens toe gekrom;
pen hom vas, en laat hom twee keer kom
voor hy dalk omdop van die skok.

Sorg dat hy sy gatjie deeglik roer,
bied jou knaters aan vir speel
en sÍ: Al val jy ook, jy bly nog heel;
ek wil jou na die Niet vervoer -

maar wyl jy fok, vermy sy aangesig
en stryk ten slotte elke veertjie terug.

Wat my sterk aangetrek het na die liefdesonnette van Brecht, is die robuustheid daarvan, na inhoud en taal. Daar is nou eenmaal mededelings wat nie gekorsetteerd en hoofs aangebied wil wees nie.

JC Bloem is neerhalend oor die drie kwatryne van 'n Shakespeare-sonnet, gevolg deur 'n klinkdig, dikwels aforisties van aard. Vir my weer is diť patroon 'n persoonlike wins. Die kwatryn as soort was in 'n sin my paspoort tot formele poŽsie, soos die bundels Die blou uur (1984) en Koerier (1997) getuig; maar van my beste kwatryne is soms deel van 'n liedteks. (Nie altyd 'n goeie ding nie, wil ek voornemende liedteksskrywers waarsku: oorgekonsentreerde mededelings is soms gebruikeronvriendelik, na die kant van beide sanger(es) en luisteraar.)

Pluk die dag (1994) weer was 'n bundel aforismes. 'n Tweede "bundel" aforismes, Vlugsout, het net op LitNet verskyn. In my sonnette benut ek my kennis van beide die kwatryn en die aforisme om 'n storie - dikwels 'n essayverwante storie - te vertel. Vir my kom alles saam in "my" sonnet: kortverhaal, essay, kwatryn, aforisme.

So dankbaar voel ek na die kant van die Shakespeare-sonnet dat ek dit as tema vir 'n vers gekies het. Op 'n vae manier is dit aangestig deur afbeeldings van monnike in pye met 'n kap, maar ook deur Rodin se beroemde beeld van die kolos Honorť de Balzac, omswagtel in 'n japon; 'n beeld wat al meermale met 'n fallus vergelyk is. Hier volg my gedig:

Shakespeare-sonnet
Toegewikkel soos 'n Broeder:
syig, rekbaar is die huik;
die kap, met pienk gevoer, skuif soos 'n luik:
bloothoofdigheid behoef 'n hoeder -

so net, sonet, sonnet
in gips gegiet of blote vlees
kan jy rigied of soepel wees:
jou vorm wil jou niks belet -

O stoer kolom! O kortsteelspies!
Jy het jou basis goed gekies
en op die koop toe slim verpak:
genaat, beaard, jou rimpelsak

waarin, soos goue bye van die lus,
twee klotters immer polsend rus.

Die oorgrote meerderheid van die verse in Dryfhout is van 'n soberder aard, en is in 'n elegiese sleutel gedink, soos byvoorbeeld die stillewe-reeks waarmee die bundel begin. Die memento mori-gedagte kom hier weer aan die bod, nes in Hittegolf.

Die stillewe in die kunste is al tereg met 'n metafisiese essay vergelyk, veral dan in die sewentiende eeu, en veral in die Lae Lande by die see. Dis na diť genre dat ek my vir inspirasie gewend het vir LitNet se Wyngedig-kompetisie. Anders as met die ander stillewes in my reeks het ek hier nie aan 'n spesifieke skildery gedink nie, maar 'n stillewe saamgestel uit emblemeta uit die sewentiende eeu: die wyn en die wynglas wat vir offerande en die bloed van Christus staan; die oop oester wat vir skoonheid, maar ook vir wellus (kan) staan.

My gedig "Die roemer, die wyn, die karaf" het my na talle afbeeldings van stillewes gestuur, soos diť in die nooit volprese Nederlandse radioreeks Openbaar Kunstbezit wat so gewild was in die laatvyftiger-, vroegsestigerjare van die vorige eeu. Luisteraars het keurige afbeeldings van kunswerke oor die pos ontvang en het dan, met diť afbeeldings in die hand, na 'n kundige radiobespreking daarvan kon luister. Die pre-TV-era.

Daar staan talle werke oor die stillewe op my kunsboekrakke, en hiervoor is daar 'n spesifieke rede. My suster se dogter, Anneke Lipsanen, 'n ontwerpkunstenaar, het 'n MA-tesis beplan oor die stillewe, en ek het gedink iemand in ons familie behoort 'n klankbord vir Anneke te wees, want die skryf van 'n tesis is 'n baie eensame bedryf.

Die tesis is toe nooit geskryf nie, en Anneke woon nou in Finland, maar ons wissel nog altyd insigte oor die stillewe. Nee, sÍ Anneke, die stillewe as soort is nie dood nie, dis opgeneem in die reklamebedryf, maar nou volkome gesekulariseer. (Op grond van diť insig het die gedig "T.V.-advertensie, circa 2000" ontstaan.)

My reaksie op Anneke se raak insig was soos volg: "Een ding begin vir my duidelik word - as dood vervaag uit die nature morte, verloor dit sy kernelement. Ook mag dood nie 'akademies' word soos soms by Cťzanne en Pieter Wenning nie, wat die kopbeen-motief bra selfbewus hanteer, as bloot nůg 'n rekwisiet, nůg 'n ligvanger vir 'n stillewe. Dood - by wyse van 'n kopbeen, 'n kort, haas uitgebrande kers, 'n verwelkte blom, 'n verrotte vrug - moet integraal deel wees van die lewensbeskouing van die kunstenaar. Dit is oŽnskynlik nie meer moontlik in die godsdiensonverskillige twintigste en een-en-twintigste eeu nie."

Behalwe in die geval van Charley Toorop, met haar groot, angsaanjaende werk "Stilleven met paardeschedel (1929)", wat, straks onbewus, die Tweede WÍreldoorlog in die vooruitsig stel. Diť doek is deurtrokke van metafisika.

My ses verse, elk oor 'n bepaalde stillewe uit 'n bepaalde eeu, word 'n kort geskiedenis van die stillewe as genre.

Die afdeling "Klei, stof, klip en hout" in Dryfhout is aards en elementaal, in die sin waarin Langenhoven die woord elementaal gebruik het: "In ons (taal)vorm kan ons solied en elementaal en eerlik wees, soos die ou klassieke skrywers wat ook 'n ongekunstelde materiaal had." (Voorbeeldsin in WAT, deel 2.)

Maar aardsheid sluit die metafisiese, die bowesinnelike, nie uit nie. Ons word nadoods in 'n "grondkombers" toegedraai; op ons graf kom 'n "kopklippie". Die terracotta-krygers en perde in China wat eers in onlangse tye aan die lig gekom het, nŠ eeue in die aarde, is die beskermers van 'n lank gestorwe keiser.

Ek wil my by die ontstaansgeskiedenis van net twee gedigte bepaal.

Die titelgedig, "Dryfhout", is opgedra aan Noria Mabasa, die bekende Venda-kunstenaar wat figure uit hout kerf, maar ook kleipotte maak. Gelukkig kon ek Mabasa deur haar werk leer ken op 'n uitstalling tydens die Woordfees 2004 van die Universiteit van Stellenbosch, waar daar van haar kleipotte te sien was, asook groot werke uit hout gesny, gekap en gedissel. Diť uitstalling is gekombineer met groot, elektronies-gegenereerde foto's van Merwelene van der Merwe, meesal in lila- en vleespienk kleure, wat op die lyflikheid van die vrou konsentreer.

Oor na my dagboek-inskrywing van 15 Maart 2004:

"God skenk ons liedjies in die nag", het ek jare gelede n.a.v. Bybeluitsprake gedig. Verse ook, selfs sonnette, soos die een n.a.v. die Noria Mabasa/Merwelene van der Merwe-uitstalling in die Kerkiegalery in Stellenbosch.

Die sjarmante student wat my en Amanda Botha so mooi ingelig het oor die Venda-kunstenares, Noria Mabasa, het 'n groot aandeel in my sonnet.

Mabasa, het sy vertel, is deur die voorvadergeeste besoek wat haar beveel het om kleipotte te maak. Sy het haar niks aan diť bevel gesteur nie, en toe word sy dodelik siek. Toe dit lyk of niks haar kan red nie, sÍ sy: "Bring klei." En soos sy die klei begin brei en vorm, begin ook haar heling. Later het sy met hout begin werk - altyd dryfhout, want die Venda kap nie sommer bome af nie.

Mabasa "vuur" haar potte op die ůķ manier: in 'n gat in die grond, bedek met strooi, en grond bo-oor. Dit verklaar die pragtige brandmerke op potte. Sithole het my jare gelede vertel dat sy ouma hom toegelaat het om haar grond-oond te gebruik, maar net as daar plek vir sy klei-osse of iets anders was; altyd kleiner stukke wat in 'n nou spasie ingepas kon word.

Noria Mabasa is intussen benoem as kandidaat vir die Vrou van die Jaar-kompetisie van Checkers: 'n baie waardige benoeming.

In my afdeling "Klei, stof, klip en hout" in Dryfhout is daar 'n Stormbergse drieluik: Rust-mijn-ziel - Holspruit - Die ou possie. Oor "Rust-mijn-ziel" die volgende:

Ons gewese plaas, Rust-mijn-ziel, in die Jamestown-distrik, het baie agteruitgegaan terwyl dit verhuur is: net 'n werklike eienaar kan grond liefhÍ en met respek behandel ten opsigte van onder andere beweiding. Reeds as kind het ek geesdriftig aan my pa en bure gesÍ hoe wonderlik dit sou wees as talle plase langs Holspruit, van Rooihoogte af oor Steynsrust, Rust-mijn-ziel, Leeuwkraal, Buffelsfontein en ander ťťn groot wildreservaat kon word.

In die jongste jare het Rust-mijn-ziel inderdaad "beskerm" geraak - as 'n wildplaas. Wild is hervestig, onder andere een-en-twintig elande.

Die mitologisering van die eland het vir my begin met die rotsskilderye van die Boesman. Op 'n beroemde vindplaas, die plaas Leeuwkraal wat aan Rust-mijn-ziel grens, is daar wel nie baie voorstellings van elande nie, maar wat daar is, is manjifiek: veelkleurig, met subtiele arsering en besondere aandag aan besonderhede. Elders in die distrik, Nek se kant toe, is daar 'n grot op die plaas van Olga Cronjť-Wippenaar, 'n nasaat van Louw Wippenaar, met groot, stil elande, wat volgens Walter Battiss van 'n pre-Boesman-skool is.

Op 'n dag het daar 'n eland op 'n plaas naby my swaer Frans Gouws se plaas Leliekloof (Jamestown) aangestap gekom. "DŠŠr," het ek vir die boere gesÍ, "daar is die bewys dat die wilde diere hul grond wil kom opeis."

Een van my ervarings van elande kan byna mistiek heet. Dit was in die reservaat De Rust digby Bredasdorp. Ek en my vriende Michael en Dries het in 'n ch‚let tuisgegaan, aan die kombuiskant afgegrens deur 'n witgekalkte muur wat aanhou en aanhou. Dries het ons kom roep terwyl ek en Michael sit en drankies maak op stompe by die vuurmaakplek. Wat hy ons gewys het, is 'n stoet elande wat soos 'n trop bees aanstap, kompleet of dit melktyd is, met net die witgekalkte muur tussen ons. Ons kon hul asems sien, en die laatlig wat weerkaats in die poele van hul oŽ.

Uit al bogemelde inligting het my sonnet "Rust-mijn-ziel" ontstaan:

Een het hul name luid uitgeroep
en die elande het gehoor. Vaal soos die daeraad
kom hulle aan uit die vleie, teen smiddags laat,
een na die ander, 'n vreedsame groep

soos op sandsteenwande in die jare her
toe die Boesman-sjamaan die eland verkies
en verheerlik het in 'n adellike fries:
o, die eland, die eland, hy kom van ver.

Hul nekvelle skud, en die goue lig
weerkaats in hul oŽ: ons eertydse plaas, beproef en verniel
het goddank vandag sy oertydse siel:
op Rust-mijn-ziel is die elande terug.

In kwynende kleure stap 'n skemerstoet
hul mitologie en trans tegemoet.

My belangstelling in die Griekse beskawing het in my studentetyd begin. Ek was Šl student wat my in my Honneursjaar vir 'n kursus in die Nederlandse drama ingeskryf het. My professor, WJ du P Erlank, beter bekend as Eitemal, het besluit dat die Nederlandse drama kan wag tot die laaste kwartaal toe. Intussen sou Ibsen en die Griekse Tragedie ons weeklikse spys wees. Ons het seker 'n tiental Ibsen-dramas deurgewerk, en ruim soveel, of selfs meer, Griekse dramas. Aan die Ibsen-kant het dr Con de Villiers bygekom wat my verplig het om Ibsen se vierhonderd bladsye dik drama, Keiser en GalileŽr, te lees, en aan die informele kant het my vriend en bergklimgenoot, prof PJ Conradie, Eitemal se werk omtrent die Griekse Tragedie aangevul. Saam het ek en Piet Griekse dramas op BTK-toere om kampvure opgevoer, natuurlik met 'n sterk ironiese inslag. Die oorplanting van 'n Griekse tragedie op 'n komedie sou hom jare later formeel voltrek in my komedie Punt in die wind, wat op Orestes van Euripides gebaseer was. Prof PJ Conradie het die toneelspelers kom toespreek oor Orestes, en hy het ook 'n kort nawoord tot die gepubliseerde weergawe van Punt in die wind geskryf.

Verder het Hellas nie 'n sterk neerslag gevind in my werk nie - 'n gedig oor Patroklos; 'n kortkortverhaal gebaseer op 'n fragment van Sapho, spesiaal vir my vertaal deur PJ Conradie. Daardie fragment oor die appel wat te hoog gesit het vir die plukkers.

Maar toe begin ek in 2003 die een kunsboek na die ander vir Gay@LitNet resenseer, en konfronteer een beeld na die ander, een skildery na die ander my met die Griekse erfenis. Ek het gedigte oor Ganumedes, Narcissus en Echo, Perseus en Medea, Orpheus en EuridikÍ begin skryf, soms twee gedigte oor een paar verbondenes.

Ek het my pogings aan prof PJ Conradie voorgelÍ en hy het waardering uitgespreek oor die ironiese hoek; maar van een parodiŽring het hy minder gehou, en dis diť van Orpheus wat nŠ EuridikÍ se dood met seunskinders begin "lol" het. Johann de Lange het diť inligting aan my verskaf, maar hy was nie seker van sy bron nie. Ek wou dus "Die singende kop (2)" weglaat, maar kom weke later onverwags op diť brokkie inligting af in A Hidden Love: Art and Homosexuality van Dominique Fernandez, en wel in die hoofstuk "Modern Uses for Greek Myths":

Ovid Ö gives the key to the (Orpheus) fable. After his wife's second demise, the poet recounts how he turned to pederasty, fleeing all contact with the opposite sex: "It was his lead that taught the folk of Thrace/The love for tender boys, to pluck the buds/the brief springtime, with manhood still to come."

My "verslag" van die ontstaansgeskiedenis van enkele verse in Dryfhout word te uitgebreid, en daarom sluit ek op beknopte wyse af deur die poŤte maudit (die vervloekte/verdoemde digter) weer ten tonele te voer.

In my praatjie voor die PoŽsiekring van mev Marina le Roux het ek heelwat in die melk te brokkel gehad oor diť onderwerp. By wyse van herhaling en aanvulling die volgende:

Die poŤte maudit het 'n lang geskiedenis in die kunste en in die letterkunde. Orpheus in die mitologie is miskien die beginpunt van diť tradisie; en in later tye die skilder Caravaggio, die "digterboef" FranÁois Villon, Baudelaire, Rimbaud, Verlaine, Oscar Wilde, Lorca, Pasolini en talle ander. In Afrikaans sou EugŤne Marais, Koos Prinsloo, Pieter Claassens en Barrie Hough as "gedoemde digters" kon kwalifiseer.

Wat al die gemelde persone gemeen het, is dat hulle, in 'n sekere sin, die argitekte van hul eie lot was; by elkeen, bewustelik of halfbewustelik, 'n neiging tot selfdestruksie.

In my praatjie "'n Koppige relaas" noem ek die naam van die Japannese skrywer en dramaturg Yukio Mishima wat homself vir rituele onthoofding aangebied het. Mishima het twee vroeŽ kwatryne geÔnspireer, gelukkig nooit gepubliseer nie. Daar is 'n vae verwysing na Mishima se outobiografiese teks Confessions of a mask, waarin hy vertel van sy eerste masturbasie-sessie, aangestig deur 'n afbeelding van Guido Reni se sensuele voorstelling van 'n pyldeurboorde Sebastiaan.

In genoemde praatjie spreek ek my twyfel daaroor uit of ek ooit 'n sonnet oor Mishima gaan aandurf. Maar die muse - of gremlins - voer soms vreemde planne in die mou vir skrywers.

Die Julie-uitgawe (2003) van Blue (tydskrif) bevat 'n artikel oor nůg 'n orgasmiese ervaring uit Yukio Mishima se jeug, naamlik sy ekstase oor Hans Christiaan Andersen se verhaal "Die roos-elf". "Die roos-elf" is, selfs vir Andersen, uitsonderlik siek en dekadent. Andersen se bestendige tema, onvervuldheid in die liefde, word in diť verhaal versny met onthoofding en nekrofilie. Geen wonder ek het hom "'n verknoopte ou queen" genoem in my verhaal "Plaisir d'amour" in die bundel Wat bly oor van soene? nie.

My sonnette "Die eerste visioen van Yukio Mishima" en "Die tweede visioen van Yukio Mishima" bestaan by die grasie van ironie. Diť "visioene" is bloot 'n eufemisme vir seksekstases ten hemele gevoer. 'n Bekende kunskritikus, dalk Kenneth Clarke, het na aanleiding van die geestelike vervoering van 'n heilige, soos uitgebeeld in die skilderkuns, iets te dien effekte gesÍ: As dŪt 'n visioen is, het ek al baie in my lewe gehad.

Dit is verleidelik om die ontstaan van 'n bundel verse of kortverhale net as 'n organiese proses te sien. Natuurlik is daar periodes van "stil, geheime groei", om 'n frase by Van Wyk Louw te leen; periodes waarvan die helderbewuste rede nie weet nie. Maar daar is voorbeelde van tekste wat volledig deur die rede aangestig is, en vanselfsprekend gryp die rede in by die redigering en ordening van tekste.

Wat met stelligheid gesÍ kan word, is dat 'n skrywer in 'n verhoogde staat van bewustheid en ontvanklikheid is wanneer hy aan 'n bundel werk, of beter gesÍ, wanneer 'n bundel met hom begin werk. Hy is in gesprek met sy "ander selwe"; sy verse en stories is in gesprek met mekaar. Verse spring op aandag, soos in sommige kinderboeke illustrasiefigure met die omblaai van 'n bladsy kiertsregop spring en manhaftig sÍ: Hier is ek. En natuurlik is alle verse en alle figure nie ewe welskape nie, maar 'n skrywer, soos 'n ouer, het ook sy skewe kinders lief.

Geselekteerde verwysings
Aretino, Pietro (vertaal deur Ernst van Altena), Wulpse sonnetten. 1981. Hilversum: Uitgeverij Goossens.
Bloem, JC, Aphorismen. 1952. Amsterdam: CPJ van der Peet.
Brecht, Bertolt, Gedichte Łber die Liebe, saamgestel deur Werner Hecht. 1982. Frankfurt am Main: Suhrkamp Verlag.
Conradie, PJ, Avonture van die Griekse Helde en Gode. 1964. Kaapstad: Human & Rousseau.
Fernandez, Dominique, A Hidden Love: Art and Homosexuality. 2001. MŁnchen: Prestel.




LitNet: 09 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.