SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die resensie wat volg, is ’n hersiene en uitgebreide weergawe van ’n resensie wat oorspronklik vir FMR (Fine Music Radio) geskryf is. Dit handel oor Die naamlose muse, ’n bundel literÍre essays en literÍre joernalistiek van Uys Krige, byeengebring, geredigeer en ingelei deur JC Kannemeyer.

Die naamlose muse is in 2002 uitgegee deur Protea Boekehuis. Dis ’n hardeband-uitgawe en het 283 bladsye. Die ISBN-nommer is 1-919825-78-9

Hennie Aucamp
Kaapstad
16 Junie 2002

Van die onvermoeide werker JC Kannemeyer het daar vanjaar drie boeke verskyn gewy aan Uys Krige. Eerstens is daar Kannemeyer se omvangryke biografie, tweedens sy keuse uit die poŽsie, prosa en toneelwerk van Uys Krige en literÍr-joernalistieke stukke van Uys Krige. Laasgenoemde bundel, stewig uitgegee op glanspapier deur Protea Boekehuis, heet Die naamlose muse, en is my om vakmansredes die naaste aan die hart.

Kannemeyer wys met vers en kapittel op die Akademie se telkense omseiling van Uys Krige. Die groot pryse is aan hom onthou tot baie laat in sy lewe, toe bekronings na blote troospryse begin lyk het.

Van Uys Krige as literÍre kritikus het die akademiese wÍreld, daardie verlengstuk van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, selde kennis geneem. As Die naamlose muse in die jare verskyn het toe Van Wyk Louw en Opperman se literÍre credo’s by wyse van opstelle die lig gesien het, het talle jong skrywers dalk gouer hul eie stem gevind.

Akademiese raad aan jong skrywers kan soms negatiewe resultate tot gevolg hÍ. As die kritici dan “objektiewe korrelate” in ’n vers wil hÍ — so kon die jong digter in die jare sestig gedink het — dan bak ek hulle in my vers in, soos jy rosyne in ’n brood inbak; as die kritici ’n laaggedig wil hÍ, bou ek laag op laag; as vrye verse die in-ding is, gooi ek alle tradisionele poŽtiese stutte oorboord.

Uys Krige se raad aan jong skrywers lyk baie eenvoudig op skrif. Dis ’n driepuntplan en lui soos volg:

(1) Ken die meesters.
(2) Vind jou eie stem.
(3) Hou jou wapens blink — kortom, respekteer jou medium, die taal, in al sy geledinge.

Uys Krige se lang verblyf in die buiteland in sy jongelingsjare was jare van bewustelike selfopvoeding as skrywer. Hy het Frans, en later Spaans geleer, maar hom ook gedrenk in die kultuur, bowenal die literatuur, van sy twee verworwe tale. Ook het hy die Nederlandse taal en letterkunde, sowel as Engels en sż letterkunde, met noeste vlyt bestudeer.

Die vorming van Uys Krige, digter en skrywer, is nie los te dink van punt een van sy driepuntplan nie: o, ja, hy hťt die meesters leer ken, van De Cervantes af oor Vondel tot by Lorca. Hy kon wat in Afrikaans verskyn, inskat by ’n veel breŽr agtergrond as wat die meeste plaaslike kritici van sy tyd kon, en diť feit was heilsaam vir die Afrikaanse letterkunde. Hy het hom nooit, nie ’n enkele keer, knolle vir sitroene laat verkoop nie. Hy het waarde en gehalte gesien by Boerneef, J van Melle, HA Fagan, Mary Morison Webster en Barend Toerien, soms dekades voordat die professionele kritici hierdie skeppers na waarde kon skat. Hy het die eerlike, onopgesmukte segging van Van Melle en Boerneef van meet af aan geloof in ’n tyd toe daar nog skamper na Van Melle se “stylloosheid” verwys is.

Dit mag na ’n paradoks klink as daar gesÍ word dat ’n skrywer sy eie stem vind deur nabootsing, soos byvoorbeeld om die meesters te vertaal. Maar dis wat keer op keer met Uys Krige gebeur het: hy het die Mediterreensheid in homself ontdek onder meer deur die vertaling van Lorca, Kafavis, Seferis en Guillťn. Hy het Ingrid Jonker gehelp om haar eie stem te vind deur haar aan …luard en Neruda bekend te stel.

Vertaling het Krige onder meer by punt drie van sy driepuntplan uitgebring, naamlik respek vir die medium waarin jy skryf. Hy het die woordeskat en draagwydte van Afrikaans uitgebrei deur onder andere sy vertaling van Shakespeare se grootste drama, King Lear. Krige het altyd herskeppend vertaal, en daarom is ’n mens Kannemeyer dankbaar dat hy ook Uys Krige se joernalistieke stukke ingesluit het, juis omdat hulle vertalings van formaat bevat.

Uys Krige het gesÍ dat ’n mens nie oor ander skrywers se werk behoort te skryf as jy nie waarderend daaroor kan skryf nie. Diť uitspraak mag mense laat dink dat Krige se “waarderings” van Opperman, Ingrid Jonker, Olive Schreiner en ander “kollegas” kritiekloos is. Verre hiervandaan.

Krige se besware teen Periandros van Korinthe is vandag selfs meer geldig as toe Krige oor diť tragedie geskryf het. Die rymende koeplet het Opperman soms tot banaliteite verlei, en val op die duur meedoŽnloos reŽlmatig op die oor. As Opperman Periandros van Korinthe in vryeversvorm oorgeskryf het en Krige se drama-tegniese wenke opgevolg het, was Periandros van Korinthe dalk vandag werklik klassiek, en sou dit ook in ander tale gespeel kon word.

Maar Krige het die magiese oomblikke in Periandros weldeeglik erken en geprys; en dit moes elke werk waaroor hy ooit geskryf het, in ’n hoŽ mate gehad het: ’n magiese uitstraling.

Ook het Uys Krige, behalwe vir sy perfekte sintuig vir toon, ’n gevoel gehad vir dit wat werklik vernuwend in ’n letterkunde is, en nie bloot ’n najaag van die jongste mode nie. In 1949 het hy in sy uitstekende inleiding tot die verhale van J van Melle die woord “prosagedig” gebruik, en gesÍ dat daar nog nie so iets in Afrikaans bestaan nie. Toe die “poŤme-en-prose” wel opduik in Afrikaans, by name in Een-en-twintig van Jan Rabie, was Uys Krige daar om diť nuwe subgenre van die kortverhaal geesdriftig en oordeelkundig aan die publiek voor te stel.

Wat Krige oor kritici en resensente te sÍ het, behoort sterk saam te praat in die huidige debat oor resensiekunde. Krige had ’n broertjie dood aan superlatiewe in die resensiebedryf, en het gesÍ ons moet woorde soos groot in ons oordele oor die werk van tydgenote vermy. ’n Teks is eersteklas, het Krige gesÍ; meer behoort die kritikus nie te sÍ nie. Sy credo as kritikus staan ten beste opgesom in sy stuk oor Ingrid Jonker:

Sonder twyfel moet die kritikus, waar hy aanprysend of geringskattend van ’n nog lewende digter praat, sy stem laaggestem hou, hy moet nooit — soos ek dit jare gelede in ’n spotversie probeer uitdruk het — as buikspreker probeer optree vir nageslagte nie.

Dink ’n mens aan werke in Afrikaans wat die afgelope dekade as “magistraal” en as “’n literÍre kragtoer” aangeprys is, en nou op die winde rondwaai, soos die koerantpapier waarop diť loftuitinge verskyn het, dan moet jy sug. Uys Krige, wil jy vra, waar is jy nou wanneer die Afrikaanse letterkunde jou ewewigtigheid so nodig het?

By hoŽ uitsondering skiet Krige “gifpyltjies” af, en in diť proses raak hy onredelik, soos waar hy hom negatief uitlaat oor die kwaliteit van die kritiese prosa van AP Grovť en Ernst Lindenberg. Grovť op sy beste het dinamiese deurlopende prosa geskryf. ’n Stewiger oordeel van Krige oor plaaslike kritici is by my wete nooit opgeteken nie, maar Krige het by meer as een geleentheid gesÍ dat Afrikaanse literatore alles van strukture af weet, maar te min van die lewe. Hierop het hy dan die name van Amerikaanse kritici laat volg, soos Robert Penn Warren, Yvor Winters, Cleanth Brooks en ander — kritici, volgens Krige, wat lewe en literatuur as ’n ondeelbare eenheid gesien het.

Die “standhoudendheid” van Krige se opstelle — ja, standhoudend soos ’n fontein, in die ou Boere-idioom — het in ’n hoŽ mate hiermee te maak dat hy lewe, letterkunde en kommentaar op die letterkunde nooit in akademiese kompartemente geplaas het nie.

Getuie van Krige se aanvoeling vir die aardse, die natuurlike, is sy welsprekende verdediging van die vrye vers. Die vrye vers kom van ver af, sÍ hy, nie van Baudelaire en sy kring nie, maar via Walt Whitman van die Ou Testament af. Dan laat volg Krige, sonder enige vertoon, maar vanselfsprekend, die een voorbeeld na die ander van vrye verse, van Prediker 12 af, oor Jorge de Lima, Openbaring, Pachano en wie nie almal nie, tot by Barend Toerien en sy gedig “En Onder-Steenwerp heet my plaas”. Toerien se gedig stroom soos ’n vers van Whitman, en jubel soos een van Dylan Thomas se jeug-evokasies.

Wat ek mis in Krige se betoog, is “Die dans van die reŽn” van EugŤne Marais, ’n gedig waarvan Krige self ’n keer in ’n tydskrifrubriek gesÍ het dat dit een van “Die Sewe Wonders van Suid-Afrika” is. Die Boesmanverse van Marais is volgens my die ware beginpunt van die vryevers-tradisie in Afrikaans.

Dis jammer dat Krige in sy opstel oor die vrye vers nie genoeg gewaarsku het teen die gevare wat die vrye vers vir ’n digter inhou nie. Dit sou hy wel doen in ’n latere gesprek met Jan Rabie, waar hy kla dat jong digters nie die ou vaste vorme beoefen nie. Hulle hoef nie hul verse in klassieke trant te publiseer nie, sÍ Krige, maar diť oefening sou hulle dissipline bygebring het, iets wat nodig is vir die skryf van die vrye vers.

Kyk ’n mens na die inhoudsopgawe van Die naamlose muse, is jy die samesteller baie dankbaar vir alles wat hy vir die leespubliek gered het. Enkele dinge ontbreek, maar waarskynlik om praktiese redes. Die inleiding tot …luard, agt-en-twintig bladsye lank, was ongetwyfeld te lank vir insluiting in Die naamlose muse, maar die weglating van die belangrike nawoord tot Yerma van Lorca, diť kan myns insiens nie verdedig word nie. Ook sou ek, by ’n hopelike herdruk van Die naamlose muse, Uys Krige se stukke oor die copla ingesluit wou sien. Hierin sÍ Krige dat die volk straks die grootste digter in Spaans is. Pieter W Grobbelaar het sy maandelange radioreeks oor volkspoŽsie op grond van Krige se uitspraak Die volk as digter genoem, en gereeld ons eie coplas, oftewel volkskwatryne, laat hoor.

’n Mens wil hoop dat Die naamlose muse intensief bestudeer gaan word, veral by die opleiding van joernaliste, digters en skrywers. Wat Uys Krige oor die skryfambag en literatuur as lewe te sÍ het, sal nooit tydgebonde raak nie: dit gaan om ononderhandelbare waarhede.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.